Skip to main content

Johannes 18:1-19:42 – Goeie Vrydag – Jesus het self sy kruis gedra – 29 Maart

Verwelkoming

Yan Martel se bekende boek “Life of Pi” wat onlangs ook verfilm is, begin met ‘n onverwagse ontmoeting.  Hierdie ontmoeting word uiteindelik die inspirasie vir die boek.

Dit gebeur in ‘n kroeg waar die skrywer ‘n vreemdeling raakloop. Toe dié hoor dat die skrywer sukkel om koers te kry, bied hy hulp aan: “Jy soek na ‘n storie? Ek sal jou een vertel wat jou in God sal laat glo.”

Wat dan volg, is die ongelooflike storie van Pi se bo-menslike ontberinge op die oop see nádat die skip waarop hy en sy familie was, in ‘n storm vergaan het. Soos wat die storie ontvou, kom jy agter dat Pi se stryd en lyding nog véél erger en verskrikliker was as wat die boek of prent probeer uitbeeld.

Jy verstaan mettertyd dat al die diere, en veral die tier wat hom so fel op sy verflenterde vlot bedreig, eintlik maar beelde, ja, metafore is om die eintlike wreedhede en elemente waarteen Pi as ‘n enkele oorlewende moes stry, te help versag.

Dat hy dit kon oorkóm, was vir Pi byna soos ‘n ervaring van genade, ‘n ingryping van Bo. Vandaar sy uitspraak dat dit ‘n mens in God kan laat glo.

Natuurlik sal nie almal hierdie vermoë om lyding te deurstaan – om dit selfs te sien as iets wat jou lewe kan verryk – toeskryf aan God of aan sy genade nie. “Party mense kry dit net beter reg as ander, meeste gaan daaraan onder” – so sal hulle redeneer.

Vir die gelowiges egter was en is die hoop, selfs vreugde in lyding, nog altyd gekoppel aan die wete dat daar inderdaad ‘n God is, en dat hierdie God lyding ken, ons ook daarin kan dra, dit selfs tot iets besonders kan omvorm.

Hierdie wete dat daar eenmaal, soos die musiekgroep, Prophet, so mooi sing, ‘n houtkruis was, ja, “‘n Redder aan ‘n houtkruis vasgenael”, is ons groot troos en bemoediging wanneer die verskrikkinge van die lewe toeslaan.

Hieraan dink ons weer op Goeie Vrydag – Jesus wat self sy kruis gedra het.

N.a.v. Carel Anthonissen (Boodskap vir vandag)

Toetrede lied – 393:1

Lied 393:1            Middelpunt van ons verlange

Aanvangswoord

U het nie skoonheid of prag gehad

dat ons na u sou kyk nie,

nie die voorkoms dat ons

van u sou hou nie.

U was verag en deur die mense

verstoot,

’n man van lyding wat pyn geken

het,

iemand vir wie die mense

die gesig wegdraai.

U was verag,

ons het u nie gereken nie.

4Tog het U óns lyding op Uself

geneem,

óns siektes het U gedra…

(Uit Jes 53)

Seëngroet

Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon, 5en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde.

Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos 6en ons sy koninkryk gemaak, priesters vir God sy Vader. Aan Hom behoort die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

(Openbaring 1:4-6)

Epiklese

Here Jesus, vandag word ons weer in verbystering stil voor u liefde: dat U gekom het na die wêreld toe om te sterf. Ons is verbyster daaroor, Here, want dis nie soos ons is nie. Dankie dat U nie soos ons is nie, Here. Dankie dat U Uself gegee het tot in die dood. Dankie dat U ons Verlosser geword het.

Ons aanbid U, Here Jesus, Koning van die kerk en van ons lewe. Wil U tog op hierdie dag opnuut Uself aan ons verbind; wil U ons asseblief deur u Heilige Gees verander dat ons soos U kan word, U kan navolg, onsself kan aflê. Word U tog meer in ons, Here Jesus, sodat dit nie meer ons sal wees wat lewe nie, maar U in ons!

Seun van God wat gekom het om u lewe vir ons af te lê, hoor ons gebed! Skenk ons die visie, o Vader, om soos U na die wêreld te kyk. Om nie die wêreld te sien as ’n probleem nie, maar as mense wat u liefde en u genade nodig het, as mense wat iewers langs die pad die spoor byster geraak het, sodat  U in Christus Jesus hulle weer kom soek het. Vergewe ons dat ons net dié liefhet wat vir ons liefhet, dat ons net vir hulle bid wat naby ons staan, dat ons tevrede is om met ons eie klein kringetjie gelowiges voort te gaan.

O Vader wat nie behae het in die dood van die sondaar nie, maar daarin dat hy hom bekeer en kan lewe, hoor ons gebed!

 En nou, o Gees van God, bid ons dat U in ons sal werk, sodat Christus in ons lewe verheerlik sal word. Bly met ons besig, o Gees, totdat die dag kom waarop elke knie voor Christus sal buig en elke tong sal bely: Jesus is Here!

Dit alles vra ons met die gebed dat U verheerlik sal word in ons.

Amen.

(Communitas, 29 Maart 2002)

Inleiding tot Skriflesings

Johannes 18-21

Hoofstuk 18-20 is die verhaal van:

  1. Jesus se inhegtenisneming  en verhoor,
  2. Jesus se kruisiging,
  3. Jesus se opstanding en
  4. Jesus se verskyning aan sy dissipels.

Hoofstuk 21 sluit die evangelie af met die herstel van Petrus se verhouding met Jesus.

Ons gaan vandag die hele kruisigingsverhaal lees soos Johannes dit in hoofstuk 18-19 vertel en Sondag fokus op die 1ste opstandingsverhaal in hoofstuk 20.  Ons gaan dit voorlees en onderbreek met liedere en tyd vir stilgebed.

Ek wil egter ‘n paar opmerkings maak voor ons lees.  Daarna gaan ons nagmaal vier.

Johannes 18:1–40

Die verhaal van Getsemane tot net voor die kruisiging word in 6 episodes vertel:

  • Jesus word gevange geneem– Joh 18:1-11;
  • Jesus verskyn voor Annas, die vorige hoëpriester – Joh 18:12-14;
  • Petrus verloën Jesus die eerste keer – Joh 18:15-18;
  • Annas ondervra Jesus aangaande sy leer – Joh 18:19-24;
  • Petrus verloën Jesus nog twee keer – Joh 18:25-27;
  • Pilatus verhoor Jesus – Joh 18:28-40.

Let aan die eenkant op na die opeenstapeling van verspilde kanse.  Judas verspeel sy kans op inkeer.  Die Jode verspeel hul kans om hul Koning te vereer.  Pilatus verspeel sy kans om Jesus ’n regverdige verhoor te gee.  Let aan die ander kant op dat daarin is Jesus eintlik besig om sy eie keuses uit te oefen.  Hy gaan nie die verraaier teë nie.  Hy dwing die Jode nie tot verering nie.  Hy dwarsboom nie Pilatus se diplomatieke spel nie.  Hy gee Homself oor aan die onreg omdat Hy die belofte van God het dat hierdie offer die weg tot lewe vir almal wat in Hom glo, sal word.

Jesus kies om die pad van die kruis te stap vir my

Johannes 19:1-42

In vier bedrywe word die kruisigingsverhaal vertel:

  • Pilatus lewer die Seun van God oor om gekruisig te word uit vrees vir die Jode – 19:1-16;
  • Die soldate kruisig Jesus op Golgota terwyl Jesus sy ma uit liefde aan Johannes toevertrou – 19:17-27;
  • Jesus sterwe met sy lewenstaak volbring – 19:28-37;
  • Jesus word begrawe deur twee geheime dissipels, Josef en Nikodemus – 19:38-42.

Ons het baie voorbeelde van helde wat volhard het met hulle opdragte of enduit volgehou het met ’n spesifieke lewenstaak.  Maar daar is niemand wat meer gedoen het as Jesus nie, veral as ’n mens die blote vernedering van menswees vir God, en die afgryslike vernedering van ’n onskuldige kruisdood in ag neem.  God is in sy diepste wese een wat gee, wat verantwoordelikheid neem en vertrou kan word.

Jesus het self sy kruis gedra en uiteindelik gesê: Dit is volbring!

Skriflesing een – Lambert Jacobs

(Foto deur Lawrence OP by flicker.com – Creative Commons License)

Jesus word gevange geneem – Joh. 18:1-11;

18 Nadat Jesus dit gesê het, het Hy met sy dissipels oor Kedronspruit gegaan. Daar was ’n tuin, en Hy en sy dissipels het daar ingegaan. 2Judas, sy verraaier, het ook die plek geken, omdat Jesus en sy dissipels dikwels daar gekom het.

3Judas het toe die afdeling soldate gevat en die wagte in diens van die priesterhoofde en die Fariseërs en hulle het daar aangekom met lanterns en fakkels en wapens. 4Omdat Jesus geweet het van alles wat oor Hom gaan kom, het Hy vorentoe gekom en vir hulle gevra: “Vir wie soek julle?”

5“Jesus van Nasaret,” antwoord hulle Hom.

“Dit is Ek!” sê Hy toe vir hulle.

Judas, sy verraaier, het ook daar by hulle gestaan. 6Toe Jesus dan vir hulle sê: “Dit is Ek!” het hulle teruggedeins en op die grond neergeval.

7Hy vra hulle toe weer: “Vir wie soek julle?”

En hulle sê: “Jesus van Nasaret.”

8Toe sê Jesus: “Ek het vir julle gesê dit is Ek. As julle My soek, laat die mense hier by My dan toe om weg te gaan.”

9So sou vervul word wat Hy voorheen gesê het: “Van dié wat U My gegee het, het Ek niemand verlore laat gaan nie.”

10Simon Petrus het ’n swaard by hom gehad. Hy ruk dit toe uit, slaan daarmee na die slaaf van die hoëpriester en kap sy regteroor af. Die slaaf se naam was Malgus. 11Toe sê Jesus vir Petrus: “Sit die swaard in sy skede terug. Moet Ek dan nie die lydensbeker drink wat die Vader My gegee het nie?”

Jesus verskyn voor Annas, die vorige hoëpriester – Joh. 18:12-14;

(Foto van ’n venster in Newcastle Cathedral deur Lawrence OP by flicker.com – Creative Commons License)

12Toe het die afdeling soldate onder die kommandant saam met die wagte in diens van die Joodse Raad vir Jesus gevange geneem en Hom geboei. 13Hulle het Hom eers na Annas toe gebring. Hy was die skoonpa van Kajafas, wat daardie jaar hoëpriester was. 14Dit was Kajafas wat vir die Jode die raad gegee het dat dit tot hulle voordeel is dat een man vir die volk sterwe.

Lied – 391:1

Lied 391:1            Vervul o Heer my hart

Skriflesing twee – Jennie Troskie

 (Foto deur Fergal Mac Eoinin – CC lisensie)

Petrus verloën Jesus die eerste keer – Joh. 18:15-18;

15Simon Petrus en ’n ander dissipel het agter Jesus aangegaan. Daardie ander dissipel was aan die hoëpriester bekend en het saam met Jesus in die hoëpriester se woning 16ingegaan, maar Petrus het buite by die deur bly staan. Toe het daardie ander dissipel wat aan die hoëpriester bekend was, uitgegaan en met die deurwagter gepraat en vir Petrus ingebring. 17Die diensmeisie wat deurwagter was, sê toe vir Petrus: “Jy is tog nie ook een van hierdie man se dissipels nie?”

“Nee, ek is nie!” antwoord hy.

18Die slawe en die wagte het hulle gestaan en warm maak by die vuur wat hulle gemaak het omdat dit koud was. En Petrus het hom ook saam met hulle gestaan en warm maak.

