Skynheiligheid Ontbloot – Matt 6:1-18
Ons het almal ‘n photoshop weergawe van onsself wat ons vir die wêreld wys. Maar wat as ons binnekant en buitekant dieselfde lyk?
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Rethie van Niekerk. No Comments on Skynheiligheid Ontbloot – Matt 6:1-18
Ons het almal ‘n photoshop weergawe van onsself wat ons vir die wêreld wys. Maar wat as ons binnekant en buitekant dieselfde lyk?
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on 17-23 Feb – Goddelike Golflengte Ontdek – Matt 17:1-8
OMGEE GESPREKKE
Daar is tye wat ons God se teenwoordigheid op besondere maniere beleef. Dit gebeur nie baie kere in ’n mens se lewe nie – al is God altyd daar! Tog gee God soms vir ons sulke spesiale ontmoetings. As een van julle al so ’n ervaring gehad het, kan julle vir mekaar daarvan vertel.
Gesinne met Gr 1-3’s lees deur die week die materiaal in hul kategese werkboek.
Laat almal hulle oë toemaak en die gebeure in die teks soos ’n fliek in hulle verbeelding sien terwyl iemand die gedeelte lees. Lees Matteus 17:1-8 uit Die Nuwe Testament vir Kinders
1–3 Ses dae later vat Jesus vir Petrus, Jakobus en Johannes na ’n hoë berg toe. Toe hulle bo kom, verander Jesus skielik. Sy gesig het so helder soos die son begin skyn. En sy klere het spierwit geword. Moses en Elia het ook met Jesus kom praat.
4–5 Petrus het nie mooi verstaan wat aan die gang is nie. Hy vra toe vir Jesus: “Moet ons gou ’n paar tente vir U en vir Moses en Elia opslaan om in te bly?” Petrus was nog besig om te praat, toe kom daar ’n groot wolk oor hulle. ’n Stem praat skielik uit die wolk: “Hierdie is my Seun vir wie Ek baie lief is. Dit wat Hy doen, maak my baie bly. Luister na wat Hy sê.
6–8 Die dissipels het hulle morsdood geskrik. Hulle het op die grond neergeval, want hulle het geweet God praat met hulle. Jesus het na hulle toe gestap en aan hulle gevat. “Staan op. Moenie bang wees nie,” sê Hy vir hulle. Toe die dissipels hulle oë oopmaak, was net Jesus daar by hulle
God sê ons moet luister na wat Jesus sê. Ons doen dit o.a. deur Bybel te lees, deur te bid en deur met ander gelowiges te praat oor ons lewens. Hoe gaan julle hierdie week spesiaal luister wat Jesus sê?
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Vyande word vriende – Matt 5:17-48
Wat bedoel Jesus wanneer hy sê ons moet ons vyande liefhê? Beteken Jesus se woorde dat ons onreg moet verdra? Hoe lyk liefde vir die vyand? Klik om Sondag-oggend se preek te lees:
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on 10-16 Feb – Skynheiligheid Ontbloot – Matt 6:1-18
Vertel vir mekaar wat die goed is waarvoor jy hierdie week wil bid en wil hê die ander moet vir jou bid. Hoekom wil julle spesifiek vir dié goed bid?
Gesinne met Gr 1-3’s lees deur die week die materiaal in hul kategese werkboek.
Lees Matteus 6:9-13
Leer die “Onse Vader” gebed. Julle kan dit elke dag saam bid, of Lied 266 leer en saam sing.
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Huisgodsdiens, Kleingroepmateriaal. No Comments on 3-9 Feb – Vyande word vriende: Matt 5:17-48
Vertel vir mekaar van ’n keer wat iemand lelik was met jou. Hoe het dit gevoel? Wat het jy gedoen?
Gesinne met Gr 1-3’s lees deur die week die materiaal in hul kategese werkboek.
Lees Matteus 5:21-22, 43-48
Probeer saam aan situasies dink waar hierdie teks relevant is en hoe ’n mens dit in daardie situasie sal leef. Bv. hoe maak ’n mens as:
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Huisgodsdiens, Kleingroepmateriaal. No Comments on 27 Jan – 2 Feb – Sout-van-die-aarde mense: Matt 5:13-16
Vertel vir mekaar van ’n keer wat jy vir iemand anders van Jesus vertel het óf waar mense deur jou goeie voorbeeld kon sien dat jy Jesus se kind is. Vertel ook vir mekaar van ’n keer wat dit vir jou moeilik was om ’n goeie voorbeeld te wees of te praat oor Jesus.
Gesinne met Gr 1-3’s lees deur die week die materiaal in hul kategese werkboek.
Lees Matteus 5:13-16
Sing saam! Sing liedjies soos “Jesus roep my vir ’n sonstraal”, “This little light of mine”, “Laat ons skyn vir Jesus” en “Laat my lig so skyn”.
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website. Read our Privacy Policy.