Skip to main content

Tag: preek

Spreuke 4:23 Waak oor jou hart

Waak oor jou hart – Spreuke 4:23

Somerstrand 5 Aug 2012

 

Verwelkoming & Afk

Toetrede

Flam 318 Nader tot die Here (sit)

Votum

Psalm 19:8-15

Seëngroet

Lofsang

Ps 119: 7, 8, 26 (staan)

Lied 209 x2 Heer, met my hele hart (sit)

Lied 550 x2 Twee ogies om Gods werk te sien (sit)

Kindertyd

Storie Max Lucado: “Omdat ek jou liefhet”  (Deel III)

Wet

Spreuke 3:1-10

Skuldbelydenis en Genadeverkondiging

Toewyding

Flam 353 Here, Heilige Here (sit)

Gebed

Skriflesing

Spreuke 4:20-27

 

Preek

Tilla stuur in week video,

gedink nav Musiektrivia aand Vrydag

gepas:

 Video: Commercial

As so stetoskoop kon kry

wat nie hartklop hoor,

maar hoor wat in hart aangaan –

wat sal hoor?

Teks sê

hart belangrikste van alles –

moet bitter versigtig wees met wat in hart aangaan.

Spreuke praat omtrent 80 keer van hart –

in NAV vertaal met gedagtes of wil.

OT meer as 800 keer.

Interessante navorsing gelees week,

ons dink brein setel van bewussyn, denke,

navorsing wys hart info verwerk,

saam met brein werk.

Interessant, onseker hoe waar.

Maar tog iets oordra van wat teks sê:

Wanneer Bybel praat van hart,

praat van denke,

wil –

van regte jy,

wie jy is.

Want jy is wat jy dink.

Ons ken uitdrukking: You are what you eat.

Bybel ons leer:

Jy is wat jy dink.

Teks: dis die oorsprong van die lewe.

Wat in jou hart aangaan, maak saak.

Week interessante boek gelees,

titel: You are what you think (David Stoop) –

sê ons geneig dink

oorsaak gevolg –

iets gebeur, lei tot reaksie, emosie.

Praat van ABC –

A = Activating Event

C = Consequences.

maar sê ons vergeet van B –

Belief Systems.

Is nie gebeure wat bepaal hoe jy voel of optree –

is wat jy glo oor gebeure wat bepaal.

Gebruik vb ou nie meisie terugbel –

hy hou nie van my

hy besig, sal later bel.

Ons by selgroep lekker gesels hoe mate jy kan beheer hoe voel,

hoe reageer.

Maar feite is,

twee van ons kan na presies selfde situasie kyk,

heeltemal verskillend interpreteer

en reageer –

want glo verskillende goed oor situasie.

Jy is wat jy dink.

Jy doen soos jy dink.

En ons dink baie!

Selfs die van ons nie noodwendig intellektuele reuse.

Gemiddelde mens praat 150 na 200 woorde per minuut.

Dink ong 1300 woorde per minuut.

Byvoeg dat gedagtes dikwels beelde is,

soveel meer betekenis dra as net woord,

beeld kan breukdeel van sekonde deur gedagtes flits,

gelaai wees met betekenis en emosie.

Wat is ons harte aangaan,

is lotsbepalend.

Ons is wat ons dink.

Dit is hoekom so ontsettend belangrik dat hart sal bewaar –

versigtig wees met wat in hart aangaan.

Want jy is wat jy dink.

So hoe bewaar jou hart?

Eerstens deur hart vol te hou van regte goed.

Iemand sê probleem met oop kop

is dat almal heel tyd goed daar wil in druk.

Is natuur –

wil vakuum volmaak!

So as wil hê hart moet veilig wees,

sorg dat hart vol is –

vol van regte goed!

Fil 4:8:

alles wat waar is,

alles wat edel is,

alles wat reg is,

alles wat rein is,

alles wat mooi is,

alles wat prysenswaardig is –

watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees –

daarop moet julle julle gedagtes rig.

En hoe dit doen,

heel eenvoudig:

Rom 12:2a:

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie,

maar laat God julle verander

deur julle denke te vernuwe

Ek het groot invloed op eie denke –

meer wat ons bereid is te erken.