Annas ondervra Jesus aangaande sy leer – Joh. 18:19-24;

19Die hoëpriester het Jesus toe ondervra oor sy dissipels en oor sy leer. 20Jesus het hom geantwoord: “Ek het in die openbaar met die mense gepraat. Ek het hulle altyd in die sinagoges en in die tempel geleer, waar al die Jode bymekaar kom; en Ek het niks in die geheim gesê nie. 21Waarom ondervra u My? Ondervra dié wat gehoor het wat Ek vir hulle gesê het, hulle weet wat Ek gesê het.”

22Toe Jesus dit sê, het een van die wagte wat daarby gestaan het, hom geklap en gesê: “Antwoord jy die hoëpriester so?”

23Jesus sê toe vir hom: “As wat Ek gesê het, verkeerd was, sê dan wat was verkeerd; maar as dit reg was, waarom slaan jy My?”

24Annas het Hom toe geboei na die hoëpriester Kajafas toe gestuur.

Lied    384

Lied 384                Jesus o dink aan my Afr + Eng

Skriflesing drie – Chris van Wyk

Petrus verloën Jesus nog twee keer – Joh. 18:25-27;

25Simon Petrus het hom nog gestaan en warm maak. Die mense by die vuur vra toe vir hom: “Jy is tog nie ook een van sy dissipels nie?”

Hy het dit ontken en gesê: “Nee, ek is nie!”

26Een van die hoëpriester se slawe wat familie was van die een wie se oor Petrus afgekap het, vra toe: “Het ek jou dan nie in die tuin by hom gesien nie?”

27Petrus het dit weer ontken, en net daarna het daar ’n haan gekraai.

Stilte

Geleentheid vir stilte/ stilgebed

Skriflesing vier – Lambert Jacobs

 (From the east window of Wadham College Chapel, Oxford, by Bernard van Linge, c.1622. – Lawrence OP by flickr.com, CC lisensie)

Pilatus verhoor Jesus – Joh. 18:28-40.

28Toe het hulle vir Jesus van Kajafas af na die ampswoning van die goewerneur toe gebring. Dit was die môre vroeg. Hulle het self nie in die ampswoning ingegaan nie, sodat hulle nie onrein sou word nie maar die paasmaaltyd sou kon eet. 29Pilatus het buite na hulle toe uitgegaan en gevra: “Watter aanklag bring julle teen hierdie man in?”

30Hulle het hom geantwoord: “As hy nie ’n misdadiger was nie, sou ons hom nie aan u uitgelewer het nie.”

31Pilatus sê toe vir hulle: “Vat julle hom en veroordeel hom volgens julle wet.”

Maar die Jode sê vir hom: “Ons mag nie iemand teregstel nie.”

32Dit het gebeur sodat die woorde van Jesus vervul kon word wat Hy gesê het toe Hy aangedui het op watter manier Hy sou sterwe.

33Pilatus het toe weer in sy ampswoning ingegaan en Jesus geroep en vir Hom gevra: “Is jý die koning van die Jode?”

34Jesus het hom toe gevra: “Vra u dit uit u eie, of het ander dit vir u van My gesê?”

35“Ek is mos nie ’n Jood nie!” antwoord Pilatus. “Dit is jou volk en jou priesterhoofde wat jou aan my uitgelewer het. Wat het jy gedoen?”

36“My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie,” antwoord Jesus. “As my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my onderdane geveg het sodat Ek nie aan die Jode uitgelewer sou word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.”

37“Dan is jy tog wel ’n koning?” vra Pilatus.

“Dit is soos u sê: Ek is ’n koning,” antwoord Jesus. “Ek moet oor die waarheid getuienis aflê. Hiervoor is Ek gebore, en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom. Elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sê.”

38“Wat is waarheid?” sê Pilatus toe vir Hom.

En toe hy dit sê, gaan hy weer uit na die Jode toe en sê vir hulle: “Ek vind geen skuld in hom nie. 39Maar julle is gewoond dat ek vir julle gedurende die paasfees iemand loslaat. Wil julle hê ek moet die koning van die Jode vir julle loslaat?”

40Hulle skreeu toe terug: “Nie vir hom nie, maar vir Barabbas!” En Barabbas was ’n rower.

Lied    377:1

Lied 377:1            O Lam van God onskuldig

Skriflesing vyf – Jennie Troskie

 (stained glass detail from the church of Our Lady and the English Martyrs in Cambridge deur Lawrence OP by flicker.com – CC lisensie)

Pilatus lewer die Seun van God oor om gekruisig te word uit vrees vir die Jode – Joh. 19:1-16;

19 Toe het Pilatus vir Jesus geneem en Hom laat gésel. 2Die soldate het ’n doringkroon gevleg en dit op sy kop gesit. Hulle het vir Hom ’n pers mantel aangetrek 3en herhaaldelik nader na Hom toe gekom en gesê: “Ons groet u, Koning van die Jode!” En elke keer het hulle Hom geklap.

4Pilatus het toe weer buitentoe gekom en vir die Jode gesê: “Kyk, ek bring hom vir julle buitentoe, sodat julle kan weet dat ek geen skuld in hom vind nie.”

5Toe het Jesus buitentoe gekom, nog so met die doringkroon op en die pers mantel aan. Pilatus sê toe vir hulle: “Dit is die mens!”

6Toe die priesterhoofde en die wagte Hom sien, skreeu hulle: “Kruisig hom! Kruisig hom!”

“Vat júlle hom en kruisig hom,” sê Pilatus daarop vir hulle, “want ék vind geen skuld in hom nie.”

7Die Jode sê toe vir hom: “Ons het ’n wet, en volgens dié wet moet hy dood, omdat hy hom as die Seun van God voorgedoen het.”

8Toe Pilatus dit hoor, het hy nog banger geword. 9Hy het weer in sy ampswoning ingegaan en vir Jesus gevra: “Waar kom jy vandaan?”

Jesus het hom egter nie geantwoord nie. 10Pilatus sê toe vir Hom: “Praat jy nie met my nie? Weet jy nie dat ek die mag het om jou los te laat en ook die mag om jou te kruisig nie?”

11En Jesus antwoord hom: “U sou geen gesag oor My gehad het as dit nie van Bo aan u gegee was nie. Daarom het hy wat My aan u uitgelewer het, groter skuld.”

12Hieroor het Pilatus geprobeer om Hom los te laat; maar die Jode het geskreeu: “As u hom loslaat, is u nie ’n vriend van die keiser nie. Elkeen wat homself as koning voordoen, is in verset teen die keiser.”

13Toe Pilatus dit alles hoor, het hy vir Jesus buitentoe gebring en op die regbank gaan sit op die plek wat Klipterras genoem word, in Hebreeus Gabbata. 14Dit was die voorbereiding vir die paasfees, en dit was omtrent twaalfuur die middag. Hy sê toe vir die Jode: “Hier is julle koning!”

15Maar hulle skreeu: “Vat hom weg! Vat hom weg! Kruisig hom!”

Toe vra Pilatus vir hulle: “Moet ek julle koning kruisig?”

Die priesterhoofde antwoord: “Ons het nie ’n koning nie; ons het net die keiser.”

16Toe het hy Hom op hulle versoek oorgelewer om gekruisig te word, en hulle het Jesus weggeneem.

Stilte

Ruim geleentheid vir stilte/ stilgebed

Skriflesing ses – Chris van Wyk

 (foto deur Lawrence OP by flicr.com – CC lisensie)

Die soldate kruisig Jesus op Golgota terwyl Jesus sy ma uit liefde aan Johannes toevertrou – Joh. 19:17-27;

17Jesus het self sy kruis gedra en uitgegaan na Kopbeenplek toe, soos dit genoem is, in Hebreeus Golgota. 18Daar het hulle Hom gekruisig en saam met Hom twee ander, een aan elke kant, met Jesus in die middel.

19Pilatus het ook ’n opskrif geskrywe en dit aan die kruis gesit. Daar het geskrywe gestaan: “Jesus van Nasaret, die Koning van die Jode.” 20Baie van die Jode het hierdie opskrif gelees, omdat die plek waar Jesus gekruisig is, naby die stad was. Die opskrif was in Hebreeus, Latyn en Grieks. 21Die priesterhoofde van die Jode het toe vir Pilatus gesê: “Moenie skrywe: ‘Die Koning van die Jode’ nie, maar skrywe: Hy het gesê: Ek is die Koning van die Jode.”

22Pilatus het vir hulle gesê: “Wat ek geskrywe het, het ek geskrywe.”

23Toe die soldate Jesus dan gekruisig het, het hulle sy boklere gevat en dit in vier dele verdeel, vir elke soldaat ’n deel. Hulle het ook sy onderkleed gevat. Dit was sonder naat van bo af in een stuk geweef. 24Hulle sê toe vir mekaar: “Ons moet dit nie skeur nie. Kom ons loot wie dit moet kry.”

Dit het gebeur sodat die Skrif vervul kan word waar dit sê:

“Hulle het my klere

onder mekaar verdeel,

en vir my kleed het hulle geloot.” q

Dit is wat die soldate gedoen het.

25By die kruis van Jesus het ook nog sy moeder en sy moeder se suster en Maria, die vrou van Klopas, en Maria Magdalena gestaan. 26Toe Jesus sy moeder sien en die dissipel vir wie Hy baie lief was, wat by haar staan, sê Hy vir haar: “Daar is u seun.”

27Daarna sê Hy vir die dissipel: “Daar is jou moeder.”

Van daardie oomblik af het die dissipel haar in sy huis geneem.

Lied    387:1

Lied 387:1            O Heer uit bloed en wonde

Skriflesing sewe – Lambert Jacobs

 (Foto:  stained glass detail by Kempe from Little St Mary’s church in Cambridge deur Lawrence OP by flickr.com – CC lisensie)

Jesus sterwe met sy lewenstaak volbring – Joh. 19:28-37;

28Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.” r

29Daar het ’n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het toe ’n spons vol suur wyn op ’n hisoptakkie gesit en dit teen sy mond gehou. 30Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!”

Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.

31Dit was Vrydag, en die Jode wou nie hê dat die liggame op die sabbatdag aan die kruis moes bly nie, want daardie sabbatdag was ’n groot dag. Daarom het hulle vir Pilatus gevra dat die mense wat gekruisig is, se bene gebreek en die liggame weggevat moes word. 32Toe het die soldate gekom en die bene van die eerste een gebreek en ook dié van die tweede een wat saam met Jesus gekruisig is. 33Toe hulle egter by Jesus kom en sien dat Hy al klaar dood is, het hulle nie sy bene gebreek nie. 34Maar een van die soldate het met ’n spies in sy sy gesteek, en daar het dadelik bloed en water uitgekom.

35Hy wat dit gesien het, lê daarvan getuienis af, en sy getuienis is waar. Hy weet dat hy die waarheid praat, sodat julle ook kan glo. 36Dit het gebeur sodat die Skrif vervul kan word: “Geen been van Hom sal gebreek word nie.” s37En verder sê die Skrif op ’n ander plek: “Hulle sal Hom sien vir wie hulle deurboor het.” t

Stilte

Tyd vir stilte/ oordenking

Lied    395:1-3

Lied 395:1-3        My Verlosser aan die kruis

Skriflesing agt – Jennie Troskie

 (Foto:  window in Witney parish church, Oxfordshire deur Lawrence OP, CC lisensie)

Jesus word begrawe deur twee geheime dissipels, Josef en Nikodemus – Joh. 19:38-42.

38Hierna het Josef van Arimatea, wat ’n dissipel van Jesus was maar in die geheim, omdat hy vir die Jode bang was, vir Pilatus gevra of hy die liggaam van Jesus mag neem. Pilatus het sy toestemming gegee. Josef het toe gegaan en sy liggaam weggeneem. 39Nikodemus, wat ’n keer in die nag na Jesus toe gekom het, het ook gekom en ’n mengsel van omtrent vyftig liter mirre en aalwyn gebring. 40Hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit met die geurolie behandel en in doeke toegedraai, soos dit die gebruik van die Jode was om iemand vir die begrafnis uit te lê.

