Nabot se wingerd – 1 Konings 21
Meeste van ons, veral hier in SA, verstaan van grond: van die waarde van grond, die emosie rondom grond. Ons is ook goed bekend met konflik rondom grond, met onreg rondom grond. Ons geskiedenis is deurspek met die stryd om grond, met stories oor grond wat onregmatig afgeneem is. Vandag is ons bekommerd oor die her-verdeling van grond… Op die oog af lyk dit asof dít is waaroor Nabot se storie gaan: grond
Toetrede Lied 231 vv 1 en 3 Heilig, heilig, heilig, Here (sit)
Votum (Klaagliedere 3:22-26)
Seëngroet
Lofsang Lied 212 Loof die Heer, Hy is goed (staan)
Epiklese en voorbidding
Skriflesing 1 Konings 21
(met eksegetiese opmerkings tussendeur)
Nabot weet grond waarde nie ekonomies,
Verbind familie
OOK verbond God –
Deel van belofte God,
Sy deel van beloofde land
Grond en verhouding God nóú aan mekaar verbind;
Grond plus identiteit nou aan mekaar verbind –
Grond is deel van wie is,
Behoort nie hom, eintlik God,
Familie.
Lev. 25 –
23“Geen grond mag permanent verkoop word
nie, want die land behoort aan My.
Julle is slegs vreemdelinge en bywoners by My.
Selfs as land verkoop word,
Slegs tydelik –
Is nie transaksie een mens verryk
– eiendom vermeerder,
Is manier iemand in armoede verval,
Te help totdat weer op eie kan regkom –
Grond word weer teruggegee.
Want grond en identiteit as volk van God
Nou aan mekaar verbind.
Isebel buitelander –
Verstaan nie Israel, verbond –
Land, God, ID, nie grond mag verkoop –
Waar sy vandaan kom: alles behoort aan koning;
Ondenkbaar koning nie sommer in elke geval kan vat.
Let op hoe oordeel Elia aankondig,
Verskil opdrag Here Elia gegee –
heelwat erger:
voeg oordeel Isebel by –
glad nie deel God netnou gesê
Preek
Foto: Môreson gastehuis, Riebeeck-Kasteel
Huis my oupagrootjie eie hande gebou.
Wingerd my voorouers geplant.
Oupa moet glo,
Alles van Riebeeck tot Ceres aan oupa-grootjie behoort!
Borg geteken,
Alles verloor.
Ek dink meeste van ons,
Veral hier SA
Verstaan van grond,
Van waarde grond.
Ook goed bekend konflik rondom grond –
ONREG rondom grond.
Ons gesk. deurspek stryd om grond,
Grond onregmatig afgeneem.
Nou bekommernis oor her-verdeling van grond.
Geveg Mandela-familie re waar familielede begrawe is –
Natuurlik gepolitiseer,
Op ou end: identiteit en plek –
Identiteit en grond –
Nou aan mekaar verbind.
Geregtigheid?
Op oog af waaroor vandag storie gaan:
Grond.
En reg en onreg.
Koning pleeg onreg teen gewone ou,
Maar kom nie weg daarmee –
Op ou end reg geskied.
Behalwe,
’n Mens wil half voel – vir Nabot
Maar ook in eie lewens –
dat daar nie veel reg
In die reg en geregtigheid is nie:
1. want die reg
Kan in die eerste plek nie die onreg keer nie –
Nie toe nie,
Ook nie nou nie.
Kan nie keer dat mense aaklige goed aan mekaar doen nie –
Kan hulle net straf wanneer reeds gedoen.
2. Reg en geregtigheid wat geskied,
Doen nie eintlik een ding Nabot familie waarskynlik wou hê,
Nodig:
Dit kan nie vir Nabot terugbring nie.
Reg geskied
• Kan onreg identifiseer,
• Kan dit veroordeel,
• Kan straf,
o Maar kan nie genees,
o Kan nie herstel,
o Nie versoen,
Kan eintlik,
Op ou end,
Niks beter maak.