Maar kan nie altyd bepaal hoe dink,

hoe voel.

Kan waak oor my hart

deur seker te maak vol van Woord van God.

Want wanneer hart vol van Woord van God,

dan nie plek vir ander goed.

Gees werk deur Woord,

verander ons van binne af

vernuwe ons denke.

Eerste manier waak oor hart

is deur besig te wees met Woord –

dit te verslind,

soos jong leeu te kou

soos Chris tydens Pinkster gesê.

Dis stap een,

heel belangrikste.

Maar wanneer dit gedoen,

dan waak ook oor wat toelaat in hart.

Miskien dit tipe ding te min oor praat in kerk –

dalk juis omdat vroeër jare te veel gepraat.

Maar ons nie net verantwoordelik eie hart,

ook – as geloofsgemeenskap –

verantwoordelik vir mekaar,

verantwoordelik mekaar harte aangaan,

VERAL verantwoordelik in kinders harte aangaan.

En ding is,

wanneer ander goed in hart inkom,

nie oornag:

wham, nou hart vol ander goed.

Soos die cholesterol wat in jou are aanpak:

stadig,

stukkie vir stukkie,

kom nie agter.

Tot eendag hart laat toets,

agter kom heeltemal verstop

deur gemors jy ingeprop.

So ons moet waak.

Bewus wees waaraan ore uitleen…

Liedjie:

pasop kleine voetjies waar jy gaan

pasop kleine oortjies wat jy hoor

pasop kleine ogies wat jy kyk.

Dalk moet ons dit juis nog méér vir mekaar sê as vroeër jare,

omdat pornografie beskikbaar op elke rekenaar en selfoon,

gemorskos elke TV stasie,

elke koerant,

elke tydskrif.

Ons mekaar waarsku,

nie om te oordeel,

maar om mekaar te ondersteun,

mekaar te versterk.

Moet bewus wees waarna kyk –

op TV

op internet

op selfoon

Bewus wees van wat lees –

in koerante

in tydskrifte

in storieboeke

Bewus wees van geselskap waarin bevind,

tipe vriende

Spr 27:17

Yster slyp yster,

vriende vorm mekaar.

Soms loop in bos rond,

dink:

ag nee wat,

dis nie so erg!

Waaroor al bohaai gegaan!

En as weer kom kry,

kan nie pad terug vind.

God het vir ons muur gebou,

nie omdat spoil-sport,

maar omdat liefhet.

Bewaak jou hart

meer as alles wat bewaar moet word,

want daaruit is die oorspronge van die lewe.

Gebed

Dankoffer

Gebed

Slotlied

Lied 489:1 en 3 Waak, Christen, staan in die geloof (staan)

Seën

Respons

Lied 314

1 Kor 12 Paasfees

Verwelkoming

Toetrede

Lied 409:1 Hoor jy die Paasfeesklokke (sit)

Opstandingsverhaal

Markus 16:1-7

Respons

Vonkk 5 Vreugde! Vreugde! (staan)

Votum

Liturg: Hierdie is die dag

waar trane afgevee word;

waar stukkende harte heelgemaak word;

waar vrees

met vreugde vervang word.

Hierdie is die dag

wat die Here die klip van vrees wegrol;

dood se klere uittrek;

voor ons uitstap God se toekoms in.

Hierdie is die dag

wat die Here gemaak het.

Die dood maak ons nie meer bang nie;

die sonde het nie meer houvas op ons nie;

God maak die grafte van ons harte oop

en vul ons met nuwe lewe.

Hierdie is die dag –

opstandingsdag –

Paasdag

Christus het opgestaan

Gemeente: Christus het waarlik opgestaan

Voorganger:

Die Heer het opgestaan

Gemeente: Hy het waarlik opgestaan

Voorganger:

Christus het opgestaan

Gemeente: Christus het waarlik opgestaan.

Seëngroet

Wees gegroet

in die naam van die opgestane Here,

wat nuwe lewe vir ons moontlik gemaak het

en nou hier by ons is.

Lofsang

Lied 414 Juig verlostes, juig en sing (staan)

Lied 417 Jesus, ons eer U (staan)

Doopherinnering

Paasfees is tradisioneel Doopsondag.