41By die plek waar Jesus gekruisig is, was daar ’n tuin en in die tuin ’n nuwe graf waarin daar nog niemand begrawe was nie. 42Daar het hulle Jesus begrawe, omdat die sabbatdag vir die Jode al amper aangebreek het en die graf daar naby was.

Gebed

Almagtige en ewige God

U het ons deur die triomfantelike dood en

opstanding van Christus

tot die lewe herstel:

gaan voort met hierdie genesende werk in ons

en gee dat ons wat in hierdie bediening deel

nooit ophou om U met toewyding te dien nie;

ons vra dit deur Christus onse Here. Amen.

(Uit Bybelmedia se Woord en Fees: Preekriglyne en Liturgiese Voorstelle vir 2012-13)

Apostoliese Geloofsbelydenis

Ek glo in God die Vader, die Almagtige,

die Skepper van die hemel en die aarde.

En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;

wat ontvang is van die Heilige Gees,

gebore is uit die maagd Maria;

wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is,

gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het;

wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode;

wat opgevaar het na die hemel

en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader,

van waar Hy sal kom om te oordeel

dié wat nog lewe en dié wat reeds gesterf het.

Ek glo in die Heilige Gees.

Ek glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk,

die gemeenskap van die heiliges;

die vergewing van sondes;

die opstanding van die vlees

en ’n ewige lewe.

Lied    400:1-5

Lied 400:1,4,5     Juig, juig in Hom

Nagmaal

Dankoffers

Slotlied 385:1-2

Lied        385         Loof die Here, dis volbring 1,2

Seën

Here,

stort u oorvloedige seën oor u mense uit

wat met toewyding die dood van u Seun herdenk het

in die vaste hoop van die opstanding:

skenk hulle vergifnis, en troos hulle:

mag hulle geloof sterker word

en hulle ewige verlossing verseker wees. Amen.

(Uit Bybelmedia se Woord en Fees: Preekriglyne en Liturgiese Voorstelle vir 2012-13)

Sonder amen en sonder musiek verlaat ons die kerkgebou.


q Vgl. Ps. 22:19

r Vgl. Ps. 69:22

s Vgl. Ps. 34:21

t Sag. 12:10

Simson – God werk met randfigure – Rigters 13

  • Nommer een – hy is bang en kruip in die veld weg waar niemand hom kan bykom nie, hy is sarkasties as die Engel van die Here aan hom verskyn: “Ekskuus meneer …” sê hy as die engel vir hom sê die Here is by hom, en jy kom agter dat agter die beleefdheid ernstige wantroue sit.  Of wat van hierdie antwoord: “As U so vriendelik wil wees, doen tog vir my ‘n wonder …”waarmee jy duidelik sien hy dink net mooi niks gaan gebeur nie.  En as die wonder gebeur, en hy moet optree, dan bly hy wantrouig, agteraf, gaan bv. in die nag en breek die Baäl altaar af, en skuil dan agter sy pa as die mense vir hom kwaad is.  Die ergste is, dat as hy die oorwinning behaal raak hy arrogant en wreed, en op die koop toe geldgierig.  As hulle hom wil koning maak, vra hy net geld!  En sy seun is nog erger, dié maak 69 van sy broers dood (een het weggekom) omdat hy geen kompetisie vir sy koningskap wil hê nie. ‘n Vrou moes ‘n maalklip op sy kop gooi om Israel van hom ontslae te laat raak.
    • Wie is dit? Gideon en sy seun Abimelek.
  • Nommer twee – hy is ‘n onderhandelaar by uitnemendheid, selfs met God, ‘n aartsmanipuleerder, wat sy brood aan alle kante gebotter wil hê, en ‘n grusame versekeringspolis uitneem, die oorsaak dat sy dogter haar lewe verloor as gevolg van sy dwaasheid, omdat sy toe die een is wat eerste uit sy huis vir hom kom verwelkom na die oorwinning.  Hy het miskien gedink een van sy honde sou hom tegemoetkom, dié dat hy belowe het dat die eerste een wat hom by die huis verwelkom, sal hy offer aan die Here.  Praat van dwaas en deurmekaar!
    • Wie is dit? Jefta.

Maar dit is gelukkig nie al wat in die boek Rigters staan oor hulle en die ander rigters nie!  Oor al twee van hulle skryf die Bybel dat die Gees van die Here op hulle was, hulle gelei het, hulle omvou het met Sy krag en hulle gebruik het om die volk van Israel te verlos van hulle vyande.

Kom ons lees die verhaal van Manoag, sy vrou, die eintlike kontakpunt met God, en die geboorte van hulle seun, Simson, om agter te kom hoe God werk – Rigters 13.

Skriflesing

Simson

13 Die Israeliete het weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, en Hy het hulle veertig jaar lank oorgegee in die mag van die Filistyne.

2Daar was ’n man uit Sora uit die stam van Dan. Sy naam was Manoag. Sy vrou was kinderloos. 3Die Engel van die Here het aan haar verskyn en vir haar gesê: “Jy is nou kinderloos, maar jy sal swanger word en ’n seun in die wêreld bring. 4Jy moet jouself goed oppas en nie wyn of bier drink nie en ook nie iets onreins eet nie. 5Trouens, jy is reeds swanger en jy sal ’n seun in die wêreld bring. Sy hare mag nie geskeer word nie, want die kind sal van sy geboorte af aan God gewy wees. Hy sal die Israeliete begin red uit die mag van die Filistyne.”

6Die vrou het toe vir haar man gaan sê: “Daar het ’n man van God by my gekom. Hy het gelyk soos ’n engel van God, ’n man met gesag. Ek het hom nie gevra waarvandaan hy kom nie, en hy het my nie gesê wat sy naam is nie. 7Hy het vir my gesê: Kyk, jy is swanger en sal ’n seun in die wêreld bring. Jy mag voortaan nie wyn of bier drink nie en ook nie enigiets onreins eet nie, want die kind sal van sy geboorte af tot met sy dood aan God gewy wees.”

8Toe het Manoag tot die Here gebid: “Here, laat die man van God vir wie U gestuur het, asseblief weer na ons toe kom dat hy ons kan leer wat ons moet doen met die kind wat gebore sal word.”

9God het Manoag se gebed verhoor, en die Engel van God het weer na die vrou toe gekom. Sy het in die veld gesit, en haar man Manoag was nie by haar nie. 10Toe hardloop sy gou en sê vir haar man: “Die man wat nou die dag na my toe gekom het, het weer aan my verskyn.”

11Manoag is toe dadelik agter sy vrou aan. Hy het by die man gekom en vir hom gevra: “Is u die man wat met my vrou gepraat het?”

Die man het geantwoord: “Ja, ek is.”

12Manoag het vir hom gevra: “Wanneer u belofte waar word, hoe moet die kind hom dan gedra en wat moet hy doen?”

13Die Engel van die Here het vir Manoag geantwoord: “Jou vrou moet alles doen wat Ek vir haar gesê het. 14Sy mag nie die opbrengs van ’n wingerdstok eet nie, en sy mag nie wyn of bier drink nie. Sy mag ook nie iets onreins eet nie. Sy moet alles doen wat Ek vir haar gesê het.”

15Toe sê Manoag vir die Engel van die Here: “Wag tog ’n rukkie, dan maak ons vir u ’n bokkie gaar.”

16Die Engel van die Here sê toe vir Manoag: “Al laat jy My ’n rukkie wag, sal Ek nie jou kos eet nie. Maar as jy ’n brand-offer wil bring, moet jy dit vir die Here bring.”

Manoag het nie besef dat dit die Engel van die Here is nie, 17en toe sê Manoag vir die Engel: “Wat is u naam? Wanneer u belofte waar word, wil ons aan u eer betoon.”

18Hy het vir Manoag geantwoord: “Waarom vra jy my Naam? Dit is te wonderlik om uit te spreek.”

19Toe vat Manoag die bokkie, en hy sit dit saam met ’n graanoffer op ’n klip as offer vir die Here. Terwyl Manoag en sy vrou staan en kyk, het die Here ’n wonder laat gebeur. 20Die vlam het van die altaar af opgegaan hemel toe en die Engel van die Here het in die altaarvlam opgestyg. Manoag en sy vrou het dit gesien en hulle het platgeval op die grond.

21Die Engel van die Here het nie weer aan Manoag en sy vrou verskyn nie, maar Manoag het besef dat dit die Engel van die Here was. 22Toe sê Manoag vir sy vrou: “Ons gaan beslis sterf, want ons het God gesien,” 23maar sy sê vir haar man: “As die Here ons wou doodmaak, sou Hy nie die brandoffer en graanoffer van ons aangeneem het nie. Hy sou ons ook nie hierdie wonderlike ding laat sien het en ons vandag hierdie nuus meegedeel het nie.”

24Die vrou het ’n seun in die wêreld gebring en sy het hom Simson genoem. Die kind het groot geword en die Here het hom geseën: 25die Gees van die Here het hom in Magane-Dan, tussen Sora en Estaol, begin lei.

Woordverkondiging

Die Israeliete het weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here.  Die Here gee hierdie keer Israel vir ’n baie langer tyd as vantevore in die hand van hulle vyande oor – 40 jaar lank.  Die vyand kom nie hierdie keer uit die ooste, soos by Jefta nie, maar uit die weste.  Die Filistyne het wes van Kanaän, in die kusstrook by die Middellandse See, gewoon, dit wat ons vandag as die Gasa strook ken. 

Dan word die verhaal van Manoag en sy vrou vertel, wat gebly het in Sora en uit die stam Dan was.  Sy naam word genoem, maar dié van sy vrou nie, hoewel dit gou blyk dat sy die eintlike kontakpunt met die Here gaan wees.

Dié vrou is kinderloos.  Die Engel van die Here verskyn dan aan haar, nie aan haar man nie, en belowe vir haar ‘n kind.  Sy, die kinderlose, sal swanger word en haar skande sal weggeneem word.  Interessant is dat sy in fyn detail opdrag kry hoe sy moet lewe en hoe die kind moet lewe – totaal toegewy aan die Here.

Sy vertel dié gebeure in detail vir haar man, wat onmiddellik bid dat die man van God weer sal verskyn aan hulle sodat hulle kan weet wat hulle moet doen met die kind.  Sy vrou het hom vertel, maar hy wil dit self hoor.  Sy versoek word verhoor, maar die Engel verskyn weer aanvanklik net aan die vrou.  En as die vrou hom gaan haal, en Manoag die Engel vra hoe die kind moet lewe, dan verwys hy Manoag net na alles wat hy reeds vir die vrou gesê, en beklemtoon haar rol, eerder as dié van die kind.

Wonderlik om te sien met hoeveel teenwoordigheid van gees en doodgewone praktiese wysheid die vrou optree as hulle agterkom dat dit eintlik die Here self was wat aan hulle verskyn het.  Op haar man se angstige voorspelling dat hulle nou sal doodgaan, omdat hulle die Here gesien het, sê sy net: die Here sou dan nie ons offer aanvaar het nie, die engel laat sien het, en boonop die wonderlike nuus van ‘n seun gegee het nie.

En uit hierdie relatiewe eenvoudige gesin, ‘n man wat versigtig glo, en ‘n vrou wat, hoewel ons nie haar naam verneem nie, ‘n ongelooflike vertroue openbaar (sy vra geen vrae nie, aanvaar net wat die Here sê, presies soos Maria veel later) en op die koop toe uiters prakties kan dink, kom die seun Simson wat vir20 jaar leier van sy volk sou wees.

Let op – God kies nie ‘n vooraanstaande gesin nie.  Hy kies randfigure, soos ‘n mens in die unieke alleenloper Terminator van ‘n man, Simson sien.  En Terminator was hy – so sterk soos ‘n bees. 

