Wanneer Elia weggevoer word, verskyn daar ‘n vuurwa met perde van vuur en Elisa beskryf Elia as Israel se “strydwa met sy ruiters”. Hoekom word die beeld van ‘n strydwa met God en sy werk verbind? En wat is die storie met die mantel?
Meeste van ons, veral hier in SA, verstaan van grond: van die waarde van grond, die emosie rondom grond. Ons is ook goed bekend met konflik rondom grond, met onreg rondom grond. Ons geskiedenis is deurspek met die stryd om grond, met stories oor grond wat onregmatig afgeneem is. Vandag is ons bekommerd oor die her-verdeling van grond… Op die oog af lyk dit asof dít is waaroor Nabot se storie gaan: grond
elizabeth meen dat elia by krit
dikwels met sy gesig tussen sy bene gesit
en wag gewonder het of dit wat hy manhaftig
geprofeteer het sou gebeur
here moet ek van die voëls wat u onrein verklaar
kos kry die water wat vrot
die laaste holtes ingeplof het, drink
laat my sién wat ek gesê het
die reën ruik
die gras sien spruit
u doen tog niks voor u profete weet
maar die dae kom nie meer in díe vallei
en die water is ‘n skeppie dooie gras en klei;
maar sê sy,
toe hy eers weer aanskuif tot teen God se sy
het hy gehoor en wéét…
bly dus, gee elizabeth weer raad,
‘n rukkie langer in jou vereenkanting
en wag totdat jy hóór
om dan soos elia sonder groot lawaai
met God se vuur die water van die altaar op te lek,
die weduwee van sidon
of brits of waar ook al
se seun terug uit die dode in die lewe in te lei,
of dít my liewe mens wat jy begeer:
soos ‘n gaselle die hoogtes af
die wind te sny
Was jy al ooit lus om vuur uit die hemel af te roep?
Ek praat nou van God se vuur – dat jy iets sien en wens jy kan God se oordeel daarop laat neerreën, dit vernietig, totaal uitwis! En in die proses finaal bewys dat God God is,dat die sogenaamde realiteit NIE is soos wat dinge moet wees nie, dat daar ander realiteit is, ‘n hoër gesag, wat omgee wat hier gebeur, wat gaan oordeel oor die misbruik van sy skepping.
Ek dink die versoeking is daar vir ons as kinders van die Here om te dink dat God ons moet seën, aan mekaar, sonder ophou. Dit is tog hoe God is. Hy is goed. Hy is almagtig. Hy wil vir ons die beste hê. Ons dink “Life is beautiful” – soos daardie onvergeetlike fliek van Roberto Benigni onderstreep het – en wil graag hê, trouens verwag dit dat ons gehoorsaamheid vir ons voorspoed sal bring.
Maar ek dink ons vergeet dat die pa in die fliek moet sterwe om sy kind en uiteindelik sy vrou die gawe van die lewe te kan gee. Ons leef mos ons lewe tussen die twee pole van “Life is difficult” – soos Scott Peck dit gemunt het in sy boek The Road Less Travelled – en “Life is beautiful” – soos Benigni dit vir ons interpreteer. Die twee pole van die lewe vorm eintlik die Seisoene van die Siel, soos ek onlangs in ’n nuwe ongepubliseerde boek van Riaan van der Merwe gelees het.
Die gedeelte is vir my soos ’n skop in die maag. Dit is so tragies dat iemand wat gekies word om dinge reg te stel, wat die bevryder van die dwangarbeiders in Israel was, die reg in eie hande begin neem en so ontrou raak aan die roeping wat aan hom deur God gegee is.
Wat egter vir my nog erger is, aan die ander kant, is die man van God wat ’n groot risiko neem om uit Juda teen Jerobeam in sy eie heiligdom Bel-El te kom getuig, in alles doen wat hy moes, en dan val vir die misleiding van die óú profeet en só die Here se bevel verontagsaam.