Skip to main content

28 Okt – 3 Nov: Huis is ook Kerk

PADDAS SONDER BENE KAN NIE HOOR NIE: HUIS IS OOK KERK

KLEINGROEPMATERIAAL 28 OKT – 3 NOV 2012

RUS EN ONTVANG

Vertel vir mekaar hoe godsdiensonderrig in jou ouerhuis gewerk het. Is daar huisgodsdiens gehou? Wanneer? Hoe? Deur wie?

HOOR EN ONTGIN

Lees Spreuke 6:20-22

  • Wat tref jou in die gedeeltes? Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
  • Hierdie verse beskryf die impak van dít wat ons by ons huise leer. Die voordeel van gehoorsaamheid is leiding, beskerming en bewussyn van wat waar en waardevol is. Wat beteken elkeen van die drie goed prakties?
  • kan julle aan voorbeelde dink waar jou ouers se (geloofs-)opvoeding jou op bogenoemde drie maniere gehelp het?
  • Kyk weer na Deut. 6:4-9. Watter ooreenkomste sien julle tussen die twee skrifgedeeltes?
  • Sommige mense sê Spreuke 6 kan net waar wees vir kinders, as die ouers Deut. 6 leef. Wat dink julle?

LEEF EN ONTPLOOI

  • Waartoe roep die Here jou nou?
  • Sondag is ons Tiende Dankofferfees. Kyk terug oor die afgelope jaar: waarvoor wil jy vir God dankie sê? 
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie!
  • Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

20-28 Okt: God praat publiek en privaat

Paddas sonder bene kan nie hoor nie:  God praat publiek en privaat

Kleingroepmateriaal 22-28 Oktober 2012

RUS EN ONTVANG

  • Hoe help ons gemeente jou en jou geliefdes om jul geloof te leef?
  • Hoe dra jou huislike lewe by tot die gemeente se getuienis na die wêreld?
  • Laat iemand Ps 122 biddend voorlees.  Verbeel julle dat julle ‘n groepie mense is wat saam reis na die tempel in Jerusalem.  Terwyl julle so reis, sing julle hierdie Psalm.

HOOR EN ONTGIN

Lees Handelinge 2:46-47 ; 5:41-42; 20:20
  • Wat tref jou in die gedeeltes?  Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
  • In die Nuwe Testament het gelowiges nie net in die tempel (openbare plekke, soos die kerkgebou vandag) bymekaar gekom om God te aanbid nie, maar ook in hul huise.  
  • Watter gevare kan daar wees wanneer mense hul Christelike geloof sonder ‘n gemeente probeer leef?  En as mense hul Christelike geloof byna eksklusief in en deur ‘n gemeente se eredienste probeer leef, sonder ‘n kleingroep of familie wat die geloofspad saam met hulle stap?  
  •  “Today the public church is a gift to Christians that keeps our eyes on the larger world that God so loves and keeps us from sectarian thoughts and ways.  The home opens us from the beginning of life to experience trust, initiative and character hopefully grounded in the saving message of Christ.  For individual Christians and the larger church to be about God’s mission for the world, we need both the public settings and more personal settings.” Wat dink julle?
  • Sondag is Hervormingsondag.  Maak kerkverband en leerstellige verskille regtig vandag nog saak?  Hoekom of hoekom nie?  Wat is vir jou kosbaar daaraan om deel te wees van ‘n gereformeerde gemeente?

LEEF EN ONTPLOOI

  • In Handelinge lees ons dat die gelowiges hul besittings gedeel het met diegene in nood.  Bo en behalwe jou dankoffer, kies ‘n manier om jou besittings te deel.  (Dink o.a. aan die Kerspartytjie vir die Barcelona-Voedingskema,  die gemeente se bediening aan die huishulpe en die MTR Smit – maar dink ook breër waar die Here jou besittings kan gebruik.)
  • Probeer die fliek Luther saam kyk. 