  • Op ‘n keer het hy ’n leeu doodgemaak. 
  • Op ’n ander keer het hy 30 ouens doodgeslaan om hulle klere vir sy teenstanders te gee, toe hulle sy raaisel se antwoord uitgevis het by sy meisie in Timna. 
  • Op nog ’n ander keer het hy 300 jakkalse se sterte aan mekaar gebind en fakkels tussen hulle sterte aan die brand gesteek en ’n klomp landerye uitgewis. 
  • Op nog ’n ander keer het hy ’n duisend Filistyne doodgemaak met ’n donkie kakebeen.
  • Op nog ’n ander keer die stadspoort van Gasa uitgeruk en gedra tot op ’n berg, waarskynlik daar naby (die teks sê tot by “die berg wat voor Hebron is”).

Maar wat die teks wil beklemtoon, is nie net dat hy sterk was nie, maar dat sy eintlike bron van krag God was: “Simson het groot geword en die Here het hom geseën: die Gees van die Here het hom … begin lei.”  Daar staan letterlik: God het sy treë begin bepaal.  En regdeur kom hierdie leiding van God na vore. 

Hoewel Simson se optrede dus heel uitsonderlik bly: hy is ‘n alleenloper, sonder ’n leër, ’n Terminator, word daar meer as met die ander rigters gesê: die Gees van die Here het hom sterk gemaak (“kragtig op hom gekom” – sê die oorspronklike). God kies dus wie Hy wil, mense in wie Hy Sy heerlikheid en krag kan ten toon stel en gebruik hulle om wonderlike dinge te doen.

‘n Mens sien dit ook in die vreemde verhale van sy liefde en ontberinge met vroue.  Kyk, hoewel Simson sy lewe lank ’n nasireër was, d.w.s. hy het nie wyn gedrink nie, en hy nie sy hare geskeer nie, behalwe die een keer aan die einde van die verhaal, weet ons dat hy nie juis ‘n sedelike reus was nie. Hy het die vermoë gehad om, heel naïef wil dit voorkom, in sy liefde vir vroue deurgaans vernietigende verhoudings aan te knoop.

Maar, en dit is só diepsinnig, die skrywer van Rigters verseker ons, dat op ‘n manier die Here juis met sy swakheid ‘n plan gehad het.  Hy verklaar selfs in 14:4 dat die Here hierdie insidente beskik het: “Sy ouers het nie besef dat dit alles van die Here kom nie, want Hy wou ‘n geleentheid skep om die Filistyne te straf”.

Wat beteken ons moet versigtig oordeel.  Telkens is dit weens die strik wat ‘n vrou vir hom stel, dat hy ‘n hele boel Filistyne kon vernietig.  En dit is waarvoor God hom geroep het.  Die Here het dus in en deur Simson se menswees die verlossing van Israel beplan.

En op ‘n manier verrig hy sy grootste verlossingsdaad toe hy op sy swakste is, oë uitgesteek, in die tempel van Dagon in Gasa (die strook aan die kuslyn wat vandag nog in die nuus is in die konflik tussen die Israeli’s en die Palestyne), en in sy laaste doodskreet die hele tempel op die Filistyne aftrek.  In sy dood raak hy dus eintlik ‘n Christusfiguur, Christus wat ook deur sy dood die oorwinning behaal het.

Wat wil die Here hiermee vir ons sê?

God gebruik randfigure.  Hy gebruik hulle in sy koninkryk, selfs mense wat ons vandag net sou afskryf.  Gideon, Jefta en Simson.

As dit die aard is van God, as dit is hoe Hy werk, kan ons nie eintlik anders werk nie.  Ons sal moet leer om sagter te oordeel oor mense en ook oor onsself.

Net vanoggend moes ek dit ervaar dat iemand ’n tipe Toronto blessing ervaar in ’n erediens waar ek moes optree en uiteindelik was die boodskap wat sy vir die gemeente gehad het, ’n spieëlbeeld van een van die punte van die boodskap wat die Here op my hart gelê het, dat ons dit ernstig moet bedoel met God, want Hy bedoel dit ernstig met ons.

Wat onmiddellik vir ons moet sê: God kies baie keer randfigure uit om sy werk te doen.  Hy deins nie terug vir die karakterfoute van sy mense nie, maar doen sy werk ten spyte daarvan.

Ek dink ons dink te maklik dat God net uitnemende persone gebruik:

  • Moses wat met God gepraat het soos met ‘n vriend.
  • Josef wat behalwe vir so ‘n bietjie arrogansie in die begin, een van die wysste mense ooit was en die rede was dat die volk Israel in Egipte bewaar gebly het.
  • Dawid, wat wel sy gebreke gehad het, maar van die mees roerende gedigte en liedere geskep het, wat ons vandag nog sing en in ons gebede gebruik, en ‘n ongelooflike dapper held was, die voorvader van Christus.
  • Paulus, wat met onverskrokkenheid die pad deur die Midde-Ooste en Europa plat gestap het en ‘n hele bekende beskawing van sy tyd aan die evangelie blootgestel het.
  • Andrew Murray, Hudson Taylor, Billy Graham, Rick Warren, Bill Hybels – ag en so kan ons aangaan.

Daar is ‘n ander lyn in die Skrif, mense wat baie gebreke gehad het, mense wat jy eintlik amper wil sê, ek wil jou nie ken nie, wat ook deur God gebruik is.  Soos Simson.

Want sien, God se Gees werk nie net met die gesondes nie.  Nee, Hy werk baie keer met mense wat allerhande gebreke het of wat onaansienlik is of aan die onderpunt van die sosiale leer is. 

En dit beteken, dat daar vir ons ook plek is – dat as ons maar net eenmaal sal luister, en die Gees vaardig raak oor ons, ons deur God gebruik kan word.

God bedoel dit ernstig met jou.  Hy vra van jou dat jy dit ernstig met Hom sal bedoel.

