Skip to main content

Luister-Leef – Fil. 1:27:1-4

Ons begin volgende Sondag, 7 Sept., met ’n nuwe reeks. Vir dié reeks gaan die kleingroepmateriaal ná die Sondag se erediens wees. Hierdie week se materiaal is gevolglik ’n oorsig oor ons Luister Leef reeks.

RUS

Ons sê ons gemeente verwelkom almal, luister na God, is en maak dissipels, gee om, reik uit en waag in die geloof. Watter een van hierdie waardes is jou gunsteling en hoekom?

HOOR

Lees Filippense 1:27:1-4.

1. Gesels oor wat julle in dié gedeelte tref.

2. Hoe lyk ’n lewenswandel wat in ooreenstemming met die evangelie van Christus is? Kan jy aan ’n praktiese situasie in jou lewe op die oomblik dink waar dit vir jou ’n uitdaging is?

3. Dink terug aan die kwartaal se reeks tot dusvêr (kyk onder “Rus” vir die temas). Watter tema het vir jou die meeste beteken? Hoekom? Watter tema was vir jou die moeilikste? Hoekom? In watter een moet jy nog die meeste groei?

LEEF

• Waartoe roep God jou nou? Hoe gaan jy daarop reageer?
• Oorweeg om nog een persoon of gesin te nooi om by julle aan te sluit. Wie gaan julle nooi? Wie gaan dit doen?
• Bid vir die “Beter Saam” reeks wat Sondag begin.

Ons waag in geloof – Hebr. 12:1-3

RUS

Hierdie kwartaal fokus ons op Somerstrand Gemeente se roeping om te LUISTER en LEEF.  Die erediens van 31 Augustus  fokus op die SESDE waarde: ONS WAAG IN DIE GELOOF (waagmoed).  Sluit die oë en raak vir ’n minuut lank net stil voor die Here.  Lees die volgende vers voor (2x) en oordink dit vir 3 minute in stilgebed voor die Here: “Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.” (Hebr. 11:6).  Sluit die gebed af en deel met mekaar enige insigte wat in julle gebed na vore gekom het.

Continue reading

Ons gee om – kleingroepe 10-16 Augustus

RUS

LOGOHierdie kwartaal fokus ons op Somerstrand Gemeente se roeping om te LUISTER en LEEF.  Die erediens van 17 Augustus  fokus op die VIERDE waarde: ONS GEE OM (verhoudings).  Sluit die oë en raak vir ’n minuut lank net stil voor die Here.  Lees die volgende vers voor (2x) en oordink dit vir 3 minute in stilgebed voor die Here: “Wees barmhartig soos julle Vader barmhartig is.” (Luk. 6:36).  Sluit die gebed af en deel met mekaar enige insigte wat in julle gebed na vore gekom het.

Continue reading

Ons is en maak dissipels – kleingroepe 4-10 Augustus

KOM TOT RUS

Toe Jesus en die dissipels in die vertrek kom, was daar nie n slaaf wat hulle voete kon was, soos die gebruik was nie. Daar is dalk nou ook dinge in jou lewe wat nie is soos wat jy dit wil hê nie. Raak nou eers stil en gee beheer aan die Here oor. Sulke dinge hou ons gedagtes en gemoed dikwels so besig dat ons nie oop kan wees vir God nie.

Gee tyd vir elkeen om rustig te raak.

Continue reading

Ons luister na God – kleingroepe 27 Julie tot 2 Augustus

RUS

Logo270x135Hierdie kwartaal fokus ons op Somerstrand Gemeente se roeping om te LUISTER en LEEF.  Die erediens van 3 Augustus  fokus op die tweede waarde: ONS LUISTER NA GOD (geloofsonderskeidend). Maak julle oë toe en raak vir ’n paar minute stil in voorbereiding vir die byeenkoms.  Laat iemand die volgende teks hardop voorlees en laat elkeen daaroor vir ’n paar minute nadink en die gebed van hulle hart maak: “Ek wil luister na wat God die Here sê, want sy woord bring vrede vir sy volk, vir dié wat Hom getrou dien.” (Ps. 85:9).  Open met gebed.

Continue reading