Ons dink vandag spesiaal daaraan

dat ons deur ons doop

saam met Christus gesterf het

en begrawe is.

Ons weet egter

dat ons ook saam met Hom opgewek is

tot ‘n nuwe lewe.

Daarom bely opnuut

ons verbondenheid aan Christus.

Ons bely ons sonde met berou.

Ons draai na Christus toe.

Ons onthou dat ons saam met hom gesterf het

en dat ons saam met hom opgestaan het.

Daarom bely ons ons geloof in die drie-enige God.

Geloofsbelydenis

Gebed

Skriflesing

1 Kor 15:1-15

 

Preek

Kinders:

Wat beste nuus ooit gekry?

Heel beste nuus,

iemand lank terug gekry,

ons elke Sondag weer kry,

vandag spesiaal:

Jesus leef!

 Video – Amistad

Amistad

fliek oor ‘n klomp slawe

1839

skip Amistad

vervoer na Amerika.

Yamba,

een van slawe,

kry iewers Bybel,

prente.

kan nie lees nie,

volg tog die Jesus-storie dmv die prente.

Gryp so aan,

lewe vir Here gee.

Verduidelik lewe van Jesus

met behulp van die Prente in Bybel

aan Cinque,

die leier van die klomp slawe.

Yamba vertel,

terwyl hy na die prente kyk,

dat hierdie Persoon baie, baie spesiaal is,

want oral waar Hy gaan

is daar ‘n strale krans om die Persoon se kop.

Soos Yamba vir Cinque sê:

“Orals waar hy gaan,

word Hy gevolg deur die son!”

Hy wys uiteindelik vir hom

hoe Jesus aan die kruis gesterf het.

Dan sê Cinque dat so iemand ons nie kan help nie,

want Hy is dood.

Yamba sê “Nee, kyk, die storie is nie klaar nie.”

en dan wys hy hom ‘n prentjie van die opstanding.

Hierdie Jesus kan help.

As hulle dan die volgende dag hof toe loop,

loop Yamba met die Bybel onder sy arm

en orals is daar net kruise te sien.

Simbole Jesus teenwoordigheid,

ook by slaaf

met prente-Bybel onder arm.

Jesus leef!

Interessant,

wanneer Paulus praat Jesus opstanding,

praat nie van leë graf.

Praat van mense hom gesien!

Bewys Jesus opstanding,

nie leë graf,

maar teenwoordigheid,

mense hom gesien.

Dis wat vandag nog beteken gelowige te wees:

beteken ons weet

Jesus by ons.

Soos ou Keltiese seën:

langs ons

voor ons

in ons

oral!

Beteken dat leef soos mense weet

Jesus by ons.

Bekende prediker

Dwight Moody

vertel toe nog jong man was,

kort kennisgewing ‘n begrafnisdiens lei.

Hy vertel deur vier Evangelies geblaai

soek na begrafnisrede wat Christus self gelewer,

wou as riglyn gebruik.

Maar tevergeefs.

Wat Moody wel ontdek het,

was dat Christus alle begrafnisse wat Hy ooit bygewoon het –

soos dié van Lasarus

of die weduwee van Nain se seun,

of van Jaïrus se dogtertjie –

opgebreek het!

Die dood kon nie in Jesus se teenwoordigheid oorleef nie.

Wanneer dooie mense sy stem gehoor het,

het hulle weer lewend geword.

Jesus het gesê:

“Ek is die opstanding en die lewe” (Joh 11:25).

Waar Jesus is,

is daar nuwe lewe!

En Jesus is hier,

nou,

in jou lewe,

elke dag.

Beteken:

Boosheid oorwin.

As Jesus gekruisig is,

nie opgestaan,

sou kon dink

Pilatusse en Herodusse van wêreld

gewen.

Dan sou wêreld oorgelewer wees

magte van geweld

ons uitgelewer,

magteloos.

Maar Jesus lewe

getuig:

magte van wêreld

het geen mag,

God is sterker,

het reeds oorwin.

Beteken natuurlik ook

ons lewens sin maak.

Deel van groter geheel,

deel van plan van God.

Nie maar net hier,

nie net gejaag na wind.

Wanneer lewe deurmekaar is

onseker

nie volgens plan verloop,

kan altyd weet:

is wel ‘n plan,

ons is deel van daardie plan.

