Skip to main content

Die Groot Opdrag – Matteus 28:16-20

Jesus stuur sy dissipels – al sy dissipels – om dissipels te maak.
Maar hoe doen ons dit? En na wie stuur die Here ons? Waar is die grens?

Verwelkoming & Afk.

• Welkom
• Groet
• Vadersdag (drukkie)

Drie-eenheid Sondag

(Advent, Jesus lewe, lyding, sterwe, Pinkster – vandag:

God in verhouding,
Drie in een)

Toetrede

Lied 454 Vader, ons eer U sit

Votum

Lied 161
Heer , U is ons Skepper – God almagtig ;
ons Verlosser , bystand , so barmhartig .
U wat ís , en wás , sal wéés –
Vader , Seun en Heil’ge Gees !

Seëngroet

Genade, barmhartigheid en vrede
van God ons Vader
en die Here Jesus Christus
deur die werking van die Heilige Gees.
Amen

Lofsang

Lied 450 Vader, Seun, Heil’ge Gees (staan)

Wet

Gesels vanoggend Groot Opdrag –
Jesus laaste opdrag,
bestaansdoel kerk,
wese Christenskap –
geloof aangee.
Christenskap aflos-wedloop,
elke Christen taak stokkie aangee.

Paulus sê in 1 Kor. 9:18-27

19Hoewel ek vry is
en van niemand afhanklik nie,
het ek my aan almal diensbaar gestel
om soveel mense as moontlik vir Christus te wen.
20Vir die Jode het ek soos ’n Jood geword
om Jode te wen.
Hoewel ek self nie meer onder die wet is nie,
het ek my vir dié wat onder die wet staan,
onder die wet gestel om hulle te wen.
21Hoewel ek nie sonder die wet van God is nie,
maar onder die wet van Christus,
het ek vir dié wat sonder die wet is,
geword soos een sonder die wet om hulle te wen.
22Vir die swakkes het ek swak geword
om die swakkes te wen.
Vir almal het ek alles geword
om in elk geval sommige te red.
23Dit alles doen ek
ter wille van die evangelie,
sodat ek aan die vrug daarvan deel kan hê.
24Weet julle nie
dat atlete wat aan ’n wedloop deelneem,
wel almal hardloop,
maar dat net een die prys ontvang nie?
Hardloop dan só dat julle die prys kan wen.
25Almal wat aan ’n wedstryd deelneem,
ontsê hulleself allerlei dinge.
Hulle doen dit
om ’n verganklike oorwinnaarskroon te verkry,
maar ons ’n onverganklike.
26Ek hardloop dan ook soos een
wat nie van sy doel onseker is nie;
ek slaan soos ’n bokser wat nie in die lug slaan nie.
27Maar ek oefen my liggaam
en bring dit onder beheer,
sodat ek nie ander tot die stryd oproep
en self nie kwalifiseer nie.

Weer herinner word Jesus groot opdrag,
kern van ons geloof,
ook gekonfronteer met ongehoorsaamheid:
dat nie geloof aangee,
dat stokkie kry,
gaan sit daarmee,
vir self hou.
Meer nog:
Ons selfsugtig
eie gemak voorop.
Eerder soos Paulus te sê vir Jode soos Jood
vir swakkes swak,
ons geen ongemak bereid,
eie voorkeure belangrikste.

Gebed skuldbelydenis

Voorreg natuurlik,
ten spyte eie mislukkings,
ook nog kan hoor,
in gedeelte gelees,
dat vry is,
dat nie meer onder wet is.

Mag ons dan hardloop soos een
wat nie van ons doel onseker is nie;
Mag ons ook hierin gehoorsaam wees,
ons liggame oefen, om Paulus beeld gebruik,
sodat ons nie ander tot die stryd oproep
en self nie kwalifiseer nie.
Lied 486: 1, 2, & 4 Bring aan die volke die boodskap (staan)

Geloofsbelydenis

Gebed
Skriflesing & Preek

Matteus 28 vanaf v 16
Sg Groot Opdrag.

Sommige geleerdes sê hele evangelie Matteus
geskryf vanuit perspektief hierdie laaste verse sigbaar.

Beskryf verse o.a. as:
teologiese program van Matteus
opsomming van hele evangelie Matt.
belangrikste saak Matt.
Klimaks Matt.
kulminasie alles gesê tot op dié punt
manifesto

Wat ook al woorde gebruik beskryf,
geleerdes eens
dat hele evangelie Matteus
wys na hierdie laaste verse:
al die drade in Matt. ingeweef,
van Hf 1 ev,
kom hier saam.

16Die elf dissipels

Lukas vertel herstel 12 – nog diss kies.