Preek by Klema – 24 Maart 2013

Rut

SKRIFLESING
Genesis 19:
30Lot het toe van Soar af weggegaan 
en met sy twee dogters 
in die berge gaan bly. 
Hy was bang om in Soar te bly 
en het toe met sy twee dogters 
in ’n grot gaan woon.
31Die oudste dogter 
het vir die jongste gesê: 
“Pa is oud. 
Hier rond sal ons nie op die gebruiklike manier mans kry nie. 
32Kom ons maak vir pa dronk 
en dan slaap ons by hom 
sodat ons by hom kinders kan hê.”
33Daardie nag 
het hulle hom dronk gemaak, 
en die oudste dogter het met hom gemeenskap gehad. 
Hy het nie besef dat dit sy is 
wat by hom kom lê 
en daarna opstaan nie. 
…
 36So het die twee dogters van Lot by hulle pa swanger geword. 
37Die oudste het ’n seun in die wêreld gebring 
en hom Moab genoem. 
Hy is die voorvader van die Moabiete. 
38Die jongste dogter 
het ook ’n seun in die wêreld gebring 
en hom Ben-Ammi genoem. 
Hy is die voorvader van die Ammoniete.
Tyd van Abraham…
Weet nou al wat intussen gebeur.
Israeliete eindig slawe Egipte,
Totdat eeue later bevry.
Terwyl land van belofte ingaan:
Numeri 22
22 Daarna het die Israeliete verder getrek 
en kamp opgeslaan in die Moabsvlakte 
teenoor Jerigo, 
oos van die Jordaan. 
2Balak seun van Sippor 
het gehoor van alles wat Israel 
aan die Amoriete gedoen het. 
3Die Moabiete het baie groot geskrik vir die Israeliete, 
want hulle was baie. 
Die Moabiete het bang geword vir die Israeliete 
4en het vir die leiers van Midian gesê: 
“Hierdie horde gaan alles rondom ons opvreet 
soos beeste die gras in die veld opvreet.” 
Balak seun van Sippor was destyds koning van Moab 
5en hy het boodskappers gestuur
 om vir Bileam
 seun van Beor 
te laat haal. …
Balak het hom laat weet: 
“’n Volk wat uit Egipte kom,
 het hier by my kom intrek. 
Die aarde is tóé onder hulle. 
6Kom asseblief 
en vervloek hierdie volk vir my, 
want hulle is te sterk vir my. 
Miskien sal ek hulle dan kan verslaan 
en uit die land verdryf. 
Ek weet: 
wie jy seën, is geseën, 
en wie jy vervloek, is vervloek.”
Israeliete wel op ou end beloofde land in – 
Net voorland ingaan:
Deut. 23:
2Niemand wat gebore is uit ontoelaatbare geslagsgemeenskap
[= bloedskande]  
mag lid van die gemeente word nie, 
selfs nie so ’n persoon se tiende nageslag nie. 
3Geen Ammoniet 
of Moabiet 
mag lid van die gemeente word nie. 
Niemand uit hulle nageslag 
mag ooit 
lid van die gemeente word nie, 
selfs nie eers een van die tiende geslag nie. 
4Dit is omdat hulle jou nie van kos en water voorsien het 
toe julle uit Egipte getrek het nie 
en hulle vir Bileam seun van Beor 
uit Petor in Mesopotamië 
gehuur het om jou te vervloek.
Beloofde land,
Breek tyd van Rigters aan.
Tussentyd rigters – konings – 
Lees verhaal van Rut.
Hoor nie in Afrikaans,
As lees Hebreeus,
Baie melodieus,
Een refrein hele tyd:
Rut die Moabiet.
Rut die Moabiet.
Rut die Moabiet.
Mens kan natuurlik baie dinge sê 
oor Naomi & Elimelek besluit onrein land Moab te gaan woon – 
boonop seuns toelaat Moabitiese vroue te trou!
Hulle lyn besmet met Moabitiese bloedskandige,
Ongasvrye (ergste belediging) lyn.
Rut bekende woorde Naomi,
Naomi wil terugstuur – 
Onthou, weduwee uitgelewer,
Geen inkomste, heenkome.
Rut beter kans eie mense sal sorg – 
Veral nie Israel sorg!
Dalk Naomi skaam Rut saam huis toe neem?
(Rut 1:16-17)
16Maar Rut het geantwoord:
 “Moet my tog nie dwing om van u af weg te gaan 
en om om te draai nie,
 want waar u gaan, 
sal ek gaan; 
waar u bly, 
sal ek bly; 
u volk is my volk; 
u God is my God; 
17waar u sterf,
 sal ek sterf 
en daar sal ek begrawe word. 
Ek lê ’n eed af voor die Here: 
net die dood sal ons skei.”
Rut deurgaans voorgehou simbool van geloof,
Regte ding doen,
Vertrou op God.
Rut en Boas trou,
Seun Obed.
Naby einde boek woorde:
Obed was die voorvader van Dawid. (Rut 4:17b).
Dan laaste teks vanoggend:
Matteus 1:
1 Die geslagsregister van Jesus Christus, 
die Seun van Dawid, 
die seun van Abraham:
2Abraham was die vader van Isak,
 Isak van Jakob,
 en Jakob van Juda en sy broers; 
3Juda was die vader van Peres 
en Serag by Tamar, 
Peres van Gesron, 
en Gesron van Ram; 
4Ram was die vader van Amminadab, 
Amminadab van Nagson, 
en Nagson van Salmon; 
5Salmon was die vader van Boas by Ragab, 
Boas van Obed by Rut [die Moabiet], 
Obed van Isai; 
6Isai was die vader van koning Dawid.
Dawid was die vader van Salomo by die vrou van Urija;
 7Salomo was die vader van Rehabeam, 
Rehabeam van Abia en Abia van Asa; 
8Asa was die vader van Josafat, 
Josafat van Joram, 
en Joram van Ussia; 
9Ussia was die vader van Jotam,
 Jotam van Agas, 
en Agas van Hiskia; 
10Hiskia was die vader van Manasse,
 Manasse van Amon, 
en Amon van Josia; 
11Josia was die vader van Jojagin en sy broers.
 Toe is die volk weggevoer na Babilonië toe.
12En na die Babiloniese ballingskap was dit so: 
Jojagin was die vader van Sealtiël, 
en Sealtiël van Serubbabel; 
13Serubbabel was die vader van Abihud, 
Abihud van Eljakim, 
en Eljakim van Asor; 
14Asor was die vader van Sadok,
 Sadok van Agim, 
en Agim van Elihud; 
15Elihud was die vader van Eleasar, 
Eleasar van Mattan, 
en Mattan van Jakob; 
16Jakob was die vader van Josef, 
die man van Maria 
uit wie gebore is 
Jesus 
wat Christus genoem word.
Preek
Gebeur baie dinge in verhaal van Rut die Moabiet – 
Soveel kan uitlig,
Literêr slim – 
Kan hele kwartaal reeks.
Vanoggend net twee goed uitlig
(eerste eintlik reeds met Skriflesing).
Jan verlede week:
Jy is nie te gewoon vir God nie.
Dan kan vandag amper sê:
Jy is nie te erg vir God nie.
Beter nog:
NIEMAND is te erg vir God nie.
Niks
Maar niks
Kan ons uit die gemeenskap van gelowiges hou nie.
Wonderlike goeie nuus vir elkeen van ons – 
Almal goed beken met ons eie troetel-sondes,
Geraamtes in sommige van ons se verlede:
Maak nie saak wát nie – 
Maak nie saak wat jy gedoen het,
Of aangedoen is – 
Kan jou nie uit God se teenwoordigheid hou nie,
Sal jou nie diskwalifiseer nie.
Dis die goeie nuus vir elkeen van ons.
Maar teks gaan vêrder,
Wyer as dit.
Kleingroepmateriaal verwys na 
God insluiting van vreemdelinge
Sigbaar hierdie teks.
Ek dink nie ons besef hoe radikaal dit is nie.
Hoe skandelik hierdie teks is,
Hoe dit ganse realiteit van Israel,
Maar ook van ons,
Omkeer.
Wie jy ook al dink die vieslikste,
Die ergste,
Die een wat God darem net nie durf insluit nie – 
God máák daardie mense deel van sy Liggaam.
Praat dalk nou hier van volk,
Nasie,
Groep mense – lewenstyl jou nie aanstaan,
Mense in Walmer Township,
In bos hier by baken.
Of dalk selfs individu – 
Iemand jou te nagekom,
Jou voorgeslagte te nagekom,
Wrok oor geslagte gekoester.
Daardie mense red God,
Sluit in.
Maar God sluit hulle nie net in nie!
1.  God gebruik hulle.
2.  God hou hulle op as voorbeeld vir dié van ons wat voel ons effens nader aan sentrum van God se wil en plan en beeld is as húlle
3.  God trek hulle in God se eie geslagsregister in.
Jesus se geslagsregister nie bloot toevallig.
Wanneer verhaal Rut hier afspeel,
Moabitiese bloed deel van Dawidiese lyn,
God reeds besig te beplan,
Reeds besig pad gereed te maak sy seun.
Dit wys eintlik al vir ons vooruit
Wat sy seun gaan kom doen.
Wanneer Jesus op aarde leef,
Word die randfigure in die middel gesit.
Total struktuur van hoe ons
En bevoorregtes van Jesus tyd
Wêreld verstaan,
Word omgekeer.
Geseënd is nié die wat finansieel welaf is,
Wat weet hoe om ’n mes en vurk vas te hou,
Vir self kan voorsien
Mag, invloed.
Vermoë het om hele koninkryk-besigheid intellektueel te snap,
Kan nadink oor wet, God wil…
Geseënd is julle wat arm is,
Want aan julle behoort die koninkryk van God.
Geseën is julle wat honger is
Wat huil
Dié wat deur mense gehaat
En verstoot
En uitgeskel word.
(Luk. 6) – 
Want dít is die mense belangrik is in Jesus koninkryk.
Wanneer Jesus leiers kies,
Wat sy boodskap gaan verkondig wêreld deur – 
Nie geleerdes,
Nie godsdienstiges – 
Vissermanne,
Eenvoudige werkersklas mense.
Wanneer Jesus eie taak aankondig – 
Teks ons lei vanjaar:
18“Die Gees van die Here is op My
   omdat Hy My gesalf het
   om die evangelie aan armes
    te verkondig.
   Hy het My gestuur
    om vrylating vir gevangenes
    uit te roep
    en herstel van gesig vir blindes,
    om onderdruktes in vryheid
    uit te stuur,
   19om die genadejaar van die Here
    aan te kondig.” 
Die Bybel Nuwe Vertaling. 1998 (electronic ed.) (Lk 4:18–19). Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
Natuurlik kan ons dit soms vergeestelik,
Nodig om onsself ingesluit te voel daarby.
Maar kan eenvoudig nie res van evangelie ignoreer,
Jesus optrede van dag tot dag
Wat duidelik maak
Dat hy dit baie letterlik bedoel,
Armes
Prostitute
Verraaiers.
Jesus maak die laastes eerste.
Daardie mense vir ons onsigbaar is – 
Hulle, sê Jesus,
Is die belangrikes.
Die randfigure
Word sentrale karakters.
Dit maak van die boek Rut ’n baie uitdagende boek vir elkeen van ons.
Daag ons uit eerlik wees met self,
Te sien wie ons “Moabiete” is – 
Ons eie vooroordele dapper te nóém,
Te sien hoe God juis ons persepsie van hoe dinge moet wees,
Omkeer.
Maar waar laat dit ons?
Baie van ons is op sekere maniere randfigure,
Kom sê:  Moabiete.
Maar ons almal
Is op baie maniere
Níe Moabiete nie – 
Nie arm nie,
Nie in die tronk nie,
Nie blind nie…
Hoe lees ons dan 
Nie net verhaal van Rut
Maar hele evangelie – 
Verhaal van Jesus van Nasaret,
Wie sterwe en opstanding vandag spesifiek oordink.
Ons dalk nie Moabiete.
Ons dalk eerder Boasiete.  
Mense wat wél die mag het,
Wél die landerye,
Die koring – 
En daarmee saam
Dubbel die verantwoordelikheid.
Wet Israel
Levitikus 19:
9“Wanneer julle julle lande afoes,
 moet julle nie die wenakkers afoes nie 
en ook nie die are wat bly lê, 
agterna optel nie. 
10Julle moet ook nie die wingerde 
’n tweede keer oes 
of die korrels wat val, 
optel nie. 
Laat dit alles bly vir die armes 
en die vreemdelinge. 
Ek is die Here julle God.
(Voorbeeld paar weke gelede gesê – 
Wet wys vir volk hoe hy wil hê hulle sy liggaam moet wees).
Boas getrou wet – 
Sorg dat mense in nood versorg word.
Maar gaan vérder as net letter van wet:
Sê laat val bietjie meer,
Moenie sukkel met haar.
(Gaan nie vanoggend ingaan in hele trou storie).
As God armes, kwesbares intrek in sy liggaam,
Dan gebruik hy ONS om dit te doen,
ONS om ander te versorg.
Dis hoekom so NB dat ons vanjaar praat van 
Geseën om te seën.
Ons hoef nie skuldig te voel oor seën wat God vir ons gee.
Is gawe!
Sê daarvoor dankie.
En gebruik dit met verantwoordelikheid – 
Om ander te versorg,
Om ander wat in ons samelewing onsigbaar geraak het,
Sigbaar te maak.
Om die “untouchables”
Aan te raak.
30 minute om te seën
Klein eerste tree,
Help om met die verantwoordelikheid te leef
Wat God aan ons toevertrou het.
Afsluit vertel Stop Hunger Now – 
Groot maatskappye,
Baie van ons nie regtig iets doen.
Vertel eerstens omdat so inspirerend,
Tweedens weet sommige van julle dalk kontakte:
www.stophungernowsa.org
Besighede belê minimum R25 000
(deel bedrag aftrek – sal beter weet as ek),
SHN reël event,  group building.
Pak kos – 
(groente, vit).
Boks kos R504
Kind brein ontwikkel eerste 6 jaar – 
Ondervoed,
Agterstand vir altyd.
As wil impak maak land,
Klein kinders kos gee!
Crèche kry geld van regering,
Per kind, 
Elke dag kos gee. 
Om te kry,
Moet registreer.
Om te registreer,
Moet sekere vereistes – 
Wasbak,
Toilet…
SHN vind crèche wat nie geregistreer.
Verkoop bokse @ R100 een – 
Geld in crèche se eie rekening inbetaal.
Na 6 maande,
Crèche se eie geld gebruik
Help voldoen vereistes
Registreer,
Toegang fondse.
Theo Havemann Oos-Kaap koördineerder,
As betrokke wil raak,
Meer wil weet,
Gesels.
Vertel van SHN
Een voorbeeld.
Maar elkeen van ons 
Kan op manier
Boas wees vir ’n vreemdeling.
Dit is waartoe God ons roep.

