Skip to main content

Herstel van gesig vir blindes – Pinkster Luk 4

Die neuroloog Oliver Sacks vertel in ‘n essay getiteld “To see or not to see” van Virgil, ‘n man wat blind was van sy kinderdae af, maar op 50 ‘n operasie ondergaan wat sy sig herstel het.  Behalwe, soos Virgil en Dr. Sacks uitvind, die fisieke vermoë van sig is nie dieselfde as om te sien nie.  Virgil se eerste ervarings met sig is verwarrend.  Hy kan kleure en bewegings uitmaak, maar kan nie ‘n  verstaanbare prentjie vorm van wat hy sien nie.  Sy brein kan nie vir hom sê wat hy sien nie.  Oor tyd leer hy onderskei tussen verskillende objekte, maar sy gewoontes, sy gedrag, bly dié van ‘n blinde.

Gebed (N.a.v. Psalm 146)

Preek

Lukas 4 –
In Lukas Jesus eerste publieke optrede beskryf word
(word wel genoem Galilea opgetree,
hierdie eerste beskryf).

Jesus lees teks uit Jesaja,
gebruik eie roeping te beskryf.

Vanaand stukke sê:
Hy het my gestuur
om herstel van gesig vir blindes uit te roep.

1999 fliek: At First Sight
Val Kilmer en Mira Sorvino.

Fliek gebaseer essay “To see or not to see”
in boek van neuroloog Oliver Sacks,
gebaseer ware verhaal van Virgil.

Sacks vertel van Virgil,
blind van kinderdae,
op 50 ondergaan operasie,
kry sig terug.

Behalwe,
soos hy en Dr. Sacks uitvind,
fisieke vermoë van sig
nie selfde as sien.

Virgil eerste ervarings met sig verwarrend –
kan kleure, bewegings uitmaak,
maar kan nie verstaanbare prentjie vorm van wat sien.
Brein kan nie vir hom sê wat sien.

Oor tyd leer onderskei verskillende objekte,
maar sy gewoontes,
gedrag,
bly dié van blinde.

Sacks:
Mens moet doodgaan as blinde mens
en weer gebore word as siende mens.

BLINDHEID IN DIE BYBEL

Heelweek vra:
as Jesus hier praat
armes,
gevangenes,
onderdruktes,
vanaand: blindes –
bedoel letterlik of figuurlik (geestelik, as wil).

Antwoord is: ja.
Blindheid beide letterlik
én figuurlik.

Bybel gebruik dikwels blindheid
om geestelike toestand te beskryf:
toestand van iemand wat nie goddelike openbaring
kan of wil sien.
Veral Jesaja gebruik blindheid aanmekaar as beeld –
God volk blind gemaak
weens hul opstand teen God.

En dan Jesaja aanhoudend sê
dat Messias bediening sal wees
om oë van geestelik blindes oop te maak –
herstel van gesig vir blindes.

Lees ook in OT nêrens van mense wat ander blindheid genees –
genesing blindheid, in OT, iets wat net God en Messias kan doen.

MESSIAH RESTORES SIGHT

So wanneer Jesus dan op manier eie bediening aankondig,
gebruik Jesaja –
sê o.a. herstel van gesig vir blindes.

En is dan wat doen –
letterlik.

Jesus wonderwerke beskryf word in NT,
siektes genees,
siekte meeste genees –
blindheid.
Genees meer blindes as enige ander siektes.

Wanneer Johannes wonder of Jesus Messias is,
een vir wie gewag,
stuur paar sy volgelinge by Jesus te gaan hoor,
Lees Jesus antwoord in Luk. 7:21-23:

21Op daardie oomblik
het Jesus juis
baie mense gesond gemaak
van siektes
en kwale
en bose geeste,
en baie blindes het Hy laat sien.
22Sy antwoord aan die boodskappers was:
“Gaan vertel vir Johannes wat julle gesien
en gehoor het:
blindes sien,
lammes loop,
melaatses word gereinig,
dowes hoor,
dooies word opgewek,
aan armes word die evangelie verkondig.
23En gelukkig is die mens
wat nie aan My begin twyfel nie.”

So teken dat Jesus Messias is –
is hoe ons weet hy gestuurde van God,
een gekom verlossing bring –
feit dat blindes sien!

JESUS GENEES STEEDS BLINDES

Jesus werk blindes genees nie opgehou opgevaar hemel.
Deur Gees maak steeds mense oë oop,
help hom te sien.