Verhaal Nabot wingerd,
Eintlik baie meer as net grusame storie
Van onreg
Maghebbers teen magtelose mense pleeg
En verdiende loon kry.
Om God te dien – of nie
Eintlik hier gaan,
Selfde as al Elia-verhale tot dusvêr,
Selfde afgespeel Karmel
Gaan God dien – of nie.
1. Kyk wat Agab besig te doen.
Ongelukkig
Niks nuuts:
Israel ander koning ook gehad,
Iets gesien nie aan hom behoort,
Begeer,
Planne gemaak regmatige eienaar vermoor
Sodat vir self kan vat.
Verlede kwartaal gesels storie Dawid en Batseba.
Moet heeltyd,
Wanneer stories Israel lees,
Daardie bedremmelde groepie slawe
Voet van berg Sinai
in gedagte hou:
God bevry.
Sê hy God omsien na onderdruktes –
Hulle moet selfde doen,
Omsien na kwesbare mense,
Toesien reg en geregtigheid geskied.
Gee land as belofte van verbond –
Plek waar kan leef soos God is.
Agab draai rug op daardie verbond –
Doen juis dit God in soveel wette sê nie mag –
Trap op die kleine,
Die brose.
Wingerd gereeld in Bybel gebruik as simbool vir Israel.
Maar Agab wil wingerd vervang met kruietuin.
N.A.V.: Kruietuin
OAV: Groentetuin
Woord net een ander keer in OT gebruik:
Deut. 11:10,
Waar dit na Egipte verwys,
Beloofde land Egipte kontrasteer.
Agab wil wingerd –
Simbool van vryheid God gee,
Vervang met groentetuin –
Simbool slawerny Egipte.
Wat op spel,
Nie lappie grond,
Maar verhouding God.
Want wanneer verhouding God uit oog verloor,
Dan gaan reg en geregtigheid daarmee saam by deur uit.
Dan seëvier onreg.
Onreg vandag
Hoeveel van ons
Nie al op manier onreg beleef,
Kan pyn in hierdie storie aan eie lywe voel?
Slagoffers van misdaad,
Goed gevat.
Selfs geweld, fisies seergemaak.
Slagoffers diskriminasie.
Of net gewoon slagoffers van mense wreedheid –
Dalk nie goed vat
Of seermaak,
Maar met woorde beetkry,
Ons beroof van menswaardigheid,
Respek.
Hoeveel ons al beleef
Wet eintlik nie kan regmaak –
Juweliersware gesteel.
En hoeveel van ons
Was nie self al die misdadigers nie –
Ander uitbuit,
Selfs besteel –
Kom sê eerder “inloop”-
Met woorde van menswaardigheid stroop.
Dalk jy iets verkeerd gedoen,
Weet:
Geen manier verhouding
En vertroue kan herstel.
Want onreg breek goed.
En daar is eintlik net een ding wat dit kan beter maak.
Net een ding wat verskil kan maak
In situasie waar jy nie vir Nabot kan terugbring nie.
Daar’s net een ding
Wat kan keer dat geweld
En misbruik
In ’n spiraal van wraak
En geweld
En verlies ontaard:
Vergifnis.
Vergifnis
Natuurlik op eerste oogopslag vergifnis nie so helder sigbaar in teks.
Moontlik redakteurs so bedoel –
Elia se woorde van oordeel uitspreek,
Hul eie gevoel verwoord –
Ons gevoel verwoord:
Wraak,
Verdiende loon.
Maar wraak help niks.
Lei tot nog wraak
Nog seer
Vernietig alles.
Maar tog,
Hier aan einde van storie,
Glip dit in:
Vergifnis.
Ons huiwerig vergifnis praat.
Dink sal in pad van reg en geregtigheid staan,
Keer dat ware reg geskeid.
Word so verteer in ons weergawe van geregtigheid
Dat ons nie by die vergifnis deel uitkom nie
In proses
Vergeet ons die evangelie
Net soveel as wat Agab verbond vergeet het.