Maar Matt. doen moeite elf te beklemtoon –
trek daarmee vorige gebeure in –
verraad,
sterfte.

Ook iets van gebrokenheid van realiteit.

Daar kort iemand.

En dis hoe Jesus hulle in wêreld instuur –
onvolmaak.

Sê daarmee ie nodig het volmaak te wees,
alles uitgesorteer,
voordat gaan –
gaan. nou.

Gee volmaakte opdrag
aan onvolmaakte groepie.

16Die elf dissipels
het na Galilea toe gegaan

Galilea bekend as “Galilea van die heidene” (4:15, 19)

Dus beduidend Jesus opdrag nasies hiér gee:
heidene, nasies
nou op voorgrond –
evangelie nou na húlle.

[gegaan]
na die berg
waarheen Jesus hulle beveel het om te gaan.

Weet nie presies watter berg.
Maar ,weereens,
beduidend dat berg is.

Berg is leidraad dat wat nou kom,
belangrik is –
bepalend.

Goed wat in Bybel op berge gebeur,
word gesien as uitstaande oomblikke
in God pad met wêreld.

Hierdie ontmoeting herinner Sinai,
wet gegee,
aanvanklike doel en ID gevestig.

Op berg,
tydens bergpredikasie,
Jesus wil en ID bekend gemaak.

Op berg verheerlik.

Nou,
op berg,
volgelinge nuwe ID en taak gevestig.

17Toe hulle Hom sien,
het hulle Hom aanbid,
hoewel party getwyfel het.

Ons hoor “twyfel”
instinktiewe reaksie oordeel:
mag nie twyfel!

Jesus nie oordeel.
Verstaan gebrokenheid.
Weereens soos uitstuur van 11 –
stuur in gebrokenheid,
onsekerheid –
selfs twyfel! –
uit.

Verwag nie eers alle antwoorde te hê.
Gaan.
Nou.

Kies ménse te stuur.

Nie engele
of supergelowiges.

aanbiddende,
twyfelende
mense.

Want dis wie ons is.
Altyd maar vrae,
onsekerheid.

Gaan altyd voel geloof nie goed genoeg.

Wie ek nou ander te vertel, te leer?

Maar ons voer hierdie taak nooit uit
vanuit arrogante selfversekerdheid.

Gehoorsaam aan opdrag
juis te midde van eie swakheid,
twyfel,
sukkel.

18Jesus kom toe nader

Weereens beduidend.

Want gewoonlik onderdane nader kom,
nie andersom!

Maar Jesus ruil rolle om.

Dalk om hul twyfel/onsekerheid te akkommodeer:
“Ek weet julle bang –
kyk, ek gee eerste tree,
ek kom na julle”.

Dalk wys teenwoordigheid,
dalk opdrag uitreik illustreer.

en sê vir hulle:
“Aan My is alle mag gegee
in die hemel en op die aarde.
Weerklink Daniël 7:14:

14Aan dié menslike wese
is die heerskappy en eer en koningskap gegee
sodat al die volke, nasies en taalgroepe
hom sou dien.
Sy heerskappy is ’n ewige heerskappy,
dit sal nie tot niet gaan nie;
sy koningskap sal nie ophou nie.

Nie net Matteus kulmineer in Matt. 28,
maar hele heilsgeskiedenis-
God hele plan,
van begin af.

Dalk dink ons soms Jesus God tweede plan –
backup.
Mense geskape,
gaan dien –
toe sonde, God nie sien kom,
tweede plan gemaak.

Maar is nie so.
God plan van begin af
Jesus regeer –
alles hom onderwerp.

19Gaan dan na al die nasies toe

Gaan dan = gaan DAAROM

OMDAT Jesus regeer,
dat boodskap moet verkondig.

Nie SODAT kan regeer,
soos wat vertel,
word meer van Aarde,
volke nasies, onder sy heerskappy geplaas.

Reeds syne!
Dáárom verkondig.

Russel Brownworth vertel van jongste dogter, Carrie
amper drie jaar oud
Haar twee ouer susters,
sewe en nege
maatjies – hele buurt – kom speel,
speel wegkruipertjie.

Carrie wou saamspeel.
Vir ouer kinders in die pad.
Een middag kom Carrie weer aangehardloop,
in trane.
Sy vrou troos haar
twee varsgebakte reuse koekies

“Moenie die groot kinders gaan vertel jy het koekies nie,”
waarsku ma,
“ek het nog nie genoeg vir almal gebak nie.”
Dadelik hardloop Carrie buitetoe.
Sy gooi die voordeur oop,
en roep selftevrede na buite waar die groter kinders speel:
“Koekies!
Ek het koooeeekiiieees!”