Josua – Die Stryd Begin

Toetrede 
Vonkk 55 Jesus toe U mens geword het (sit)
Votum
Seëngroet
Lofsang
Psalm 105: 1, 8 & 11 (staan)
Nagmaal
Terugvoer Corneille
Gebed
Skriflesing
Josua 1:1-9
Preek
DAPPER HELDE
Grootgeword met stories van dapper helde – 
Dapperheid,
Waagmoed,
Deursettingsvermoë,
Nog altyd waardes ons mensdom bewonder.
Wolraad Woltemade
Verhale helde uit Boere Oorloë – Dirkie Uys by pa gebly
Makana in Oos-Kaap Britse weermag in Grahamstad aangeval
Emeritus Biskop Tutu persoon op punt ge-necklace te word,
Teen woede van skare gered.
Suid-Afrika baie verhale van helde,
Dapperheid.
Elkeen van ons hier sit,
Sulke mense bewonder vir dapperheid.
Dalk sit van jou dapper helde dalk selfs vandag hier tussen ons.
Maar wat van jou?
Is jy dapper?
Meeste van ons onmiddellike reaksie:
O nee, definitief nie ek nie!
Nie dapper nie!
(Veral ek!)
Maar tog:
Toe gaan teologie studeer in jare vroue nie beroep gekry.
Of dag met goue Opeltjie vol aardse besittings,
Op eie na Baai,
Niemand ken,
Geliefdes agterlaat.
Elkeen van ons was al dapper.
Toe besluit kind in wêreld te bring.
Besigheid begin.
Opstaan vir wat reg is.
En nou?
Vandag?
Waarvoor jy vandag nodig dapper te wees?
Nodig God woorde hoor:
“Wees sterk en vasberade”?
Wat reuse wat vandag jou broek laat bewe?
WAAGMOED BRING DEURBRAKE
Ek preek meeste vir myself 
Wanneer sê lyk in Bybel
Asof waagmoed deurbrake bring.
Here nooi ons om te waag
En deur te druk.
Josua nuwe leier word – 
Nou volk in belofte gaan in lei. 
Geslag tevore – 
40 jaar gelede – 
Volk by selfde grens gestaan.
Toe wou nie land binnegaan.
Was bang,
Oorweldig deur vrees.
Nou nuwe geleentheid – 
Wat waagmoed en dapperheid vra.
GEHOORSAAMHEID
Maar hierdie nie sommer lukrake,
Dwase waagmoed,
Sien wanneer kinders van dakke afspring om maatjies te beïndruk!
Hierdie waagmoed eintlik beter beskryf as gehoorsaamheid.
Waagmoed nie uit self kom,
Maar gevolg van ontmoeting met God.
Is reaksie op God
Teenwoordigheid
Beloftes
Roeping.
Is geloof.
So wanneer praat oor waagmoed
Onder omstandighede
Wat elkeen van ons nou in eie lewens in gesig staar,
Praat oor gehoorsaamheid – 
Nie sommer net doen wat reg lyk
Of wat graag self wil – 
Maar doen wat God vra.  
So wanneer broek bewe
Voor aangesig van reus of berg of rivier voor jou,
Dan eerste vraag:
Wat wil God hê jy in hierdie omstandighede doen?
DIE REGTE PADKAART
In teks gelees
Gee God self vir Josua padkaart,
Volg in hierdie uitdagende omstandighede:
Oordink wet dag en nag.
Gehoorsaamheid.
Ook:
Gebondenheid aan Woord.
Ons hele Bybel deur God gegee.
Is nie net padkaart,
Wys waar om te gaan,
Lei in onseker omstandighede,
Help weet wat God wil is in spesifieke omstandighede.
Woord kan ons ook moed géé – 
Nie net sê WAT te doen,
Ook moed OM dit te doen.
Daarom belangrik
Lééf met Woord,
Elke dag,
Self verdiep in Bybel.
Later,
By eerste hindernis,
Jordaanrivier – 
Volg Ark.
Volg net die Ark.
Volg net die Here se leiding.
HOU VAS AAN GOD SE BELOFTE
Tweede ding moontlik maak dapper te wees,
Is vertroue op God se belofte.
Volk nie besig eie toekoms te skep.
God besig om sy belofte – 
Wat reeds aan Abraham gemaak – 
Te vervul.  
Deur Josua:
Telkens rituele reiniging.
Later besnydenis.
Dapperheid vra oorgawe aan God.
Lewe – wat ook al gebeur – 
In sy hand oorgegee.
Ons natuurlik,
Voor aangesig rivier moet oorsteek,
Spesifiek idee waar moet eindig.
Maar God vra van ons hom vertrou – 
Nie noodwendig hoe ons wil hê moet uitkom,
Wat ons wil hê moet gebeur – 
Maar sy plan vertrou,
Vertrou wat ook al gebeur,
Sy beloftes waar sal word.
GOD SE TYD
Dalk goed ons vir mekaar hier iets sê oor God se tyd.
Want dikwels dit die ding dapperheid moeilikste maak!
Soms voel ons God vat so lank,
Ons so angstig,
Dat eerder as waagmoedigheid 
Eintlik roekeloos waaghalsig,
Inspring voordag tyd reg is.
Of wag
Terwyl al moes spring!
Dink bv. waar volk Jordaanrivier oorsteek – 
Rivier was vol.
Kon mos maar bietjie wag,
Laat water bietjie sak – 
Laat gemoedere eers gaan lê
Dat almal net eers rustig word
Dat ek net eers genoeg geld spaar.
Maar Here kies tyd waarop ons gehoorsaam moet wees.
Wat Josua ons leer:
Wees rustig oor God se tydsberekening.
Maar dan natuurlik nog een laaste sake dapperheid:
Wees gehoorsaam
Luister na stem van God
Hou vas God belofte
Vertrou Here se tyd…
DOEN WAT GOD VRA
Maar as Here jou vra om jou voete nat te maak,
Dan moet jy tree vorentoe gee.
Help nie ons dink net dapper nie.
Moet ook dapper doen.
Weer Jordaanrivier episode.
God gaan ons deur rivier neem – 
Slaan kamp op langs rivier,
Wag dat gebeur.
Nee.
Moet voete in water druk.
Al manier hoe aan ander kant gaan kom,
Is as hierdie kant los.
Weet nie wat rivier is voor elkeen van julle lê.
Weet wel dat ons almal maar tyd tot tyd omstandighede beleef
Van ons dapperheid vra
Voel nie het.
Mag jy juis dan
God vertrou
Gehoorsaam aan hom
stad inneem hy jou belowe het.
Gebed 
Dankoffers
Slotlied
Lied 476 ’n Vaste burg is onse God v1 &3 (staan)
Seën
Respons
Lied 539: 4

Numeri-Deuteronomium – Omswerwinge

Orrelvoorspel

Lied 381 Hy is verneder en deurboor en Lied 391 Ons herdenk die diepte van u lyding

Verwelkoming

Toetrede

Flam 22 Ek soek U, o God, my God (Ps. 63) CD

“Ek soek U, o God, my God, ek dors na U, God.  Soos ’n land sonder water wil ek tot U nader om by U te wees.  Wanneer ek saans aan u dink , my God, oor u peins in die nag, dan weet ek U help my, U hand ondersteun my.  Ek wil naby U bly.  Want U liefde is meer werd as die lewe, daarom sal ek U vir altyd prys; my hande ophef om U naam te eer, want U is die Heer vir wie ons lewe.” – Rhe Janse (soos uitgevoer deur Louis Brittz).

Votum en seëngroet

“U troue liefde is meer werd as die lewe; daarom sal ek U prys.  Ek sal U my lewe lank loof.” (Ps 63:4-5)

Lofsang

Lied 492 In U is vreugde, vrede en vreugde (staan)

Psalm 56 Wees my genadig, Heer – v1 en 6 almal v2 dames v3 koor v5 mans (sit)

Kindertyd

Was julle al in ’n woestyn?

Hoe is dit daar?  Baie warm, ja.  En ’n mens raak dors.  En daar is nie baie om te eet nie.

Die Israeliete was baie bly om uit Egipte te kon kom.  Hulle het baie swaar gehad daar.  Hulle moes hard werk.  En hulle is baie sleg behandel.  Daar is nie meer slegte mense wat hulle slaan as hulle nie hard genoeg werk nie.  Die Here het vir hulle gesorg en gered van Egipte.  Hy het hulle deur die Rietsee gebring en baie wonderwerke gedoen.

Hy het selfs vir hulle ’n spesiale kos gegee, manna.  Weet julle wat is manna?  Dit was ‘n klein wit saadjie wat soos koljandersaad lyk en het soos heuningkoek gesmaak. Hulle kon dit kook of bak.  Elke dag het hulle dié manna opgetel, genoeg vir elke dag en daarvan plaatkoekies gemaak.  Ken julle dit?  Crumpets of plaatkoekies.  En dit het seker so bietjie soos dit gesmaak as ‘n mens heuning daaroor sou gooi.

Wat so wonderlik was, was dat hulle dit nie hoef saam te dra nie.  Dit was net elke dag daar.  En hulle kon genoeg eet, sonder om swaar te dra aan ’n klomp ekstra kos.  Het julle al kos vir julle ma en pa uit die motor uitgedra na die huis toe?  Dink nou net as ‘n mens vir 2 jaar kos moes inpak en saamdra!  Die Here het regtig vir hulle die beste gegee.

Maar, nou is dit warm en en hulle is so bietjie moeg al vir plaatkoekies.  En die pad is lank.

So wat doen hulle?  Vra vir die Here ietsie ekstra?

Nee, hulle kla.  Hoekom is ons hier?  Ons moes in Egipte gebly het?  Dit was swaar daar, maar ons kon darem genoeg eet en daar was genoeg water.

Hier gaan ons doodgaan!  Hulle is ontevrede.

Wat doen die Here toe?  Hy gee vir hulle vleis, ‘n klomp kwartels wat daar aangevlieg gekom het, en verdwaald daar rondgespartel het.  Maar daar was só baie dat hulle naar geword het daarvan.  Die Bybel sê elkeen het ‘n ton vleis gehad – hopeloos te veel.

Hoekom doen die Here dit?  Want Hy wou hulle leer dat hulle tevrede moet wees met wat hulle het.  Hy gee vir hulle die beste vir die woestyn.  As hulle in die land Kanaän sou kom, waarheen die Here met hulle op pad is, sal daar weer vleis en waatlemoene en druiwe en al die ander lekker eetgoed wees.  Maar nou is daardie dinge nie die beste nie, want dit sal vrot word, en dit is te veel om saam te dra.

Die Here wil dus hê hulle moet Hom net vertrou!  Hy gee vir hulle die beste.

Ons is ook baie keer soos die Israeliete.  Ons raak ongeduldig. Ons raak ontevrede. Ons is ongelukkig omdat ons nie altyd kry wat ons wil hê nie.

Die Here wil ook hê dat óns Hom sal vertrou dat Hy vir ons sal gee wat ons nodig het.

En een van die beste dinge wat ons kan doen om vir God te sê dat ons Hom vertrou, dat ons tevrede is met wat Hy vir ons gee, is om dankie te sê vir wat ons het.  Dan is ons sommer minder bekommerd oor wat ons nie het nie.

Dit is soos dié glas.  Is hy half leeg of is hy half vol?  As jy sê hy is half vol, voel jy sommer beter.

Ons gaan dit nou vir die Here sê met ‘n lied en ook bid.

Kom ek hoor eers, waarvoor wil julle dankie sê?

Lied 552 Liewe Vader, ek sê dankie (sit)

Doopviering

Ons bid vir elkeen wat gedoop is, dat die Here hulle sal seën en vir hulle sal gee net wat hulle nodig het.  Al die name is in die aankondigings.

Gebed

Skriflesing

Numeri en Deuteronomium (Numeri 20)

Water uit die rots

20 Die hele volk Israel het in die eerste maand in die Sinwoestyn aangekom en toe by Kades oorgebly. Mirjam is daar oorlede en is ook daar begrawe.

2–3Omdat die volk geen drinkwater gehad het nie, het hulle saam teen Moses en Aäron rusie gemaak en gesê: “As ons maar liewer ook omgekom het toe ons volksgenote deur die Here om die lewe gebring is! 4Waarom het julle die volk van die Here na hierdie woestyn toe gebring, dat ons en ons vee hier moet sterwe? 5Waarom het julle ons uit Egipte laat optrek en ons na hierdie ellendige plek toe gebring? Hierdie plek deug nie vir graan of vye, vir wingerde of granate nie, en daar is geen drinkwater nie.”

6Moses en Aäron het weggedraai van die volk af, en toe hulle by die ingang van die tent van ontmoeting kom, het hulle op hulle knieë geval terwyl die magtige teenwoordigheid van die Here vir hulle sigbaar word. 7Die Here sê toe vir Moses: 8“Vat Aäron se kierie en roep jy en jou broer Aäron die volk bymekaar. Julle moet dan in hulle teenwoordigheid met die rots praat, en daar sal water uitkom. Jy moet vir hulle water uit die rots laat kom, sodat die volk en hulle vee kan drink.”

9Moses het toe die kierie wat in die tabernakel was, gevat soos die Here hom beveel het 10en hy en Aäron het die volk by die rots laat bymekaarkom. Moses het vir hulle gesê: “Luister, julle wat julle teen die Here verset! Luister! Moet ons vir julle water uit hierdie rots laat kom?”

11Toe lig Moses sy hand op en hy slaan die rots twee keer met die kierie. Daar het baie water uitgekom, en die volk en hulle vee het gedrink.

12Maar toe sê die Here vir Moses en Aäron: “Omdat julle My nie erken het en My, die Heilige, nie voor die Israeliete gehoorsaam was nie, sal julle hierdie volk nie inlei in die land wat Ek aan hulle gee nie.”

13Dit het gebeur by die Meribawaters e waar die Israeliete met die Here rusie gemaak het, en waar Hy Hom as die Heilige aan hulle bekend gemaak het.

Preek – Omswerwinge

God lei die volk

Op ’n dag in die middel van die lente het die wolk bo die tabernakel gelig.  Dit was twee jaar na die volk uit Egipte weg is.  Op bevel van die Here het hulle na Kanaän begin trek.

Onder leiding van die Here het hulle die pad aangedurf, met die wolkkolom in die dag en die vuurkolom in die nag.  En elke keer wanneer hulle opgekyk het, het hulle geweet: HY is daar!  Die grootste geskenk moontlik – God se voortdurende teenwoordigheid.

’n Mens sou dink, dít is die lewe.  Dít is waarna Dawid vanuit die Judawoestyn in Psalm 63 verlang: “Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in ’n dor en droë land, ’n land sonder water. Ek wil by U in die heiligdom wees om daar u mag en grootheid te ondervind. U troue liefde is meer werd as die lewe; daarom sal ek U prys. As ek aan U dink op my bed, oor U peins in die nag, dan weet ek: U is vir my ’n hulp, en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels. Ek bly altyd naby U, u hand ondersteun my.”

