Skip to main content

Author: Marlein van Deemter

Handelinge 17: Paulus getuig in Atene

Dit was Pascal wat gesê het:

Daar is God-vormige vakuum in elke mens se hart wat nie deur enige geskape ding gevul kan word nie, maar net deur God, die Skepper, soos ons hom leer ken in Jesus Christus.

Paulus sê:

27God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind.

In die soeke na God word ons herinner:  ons kán God ken.  God wil geken word.

Continue reading

26 Mei – 1 Junie Huisgodsdiens

OMGEE GESPREKKE
Ouers vertel vir kinders van Pinkster toe julle kinders was.

BYBEL LEES
Lees Lukas 4:18-19
• Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
• Vertel vir mekaar watter vorme van (letterlik en metafories) armoede, gevangenskap, blindheid en onderdrukking in ons omgewing is.
• Jesus het met sy Hemelvaart (wat ons Donderdag vier!) vir die kerk – ons! – gesê ons moet aangaan met sy werk op aarde. Daarvoor gee hy vir ons die Heilige Gees om ons te help. Hoe kan ons aangaan met Jesus se werk wat in hierdie teksgedeelte beskryf word?

GEWOONTES EN GEBRUIKE
Pinkster begin Sondag. Bid vir al die dominees wat Pinkster gaan aanbied, se voorbereiding. Bid ook dat die Gees met julle sal praat tydens Pinkster. Onthou om Donderdag 18:30 saam Hemelvaartdiens toe te gaan.

GESEËN OM TE SEËN
• Watter deel van die teksgedeelte het julle die meeste aangespreek? Wat gaan julle in reaksie daarop doen?
• Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Handelinge 17:22-31 – 19-25 Mei

Gee geleentheid dat elkeen iets deel wat gebeur het sedert julle laas by mekaar was.

RUS
Deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons (Hand. 17:28a). Raak stil. Lees Hand 17:28a rustig. Gee ruim (minstens 5 min) stilte dat almal oor die woorde kan reflekteer. Gee geleentheid vir gebed om te reageer op die woorde van die teks.

Continue reading

28 April – 4 Mei Huisgodsdiens

OMGEE GESPREKKE

Laat die grootmense vertel hoe hulle “tot bekering gekom” het.  Party mense kan vir jou spesifieke dag en datum gee, ander het net altyd geweet, sommige het oor tyd agtergekom…

BYBEL LEES

Lees Handelinge 2:38-39

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die gedeelte.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
  • Ons sê ’n mens “kom tot bekering” wanneer jy jou lewe heeltemal aan Jesus oorgee en onderneem om vir altyd net aan hom gehoorsaam te wees.  ’n Mens “bekeer” jou ook wanneer jy ophou om ’n spesifieke sonde te doen.
  • Vertel vir mekaar van julle dope.  Kyk foto’s.  As julle teksverse gekry het, lees dit weer.  Herinner mekaar wat die doop beteken:  God het gesê hy wil hê jy moet sy kind wees, bevestig dat Jesus vir jou sonde gesterf het en vir jou die Heilige Gees gegee om jou te lei.

GEWOONTES EN GEBRUIKE

Gaan na wanneer elkeen van julle gedoop is en merk dit op jul kalender.  Dink hoe julle dit elke keer gaan vier.

GESEËN OM TE SEËN

  • Bid vir volgende week se verkiesing.  Bid dat die Here vir ons ’n regering sal gee wat aan hom gehoorsaam is.
  • Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.