Skip to main content

Lukas 4:14-30 – 1-7 Junie

Week van 1-7 Junie

Ons fokus hierdie Pinkster op die werk van die Heilige Gees in die lewe van Jesus, soos ons dit in die evangelies raaksien, en meer spesifiek in Lukas 4:18-19 soos in ons visie verwoord: Geseën om te seën.

RUS

Gesels met mekaar oor wat Pinkstertyd vir jou hierdie jaar beteken.

Raak stil en bid dat die Here ons opnuut met sy Gees dié Pinkster sal aanraak.

HOOR

1.  Lees weer Lukas 4:14-30.  Deel met mekaar wat jou hierdie week tref in dié gedeelte.

2.  Jesus was baie seker van sy roeping.  Hy het dit gevind in die teks uit Jesaja 61 wat vir Hom uitgespel het waaraan Hy sy lewe moes wy.  Gesels met mekaar oor jou eie roeping.  Dink aan jou gawes.  Dink aan Skrifwoorde wat jou bygebly het.  Dink aan geleenthede wat jy het.

3.  Jesus was net so seker van die teenstand wat Hy in die uitvoering van sy roeping sou kry.  Maar dit het Hom nie gekeer om getrou te bly aan sy roeping nie.  Watter struikelblokke het jy al ervaar in die uitvoering van jou roeping?  Watter uitkomste het die Here vir jou gegee?

4.  Ons gemeente leef tans met die visie en roeping: Geseën om te seën.  Wat verstaan jy daaronder?  Wat is jou rol daarin?  Hoe kan ons beter saamwerk om getrou te bly aan ons gesamentlike roeping?

LEEF

Waartoe roep die Here jou op die oomblik?  Wat moet jy daaraan doen?  Hoe kan die groep jou daarmee help?  Bid vir mekaar.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.