Al kan nie plan sien,

verstaan,

altyd troos:

Tye is in God se hand.

Paulus lys mense Jesus gesien na opstanding.

Merkwaardige ding van lys

(kyk gou van mense wat noem):

Petrus,

een van eerste persone aan wie opgestane Jesus verskyn.

Petrus,

een wat Jesus verloën het!

Jakobus,

waarskynlik Jesus broer.

Ons weet Jesus familie,

nie in hom geglo,

gedink van kop af

(Mark 3:21, Joh 7:5).

Tog verskyn Jesus aan sy broer.

Natuurlik Paulus,

kerk vervolg!

Jesus verskyn juis aan hulle.

Jesus skryf niemand ooit af nie.

Jesus verwerp niemand,

maar oorlaai eerder met liefde en genade.

Jesus opstanding sê,

daar ook genade vir ons,

ook ons ontvang vergifnis,

word versoen met God.

En natuurlik,

lewe.

Jesus opstanding sê

lewe êrens heen op pad.

Het einddoel.

Gaan nie wanneer doodgaan

bloot net ophou,

gaan voortgaan,

deel in lewe

wat Jesus bewerkstellig het.

Sir Christopher Wren

beroemde argitek

St Paulus-katedraal in Londen.

Groot Londense Brand

1666

verwoes katedraal,

Wren

heeltemal nuwe bouwerk

ontwerp

op te rig.

Skryf dat hy

en sy hoof-messelaar

begin

kernpunt van die katedraal noukeurig vasgestel,

werker gestuur

klip van die rommel van die ou katedraal te bring

waarmee hulle dié spesifieke punt kon merk.

Die werker het nie rondgesoek nie,

maar die eerste die beste klip

van die ruïne van die ou gebou opgetel

en gebring.

Toe Wren die klip neersit,

sien die drie mans die woord wat daarop ingekerf staan:

Resurgam (“Ek sal opstaan”).

Resurgam (“Ek sal opstaan”)

Dit is ook ons boodskap:

Resurgam

Gebed

Dankoffer

(Jesus – Lam van God, geslag, lewe.

Paaseiers/hasies, lewe. Vandag: Lam!

Kinders kom kry,

na tyd by deur.)

Slotlied

Lied 421 Die Here Jesus lewe

Seën

Kyk daar, dit is ons God,

ons het op Hom vertrou,

Hy het ons gered.

Dit is die Here!

Ons het op Hom vertrou.

Laat ons bly wees en juig

omdat Hy ons gered het. (Jes 25)

13Die genade van die Here Jesus Christus

en die liefde van God

en die gemeenskap van die Heilige Gees

sal by julle almal wees. (2 Korintiërs 13:13)

Respons

Lied

Goeie Vrydag 2012 Jesaja 52-53

Verwelkoming

Votum

Jesaja 53:1-5

(Geen Seëngroet)

Vonkk 194 Was jy daar? (sit)

JESUS SE LYDENSWEG

Jesus word gevange geneem:

Johannes 18:3-9, 12

Lied 247 Heer, wees ons genadig (sit)

Jesus word bespot:

Matteus 27:27-31

Lied 247 Heer, wees ons genadig

Jesus word gekruisig:

Johannes 19:17-20

Lied 247 Heer, wees ons genadig

Jesus se klere verdeel:

Johannes 19:23-24

Lied 247 Heer, wees ons genadig

Jesus sterf:

Johannes 19:28-30

Lied 247 Heer, wees ons genadig

Jesus se liggaam word van die kruis afgehaal:

Johannes 19:31-34

Lied 247 Heer, wees ons genadig

Jesus word begrawe:

Johannes 19:38-42

Lied 247 Heer, wees ons genadig

Gebed

Vervul, o Here,

vandag ons harte met stille wyding,

hier waar ons nadink oor die diepte van u lyding.

Ons onthou hoe u daar aan die kruis

vir ons gesterf het,

ons heil verwerf het.

Breek ons trotse harte

en rede.

Ons buig neer.

Skep in ons u vrede.

