Skip to main content

12-18 Mei Huisgodsdiens

OMGEE GESPREKKE

Was mense al lelik met jou omdat jy ’n Christen is?  Vertel vir mekaar daarvan.

BYBEL LEES

Lees Handelinge 7:55-60

  • Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die gedeelte.  As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
  • Hoekom dink julle het die mense nie gehou van wat Stefanus sê nie?
  • Hoekom dink julle het Stefanus dit reggekry om nie moed op te gee nie en te bly glo en liefdevol te bly – al het hulle hom doodgemaak?
  • Wat leer julle hieruit?

GEWOONTES EN GEBRUIKE

As julle nie aan ’n selgroep behoort nie, oorweeg dit om by een aan te sluit.  Vra sommer twee ander gesinne en begin jul eie groep!

GESEËN OM TE SEËN

  • Baie mense regoor die wêreld word vandag steeds vervolg omdat hulle Christene is.  Kyk of julle kan uitvind waar dit nog gebeur en bid vir dié mense.
  • Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

huisgeloof, Huisgodsdiens, materiaal

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.