Die Groot Opdrag – Matteus 28:16-20
Jesus stuur sy dissipels – al sy dissipels – om dissipels te maak.
Maar hoe doen ons dit? En na wie stuur die Here ons? Waar is die grens?
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Die Groot Opdrag – Matteus 28:16-20
Jesus stuur sy dissipels – al sy dissipels – om dissipels te maak.
Maar hoe doen ons dit? En na wie stuur die Here ons? Waar is die grens?
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on HuisGeloof 16-22 Junie 2014
Vertel vir mekaar waarvoor julle bang is. [Dit is belangrik dat kinders weet en beleef dat ouers ook die Here vertrou met hul bekommernisse. Kinders kan egter maklik bang raak en onseker voel. Wanneer jy ’n vrees kies om te deel, kies iets wat nie jou kind bedreig of onseker sal laat voel nie, maar waarvoor hulle saam met jou kan bid, bv. “dat ek nie al my werk betyds gedoen sal kry nie”.]
Sondag was Vadersdag! Hier is ’n lekker aktiwiteit vir Vadersdag, vanaf Vibrant Faith @ Home:
Laat almal beurte maak om ’n muntstuk te gooi. As die muntstuk op “stert” land, vertel die speler van iets wat hulle in die verlede geniet het om saam met hul pa te doen (soos boek lees, bal speel, in die tuinwerk). As die muntstuk op “kop” land, vertel hulle van iets wat hulle sal geniet om in die toekoms saam met pa te doen. Volwassenes speel ook saam en gesels oor hul pa’s. (As kinders sukkel om aan aktiwiteite te dink, help hulle om iets vir elke seisoen binne en buite te dink.) Oorweeg om ook ander belangrike mans in jul kinders se lewens by die speletjie in te sluit, soos oupas, ooms, peetpa’s en familievriende.
Lees Matteus 10:26-30
Bid hierdie week elke dag saam vir dié goed waarvoor julle bang is. As julle 1c-stukke in die hande kan kry, dra dit met julle saam of plak dit iewers om julle te herinner dat God vir julle sorg.
Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Kleingroepmateriaal, Materiaal. No Comments on Matteus 28:16-20 – 9-15 Junie
Gee geleentheid dat elkeen iets deel wat gebeur het sedert julle laas by mekaar was.
RUS
Vertel vir mekaar hoe julle tot bekering gekom het. Was daar ’n spesifieke oomblik, of het jy geleidelik besef of het jy net nog altyd geweet? Wie was die mense wat in hierdie besef/bekering ’n belangrike rol gespeel het?
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on Huisgodsdiens 9-15 Junie
OMGEE GESPREKKE
Wie ken julle wat ’n goeie getuie van Jesus is – wat deur wat hulle sê en doen vir ander mense vertel van Jesus?
BYBEL LEES
Lees Matteus 28:19-20
• Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
• Hierdie is Jesus se “laaste opdrag” – die belangrikste deel van Christen-wees. Hoe kan julle aan hierdie opdrag gehoorsaam wees?
GEWOONTES EN GEBRUIKE
Dit is belangrik dat Christene getuig – vir ander mense vertel hoe lief hulle vir Jesus het en wat Jesus vir hulle beteken. Oefen julle “getuienis” teenoor mekaar – vertel vir mekaar wat Jesus vir julle beteken.
GESEËN OM TE SEËN
• Vind uit wie al ons gemeente se sendelinge is. As julle nog nie hulle gebedsbrief kry nie, vra by die kerkkantoor hoe julle kan inteken op hul gebedsbrief. Skryf vir hulle ’n briefie om te sê julle bid vir hulle – en bid gereeld vir hulle.
• Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Pinkster 2014, Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Herstel van gesig vir blindes – Pinkster Luk 4
Die neuroloog Oliver Sacks vertel in ‘n essay getiteld “To see or not to see” van Virgil, ‘n man wat blind was van sy kinderdae af, maar op 50 ‘n operasie ondergaan wat sy sig herstel het. Behalwe, soos Virgil en Dr. Sacks uitvind, die fisieke vermoë van sig is nie dieselfde as om te sien nie. Virgil se eerste ervarings met sig is verwarrend. Hy kan kleure en bewegings uitmaak, maar kan nie ‘n verstaanbare prentjie vorm van wat hy sien nie. Sy brein kan nie vir hom sê wat hy sien nie. Oor tyd leer hy onderskei tussen verskillende objekte, maar sy gewoontes, sy gedrag, bly dié van ‘n blinde.
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on 2-8 Junie Huisgodsdiens
Woon hierdie week elke aand saam Pinkster by. Onthou om elke dag vir mekaar te vertel wat julle geleer het by die Pinkster-diens. Gesels aan die einde van die week oor hoe julle gaan reageer op wat julle die week geleer het.
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website. Read our Privacy Policy.