Die volk kla oor alles

Maar, dít is nie hoe die volk dit ervaar het nie.  Die volk kla oor alles.  Ons lees van vier hoofsake waaroor hulle kla.  Hulle kla oor hulle swaarkry, sommerso in die algemeen en hulle kla oor die kos.  Soos Die Storie skryf: “’n Spul skobbejakke wat saamgetrek het, het ’n onbedaarlike lus vir vleis gekry.”!  Dit was mense van ander nasies wat saamgetrek het en wat nie baie gehou het van die ontberinge in die woestyn nie.  Die ander leiers, Mirjam en Aäron, kla ook oor die hoof leier, Moses.  Hulle hou nie van die feit dat hy met ’n Kussitiese vrou, waarskynlik ’n swart vrou, ook een van die ander mense wat saamgetrek het, getrou het nie.  En les bes, die volk kla oor die vooruitsig om in Kanaän in te trek.  Hulle het net nie kans gesien vir die reuse wat daar op hulle wag nie.

Hoe reageer die Here daarop?

God reageer met vuur

Op die eerste klagte oor hulle swaarkry reageer die Here met vuur.  Dit het tot op die kant van die kamp gebrand, maar toe hulle om hulp roep, het die vuur bedaar, as teken daarvan dat die Here in beheer is en dat hulle Hom kan vertrou.  Maar helaas nie. 

God reageer met vleis

Op die tweede klagte oor die manna met die onbedaarlike lus vir vleis wat dit aangevuur het, reageer die Here met ’n oordadige voorsiening van vleis: “Julle sal elke dag vir ‘n hele maand lank vleis eet totdat dit by julle ore uitkom en julle daarvan begin naar word.”

“Dink jy die Here kan nie?  Jy sal nou sien of Ek kan doen wat Ek sê of nie,”  sê die Here vir Moses.  En daar was baie vleis – die minste wat enigiemand bymekaargemaak het, was 50 houers vol (Die Storie), ’n ton vleis (NAV).  Dit was egter te veel en die Here het hulle nog boonop gestraf ook, maar, wat die Here wou illustreer, is dat Hy KAN doen wat Hy sê.  Hy wou sy mag ten toon stel sodat hulle hom sou vertrou.  Maar selfs dié wonderwerk het hulle nie oortuig nie.

God reageer met melaatsheid

Die derde klagte kom toe van die ander leiers af.  Moses trou met ’n Kussitiese vrou,’n swart vrou, een van die vreemdelinge, die ander mense, en dit het sy familie, Aäron en Mirjam, nie aangestaan nie.  Sy was waarskynlik ’n Ethiopiër, want Kus was die seun van Gam wie se nasate met Ethiopië geassosieer word.  Ook hierop reageer die Here baie direk.  Ironies genoeg maak die Here vir Mirjam spierwit van die melaatsheid om haar te straf!  Dat net sy gestraf is en nie Aäron nie, kan moontlik as onregverdig gesien word, maar dit wil lyk asof sý die voorbok was in die mini-opstand, omdat haar naam deur die skrywer eerste genoem word, voor Aäron s’n.  Maar, belangrik, God bevestig die geestelike leierskap van Moses op ’n ongelooflike manier.  Anders as met ander leiers, wat met gesigte en drome tevrede moet wees, praat God direk met Moses, “van aangesig tot aangesig.”

Later sou ons nog meer leer hieroor, waar Josua die wetboek kry as die primêre manier waarop God praat en die hele OT en NT is uit hierdie beweging gebore, maar dít is vir ’n ander dag.

God reageer met vernietigende woede

Op die vierde klagte van die volk, dat hulle nie kans sien om die Beloofde land in te trek nie, reageer die Here met absolute weersin en woede.  Hy wil hulle vernietig.  Hy kan net nie dit langer uithou met dié mense wat veiliger voel met die onderdrukking van Egipte, as met die toekoms wat Hy vir hulle in die Beloofde Land oopsluit. Net Josua van Efraim en Kaleb van Juda sien kans vir die uitdaging.  Die res van die volk bewe soos riete in die wind.

Terloops: die woede van die Here is nogal ’n uitstaande kenmerk van die verhaal.  Hy is kwaad as hulle kla oor hulle swaarkry.  Hy is kwaad as hulle kla oor die manna.  Hy is kwaad vir Aäron en Mirjam as hulle oor Moses kla. 

Maar, toe die volk hier terugdeins van die uitdaging om die land in te trek, omdat hulle sy Almag onderskat, is dit die laaste strooi vir die Here: “Ek gaan hulle uitroei.” En die Here wil ’n nuwe begin maak met Moses.

Moses herinner God aan Sy plan en Sy wese

Dit kos uiteindelik vir Moses om God te herinner aan twee goed. 

  • Een, aan Sy plan.  Wat sal die nasies sê van God as Hy die volk nou in die woestyn verlaat.  Bad PR, is wat Moses in ’n sekere sin sê.  Maar dit is net as ’n mens oppervlakkig daarna kyk.  Eintlik herinner Moses God aan sy doel en sy plan met die volk en dit is om die nasies jaloers te maak op die verhouding wat die volk van God met Hom het.  God wil sy volk seën sodat hulle tot ’n seën kan wees.  En niemand gaan dié storie glo as dit rugbaar word dat God hulle in die woestyn tot niet laat gaan het nie, al is dit in elke opsig waar.
  • En twee, Moses herinner God aan Wie God in sy wese is: Die Here word nie gou kwaad nie (“Ek is lankmoedig en vol liefde” – NAV).  Sy liefde kan sonde en oortreding verdra (“Ek vergewe ongeregtigheid en oortreding” – NAV).  Dit is die dieptepunt van die gesprek van Moses met God.  En dat God hierna luister, is die evangelie vir elkeen van ons.  God is ook lankmoedig met jou.  Hy is ook vol liefde vir jou.  Hy vergewe ook jou ongeregtigheid.  Hy vergewe ook jou oortredings.

Moses erken ook dat God sonde nie ongestraf laat nie (“Ek spreek niemand sonder meer vry nie”), die straf wat Jesus natuurlik eeue later aan die kruis finaal sou dra namens ons – soos die verhaal van die bronsslang illustreer,wat verhoog is om genesing te bring vir almal wat daarna kyk – maar vergifnis word met hierdie gesprek van Moses onderstreep as ’n sleutel eienskap van God.  Dit is op grond van Wie God is, dat Moses vir God kan vra: “Vergewe dan tog die sonde van hierdie volk in u groot liefde, soos U hulle van Egipte af tot hiertoe vergewe het.” (Num. 14:19).

En die Here sê: “Ek vergewe hulle, soos jy gevra het.” Watter wonderlike nalatenskap, dié gesprek van Moses met God.  Want, agter die kwaad word en agter die verontwaardiging dat die volk God se almag nie kan of wil raaksien nie, is daar ’n hart van liefde wat eintlik nie anders kan as om te vergewe as daarvoor gevra word nie.  Dít is wie God is!

God soek vertroue

Wat ons laat vra, maar wat is op die spel hier in die woestyn?  Hoekom maak die Here dit nie vir hulle makliker nie?  Omdat die punt van die woestyn is dat die volk moes groei in hulle vertroue op die Here, iets wat hulle natuurlik nodig het in die woestyn om te kan oorleef, maar ook iets wat hulle nodig het in die groter uitdaging van die inname van die land en die vestiging van ’n volk waarbinne God Sy teenwoordigheid vir die hele wêreld kan wys.

En Hy soek vertroue nie net by sy volk nie.  Hy soek dit ook by sy bobaas leier.  ’n Roerende en ook tragiese aspek van die verhaal is die ongehoorsaamheid van Moses deur die rots te slaan en nie net te praat daarmee nie.  “Julle het my nie genoeg vertrou nie!”  is die reaksie van God.  God wil hê dat die volk: “kan besef dat die Here God is en niemand anders nie!” Daarom straf Hy vir Moses, die vriend van God, die een met wie Hy persoonlik direk gepraat het.

Tog sluit die verhaal met deernis af, in die beskrywing in Die Storie van Aäron en Moses se dood.  Die teks lees: “Hulle is versamel by hulle vaders … Hulle is met hulle vaders verenig.”  Pragtig (al staan dit nou nie presies so in die grondteks nie)!  God staan uiteindelik vir hulle in, ten spyte van hulle foute en tekortkominge.  Al is ons ontrou, God bly getrou, soos Paulus eeue later vir ons sou leer.

Wat beteken dat ons dít ook van God kan verwag, dat Hy met ons deernis sal hê, dat Hy ons sal aanvaar net soos wat ons is.

Hoe kan ons reageer?

  1. Die eerste ding wat ons kan doen, is om dankie te sê vir wat ons het.  Dit moet die eerste ding op ons lippe wees in die oggend, die laaste ding voor ons gaan slaap.  Ons moet dit in skietgebedjies doen by die rooi robotte in die stad. Ons moet dit saam met ons mense doen by die werk en by die huis.  Dankie-sê moet ons lewens stempel.
  2. Die tweede ding wat ons kan doen, is om nie net te bid vir uitkoms nie, maar ook op die uitkyk te wees vir wat die Here doen.  Ek het onlangs ’n ervaring gehad dat ek die Here se stem gehoor het oor iets, maar nie geweet het hoe ek daarop moet reageer nie.  Ek onthou ek het op die bed gesit en vir Lynette gesê, nou hoé gaan die Here vir ons in dié situasie voorsien?  En ’n paar uur later het iemand – sonder dat ons dit gereël het óf daarvoor gevra het – in ons behoefte voorsien.  Dit was asof ek die Here se oë op my gevoel het – “Dink jy die Here kan nie?” – soos Hy hier vir Moses gevra het.
  3. Die derde ding is om aan te hou om te doen waarvan jy oortuig is dat die Here wil hê dat jy dit doen.  Soms is dit so dat ons getoets word, om agter te kom, wat gaan regtig aan in ons hart.  Want die Here is besig om ons voor te berei en af te rig en in karakter te bou, en soos ons groei in ons geloofsvertroue, kan die Here ons telkens vir iets groters inspan, of vir iets gebruik wat ander nie kan of wil doen nie.  Maar dan moet ons aanhou doen wat die Here vir ons gegee het, totdat ons weet om aan te beweeg of daar duidelikheid kom oor een of ander verandering.

Dit is waarvoor woestyn tye daar is, om jou te brei, om jou te stroop van dít wat onnodig is, om jou geloofsvertroue te bou, sodat jy al hoe meer kan werk met die God wat die dinge kan doen wat ons dink onmoontlik is.  Dit is die doel van ons lewe, om te spesialiseer in die onmoontlike, dié dinge wat net God kan doen, maar wat Hy kies om deur ons te doen.

En dit is ’n uitdaging, maak geen fout nie.  Die reuse in Kanaän raak nie menslik gesproke kleiner nie.  Maar wanneer jy met God begin rekening hou en al hoe meer op Hom begin vertrou, sal jy die reuse in die lig van God se Almag begin raaksien en dit verander alles.

Gebed

Dankoffer

Koor: Vonkk 154 Toe ek gedink het my voete gly, het u liefde my omvou (Ps 94) en

Vonkk 189 Ek wil die Here loof! (Ps 107)

Slotlied

Lied 500 Gods dade is volmaak en goed (staan)

Seën

Amen

Lied 269 v1 God bly met ons, waar ons ook mag gaan

Orrelnaspel Lied 393 U skenk nuwe inspirasie


e Meriba verwys na “rusie”.