Amen

(nav Lied 391)

Skriflesing

Jesaja 52:13-53:12

 

Preek

Mohammed Bouazizi was ‘n gewone ou –

‘n Tunisiese groenteverkooper

van ‘n arm dorpie Sidi Bouzid,

300 km suid van Tunis.

Was 26,

wou net een ding hê:

genoeg geld

om bakkie te koop of huur.

Nie sodat wêreld kan verken,

plat ry saam met vriende,

maar sodat voertuig het groente te vervoer.

Op 17 Des 2010 word gestop polisievrou,

konfiskeer groentekarretjie en groente –

bedreig Mohammed en familie lewensonderhoud.

Nie eerste keer.

Wel laaste keer.

Mohammed probeer boete van R50 betaal –

dag se inkomste vir groenteverkoper soos hy,

sy weier,

klap,

spoeg in gesig,

beledig oorlede pa.

Gaan na provinsiale regering te kla,

kry niemand te sien.

Om 11:30,

17 Des 2010,

reg voor gebou,

gooi Mohammed Bouazizi

homself vol brandstof

steek self aan brand.

Nie onmiddellik dood –

eers paar dae in hospitaal.

In die tyd groeiende ongelukkigheid,

soveel so dat Tunisië se diktator –

pres Ben Ali –

hom in hospitaal besoek,

probeer massas kalmeer.

4 Januarie 2011 sterf Mohammed Bouazizi.

14 Jan 2011 – net 10 dae later –

val Ben Ali se 23 jarige regering.

En so begin een groenteverkoper se dood

sogenaamde Arabiese Lente,

versprei oor Arabiese wêreld,

een korrupte regering na ander val.

Diktators hulleself te pletter geloop

teen sy groentekarretjie.

Lewe nie verniet gegee nie.

Teks vanoggend

lied sing van gebroke mens

wie se lyding dramatiese gevolge het.

Verag,

deur mense verstoot,

niemand hom gereken.

Tog sy lyding vrug gedra vir ander.

Dink vandag lyding Jesus van Nasaret –

lied sing van gebroke mens

wie se lyding dramatiese gevolge het.

Verag,

deur mense verstoot,

niemand hom gereken.

Tog sy lyding vrug gedra vir ander.

Onseker oor wie presies teks sing –

baie moontlikhede.

Maar Christene

van begin af

wanneer hierdie teks gehoor,

gedink aan Jesus.

Reeds wanneer hofdienaar in Hand 8

wil weet wie man in Jes 53 is,

Filippus verduidelik Jesus.

Jesus lyding

natuurlik anders

lyding van ander na wie teks moontlik kon verwys,

anders Mohammed Bouazizi,

anders almal voor of na hom onskuldig gelei.

Jesus het volle geweld van wêreld se

selfgerigtheid

magsbeheptheid

en opstand teen God

op homself geneem.

Niemand voor of sedertdien,

so gely.

Maar in hierdie geweldige lyding,

is God aan die werk.

Kan maklik in lyding vaskyk,

so verblind word daardeur,

dat nie God se hand

agter dienaar se opoffering sien.

Daarom teks (53:1):

Wie sal die mag van die Here

hierin kan raaksien?

Vandag is Goeie Vrydag.

Vandag staan verslae

aan voet van kruis,

sien mag van Here hierin.

In ongekende hoeveelheid

liefde

diens en

omgee,

hier aan voet van kruis.

Kwartaal Filippense gelees.

Hoor Jesaja-teks eggo in Filippense 2

(waarna ook verlede week verwys):

5Dieselfde gesindheid

moet in julle wees

wat daar ook in Christus Jesus was:

6Hy wat in die gestalte van God was,

het sy bestaan op Godgelyke wyse

nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie,

7maar Hy het Homself verneder

deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem

en aan mense gelyk te word.

En toe Hy as mens verskyn het,

8het Hy Homself verder verneder.

Hy was gehoorsaam tot in die dood,

ja, die dood aan die kruis.

Op Goeie Vrydag sien ons die wonde

hoor ons die slae

voel ons die lyding,

en weet:

dit is vir ons.

Maar dis nie die einde nie!

Teksgedeelte begin juis met belofte (52:13):

My dienaar sal voorspoedig wees.

Hy sal hoog in aansien wees,

Hy sal baie eer ontvang.

