What’s Your Story 2: Liefde
Deur Ds Mynhardt van Zyl
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Ander predikers, Preke. No Comments on What’s Your Story 2: Liefde
Deur Ds Mynhardt van Zyl
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on What’s your story 1: God en storie
Jou storie is deel van God se storie. Jy is nie sommer maar lukraak besig met jou eie storie nie. Jy is deel van ’n groter storie. God het jou in verhouding met Godself ingenooi en jou deel gemaak van sy storie in Jesus.
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Numeri 6 – Die Here sal julle seën
Die hele Bybel is vol van die gedagte van God wat ons seën – van begin tot einde! Soos wat God se liefde ’n lyn regdeur die Bybel is, so is God seën ‘n lyn regdeur, ’n sentrale tema van die Bybel.
Heel aan die begin, by die skepping al, seën God die mens (Genesis 1:28). Dis die kern van die verbond: dat God vir Abraham seën om ’n seën te wees (Gen. 12:1-3). Jesus begin die bergpredikasie deur dieper betekenis aan seën te gee (Matteus 5). En Openbaring trek die seën deur tot heel aan die einde.
God se seën is ’n deurslaggewende sleutel om die Bybel, God se ganse plan met die mensdom, te verstaan. Dit is ’n kern aspek van God se plan. God wil ons seën.
Maar wat is hierdie seën?
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Huisgodsdiens, Kleingroepmateriaal, Materiaal. No Comments on Kleingroepmateriaal 31 Julie tot 6 Augustus 2017
Ingenooi deur God: Vertel vir mekaar waar en hoe julle tans die Here se seën beleef.
Ingaan in God se tyd: Laat iemand Psalm 67 biddend voorlees.
Luister na God se Woord: Lees Numeri 6:22-27. Gee kans dat elkeen rustig op hul eie oor die teks reflekteer: wat staan vir jou uit, wat raak jou?
Luister na mekaar: Vertel vir mekaar wat julle gehoor het in die teks.
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Genesis 21:9-21 Familiediens preek
Woestyne is belangrike goed – in die Bybel en regdeur die Christelike tradisie tot in elkeen van ons se lewens. Soms kies mens ’n woestyn – soos Hagar in Gen. 16. Soms is woestyne iets wat met jou gebeur, soos in Gen. 21. Dikwels is woestyne iets wat God toelaat.
Verskillende dinge in ons lewens voel vir ons soos woestyne. En verskillende dinge bring ons by ons woestyne uit. Maar in hierdie verstaan van woestyne is woestyne plekke van swaarkry; plekke van alleenwees; plekke van versoeking om ons eie planne te maak of om op te gee. Dit is plekke van verlies, plekke waar ons twyfel oor God se teenwoordigheid. Plekke waar ons heeltemal gestroop is van onsself, van al die geraas wat ons doof maak, van al die sekerhede waarop ons staatgemaak het.
Ons kom ook – in ’n leeftyd soms ’n hele paar keer – by skrikwekkende plekke waar dit voel asof daar nie meer hoop is nie.
Hagar lê haar seun onder ’n bos neer – die bewoording gee letterlik die idee van neerlê in ’n graf. Sy gaan sit ’n ent weg – die pyn is te veel, sy wil nie haar seun se swaarkry sien nie.
En agter Hagar en Ismael aan het God gestuur
Die engel van geregtigheid.
sê Cussons.
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Pinkster 2017 - Vreesloos, Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Vreesloos 08: Waag in geloof! Sondag.
So dalk moet ons tema nie “vreesloos” wees nie, moet ons nie streef daarna om glad nie bang te wees nie. Nie vreesloos nie, maar dapper. Ook nie lafhartig nie, maar leef vanuit krag en liefde en selfbeheersing. Waag in geloof. Om ten spyte van ons vrees, te midde van ons vrees, steeds lief te hê.
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website. Read our Privacy Policy.