Matteus 10 – 15-21 Junie
Lees Matteus 10 in sy geheel. Ons teksgedeelte is verse 24-39. Jesus stuur sy dis-sipels uit en vertel wat hulle te wagte kan wees en wat dit behels om as dissipel te wees.
Vra die jongste persoon in die groep om te open met ‘n gebed.
In hierdie hoofstuk word verskillende fasette van dissipelskap beskryf, naamlik:
- Om uitgestuur te word
- Die opdrag
- Ontberinge en teenkanting
- Die reaksie van dissipels op teenkanting
- Die wese van dissipelskap
- Die uitdaging van dissipelskap
- Die “beloning” van dissipelskap
Gesels oor elkeen van die fasette en vergelyk dit met julle eie ervaring vandag. Hoe kan julle mekaar bemoedig ?
Gee geleentheid vir getuienisse soos wat julle elkeen van hierdie punte bespreek.
Wat neem jy met jou saam uit Matteus 10?