Ná die beskrywing van die dienaar se lyding, word belowe:

… sal hy ‘n nageslag hê en nog lank lewe (53:10),

en

Na bitter lyding sal hy weer die lig sien (53:11),

en

My dienaar sal baie mense regverdig maak (53:11),

en

Daarom gee Ek hom ‘n ereplek onder die grotes.

Hy sal saam met die magtiges oorwinning vier,

omdat hy hom in die dood oorgegee het (53:12).

Hoor dit weerklink in Fil 2:

9Daarom het God Hom ook

tot die hoogste eer verhef

en Hom die Naam gegee

wat bo elke naam is,

10sodat in die Naam van Jesus

elkeen wat in die hemel

en op die aarde

en onder die aarde is,

die knie sou buig,

11en elke tong sou erken:

“Jesus Christus is Here!”

tot eer van God die Vader.

Vlgens lied Jes 52-53,

kry ons deel aan vrug van Dienaar se lyding,

deur sonde te bely.

volk bely dat hulle skuldig was

soos skape wat weggedwaal het (53:6).

Hulle sonde was die oorsaak van die lyding van hierdie mens (53:5).

Hy het in hulle plek gely en gesterf (53:6,8).

Hy was hulle plaasvervanger (53:11).

Sy dood het vir hulle soveel seëninge gebring.

Hy het hulle lyding en siektes gedra,

is deur sy wonde genees

en het vrede gekry (53:4, 5).

Op dag soos vandag,

dan gepas

dat sonde bely.

Onthou vandag

dat een vir almal gesterf het.

Dat Jesus plekke geruil het,

onskuldige vir skuldiges,

regverdige vir onregverdiges.

Vir jou.

Sy lyding was vir jou.

Vir jou was daardie wonde.

Wanneer dan aan voet van kruis staan,

kan eie mislukkings

skuld

nalatigheid,

sonde

daar los.

Dit is goeie nuus van Goeie Vrydag:

ons is bevry!

Ons is versoen met God!

Wanneer ons van die kruis af wegstap,

is ons ander mense.

Vry.

Lewend.

[Gebed?]

Nagmaalsformulier

In die nagmaal dink ons terug

aan die lewe van Jesus,

en in die besonder ook

sy dood op Golgota.

Daarmee saam ons vergifnis,

versoening,

bevryding.

Daarom sê formulier:

Die nagmaal

is ‘n gedagtenismaaltyd.

Die Here het by die instelling van die nagmaal gesê:

“Gebruik dit

tot my gedagtenis.”

Wanneer ons die brood en wyn sien,

sien ons in ons gedagtes

die hele lydensweg van Jesus voor ons afspeel:

hoe Hy Homself verneder het

deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem

en aan mense gelyk te word;

hoe hierdie vernedering

telkens tydens sy aardse bestaan

verdiep

en uiteindelik daarop uitgeloop het

dat Hy Homself verder verneder het

deur gehoorsaam te wees

tot in die dood,

ja, die dood aan die kruis (Fil 2:7-8).

Ons dink daaraan,

en verkondig dit aan almal:

hoe Jesus sy lewe vir ons gegee het;

hoe Hy soos ‘n koringkorrel in die grond geval

en gesterf het;

hoe Hy die lydensbeker gedrink het;

hoe Hy van God verlate was

en uitgeroep het:

“My God, my God, waarom het U my verlaat?” (Mark 15:34),

sodat ons nooit deur God verlaat sal word nie.

Terwyl aansit tafel,

herinner word,

onthou,

gely sonde

ontvang vrede:

Tafel word gereed gemaak

Lied 379 Jesus Christus, Lam van God, wees ons genadig

Tafelgebed

Nagmaal

Litanie

Voorganger:

Jesus,

dink aan my,

wanneer U in u ryk kom.

Hoor ons gebede.

Vir u kerk oor die wêreld heen…

Gemeente: … vra ons nuwe lewe.

V: Vir almal wat dien in u kerk

G: vra ons genade en wysheid.

V: Vir Christene in elke land

G: vra ons eenheid in u Naam.

V: Vir almal wat sukkel om te glo

G: vra ons u liefde.

V: Vir die leiers en regeerders van ons land

G: vra ons leiding.

