Skip to main content

Nie ‘n gewone man nie – Joh. 6:1-15 (broodvermeerdering)

Hy sou dit net meer gemaak het!

’n Ma  het  die laaste sny sjokaladekoek aan haar 6-jarige seun  gegee. Net toe kom haar 8-jarige seun ingestap en wil ook hê. Daar ontstaan ’n “mondgeveg” tussen die twee broers. Na ’n hele paar onsuksesvolle pogings om dit op te los, besluit die ma om die geloofspad te volg in ’n poging om die 6-jarige te oortuig om te deel met sy ouer boetie: “Seun, wat sou Jesus in hierdie situasie gedoen het?”

Die 6-jarige jonger boetie het dadelik geantwoord: “O, mamma, Hy sou dit net meer gemaak het!”

Ja, dis presies wat Jesus sou doen. Hy sou dit net meer gemaak het! Dis wat hierdie wonderwerk (wat die enigste wonderwerk is wat in al vier evangelies oorvertel word) vir ons leer.

Dít is hoe God is – Hy maak goed meer!

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Continue reading

Die geboorte van die Koning – Matteus 1:18-25 (Josef se verhaal)

God se verhaal in die OT

Die Bybel vertel vir ons een groot verhaal – van die skepping van alles af, tot by die herskepping met die nuwe hemel en aarde.  Dit is die verhaal van God se betrokkenheid by die wêreld.  Sy liefde veral vir mense in al hulle fases en fasette.

Hierdie verhaal van God met mense strek oor eeue en eeue, soos ons in Die Storie gesien het.  Elke persoon waaroor ons in die Bybel lees, vervul ’n rol in dié verhaal – van Adam af, regdeur Abraham tot by Esra en Nehemia.  Selfs die skarminkels in die verhaal, speel ’n rol.

God werk soms onsigbaar agter die skerms in die oorwegings van konings en amptenare en soms op kwalik onbedekte wyse deur wonders en buitengewone omstandighede.

Wat vir my egter veral wonderlik is van die verhaal van God is dat mense só ’n belangrike rol daarin speel. Ons sien God IN mense en hulle keuses en lewens:

HIER VOLG NOU DIE HELE EREDIENS – Klik op Continue Reading …

Continue reading

Herbou die Muur – Maleagi

Gestel twee mense trou.  Hulle het ‘n pragtige droom-troue:  die rok, die blomme, die onthaal, alles.  Wanneer hulle gereed maak om te vertrek op hul wittebrood, gee die bruidegom vir die bruid ‘n vliegtuigkaartjie en sê:  “Hier.  ‘n Kaartjie na Mauritius.  Geniet dit.” Jy kan jou indink hoe die huwelik vorentoe gaan verloop…

Continue reading

‘n Koningin met skoonheid en moed – Ester 4

Dit is die 5de eeu voor Christus (486-465 v.C.).  Xerxes (Ahasveros) is koning in Susan en heers oor die Persiese ryk.  127 provinsies is aan hom onderdanig, van Indië tot by Egipte.  Hy is ’n magtige, wrede, en wispelturige koning.  ’n Mens glimlag as jy lees dat die koning dink ’n wêreldwye bevel “dat elke man baas moet wees in sy eie huis” (1:22) sommer outomaties sal werk – die skrywer gee hiermee ’n klein stekie na die bravade van die patriargie.  Maar dit is dié koning, wat waarskynlik nie eers kan lees nie, wat met een bevel jou doppie kan laat klink, sommer ’n hele volk kan uitwis.  Iemand om deeglik mee rekening te hou.

Hier volg nou die hele erediens …

Continue reading

Geloof in die smeltkroes – Daniël 3

Dit is onvermydelik dat ons geloof van tyd tot tyd in die smeltkroes kom van die lewe se uitdagings.

Ek lees die week in die Huffingtonpost die verstommende statistiek dat vervolging van gelowiges eerder toeneem as afneem.  Dit berus op die Pew Research Center se wêreldwye navorsing, wat veral erge vervolging in die Midde-Ooste en Noord-Afrika uitwys.  Daar is ’n wydverspreide vyandigheid teenoor mense van ander godsdienste, soos nou onlangs weer in Egipte teenoor Koptiese Christene.  En die omvang van regerings se inperking van godsdiensvryheid bly verstommend hoog.  Om die waarheid te sê, die plekke in dié wêrelddele waar daar sektariese of gemeenskapsgeweld is, het verdubbel in 2011, dié jaar wat ons sal onthou as die Arabiese Lente.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Continue reading