Skip to main content

28 April – 4 Mei Huisgodsdiens

OMGEE GESPREKKE

Laat die grootmense vertel hoe hulle “tot bekering gekom” het.  Party mense kan vir jou spesifieke dag en datum gee, ander het net altyd geweet, sommige het oor tyd agtergekom…

BYBEL LEES

Lees Handelinge 2:38-39

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die gedeelte.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
  • Ons sê ’n mens “kom tot bekering” wanneer jy jou lewe heeltemal aan Jesus oorgee en onderneem om vir altyd net aan hom gehoorsaam te wees.  ’n Mens “bekeer” jou ook wanneer jy ophou om ’n spesifieke sonde te doen.
  • Vertel vir mekaar van julle dope.  Kyk foto’s.  As julle teksverse gekry het, lees dit weer.  Herinner mekaar wat die doop beteken:  God het gesê hy wil hê jy moet sy kind wees, bevestig dat Jesus vir jou sonde gesterf het en vir jou die Heilige Gees gegee om jou te lei.

GEWOONTES EN GEBRUIKE

Gaan na wanneer elkeen van julle gedoop is en merk dit op jul kalender.  Dink hoe julle dit elke keer gaan vier.

GESEËN OM TE SEËN

  • Bid vir volgende week se verkiesing.  Bid dat die Here vir ons ’n regering sal gee wat aan hom gehoorsaam is.
  • Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

huisgeloof, Huisgodsdiens, materiaal

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.