V: Vir mense wat ly en treur

G: vra ons u troos en helende vrede.

V: En vir myself

G: vra ek dat U ook aan my sal dink.

Lied 384 Jesus o dink aan my

V: Amen

G: Amen

[Lied 396 Aanskou die Heiland, sien die kruis]

Geen seën of afsluiting nie. Die openheid en afwagting na Paasfees bly.

**Verlaat die kerk in stilte**

Joh 4 – Son 25 Jan 09

VERWELKOMING

Daar is by baie van ons ‘n begeerte na meer: meer tyd vir die belangrike dinge in die lewe, meer insig in wat mense by ‘n regtig betekenisvolle lewe uitbring, en veral om meer van God in ons lewe te hê. 

Die wonder is, hierdie begeerte na meer val nie uit die lug nie.  Die begeerte na meer in ‘n mens se lewe is alreeds ‘n getuienis dat God aan die werk is in ons lewe.

Wat ons nodig het, is maniere om hierdie werk van God nie net agter te kom in ons lewe nie, maar veral om ruimte daarvoor te maak, daarby aan te sluit en daarmee saam te werk.

Een van die wonderlike maniere waarop ons ruimte vir God kan maak, is deur Geestelike Gewoontes of dissiplines.  Geestelike Gewoontes is soos druppels water vir ons dors na God.  Dit skep ‘n ruimte waarin ons dors na God geles kan word: druppels vir die dors.  Dít is waarop ons dié kwartaal fokus.

Al die inligting is in die brosjures asook in die Joernaal wat u soos verlede kwartaal elke Sondag sal ontvang.  Dit is nie net vir gebruik in die kerk nie, maar veral ook in kleingroepe en saam met vriende.

Kom ons begin met ‘n lied wat van ons behoefte na God praat wat ook ons verootmoediging voor die Here is:

VEROOTMOEDIGING

Lied 163: “Soos ‘n wildsbok wat smag na water, smag my siel na U, o Heer.” – sit

VOTUM

Psalm 36:8-11:
“Hoe kosbaar is u trou, o God!
U beskerm die mense wat by U skuil.
In u huis geniet hulle oorvloed,
U laat hulle drink
uit die strome van u goedheid.
U is die bron van die lewe,
deur u lig lewe ons.
Laat u liefde bly by dié wat U erken
en u trou by dié wat opreg is.

SEËNGROET

Jesaja 55:1:
“Kom, almal wat dors is,
kom na die water toe,
selfs ook dié wat nie geld het nie, kom,
koop en eet;
ja, kom, koop sonder geld
en sonder om te betaal,
wyn en melk.”

LOFSANG

Lied 154:2,3 “Hier is die Heer by ons teenwoordig, Hy skep die ruimte vir sy werk” – staan
Lied 484:1,3 “Almal wat dors het, kom geniet, die grootste gunsbewys, neem wat die Here gee, verniet.” – staan

DOOP

Lied 289:1 “Jesus, Heer, op wie ons hoop, ons maak soos U ons beveel het: Ons bring kinders hier ten doop.” – sit
Lied 288:3 “Gee aan ons kroos u hulp en troos; gee aan ons wysheid, Here.” – sit

KINDERTYD

Lied 541:1,2,3 “Ons bring aan U, Heer Jesus, ons lof en dank en eer.  Ons wil U met ons lewe, terwyl ons jonk is, eer.” – sit

Was julle al regtig dors?

Wat doen julle as julle dors is?

En help dit?

Hier is ‘n paar diere – kom ons kyk wat hulle doen?

Hoe lank help dit?

‘n Mens raak altyd maar weer dors.

Een keer het die Israeliete in die woestyn só dors geraak.  En hulle het gekla.

Wat het toe gebeur?  Kan julle onthou?

Moses het gebid en die Here het vir hulle water gegee.

Moses het op ‘n rots geslaan, en toe het daar water uitgevloei.

En hulle kon hulle dors les.

Dink julle dit was genoeg?

Nee, want hulle het weer dors geraak.

Net soos ons.

En ons kan ook vra vir God vir ons behoeftes, water, kos, klere, al die dinge wat ons nodig het.

Nou ons gaan netnou die storie lees van Jesus by ‘n put.

Weet julle wat is ‘n put?

