Skip to main content

Handelinge 17: Paulus getuig in Atene

Dit was Pascal wat gesê het:

Daar is God-vormige vakuum in elke mens se hart wat nie deur enige geskape ding gevul kan word nie, maar net deur God, die Skepper, soos ons hom leer ken in Jesus Christus.

Paulus sê:

27God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind.

In die soeke na God word ons herinner:  ons kán God ken.  God wil geken word.

Verwelkoming & Afk.

Toetrede Lied 519 vv 1, 3 en 4 Wees stil en weet, ek is die Heer (sit)

Votum (n.a.v. Hand 17:24-28)
Onse God,
wat die wêreld met alles wat daarin is,
gemaak het,
U is die Here van hemel en aarde.
U woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie.
U het ook nie nodig dat mense U versorg nie.
Inteendeel,
dit is U wat aan almal lewe en asem en alles gee.
Uit een mens het U al die nasies gemaak.
U het hulle gemaak om oor die hele aarde te woon.
U het bepaal hoe lank hulle sal bestaan
en waar hulle sal woon.
U het die mens gemaak
om U te soek,
al sou die mense ook moes rondtas om U te vind.
U is nie ver van enigeen van ons af nie,
want deur U lewe ons,
beweeg ons
en bestaan ons.
Amen

Seëngroet

Lofsang
Lied 514 Ek weet verseker (staan)

Toewyding
Lied 543 Here Jesus, ek is klein (sit)

Doop
Lied 292 My enigste troos (sit)

Gebed

Skriflesing Handelinge 19:22-33
16Terwyl Paulus in Atene

MIETJIE SOEK HAAR MA

1) Antjie voël sit op haar nes,
2) en voel die eiers spring.

3) Ag so!
sê sy.
Die kleinding pik;
ek sal moet eetgoed bring.
4) Verskoon my ’n minuut of tien,
want ek is nou-nou terug.

5) Sy span haar vlerke teen die son
en sweef weg deur die lug.

6) die eier
wip-wip!
wip-wip!
wip!
die eier spring en rug

7) toe breek die Klein Mietjie uit die dop.
Ai!
sê sy in haar skik.

8) Maar nou is daar ’n ander ding:
Waar sal haar ma tog skuil?

10) Ag, Mamma,
roep sy,
Moedertjie!
Mietjie wil sommer huil.

11) Sy staar na die hemel bo,
maar dit is leeg en stil
met net één wolkie,
wit soos wol,
wat teen die bloute krul.

12) Sy kyk af na die aarde toe:
dit is so vêr van hier;
’n hasie wat daar onder speel,
lyk kleiner as ’n mier.

13) Ek sal haar soek tot ek haar vind!
sê Mietjie Voël astrand

14) Sy klap haar vlerke woes,
en trap hoog oor die nes se rand.
15) Sy val,
en val,
en val,
en val…

16) toe sy’t sy met ’n h-ik!

17) Sjoe-a,
sê sy,
dis beter ja:
amper het ek geskrik.

18) Klein Mietjie skud haar vere skoon
en trek haar vlerke reg.
Kan ek nie vlieg nie,
loop ek maar,
sê sy
en stap daar weg.

19) Sy weet nie hoe haar mamma lyk nie,
hoe sal sy haar tog kry?
Waar Antjie regs vet wurms vang,
stryk Mietjie links verby.

20) Klein Mietjie kom by Kat Ketat,
die baba van die blaas.

“Is dit my ma?
Wil Mietjie weet.

Ketat kyk net verbaas,
en sonder om miaau! te sê,
staar hy klein Mietjie aan,
terwyl sy snorre liggies beef,
en hoog sy stertjie staan.

Is dit my ma?
vra Mietjie weer.
Ketat se oë rek.

ag nee wat,
sê Klein Mietjie vies,
jy hou my vir die gek.

21) Toe:
tik! tik! tik!
Iets in die pad
iets kronkel
en iets krul

Klein mietjie knip haar linkeroog,
dit lyk of sy gaan gil.

