Gee geleentheid dat elkeen iets deel wat gebeur het sedert julle laas by mekaar was.
RUS
Laat iemand die Ons Vader se ses bedes een vir een voorlees (6:9-13). Gee minstens een minuut tussen elke bede sodat mense stil dié gebed hulle eie kan maak en daaroor nadink en met die Here daaroor gesels.
Sê amen en gee dan geleentheid dat mense kan deel wat hulle ervaar het in hierdie tot-rus-kom tyd met die Ons Vader. Indien hulle vrymoedigheid het, kan julle saam vir van dié sake bid en ook op julle groep se gebedslys sit.
Gee geleentheid dat elkeen iets deel wat gebeur het sedert julle laas by mekaar was.
RUS
Laat iemand die volgende opdragte voorlees. Gee minstens ses minute daarvoor:
Maak jou oë toe, sit gemaklik en ontspan.
Raak bewus van watter gevoelens daar in jou hart is. Erken dit.
Gee dit aan die Here (draai simbolies jou handpalms onder toe) sodat jy volledig hiér kan wees.
Kyk na jouself deur die oë van God (draai simbolies jou handpalms na bo). Dink daaroor dat God bly is oor jou. Geniet die ervaring van God se rus en vrede.
Lees Psalm 37:3-4 en laat elkeen die betekenis daarvan oordink en met die Here daaroor praat: ”Vertrou liewer op die Here … Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.”
Sê amen en gee dan geleentheid dat mense kan deel wat hulle ervaar het in hierdie tot-rus-kom tyd. Indien hulle vrymoedigheid het, kan julle saam vir van dié sake bid en ook op julle groep se gebedslys sit.
Gee geleentheid dat elkeen iets deel wat gebeur het sedert julle laas by mekaar was.
RUS
Om mee te begin, sê: “God nooi ons uit om tot rus te kom by Hom. Sluit nou die oë en gee vir Hom al jou wanhoop, verwarring of hoop. Dit kan ’n vraag wees, ’n behoefte, ’n seer, ’n dankbaarheid.” Gee 3 minute daarvoor.
Sê dan: “God gee aan ons die belofte: ‘28Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. 29Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. 30My juk is sag en my las is lig.’ Oordink die betekenis hiervan vir jou lewe.” Gee 3 minute daarvoor.
Sê amen en gee dan geleentheid dat mense kan deel wat hulle ervaar het in hierdie tot-rus-kom tyd. Indien hulle vrymoedigheid het, kan julle saam vir van dié sake bid en ook op julle groep se gebedslys sit.
Ons behandel die eerste kwartaal die Bergrede van Jesus, soos Matteus dit vir ons vertel. In die Bybelskool lees ons ook die res van die evangelie volgens Matteus (www.bybelskool.com).
Swaarkry word beloon – Matt. 5:1-12
Gee geleentheid dat elkeen iets deel wat gebeur het sedert julle laas by mekaar was.
RUS
Gee geleentheid dat elkeen met geslote oë bewus raak van die Here Jesus se teenwoordigheid, terwyl jy Matt. 18:20 2 keer lees: “waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle”. Ná so 1 minuut stilte: “Dank die Here vir alles wat Hy die afgelope week vir jou gedoen het.” Ná 2 min lees Matt. 18:19: “As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry – dink hieroor na.” Gee 1 minuut stilte. Sê dan: “Dink na oor dinge wat jou pla, en vra die Heilige Gees vir leiding.” Gee 2 minute stilte. Sê dan: “Die Here Jesus is hier. Gesels met hom oor dié dinge wat jou pla.” Ná nog ongeveer 2 minute, sê Amen.
Gee geleentheid dat mense kan deel wat hulle ervaar het in hierdie “daaglikse ondersoek”. Indien hulle vrymoedigheid het, kan julle saam vir van dié sake bid en ook op julle groep se gebedslys sit.
Ons behandel die eerste kwartaal die Bergrede van Jesus, soos Matteus dit vir ons vertel. In die Bybelskool lees ons ook die res van die evangelie volgens Matteus (www.bybelskool.com).
Geneesheer verwek opspraak – Matt. 4:23-25
Gee geleentheid dat elkeen iets deel wat gebeur het sedert julle laas by mekaar was.
RUS
Gee geleentheid dat elkeen met geslote oë nadink oor die nuwe jaar tot dusver. Doen dit soos volg: Vra eers: “Watter ontwrigtende dinge het gebeur?” Gee 2 min se stilte. Sê dan: “Gee dit nou vir die Here.” Ná 2 min vra dan: “Watter bevestigende dinge het gebeur?” Gee 2 min. se stilte. Sê dan: “Dank die Here daarvoor.” Ná 2 min lees die volgende teks en vra dat elkeen daaroor ná dink en met die Here praat: “Al wat ek wens, is om Christus te ken …” (Fil. 3:10). Gee 4 min daarvoor en sluit dan met ’n gebed. Gee geleentheid dat mense kan deel wat hulle ervaar het in hierdie “daaglikse ondersoek”.