Skip to main content

Elia en die profete van Baäl – 1 Konings 18

Was jy al ooit lus om vuur uit die hemel af te roep?

Ek praat nou van God se vuur – dat jy iets sien en wens jy kan God se oordeel daarop laat neerreën, dit vernietig, totaal uitwis!  En in die proses finaal bewys dat God God is,dat die sogenaamde realiteit NIE is soos wat dinge moet wees nie, dat daar ander realiteit is, ‘n hoër gesag, wat omgee wat hier gebeur, wat gaan oordeel oor die misbruik van sy skepping.

Al ooit so gevoel?

Ek voel so in aangesig van onreg,

Allerhande vorme van vrouehaat en seksisme,

Homofobie

Rassisme.

 

Wat is dit wat jou vuur uit hemel wil laat roep?

Dalk onderwys.

Geweld, misdaad

Korrupsie?

 

Interessant rol vuur in storie van Elia –

Wat hier vuur uit hemel roep,

Later in vuur weggeneem na hemel.

 

Maar vandag – vuur by Karmel.

 

Reeds 3 jaar tevore Elia gesê gaan droogte wees –

Wat daar toe was!

 

Natuurlik probleem hele volk,

Maar baie persoonlike probleem Agab –

Want sien,

Dis koning se besigheid:

Om te sorg dat dit reën,

Dat land geseën word

(kyk bv. Ps. 72).

 

Omdat nie reën,

Agab duidelik misluk as koning.

 

Hele stryd word op punt gedryf

Op berg Karmel.

 

Net gou eers sê:

Ons weet regtig min wat regtig Baäl-godsdiens was, aangegaan.

Waarskynlik verwysing na verskillende godsdienste –

Woord Baäl gewoon “god” –

Kan verwys al omliggende godsdienste.

 

Al wat regtig weet van Baäl godsdiens,

Wat in Bybel staan –

Want Bybel doel nie verduidelik wat behels,

Maar wys hoe boos was.

 

So bestaan bv. vandag idees –

Baäl godsdiens vrugbaarheidsgodsdiens – seksuele praktyke;

Kinders geoffer (waarop 1 Kon 16:34 sinspeel) –

Albei hierdie idees word net soveel bevraagteken

(indien nie meer)

As wat aanvaar word –

Is gewoon nie betroubare bewyse.

 

Waaroor hier gaan

Op berg Karmel

Nie dat God eer op een of ander manier aangetas,

Of dat God gevoelens seergemaak omdat mense ander god aanbid.

 

Waaroor gaan,

Eerder wat hul aanbidding van Baäl impliseer.

 

Stryd hier

Tussen twee kontrasterende wêreldbeelde.

 

Al weet nie veel van Baäl-godsdiens,

Weet dat hele beginsel was

Dat mense op manier realiteit kan manipuleer –

Kan vir self goeie lewe verseker,

Sekuriteit bewerk,

Deur god te manipuleer.

 

Brueggemann:

Baäl-godsdiens in wese

Poging om misterie van lewe

Te ontrafel,

Misterie te reduseer tot kenbare,

Verstaanbare.

Is om allerhande tegnieke te ontwikkel

Sodat lewe onder beheer kan hê.

 

Nie net beteken dat Israel nie God vertrou,

Maar ook dat rug draai op etiek van God,

Op morele karakter van God

Wat God self aan hulle geopenbaar

Toe uit slawerny bevry,

By ander berg – Sinai – vertel wie is,

Gesê wil hê hulle ook so wees,

Sodat wêreld hom deur hulle kan leer ken.

 

Om God te dien

Beteken om om te sien na weduwee,

Weeskind,

Vreemdeling –

In ons konteks

Na vlugtelinge

Bosslapers

Straatkinders.

 

Hier is ’n volk,

Slawe was,

Bevry,

Gegroei tot reuse dinastie

Onder leiding van koning

Wat eers ’n skaapwagter was,

Wie se hele identiteit lê in omsien na ander –

 

Wat nou ewe skielik dink nie nodig om te sien na ander,

Kan self doen,

Self beheer oor lewe,

Self goeie lewe verseker –

Kan, om waarheid te sê,

Goeie verseker,

Deur kwesbares uit te buit,

Om te sien na nommer een,

Vat wat nodig,

Trap op wie ook al in in pad kom,

Soos wat oor twee weke in storie van Nabot se wingerd sal sien.

 

Baäl-aanbidding

Verteenwoordig ander tipe gemeenskap

Ander tipe wêreld –

Waar mag gebruik word om rykdom vir die rykes te verseker,

Waar die lewens van die armes en die swakkes gewoon deel is van die prys van goeie besigheid.

 

Op Karmel kom hierdie twee wêrelde teenoor mekaar te staan.

 

Begin van konfrontasie op Karmel

Maak duidelik waaroor werklik gaan.

Voor aangesig van koninklike mag,

Skare vyandige priesters,

Draai Elia na mense –

Diegene wie se lewens God eintlik wil hê –

Vra:

Hoe lank hou julle aan met hink op twee gedagtes?

As die Here God is, volg Hóm;

maar as dit Baäl is, volg hóm.”

 

Hierdie eenvoudige vraag,

Sommer hier heel aan die begin,

Gaan dadelik na die hart van die saak:

Op watter god plaas jy werklik jou vertroue?

 

Is dit die god van ’n salaristjek,

Of ’n erflating

Wat jou in staat sal stel om te oorleef?

