Skip to main content

Author: Marlein van Deemter

Dag 3 – Hebreërs 5:11-6:3

Gelowiges is dikwels leergestremd en ken nie die ABC van die Christelike geloof nie.  In plaas daarvan om geestelik te groei, te onderskei tussen reg en verkeerd en ander te begin leer wie God is, sukkel ons dikwels steeds met die grondfase van die geloof. 
Jou verhouding met God en jou kennis van die geloof  moet groei.  Dit is ‘n proses wat jou lewe lank sal duur.  Wees bereid om te leer.

Dag 2 – 1 Korintiërs 3:1-3

Met die stigting van die gemeente in Korinte kon Paulus vir die gemeente net melk (die sendingboodskap) gee.  Sedertdien het heelwat tyd verloop, maar daar is maar weinig geestelike groei by die gemeente, soos blyk uit die vorming van partye in die gemeente.  Hulle laat hulle nie deur die Gees lei nie, maar tree soos kindertjies op.
Met wie se tipe kos word jy gevoeg?  Melk of vaste kos?  Hoe kan jy leer om al meer vaste geestelike kos te verteer?

Dag 1 – 1 Timoteus 4:6-9

Sukses vra harde werk – kyk maar na enige sportster.  Niemand kan goed presteer sonder om te oefen nie.  ‘n Lewe wat God verheerlik en geestelik verdiep, vra ook harde werk.  Paulus weet hoe noodsaaklik geestelike oefening is.  Daarom moedig hy vir Timoteus aan om homself te oefen in ‘n lewe waar God heeltyd nommer een is. 
Ons sal net geestelik groei as ons ophou om slegs al die regte “godsdienstige passies” uit te voer en ‘n slag begin om die Here op sy voorwaardes te dien.  Sonder so ‘n verbintenis, sonder ‘n vaste voorneme om die Here elke dag te verheerlik, is ons geloof gedoem tot onvolwassenheid. 
Wil jy jou nie vandag daartoe verbind om die oefening te doen om geestelik te verdiep nie?