Goeie nuus hou jy nie vir jouself.
Goeie nuus moet met groot entoesiasme verkondig word!

Wat moet doen:

en maak die mense my dissipels:

Dubbelpunt.

In Grieks is hierdie “maak dissipels” hoof opdrag –
enigste werkwoord in bevelvorm –
ander is deelwoorde.

So maak dissipels is opdrag.
Doop,
leer
is onderafdeling.

Interessant DIT opdrag.

Lukas bv.:
vergifnis van sonde.

Matteus baie meer omvattend.

doop hulle
in die Naam van die Vader
en die Seun
en die Heilige Gees,

Kan dink kontroversie oor eeue –
spesifiek volgorde.

Sending gewoonlik keuse:
leer
dan doop.

Matteus doop
dan leer.

Is natuurlik model ons hier gebruik,
babas doop.

Want doop nie iets wat mense doen –
asof reaksie op wat God gedoen het.

Doop is iets wat God doen,
’n geskenke van God genade.

Deur doop word ingelyf,
ingetrek goddelike belofte vergifnis sonde.
Word geroep dissipels te word.

En DIT is proses,
iets wat leer:

en 20leer hulle om alles te onderhou
wat Ek julle beveel het.

Ons taak nie net mense na Jesus lei,
sonde bely.

Taak is om te leer wat Jesus geleer,
leer hoe Jesus geleef.

Leer is stadige woord.
Veronderstel tyd,
nie in oomblik,
leeftyd.
Doel nie kennis,
maar gehoorsaamheid
(“Om alles te onderhou”).

Om dissipel te word,
dus om volgeling Jesus te word –
om lewe aan God oor te gee,
te leef volgens Jesus woorde en voorbeeld.

Beginsel = liefde:
vir God en naaste.

Ondenkbaar geloof
en dade
van mekaar te skei –
geloof IS liefde leef.

En dan, (ek dink) die beste deel:

En onthou:
Ek is by julle
al die dae
tot die voleinding van die wêreld.”

En so eindig Matteus
soos dit begin het!

Immanuel –
God met ons.

Jesus by ons –
ook in uitvoer van hierdie opdrag.

Maar dit moet jy hoor –
en moet geen fout maak nie! –
hierdie opdrag
is ons opdrag –
is jou opdrag.

elke gelowige
het taak om dissipels te maak,
wat Jesus geleer het,
te verkondig.

Wat is doel van appelboom?

Nie eerste plek appels te produseer,
vrugte te dra.
Doel van appelboom
is nog appelbome maak.

Dra vrugte
SODAT nog appelbome kan maak,
sodat saad kan versprei.

Selfde volgelinge van Jesus –
dissipels.
Ons doel
is dissipels maak.

Opdrag vrugte dra –
maar dra vrugte
SODAT ander Jesus kan leer ken en volg.

’n Gelowige
wat nie op manier ander gelowiges maak
is halwe gelowige.

MOET dit aangee,
MOET GAAN.

Dis nie suggestie
nie net vir sommige van ons
ALMAL.

Nie nodig daaroor vrae te vra.

Wat wel kan vra,
is HOE.
Hoe JY hierdie opdrag gehoorsaam,
uitvoer.

Party van ons geroep sendelinge –
[muur].

Party van ons gawe evangelisasie –
Lieb hyser breek, almal evangeliseer.

Maar dit is min van ons,
klein persentasie.

Hoef nie skuldig te voel nie gaan
as dit nie jou spesifieke gawe en roeping is.

Wat dan wel ONS ALMAL roeping,
is die wel geroep voltyds sendelinge te wees,
ondersteun:
finansieel – geloofsoffers
gebed

Maar elkeen van ons ook roeping HIER,
in elke dag lewe.

Daar jou taak uitvind waar en hoe God jou wil gebruik:

behoeftiges
deur sorg,
manier liefde uitleef
dra vrugte –
sodat hulle kan sien,
kan hoor en leer.

werk
mense elke dag kontak
dalk vertel
maar waarskynlik eerder hoe geloof leef
as woorde wat vertel.

Mense leer nie noodwendig uit wat sê
maar hoe is:
waardes
hoe liefde leef

Wonderlik Here vandag geleenthede gee
geloof te praat oor mense oral-oor
allerhande ander gelowe.

Elke dag by werk,
mense sukkel huwelike,
verhoudings,
keuses –
geleenthede Gees jou gee
te wees wat is:
appelboom.
boom ander bome plant.

Bure –
onbetrokke lidmate.

wonderlik hoor hoe betrokke lidmate
saak van onbetrokke lidmate op hart dra.

Taak teenoor hulle vrugte te dra,
dalk om braaivleis vuur,
in stede moontlik liefdeloos,
liefde leef,
vrugte dra
in gesprek tree hul verhouding God.