22) Dis net die stert van Hond Kepont
die liewe, sagte dier.

Klein Mietjie wip bo-op sy kop en sê:
Wat maak ma hier?

Ek het so vêr geloop en soek,
en nou’t ek ma gevind!

Ai tog, my voël,
sê Hond Kepont,
jy is ’n lawwe kind.

23) Klein Mietjie Voël staan stil en dink.
sou sy ’n moeder hê?
’n Mamma om haar vas te druk
en styf teen haar te lê?

Ek WIL ’n mamma hê
sê Mietjie
iemand wat troos wanneer ek huil
saans vir my liedjies sing
en as ek honger is vir my
’n lekker happie bring.

24) En toe, meteens, hoor Mietjie dit,
’n nuwe soort geluid:
dit hyg
en hoes
en proes
en sug
sodat haar ore tuit.

Die ding is groot
dis breed van bek
die ding se nek is sterk
die ding dra vragte klippe rond
want dit is mos sy werk.

25) klein Mietjie storm
en sy wip bo-op ’n dik voortand
en met haar soetste stemmetjie piep sy:
Dis Ma,
my liewe land!

25) Die laai-graaf hoes en proes en hoes
toe lig sy lang nek op
en daar gaan Mietjie saam omhoog.

Ag nee!
Skree Mietjie.
Stop!

Die ding steek vas
dat Mietjie wip,
en haar hart klop in haar keel.

Toe word sy sommer boos
wat sal hy hom verbeel?

26) Klein Mietjie rek haar snawel oop
en S-K-R-E-E
haar byna blou:
Laat los my net,
jou nare vent
of Ma kom looi vir jou!
27) Die laaigraaf se kake ruk
hy lyk so wil en wreed.
Klein Mietjie tuuuiiiimel deur die lig
en gee ’n laaste kreet.

28) Toe sien sy:
Dis haar eie nes!

Ag ja!
se Mietjie wys,
dit was ’n lekker reis gewees
maar nou is ek weer tuis.

Net toe kom Antjie Voël daar
met ’n wurm aangevlie.
Ek weet,
se Mietjie
wie dit is:
hier is my moerdertjie!

29) My ma is nie Kat Ketat
of Hond Kepont –
sy is ’n voël soos ek
wat my saans
met ’n sagte vlerk
styf
teen haar lyf
vastrek.
*******************
Paulus vertel vir mense in Atene van Jesus,
sê God ons so gemaak,
dat ons soos Mietjie ma soek,
altyd vir God soek.
Sal nie gelukkig wees voor vir God vind.

Ons weet diep in ons harte van God,
maar moet ook soek –
kerk, Bybel.
mamma en pappa vertel.

soos babatjie gedoop –
God sê hy ons hemel-pappa
ons sy kinders
sal ons altyd vind.

Preek

Was Blaise Pascal wat gesê het:

Daar is God-vormige vakuum in elke mens se hart
wat nie deur enige geskape ding gevul kan word nie,
maar net deur God, die Skepper,
soos ons hom leer ken in Jesus Christus.

Is wat Paulus ook sê in teks:

27God het hulle gemaak
om Hom te soek,
al sou hulle ook moes rondtas
om Hom te vind.

Soos Mietjie Voël gebore word met wete ma,
onmiddellik op reis gaan ma te soek,
word ons gebore met wete dat daar God is.

As in gelowige huis grootword,
aanvanklik maklik –
instinktief aanvaar.

Maar dan,
soos wat ouer word,
gaan meeste van ons op reis,
begin soek na God –
na dié wese wat God-vormige vakuum in hart sal vul.

En, as moet eerlik wees,
dis nie maklike reis.

Mietjie sien kat, hond, stootskraper vir Ma aan.

Ons wêreld soveel stemme,
soveel strome,
denkrigtings –
allerhande goed vir God aansien.

Selfs niks.

Soms hard val,
seerkry,
makliker lyk soeke te laat vaar.

Baie van ons mense lief vir denke,
wetenskap,
filosofie.

