Hervormingsondag 1 Konings 3 Preek
As God vandag aan jou verskyn en sê jy kan vra net wat jy wil, wat sal jy vra? Eerlik nou. Jy hoef vir niemand te sê nie.
Soos wat ons as kinders mekaar altyd herinner: vra dat al jou versoeke waar sal word.
Maar Salomo… Salomo kan vir enige iets vra. En hy vra vir ’n luisterende hart. Interessant, hy vra nie vir iets heel nuut of vreemd nie. Hy vra vir God iets wat hy nodig het vir die taak wat voor hom lê. Hy het reeds die opdrag, is reeds besig hiermee. Help my om dit wat u my gegee het om te doen, goed te doen.