By huis –
elke ouer,
doopkategese: nou voltyds sendeling.

Maar dan kom weer by roeping ons almal deel:
kinders in gemeente.

Ons taak stokkie vir hulle aangee.
Eie kinders, ja.
Maar ek bv. nie kinders –
maar deel van gemeente,
taak stokkie aangee,
dat manier waarop ek teenoor hulle optree,
saam hulle erediens
Here aanbid –
vrugte dra,
hulle ook grootword
as volgelinge Jesus.

Beteken,
soms,
goed doen nie vir my lekker is,
dalk liedjie sing ek dink darem eenvoudig. (bewegings – voel soos swaap)

Maar sien,
geloof gaan nie oor my!
Gaan oor aangee.
As dit dan vra,
soos teks Kor.,
dat vir kinders soos kind word,
vir oumense soos oumens word
vir studente soos student word –
dan moet ek dit doen.

Want dit is kern van wat beteken gelowige te wees.
Vir ons almal.

Nie een van ons spring hierdie roeping vry.

Wat my dan laat wonder:
waar trek ons die streep?

Hierdie afgelope week –
eintlik paar weke al –
baie hieroor gewonder.

Jesus stuur dissipels na nasies,
oor grense.

En ons op oomblik in wonderlike posisie,
dat nasies na ONS toe kom.
Hoef nie te gáán –
nasies kom na ons.

By ons werke.
Bure.
In kamers en huise verhuur.
In kerk.

Wanneer kan ons sê:
nee,
hierdie grens is te vêr.

Hier is die streep,
hier hoef ek nie evangelie te verkondig.

Die van ons hier aanbid,
natuurlik hierdie Here se gemeente,
maar ook ONS gemeente,
ons hier want tuiste hier gevind.
Aanbid God hier.

So wanneer sê ons:
nee, JY nie welkom hier?

Jy is te kriewelrig.
Jy is te arm.
Jy is nie slim genoeg.
Jy ruik nie lekker genoeg.

Dink aan Stokkies –
onthou?

Hier buite in bos gewoon.
een of ander verstandelike siekte.

Familie aanmekaar uit versorgingseenheid gehaal,
in bos afgelaai,
net opgelaai grant,
dan weer in bos.

Stokkies Sondag-oggende erediens bygewoon.
Na tyd help skottelgoed was by tee.

Probleem:
Stokkies nie gewas.

Was nie baie lekker in sy dampkring te sit.

Groter probleem:
Stokkies altyd net betyds gekom.

Dan kan nie skuif.

Nou sit jy.

En dis ongemaklik.
Niemand flous en maak asof geniet.

Maar mense dit gevat.
Nie lekker!

maar gevat.

Want dis deel van hoe opdrag uitleef.
Jesus nie gesê gaan maklik wees.

Nie gesê gaan gemaklik wees,
of lekker wees.

Nie gesê ons gaan perfek wees,
gaan al antwoorde hê.

Jesus wel gesê:
ek is by julle
al die dae
tot die voleinding van die wêreld.

Al wat ons moet doen,
is oë oopmaak,
oplet WIE mense is God oor ons pad stuur.

En die mense wat God oor jou pad stuur –
oor ons gemeente se pad stuur –
DIS die mense hy wil hê ons mee moet saamleef,
dissipels moet maak.

Kinders
bure
studente

Die mense nou hier
Die mense deur week jou pad kruis.

Dan is daar nie grense te trek.

Dan kan ons nie soos Jona sê:
nee Here, net nie hulle nie.

As aflos stokkie ontvang
en nie aangee,
dan is nie aflosatleet.

As appelboom is
en nie vrugte dra
wat nuwe appelbome maak –
dan nie appelboom!

Jy het die beste koekie in die heelal gekry.
Daai’s nie iets wat jy vir jouself hou nie!

19Gaan dan na al die nasies toe
en maak die mense my dissipels:
doop hulle
in die Naam van die Vader
en die Seun
en die Heilige Gees,
en 20leer hulle om alles te onderhou
wat Ek julle beveel het.
En onthou:
Ek is by julle
al die dae
tot die voleinding van die wêreld.”

Voorbidding

Nuus sendelinge

Dankoffer

Slotlied

Lied 485 O Heer, u laaste woorde (staan)

Seën

19Gaan dan na al die nasies toe
en maak die mense Jesus se dissipels:
En onthou:
Die genade van ons Here, Jesus Christus
die liefde van God die Vader
én die teenwoordigheid van die Heilige Gees
is by julle
al die dae
tot die voleinding van die wêreld.”

Respons

Lied 450 Refrein

groot opdrag, maak dissipels, preek

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.