Skip to main content

19-25 November: Leef ‘n lewe van geloof

PADDAS SONDER BENE KAN NIE HOOR NIE:  

LEEF ‘N LEWE VAN GELOOF

RUS EN ONTVANG

Kyk terug oor 2012. Hoe het God jou hierdie jaar gevorm?

HOOR EN ONTGIN

Lees 1 Timoteus 4:6-16

  • Wat tref jou in die gedeeltes? Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
  • Wat beteken dit om “in toewyding aan God te lewe”? Hoe oefen ‘n mens om dit te doen?
  • Met ons beeld van hierdie kwartaal in gedagte: wat is alles nodig vir ‘n padda om te kan spring? Of: hoe lyk ‘n geloof wat geleef word?
  • David Anderson sê families (in alle vorme, dus alle gelowiges) het 4 praktyke nodig om lekker hoog en ver te hop: omgee gesprekke, om saam Bybel te lees, diens aan ander en rituele en tradisies. Wat verstaan julle onder elkeen van hierdie vier goed? Watter rol speel hierdie praktyke in julle lewens?

LEEF EN ONTPLOOI

  • Dink bietjie oor die vakansie wat voorlê. Vakansies (veral Kersfees!) is ‘n spesiale tyd van persoonlike en familie tradisies. Watter sinvolle Christelike rituele wil julle hierdie vakansie deel van jul lewens maak?
  • Hoe kan julle ook die ander drie praktyke ‘n deel van jul vakansie maak?
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie!
  • Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

12-18 November: Volwasse Gelowiges

Lees Markus 13:1-13

RUS EN ONTVANG

  • Van watter rampe wat ons stad in onlangse tye getref het, het die Here julle bewaar?  
  • Van watter gevare wat elke dag rondom ons plaasvind, het die Here julle tot dusver bewaar?  
  • Gebed: Vra iemand om die Here te dank vir Sy beskerming en bid vir hulle wat getref is deur rampe en gevare.  

HOOR EN ONTGIN 

  • Lees verse 1-2:  Die tempel was vir die Jode die sentrum van hulle geloof en godsdiens.  Nou sê Jesus dit gaan van hulle weggeneem word.  Wat is die sentrum van jou/ons geloof en wat sal gebeur as dit van jou/ons weggeneem word?  
  • Lees verse 3-8:  Baie mense vra vandag: Hoe kan ‘n liefdevolle God rampe en oorloë toelaat?   Watter nut het die tekens van die tye? 
  • Die boodskap van die Evangelie is liefde.  Hoe is dit versoenbaar met die vervolging van gelowiges (verse 9-13)? 

LEEF EN ONTPLOOI

Besluit as gesin of groep watter lewenswyse hierdie gedeelte van ons as gelowiges vra.  

5-11 Nov: Geloof is aansteeklik

PADDAS SONDER BENE KAN NIE HOOR NIE:  GELOOF IS AANSTEEKLIK

RUS EN ONTVANG

Ons tema Sondag is: “Geloof is aansteeklik” of “Faith is caught more than taught”. Identifiseer iemand wat jy ken wat die geloof dra: wat geloof aan ander leer deur hul optrede en menswees. Waaraan kan jy sien dat hulle die geloof dra?

HOOR EN ONTGIN

Lees Deut. 6:4-9

  • Wat tref jou in die gedeeltes? Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
  • Wat beteken dit om God lief te hê? Hoe weet ons dat ons hom liefhet? Hoe wys ons daardie liefde?
  • Kyk na al die verskillende tye wat daar oor geloof gepraat moet word. Hoekom, dink julle, word spesifiek daardie tye genoem? 
  • Kyk na die verskillende plekke waar die gebooie aangebring moet word. Wat, dink julle, simboliseer elkeen van daardie plekke? 

LEEF EN ONTPLOOI

  • Met wie praat jy oor jou geloof? En met wie nié? Watter veranderinge moet jy aanbring om jou geloof (meer) aansteeklik te maak?
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie!
  • Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

5-11 Nov: Geloof is aansteeklik

PADDAS SONDER BENE KAN NIE HOOR NIE:  GELOOF IS AANSTEEKLIK

RUS EN ONTVANG

Ons tema Sondag is: “Geloof is aansteeklik” of “Faith is caught more than taught”. Identifiseer iemand wat jy ken wat die geloof dra: wat geloof aan ander leer deur hul optrede en menswees. Waaraan kan jy sien dat hulle die geloof dra?

HOOR EN ONTGIN

Lees Deut. 6:4-9

  • Wat tref jou in die gedeeltes? Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
  • Wat beteken dit om God lief te hê? Hoe weet ons dat ons hom liefhet? Hoe wys ons daardie liefde?
  • Kyk na al die verskillende tye wat daar oor geloof gepraat moet word. Hoekom, dink julle, word spesifiek daardie tye genoem? 
  • Kyk na die verskillende plekke waar die gebooie aangebring moet word. Wat, dink julle, simboliseer elkeen van daardie plekke? 

LEEF EN ONTPLOOI

  • Met wie praat jy oor jou geloof? En met wie nié? Watter veranderinge moet jy aanbring om jou geloof (meer) aansteeklik te maak?
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie!
  • Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

28 Okt – 3 Nov: Huis is ook Kerk

PADDAS SONDER BENE KAN NIE HOOR NIE: HUIS IS OOK KERK

KLEINGROEPMATERIAAL 28 OKT – 3 NOV 2012

RUS EN ONTVANG

Vertel vir mekaar hoe godsdiensonderrig in jou ouerhuis gewerk het. Is daar huisgodsdiens gehou? Wanneer? Hoe? Deur wie?

HOOR EN ONTGIN

Lees Spreuke 6:20-22

  • Wat tref jou in die gedeeltes? Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
  • Hierdie verse beskryf die impak van dít wat ons by ons huise leer. Die voordeel van gehoorsaamheid is leiding, beskerming en bewussyn van wat waar en waardevol is. Wat beteken elkeen van die drie goed prakties?
  • kan julle aan voorbeelde dink waar jou ouers se (geloofs-)opvoeding jou op bogenoemde drie maniere gehelp het?
  • Kyk weer na Deut. 6:4-9. Watter ooreenkomste sien julle tussen die twee skrifgedeeltes?
  • Sommige mense sê Spreuke 6 kan net waar wees vir kinders, as die ouers Deut. 6 leef. Wat dink julle?

LEEF EN ONTPLOOI

  • Waartoe roep die Here jou nou?
  • Sondag is ons Tiende Dankofferfees. Kyk terug oor die afgelope jaar: waarvoor wil jy vir God dankie sê? 