Skip to main content

Ons verwelkom almal: kleingroepe 20-26 Julie

RUS

LOGOHierdie kwartaal fokus ons op Somerstrand Gemeente se roeping om te LUISTER en LEEF.  Die erediens van 27 Julie  fokus op die eerste waarde: ONS VERWELKOM ALMAL.

Doen moeite om uit te vind hoe elkeen van julle verwelkom wil word — handdruk, drukkie, oogkontak, wuif van die hand …  Gee geleentheid dat elkeen ’n kort ietsie vertel oor ’n goeie ding wat die afgelope maand met hulle gebeur het.  Open met gebed.

Continue reading

Matteus 10:42-44 – 22-28 Junie

Ons fokus vandag in Matteus 10:42-44 op gasvryheid. Jesus is besig in sy tweede belangrike toespraak in Matteus met die uitsendingrede.  Jesus het die dissipels nou al voorberei vir die werklikheid van vervolging (10:16-25).  Hy het hulle bemoedig om nie bang te wees nie, want God sal sorg (10:26-31).  Hy het hulle aangemoedig om Hom as Christus te bely en nie te verloën nie (10:32-33), want die werklikheid is dat lojaliteit aan Hom skeiding sal bring (10:34-39). Maar, Hy bemoedig hulle ook dat Hy sal sorg dat hulle gasvry ontvang word, en dat dié mense wat hulle gasvry ontvang, deur God self beloon sal word.  Gasvryheid is dus ‘n kanaal waardeur God se beloning ontvang word, en ‘n manier waarop gasvry mense deel het aan die koms van die koninkryk.

Continue reading