Gawe van God –
geseën met intellektuele vermoë.
Daarmee saam
dikwels ook
reis om God te vind langer,
moeiliker.

’n Nalatenskap van verligting
en daaropvolgende Modernisme –
dat wetenskap en geloof teenoor mekaar staan gemaak,
definisie van waarheid omvorm
tot waar iets net waar is
wanneer empiries kan bewys.

As nie kan bewys,
is nie waar.

Len Sweet sê
modernisme geloof probeer leegmaak van alle misterie
en, toe grotendeels reggekry
gewonder hoekom geloof so leeg voel.

Is nie veel anders as Atene wat Paulus vind.

Stad vol kultuur,
nuwe denke,
diversiteit,
vryheid van godsdiens.

Geleerdheid hooggeag –
het hulle tyd aan niks anders bestee
as om iets nuuts te sê of te hoor nie.

In proses natuurlik
vakuum in binneste probeer vul.

Daarom stad ook vol altare,
afgode –
enige en elke moontlike ding
om sin te vind,
vrede, rus,
iets leegheid binneste vol te maak.

Vandag, natuurlik,
ons soeke nie noodwendig sigbaar in altare aan allerhande gode –
ons altare lyk anders:
onmenslike werksure.
finansiële welvaart
of ongebreidelde hedonisme
selfs verhoudings – huwelike, gesinne –
gebruik in poging om vakuum in binneste vol te maak.

JW Cox stel vreeslik mooi:

We pour out our ambitions
and passions
on a thousand altars –
wealth,
position,
power,
pleasure
and security
in all their forms –
and yet –
within our hearts we erect a secret altar
to the unknown God.
We run from God…
only to stumble into his arms.

Die van ons in Christelike huis grootgeword,
natuurlik vermoede dat vakuum eintlik net deur God gevul kan word.

Daarom baie van ons soekend.

Ek dikwels aangegryp deur integriteit waarmee mense soek.
Nie sommer net klakkeloos aanvaar,
maak asof goed glo wat eenvoudig nie kan.
Maar ook nie sommer net klakkeloos laat vaar,
geloof sonder enige worsteling vaarwel roep.

Daarom is worsteling goed –
eerder worstel,
eerder aanhou soek,
as bloot opgee,
oorgee.

Ek dink,
in worsteling met geloof,
en wat glo en wat nie glo en wat ander glo en nie glo,
is ons baie keer besig altaar te bou aan onbekende god.

WIL glo.
Bewus van vakuum,
bewus dat vakuum waarskynlik in vorm van God is.

Maar kan nie lekker vat kry,
nie helder genoeg sien…

So altaar bly maar:
aan onbekende god.

In teks twee filosofiese rigtings beskryf:
Epikuriërs:
Ás gode bestaan,
is vêr van mense verwyderd,
het basies niks met mensdom te doen.

Kom ons noem dit geslote tipe agnostisisme –
kan nie weet,
wil ook nie weet.

Ander filosofie: Stoisyne,
daar is godheid
te vind in logos,
rasionaliteit,
vind godheid deur rasionele redenasies.

Allerhande filosofieë,
verklarings,
redenasies…
altare.

En dan kom Paulus,
verwys na altaar aan onbekende God,
sê dis reg so –
mense moet na God soek,
want dit is hoe God mense geskape het –
om hom te soek,
al sou hulle ook moes rondtas om hom te vind (v 27)

Maar dan sê Paulus ’n wonderlike ding (vv 30-31):

30“God het die tye van onkunde oorgesien,
maar nou roep Hy al die mense oral op
om hulle te bekeer,
31want Hy het ’n dag bepaal
waarop Hy regverdig oor die wêreld gaan oordeel
deur ’n Man wat Hy uitgekies het.
As bewys daarvan vir almal,
het Hy Hom uit die dood laat opstaan.”

Voorheen kon God nie vind nie,
maar nou God homself openbaar.
God kan gevind word.
En – allerbeste – God WIL gevind word.

Om God te soek
is nie om soos ’n blinde in die donker rond te tas nie.