Want verhaal Agab
Deel van hierdie hele boek.
Wat in geheel
Verhaal is van liefde en vergifnis.
Selfs in gruwel-dele van verhaal,
Daardie lyn van vergifnis
En genade
Deurlopend.
Vergifnis
Behoort nie laaste ding te wees
Wat ons Christene te sê het
Wanneer praat oor onreg nie –
Behoort eerste ding te wees.
Dink dit hoekom wêreld so aangegryp Mandela –
Omdat nie gevange eie wrokke,
Maar kon vergewe.
Ook hoekom sommige sukkel hom waardeer –
Kan nie sy voorbeeld volg,
Hom vergewe sy foute.
Wanneer ons,
Gelowiges,
Vergewe,
Dan sê ons:
Jy kan my seermaak,
Maar jy kan nie my verbintenis aan Christus wegneem nie.
Jy kan wreed wees,
Maar jy kan nie maak dat ek soos jy word nie.
Jy kan my breek,
Maar jy kan jouself nie buite die genade van God plaas nie.
Hoekom vergewe?
Hoekom vergewe ons?
Want ons wil nie in verbitterde karakters verander
Vasgekeer in die verlede nie.
Omdat ons nie aan dié wat onreg aan ons gedoen heet,
Die krag wil gee om aan te hou om ons seer te maak,
Om ons hele lewe te beheer nie.
Ons vergewe,
Want ons weet dat ons ook sondaars is.
Omdat ons bid:
en vergeef ons ons oortredings
soos ons ook dié vergewe
wat teen ons oortree;
Hoekom vergewe ons?
Omdat ons weet dat alle aardes vorme van reg en geregtigheid
Kan nie dinge regmaak nie.
Omdat Jesus vir ons gesterf het.
Omdat vergifnis
God se vorm van wetstoepassing is.
God se geregtigheid is vergifnis
Manier waarop God reg en geregtigheid laat geskied,
Is deur te vergewe.
Wette kan nie wêreld regmaak.
Eintlik, vergifnis kan ook nie op eie wêreld regmaak –
Moet ook berou
Versoening
Restitusie
Genesing
Wees.
Maar al hierdie goed
Begin by vergifnis.
Vergifnis is nie einde van proses van geregtigheid –
Is eerste tree.
Vergifnis is Christus woord vir geregtigheid.
Toe Jesus aan kruis gehang
Het hy nie ’n beter weergawe van die koning, van Agab geword nie.
Hy het Nabot geword.
Hy is veroordeel
En doodgemaak
Op grond van
Opgemaakte klagtes.
Maar hy laat reg geskied
Deur te bid:
“Vader, vergeef hulle.”
En dan staan hy op uit die dood
En ons weet
Dat God se vergifnis
Regtig dinge kan regmaak,
Regtig dinge beter maak.
Gebed en Genadeverkondiging
Dink na – wat onreg met jou saamdra?
Wat gedoen?
Wat aangedoen?
Stilte
Lied 247 Heer, wees ons genadig (sit)
Ontvang Woord van Here uit Miga 7:18Wie is ’n God soos U?U vergewe sonde,U straf nie die sonde van diéwat uit u volk oorgebly het nie.U bly nie vir altyd kwaad nie,U betoon liefde.19Hy sal ons weer genade betoon,Hy sal ons sonde tot niet maak,U sal al hulle sondes in die diepsee gooi.20U sal getrou wees teenoor Jakob ons,liefde betoon aan Abraham ons elkeen.
Bid saam Onse Vader
Dankoffer
Slotsang Lied 245 vv 1 en 2 Ek wat vergifnis, Heer, ontvang het (staan)
Seën
God die Vader
Sal jou altyd liefhê
God die Seun
Sal jou altyd genadig wees,
God die Heilige Gees
Sal jou altyd vertroos
En jou in die waarheid lei.
Respons Lied 245 refrein (staan)
agab, elia, geregtigheid, grond, nabot, onreg, preek, vergifnis