 

Is dit die god van slim besluite

En goeie besigheid

En harde werk

Wat vir jou sal voorsien?

 

Is dit die god van die regte familie,

Die regte mense,

Die regte konneksies

Wat jou sal bevoordeel?

 

Of is dit die god van min verwagtings

En skeptisisme

Wat jou sal beskerm van teleurstelling?

 

Of is dit die God wat homself by Sinai openbaar het,

Wat die onsigbares raaksien,

In wie se huis die onbelangrikes die belangrikste is,

In wie se teenwoordigheid eer en status omgekeer word,

Sodat die bosslaper en vlugteling en straatkind die belangrikste is?

 

Is dit die God van gemeenskap,

Wat in en deur gemeenskap met ander geken word?

 

Is dit die God

Wat homself oorgee aangevaar

En vernedering

Om sy skepping –

Sy mense –

Te bevry van die magte wat dreig om hulle te vernietig?

 

Watter god gaan jy aanbid?

 

En wat doen die volk?

Niks!

Hulle is tjoepstil.

Hulle wag om te kyk in watter rigting die wind gaan waai.

 

En dan begin die stryd!

En ons begin sien watter prys betaal word

Vir die aanbidding van ander gode.

 

Nie net jare lange droogte en hongersnood nie,

Maar vernedering onder Elia se bespotting.

 

Desperaat begin hulle hulleself vermink en beseer,

Begin hulle hul eie bloedoffer.

 

Want watter prys betaal ’n mens op die ou end

As jy agter ’n god aanhardloop

Wat jou nie kan red nie?

 

Jy betaal met jou lewe.

Want die salaris raak op.

Die erfporsie is ook te min.

Ons liggame gee in.

Ons families draai hul rûe op ons.

Ons sosiale netwerke vou onder die eerste tekens van druk.

 

Die gode wat ons vir onsself skep,

Kan ons nooit red nie,

Maar ons wy ons hele lewe aan hulle,

Besig om hul leë beloftes na te jaag.

 

Tussen die skreeuende spektakel van die Baälprofete

Bulder die stilte van hul god –

Daar was nie ’n geluid van hom af nie.

Niemand het geantwoord nie,  (18:26)

daar was nog geen geluid nie.

Niemand het geantwoord nie,

daar was geen reaksie nie. (18:29)

 

Hebreeus hoop die “nie”’s op mekaar:

Niks.

Niks.

Stilte.

 

En dan is dit Elia se beurt.

En weer praat hy met die mense –

Nie met die profete nie,

Nie met die koning nie.

 

Hy bou ’n altaar –

Twaalf stene

Vir die twaalf stamme,

Die twaalf stamme wat deur God gekies is,

Deur God afgesonder om syne te wees,

Om hom te aanbid.

 

Met daardie twaalf klippe

Herinner hy hulle

Aan wie hulle is –

God se uitverkorenes

’n altaar

Wat vir die wêreld moet wys wie en hoe God is.

 

En hy doop die altaar –

Dis simbool van God se volk –

Drie keer.

 

’n Versekering dat wat gaan volg,

Nie ’n gelukkige toeval is nie,

Nie ’n vonkie van ’n veldbrand iewers in die vêrte nie.

 

En Elia bid.

Nie vir homself nie,

Maar vir die mense –

Vir die mense wat vergeet het wie hulle is,

Vergeet het wie S’N hulle is:

Antwoord my, Here,

antwoord my tog

dat hierdie volk kan besef dat U, Here,

God is,

en dat dit U is wat hulle harte weer tot U bekeer.”

(18:37)

 

Wanneer ons woedend is

Voor die onreg van hierdie wêreld,

Dan wil ons God se vuur afroep

Om die korrupte burokrate

Die gewelddadige haters

Te vernietig.

 

Maar God se vuur

Verteer nie offers wat aan afwesige gode gemaak word nie.

 

God se vuur

Kom rus

Op die altaar

Van God se eie mense

En verteer wat hulle bereid is om te offer.

 

En God se vuur

Verander daardie offers

In tekens dat God se Gees

Steeds werk in hierdie wêreld,

Dat God se vuur

In ons

En deur ons

In die wêreld brand

Om genesing

Bevryding

Genade

En geregtigheid te bring.

 

God se vuur –

Die vuur wat die altaar op Karmel verteer het,

Wat vir Elia in die hemel opgeneem het,

Wat op Pinkstersondag bokant die koppe van die apostels verskyn het,

Brand steeds.

 

En elke Sondag

Wanneer ons hier bymekaarkom,

Dan bid ons vir daardie vuur.

 

NIE om die magte van onreg in ons wêreld te vernietig nie,

Maar om die passie in ons aan die brand te steek.

Om ons valse vertroue op valse gode weg te brand

En ons aan te vuur

Om God se liefde te deel

Met ’n wêreld wat swaar gebuk gaan

Onder die verminking van valse gode.

 

Ons bid om God se vuur,

Nie om ander te vernietig,

Maar om ons aan die brand te steek

Om saam met Israel te sê –

En te LEEF –

Die HERE,

Hy is God,

die HERE,

Hy is God! (18:39)

Gebed

Nadink – areas in lewe waar ander gode vertrou.

Areas God se vuur nodig –

Dra aan God op.

Seën

Die HERE,

Hy is God,

die HERE,

Hy is God! (18:39)

Mag God se vuur in jou brand

Mag dit God se passie in jou aansteek

Mag dit die realiteit wees waaruit jy leef.

 

baäl, elia, preek, rethie

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.