Foto: John Newton –
Anglikaanse Priester.

Voor bekering
was matroos,
betrokke Engelse slawehandel.

Nadat tot bekering,
skryf bekende lied Amazing Grace:

Amazing Grace, how sweet the sound,
That saved a wretch like me.
I once was lost but now am found,
Was blind, but now I see.

Elkeen van ons kan sê “Jesus is Here” –
wat erken en glo dat Jesus Messias is,
is omdat Gees ons oë oopgemaak,
ons blindheid genees.

Maar Gees werk steeds,
genees steeds blindheid:
• maak oë oop vir sonde
• maak oë oop vir God hand en werk in lewe
• help ons om dikwels in swaar, seer, moeilike omstandighede God hand te sien.

Hier waar 2 Petrus 1 inkom:

3Sy Goddelike krag
het ons alles geskenk wat ons nodig het
om te lewe
en Hom te dien.
Gees van die Here is op my, gesalf…
Dit kom deurdat ons Hom ken
wat ons geroep het
deur sy heerlikheid en mag.
4Deur dit te doen,
het Hy ons die kosbaarste
en allergrootste gawes geskenk
wat Hy belowe het.
Daardeur kan julle die verderf ontvlug
wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is,
en deel kry aan die Goddelike natuur.
5En juis om hierdie rede
moet julle alles in die stryd werp
om julle geloof te verryk
met deugsaamheid,
morele uitnemendheid / uitmuntendheid
die deugsaamheid met kennis,
6die kennis met selfbeheersing,
die selfbeheersing met volharding,
die volharding met godsvrug,
7die godsvrug met liefde onder mekaar
en die liefde onder mekaar
met liefde vir alle mense.
8As julle dit alles besit
en dit neem steeds toe,
sal julle met ywer
en met vrug
ons Here Jesus Christus beter leer ken.
9Iemand wat hierdie dinge nie sy eie gemaak het nie,
is kortsigtig;
nog erger,
hy is blind
en het vergeet dat hy van sy vroeëre sondes gereinig is.

So Gees steeds besig blindheid genees –
iets wat Gees doen,
nie ons self!

Gees werk in lewens,
ons neem deel,
verbeter sig,
leef in gehoorsaamheid,
Bybel (kennis)
volharding – nie opgee
liefde – mekaar en wêreld.

Helen Keller:
The most pathetic person in the world
is someone who has sight
but no vision.

Gees gee vir ons visie,
maak ons oë oop
om onsienlike te sien –
te sien hoe groot krag van God wat in ons lewens werk.

Genesing blindheid nie net te sien,
maar te vorm,
oë oopgaan vir dinge wat moet verander in lewe,
maar ook –
en dis regtig sien –
vermoë te verander.

Bring ons tot deugsaamheid,
kennis
selfbeheersing
volharding
godsvrug
liefde onder mekaar
en….

GESEËN OM TE SEËN

liefde vir alle mense.

Want dis tema Pinkster hierdie week:
Geseën om te seën

Gees Jesus gesalf,
Jesus bediening ingelei
salwing van Gees aangegee,
sodat ons –
liggaam van Christus op aarde –
kan voortgaan.

Hoe ons blindes genees?

Antwoord:
na gawe en roeping Gees vir jou gee.

Natuurlik letterlik:
mediese intervensie
finansiële ondersteuning siekes
gebed genesing siekes.

Maar ook gebed mense oë oopgaan
wat siende blind.

Ook vertel van wat ons sien –
wat self beleef van werk van Gees in lewe.

Ook dien,
leef vanuit liefde ons ontvang,
sodat ander in ons liefde,
in verskillende maniere waarop ons hulle seën,
God se liefde kan sien.

Maar stap een
is self oorgee
Jesus ons oë oopmaak.

Geleentheid stil raak –
tyd van jaar,
moeilik stil te raak.
Gaan lied speel –
biddend luister,
raak stil…
dan begelei deur stil gebed,

Luister lied biddend –
ontvang as seën.
Fluistering Snit 6 Maak my nou stil Heer

Stil gebed

Vra Jesus oë oopmaak –
wees stil, luister fyn fluistering van Gees in hart:
• vir wat ook al blindheid in lewe is…
• sonde…
• werk van God in lewe….
• roeping…
• Bid iemand oë oopmaak God hand in lewe.

Slotsang

Vonkk 174 Strome van seën

Seën

blindes, blindheid, herstel van gesig, lukas 4, pinkster

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.