Eksodus 18-40: Nuwe Wette en Nuwe Verbond

Skriflesing

Video = oorsig vandag teks,
Eksodus 20, met kinders gelees

Preek

Prentjie op skerm:
Michaelangelo Moses
Teks Eks 34:  Vel van sy gesig het geblink.
Hebreeuse qeren, 
Weens verkeie tegniese aspekte, Misvertalings.
Selfstandige Naamwoord qaran = horings
(Hebreeus nie klinkers),
Latynse Vulgaat vertaal Moses horings.
Soms ook vertaal uitstuur strale.
Sommer net interessantheid.
Verlede week volk bevryding – 
God hoor roepstem onderdrukte volk,
Lei uit Egipte,
Bevry slawerny,
Deur Rooisee.
Dan kom by berg Sinai.
Sinai om verskeie redes deurslaggewend – 
Nie net Israel,
Ons almal.
Eerste helfte boek Eksodus,
Volk God ontmoet – 
As’t ware her-ontmoeting.
Tweede helfte = verbond,
Waarin Here spesiale verhouding met Israel tot stand bring.
Goeie nuus ook vir ons:
Ontmoeting met God nie doel op sigself.
Lei tot verhouding –
Soos ouer kind.
So hier staan Israel,
Eintlik geen volk – 
Nou net gered slawerny.
Wat hier by Sinai gebeur,
God vestig verhouding.
God praat!
God nie sedert paradys met groep mense gepraat!
Was maar stillerig.
Hier en daar met individue – 
Dink Abraham, Noag – 
Maar nie massas.
So wanneer God deur Moses vir volk sê 
hulleself gereedmaak God ontmoet,
Gaan oor baie meer as groepie mense wildernis
God gaan luister – 
Gaan oor verhouding wat tot stand kom.
Eintlik herstel word – 
Van afstand ontstaan reeds in paradys,
Toe God Adam geroep het:  Waar is jy?
Sê Moses volk herinner eksodus (19:4),
Sluit met hulle verbond (19:5) – 
Woord verbind
Berit
Lett.  “to cut a deal”,
ONO gewoonte
Besigheid, 
Huweliks-ooreenkomste.
God nooi volk in verhouding met self in.
Sê dan baie interessante ding:
(Ek 19:5-6)
Wanneer volk in hierdie verbondsverhouding met God staal:
Sal julle uit al die volke my eiendom wees,
’n koninkryk wat My as priesters dien,
En ’n gewyde nasie.
Mooi gehoor?
God se volk sal sy priesters wees!
Een van daai goed kan verbyglip,
Sonder ons die deurslaggewende implikasies daarvan besef.
Priester bemiddel tussen mense en god.
Is tussenganger.
Priester wys vir mense hoe sy of haar god is.
As jy na priester se tempel of heiligdom gaan,
Sien wat hulle doen,
Wat hulle daaroor sê,
Rituele uitvoer – 
Dan kry gevoel vir waarvoor hulle god omgee,
Vir WIE hulle god omgee.
So wanneer God verhouding volk vestig,
Sê hulle sy priesters gaan wees,
Nooi hulle om vir wêreld te wys
Wie hy is
En hoe hy is.
Dis waarheid res van Bybel hierna volg:
God het ’n liggaam nodig.
Hy soek vleis en bloed
En bene en vel
Sodat die wêreld kan weet
Wie hy is,
Wat vir hom belangrik is
En waarmee hy besig is.
God vestig hierdie verbondsverhouding – 
Hierdie huweliksverhouding – 
Omdat God ’n liggaam om aarde wil hê,
Liggaam wat wys wie hy is.
En wat hy DOEN,
Hierdie God wat die volk aan die voet van die berg Sinai leer ken,
Is om onderdruktes te bevry.
So God sê nie net dat hulle priesters is nie – 
Sê is ’n gewyde nasie – 
Heilige nasie.
Nog klein woordjie met reuse-implikasies.
Want wat is hierdie groepie mense aan voet van Sinai?
Was nou net nog slawe – 
Geen volk nie,
Geen idee hóé volk te wees.
Al wat ken,
Is Egipte model.
Maar God sê,
As in verhouding met my,
Vir wêreld wys wie en hoe ek is,
Dan word nasie – 
’n heilige nasie,
Nie gevorm deur
Gierigheid
En geweld
En magsmisbruik nie,
Maar deur
Deernis
En geregtigheid
En liefde vir jou naaste.
Dis asof God vir hulle sê:
Julle ken die Egipte-model,
Maar nou roep ek julle om die anti-Egipte te wees.
Dan sê God:
Ek is die Here jou God 
Wat jou uit Egipte
Uit die plek van slawerny
Bevry het.
En hier is dit – 
Hier is die sleutel tot die verhouding,
Tot hoe hierdie God is en wat vir hom saak maak,
Tot hoe ’n nasie gaan lyk wat hom verteenwoordig.
Dis nie sommer abstrakte God in lug sweef – 
Is God wat pyn van mense sien
En fundamenteel gedefinieer word
Deur optrede namens onderdruktes.
En dis eers dan,
Wanneer God hierdie verhouding met hulle tot stand gebring het,
Wanneer hulle gevestig het as sy verteenwoordigers op aarde
Vir hulle herinner het wie hy is en wat vir hom saak maak,
Wat God wette gee.
En dis net dan wat wette sin maak,
Wat ook ons regtig gees van wette kan verstaan,
Werklik kan leef soos God bedoel – 
Nasie kan wees
Vir wêreld wys wie God is,
Wat vir hom saak maak.
Hou nog in agterkop:
Hierdie mense was netnou nog slawe.
Slawerny is fundamenteel onmenslik.
Om besit te word,
As eiendom behandel te word,
Ontneem mense hul waardigheid,
Hul menslikheid.
Wat God begin met tien gebooie,
Is lang proses hulle leer om weer mense te wees.
Gebooie,
Wette daarna,
Is kritieke leidrade
Wat beteken om méns te wees – 
Heel spesifiek,
Beeld van God méns te wees.
Begin eerste gebod:
Jy mag naas my geen ander gode hê nie.
Want hierdie volkie menslikheid – 
Ons menslikheid – 
Hou direk verband aan ons verhouding
Met dié God wat ons bevry het.
Wanneer dit begin vergeet – 
Dat God hulle vrygemaak het – 
Dan begin hulle storie vergeet.
As hulle storie vergeet,
Dan vergeet hoe dit was om slawe te wees,
Mag dalk in nuwe soort slawerny beland.
Tweede gebod: 
Mag nie vir jou afbeelding maak van enige iets op aarde.
Hierdie wet ons in verlede dikwels verkeerd verstaan.
In ONO 
Mense Gode konseptualiseer
Beelde,
Fisieke uitbeelding van wie dink god is.
Help hulle verstaan wie daardie god is,
Hoe daardie god is.
Maar God van Eksodus is anders.
Hierdie God nooi mense om sy priesters te wees,
Om vir wêreld te wys wie en hoe hy is
Deur hul lewens.
Hierdie God het nie beelde van hout en klip nodig nie.
Hierdie God het ’n liggaam nodig.  
Sluit aan by derde gebod:
Mag naam van God nie misbruik nie.
Ook in verlede dikwels verkeerd verstaan – 
Asof sommer net praat van vloek.
Woord hier vertaal “misbruik”,
Kan ook vertaal word “dra”, “opneem”.  
God het hierdie slawe bevry,
Nooi hulle nou om verteenwoordigers te wees
Van hierdie God wat bevry.
Dit is deur HULLE
Dat die wêreld hierdie God sal ken.
God se reputasie
Gaan afhang van hoe hulle sy naam dra.
Gaan natuurlik oor wat mense sê.
Maar gaan oor baie meer as dit.
Gaan oor hoe hulle hulleself dra
As mense wat God se naam dra.
Gaan hulle soos hy maak?
Gaan hulle optree namens die armes en die onderdruktes?
Want dit is hoe God optree.
Dan praat God oor Sabbat.
Een dag, 
Elke week,
Waarop nie gewerk word nie.
Onthou:  slawe!
Sien,
In Egipte het hulle elke dag gewerk,
Sonder rus.
Hanteer soos objekte, nie mense.
Uitgebuit,
Misbruik.
Sabbat is daar
Hulle ter herinner
Is nie meer in Egipte,
Lewe nie meer volgens waardes van 
Gierigheid
En geweld
En magsmisbruik.
Hulle waarde word nie meer bepaal deur hoeveel bakstene hulle kan maak.
Hulle waarde God hulle bevry het,
God in verbondsverhouding met hulle.
Tien gebooie
Is nuwe manier van menswees,
Van heilige volk wees,
In verhouding met die God wat die roepstem van onderdruktes hoor
En hulle bevry.
Alles in res van gebooie,
Wetboek,
Spreek van hierdie bevryding.
Na tien gebooie,
Klomp wette – 
Ons selde lees,
Nie eers in storie genoem.
Maar selfs al leef ons nie al wette meer letterlik,
Bly God wat gegee het,
Selfde,
Sê wette vir ons iets van wie hy is,
Wat vir hom belangrik is – 
En hoe ons kan leef op manier wat vir wêreld wys.
Bv. mag nie rente vra (22:26-27):
As iemand sy klere by jou verpand,
Moet jy dit voor sononder teruggee,
Want dit is al wat hy het om hom mee tote te maak.
Onder wat anders kan hy slaap?
As hy My hieroor aanroep,
Sal Ek na hom luister,
Want Ek is barmhartig.
Hoor wat God sê?
Moenie soos Egipte wees.
As jy mense begin onderdruk,
Gaan ek hulle roepstem hoor.
Opdrag:
(Exodus 22:21–22; 23:6)
Jy mag nie ’n vreemdeling verdruk
Of laat swaarkry nie,
Want jy was self ’n vreemdeling in Egipte.
Jy mag geen weduwee of weeskind veronreg nie.
Wanneer jy regspreek,
Mag jy ’n arme nie in ’n hofsaak verontreg nie…
Ens.
As jy tog so iemand veronreg,
En hy na my roep,
Sal ek na sy hulpgeroep luister
(22:23)
Volk is bevry.
Asof God sê:
Hierdie ding wat nou met julle gebeur het,
Wat ek vir julle gedoen het – 
Laat dit nou ook met ander gebeur.
Die bevryding wat julle nou beleef – 
Help ander om dieselfde te beleef,
Want so sal mense My leer ken.
Die genade wat jy
As die laagste van die laagste ontvang het,
Deel dit ook met ander.
Soos wat ek jou krete gehoor het – 
Luister ook na die krete van ander.
God meet hulle geloof
Aan hoe hulle kwesbares – 
Weduwees, wese, vreemdelinge, swakkes – 
Behandel.
Net gou oor weduwees – 
Miskien kulturele sleutel nodig?
Dink – eensaam.
Hier:  niemand te sorg,
Heeltemal uitgelewer – 
Nie kos, blyplek.
Letterlik armstes van armstes.
God sluit met hulle verhouding,
Sê:  wys vir wêreld wie ek is,
Wat vir my saak maak.
Sê dan vir hulle HOE dit te doen:
Deur om te sien na die swakkes,
Op selfde manier God omsien na hulle.  
Ons lees hierdie as Christene – 
Mense Jesus as God dien.
Maar niks hiervan het verander nie!
God het ons bevry.
God het nog steeds ’n liggaam hier op aarde nodig – 
Om die waarheid te sê
Ons – die kerk – dra die naam van Liggaam van Christus.
Verwag steeds ons 
Op manier te leef
Wêreld wys wie hy is
Wat vir hom saak maak.
Wie hy is
Steeds God wat roepstem hoor,
Steeds God wat omgee
Vir onderdruktes,
Kwesbares.
Ons nog steeds priesters,
Heilige nasie,
Bevry van 
Gierigheid
En geweld
En magsmisbruik,
’n nasie van 
Deernis
En geregtigheid
En liefde vir jou naaste.
Gemeente leuse vir jaar:
Geseën om te seën.
Vanoggend:
Bevry om vry te maak!
Dink na:
Hoe God jou geseën?
Hoe wil God hê jy daardie seën beliggaam,
Sodat wêreld deur jou kan sien wie hy is
Wat hy doen
Wat vir hom belangrik is?
Nadenke