Geloof groei uit verhouding

Paddas sonder bene kan nie hoor nie:  geloof groei uit verhouding

Kleingroepmateriaal 14-20 Oktober 2012

RUS EN ONTVANG

  • Vertel vir mekaar:  wie (persoon) of wat (ervaring) het jou lewe van geloof beïnvloed?  Daar is natuurlik baie antwoorde moontlik.  Moenie alles probeer noem nie – net die waaraan jy eerste dink.
  • Wat sê julle antwoorde op bogenoemde vraag oor die Kerk?  Is dit net die goed wat by die kerkgebou gebeur of deur ‘n gemeente aangebied word, of is dit meer as net die aktiwiteite van ‘n plaaslike gemeente?  Wat leer dit vir ons oor die Kerk?
  • [Families] Blaai saam deur ‘n koerant of tydskrif wat julle gereeld lees (of gesels oor ‘n TV program wat julle saam kyk).  Kyk of julle kan sien hoe mense se waardes, geloof en karakter vandag gevorm word.  Julle kan ook gesels oor hoe mense mislei word.

HOOR EN ONTGIN

Lees 1 Tessalonisense 2:7-12, 17, 3:10 

  • Wat tref jou in die gedeelte?  Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
  • Watter rol speel persoonlike verhoudings in die ontwikkeling van ons geloof?  
  • Vertel vir mekaar van mense wat ‘n invloed op jou geloof het of gehad het.
  • Dink saam:  watter invloed het jy op ander mense se geloof?
  • Hoe kan ons seker maak dat ons oor verskillende generasies heen in verhouding met ander gelowiges leef, sodat ons mekaar so kan ondersteun?

LEEF EN ONTPLOOI

  • Paulus beskryf homself en ander sendelinge in die taal van ‘n ma of pa.  Hoe kan jy iemand anders op dieselfde manier dien?  Probeer dit!

Paddas sonder bene kan nie hoor nie

Paddas sonder bene kan nie hoor nie

Kleingroepmateriaal 7-13 Oktober 2012

RUS EN ONTVANG

  • In ‘n inter-generasionele gesprek, gesels oor die volgende vrae (as jul groep net uit een generasie bestaan, kan julle óf mense van ander generasies bykry, óf die gesprekke vooraf voer en vir mekaar vertel wat julle gehoor het): Wat is beter daaraan om ‘n grootmens te wees? Wat is beter daaraan om ‘n kind/jongmens te wees?
  • Wat is die lekker daarvan om vandag deel van ‘n kerk te wees? Wat is die grootste uitdagings vir die kerk vandag?
  • Gebruik jul antwoorde op bogenoemde vrae om die Here te dank en om te bid dat die Here ons sal help.

HOOR EN ONTGIN

Lees 2 Petrus 1:16-19

  • Herinner mekaar weer wat by die verheerliking op die berg gebeur het (kyk na Matteus 17:1-8).
  • Wat tref jou in die gedeelte? Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
  • Die verheerliking op die berg berei die dissipels voor vir die reis wat voorlê. Dit help hulle om te sien wie Jesus is en dit versterk hulle geloof. Vertel vir mekaar van jul eie “bergtop ervarings”. Watter effek het daardie ervarings na die tyd gehad op jul geloof? Hoe het dit jou beïnvloed (het jy bv. daarna moeilike situasies anders hanteer)?
  • God het sy eer en heerlikheid op die berg van die Verheerliking gewys. Vandag gebruik God die liggaam van Christus (die Kerk) om sy eer en heerlikheid te wys. Vertel vir mekaar wat dit beteken.
  • Watter praktiese implikasies het dit vir ons, wat die liggaam van Christus IS?

LEEF EN ONTPLOOI

  • Ons (die liggaam van Christus) se lewe van geloof behels ook ‘n lewe van diens. Gesels hoe jy prakties diensbaar kan wees. Doen iets gaaf vir iemand sonder om vir enige iemand anders daarvan te vertel.
  • Maak ‘n bydrae tot ‘n verdienstelike saak/bediening.
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie! Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.