Want op die ou end ontdek ons nie die waarheid op ons eie,
deur ons eie vernuf
of soeke
of intellektuele inspanning nie.

Ons ontdek God,
omdat hy homself aan ons openbaar.

Weer Cox:

We do not have to look
until our eyes are red-rimmed,
trying to see what the heavens say about God.
We do not have to fish around in our own minds
to find an answer to the mystery of God.
What we could never do,
God himself has done:
He has revealed
what we could never discover.

God het homself aan ons openbaar
en wat hy openbaar het,
sê Paulus,
is die opstanding van Jesus uit die dood.

Vat net gou oomblik besef hoe ironies dit is.
Areopagus,
waar Paulus hierdie toespraak lewer,
Aeschylus toneelstuk:
God Apollos het Areopagus daargestel
as plek van regspraak.
Een van dinge Apollos gesê:
“wanneer ’n mens doodgaan,
en sy bloed vloei op die aarde,
is daar geen opstanding nie.”

En Paulus sê
God –
skepper
beskikker
versorger –
openbaar self in opstanding van Jesus.

Nou opstanding natuurlik nog plek geloof kan struikel,
debatte of Jesus regtig opgestaan of nie.

Maar wat opstanding van Jesus sê
is dat nuwe era aangebreek in geskiedenis van wêreld.

Daardie tyd toe mense nie vir God kon ken nie,
is verby.

Die hemel is oopgebreek,
brug is gebou.

Jesus ons vooruitgegaan –
doopformulier sê saam met hom gesterf,
saam met hom opgestaan –
letterlik gordyn oopgeskeur,
sodat ons vir God kán ken.

En die manier wat ons God ken,
volgens Paulus,
is bekering:

30“God het die tye van onkunde oorgesien,
maar nou roep Hy al die mense oral op
om hulle te bekeer,

Bekering
nie intellektuele instemming.

Flip Theron destyds
praat oor kennis,
gesê volgens moderne,
wetenskaplike
definisie kennis,
ken dokter sy vrou beter
as wat hy self vrou ken.

Bekering
is om God te leer ken –
nie net intellektueel
(ook NB – God vra nie verstand by deur loos)
maar óók in verhouding.

Bekering is nie blote intellektuele instemming
met argument jou oortuig het
jou van mening laat verander het nie.
Daarom is bekering oorgawe,
lewe oorgee
vir lewe saam met God
om jouself te gee vir wat God.

Beteken natuurlik ook
te bekeer van afgode –
erken dat ander goed waarmee vakuum probeer vul het,
nie werk nie,
nie god is nie.

katjie mag oulik wees,
hond mag vriendelik wees,
maar is nie ouer nie!

Len Sweet sê
is soos om tevrede te wees
om spyskaart te eet,
in stede van die maaltyd.

Wanneer ons tot bekering kom,
lewe oorgee aan God,
soos Augustinus kan bid:

Te laat het ek U liefgekry,
skoonheid,
so oud en tog so nuut;
te laat het ek U liefgekry!
U was in my binneste
en ek was buite besig om U te soek,
maar op die verkeerde plekke.
Ek het my liefde uitgestort op die skoonheid
en pragtige dinge wat U gemaak het.
U was by my,
maar ek was nie by U nie.
Dinge wat nie sou bestaan het
as dit nie vir U was nie,
het my vasgehou.
U het geroep en geskreeu
en deur my doofheid gebreek;
U het geskitter
en my blindheid verdryf;
U het ‘n aangename geur versprei
en ek kon dit inasem
en nou snak ek na U.
Ek het U geproe
en nou honger en dors ek na U.
U het my aangeraak
en nou is ek aan die brand
met ‘n vurige verlange na u vrede.
Amen

Gebed – Afrika-dag

Dankoffer

Slotsang Lied 489 vv 1 en 3 Waak, Christen, staan in die geloof (staan)
Seën
Respons Lied 543 refrein

God-vormige vakuum, Handelinge 17, Pascal, preek, soeke na God

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.