Hier is ‘n prentjie van ‘n vrou by ‘n put.

Nou Jesus was ook dors.

En daar kom toe ‘n Samaritaanse vrou aan wat ‘n kruik het waarmee sy water kan skep.

En Jesus vra vir haar vir water.

En as sy wonder hoekom hy vir haar vra, dan begin Jesus praat van ‘n ander dors.

Die dors na God.

Want julle weet, ons sal altyd weer water wil drink as ons dors is.

En dit is reg so.  Ons is so gemaak.

Maar, Jesus kan ons dors na God regmaak.

Weet julle wat dit is as ons dors is na God?

Dit is as ons sleg voel oor iets wat ons verkeerd gedoen het, en ons wil hê Hy God moet ons vergewe, dan het ons ‘n dors na God.

En as ons bid en ons vra Hom om ons te vergewe, en ons weet mos Hy doen dit as ons dit bedoel, dan voel ons asof ‘n lekker glas koue water of ‘n glas koeldrank gedrink het.

God gee vir ons geestelike water!

En Hy les ons dors.

GEBED

SKRIFLESING

Net iets oor die put van Jakob – dit is ‘n put wat Hy gekoop het van Hamor (Gen 33) en aan Josef gegee het op sy sterfbed (Gen 50), hoewel Josef dit nooit in besit geneem het nie.  Net sy bene is daar begrawe (Jos 24).

Lees Johannes 4

WOORDVERKONDIGING

Jesus is die enigste een wat jou lewe kan verander.  Hy is die enigste een wat jou begeerte na God, daardie behoefte na sin en betekenis, na heelheid en tevredenheid kan bevredig.

En die beste manier om dit reg te kry, is om, soos Eugene Petersen dit noem, ‘n aptyt vir God te ontwikkel, ‘n dors na Hom.  Hoekom sê hy so?  In The Message, vry vertaal, sê hy dit as volg: “God is die kos en wyn van die beste ete wat jy ooit sal eet.” (Matt 5:6).

Nou die interessante van God se manier, is dat Hy ons ontmoet waar óns is, in ons behoeftes en begeertes.  Hy sit nie eers jou begeertes af en begin dán met jou werk nie.  Hy vra nie eers dat jy darem net só ‘n bietjie meer volwasse moet raak in jou begeertes nie.  God is nie ‘n askeet, een wat die vreugdes en genietinge van die lewe afsit, nie!

Nee – Hy is maar te bly as ons behoeftes het, want dan kan Hy daarby aansluit, dit bevredig, en ‘n geleentheid skep dat ons dieper dors na meer van Hom bevredig kan word.

Hoekom?  Want verborge in ons behoeftes en begeertes is ‘n aptyt, ‘n dors vir God, die een wat ware lewe gee.

KOM ONS KYK EERS VAN JESUS SE KANT AF NA DIÉ VERHAAL:

Jesus is op reis na Galilea in die noorde.  Hy vat die kortpad deur Samaria en nie die gebruiklike langer roete aan die oostekant van die Jordaanrivier om die Samaritane te vermy nie.

Nou ons moet onthou: Jode het nie met Samaritane geassosieer nie.  En dit was wedersyds.  Hulle onderlinge stryd het reeds 7 eeue tevore begin, toe die noordelike ryk, met Samaria as hoofstad, deur die Assiriërs verower is.  ‘n Klomp Assiriërs het daar kom bly, wat tot grootskaalse ondertrouery tussen die Jode en Assiriërs gelei het.  Dit het tot ’n gemengde godsdiens en ‘n gemengde rasse groep in daardie gebied gelei. Die Jode van Juda, die suidelike ryk, het die Samaritane dus as ’n onsuiwer groep mense beskou en hulle gehaat omdat hulle, volgens die Jode, hulle volk en godsdiens verraai het. Daarom het die Jode uit hulle pad gegaan om Samaria en die Samaritane te vermy.

Jesus laat Hom egter nie deur dié eeue lange stryd van stryk bring nie, en as hy by die fontein ‘n Samaritaanse vrou kry, vra Hy vir haar water.

Daarmee het Jesus twee grense oorgesteek.  Hy steek 1) die rasse en sosiale grens oor, én Hy steek 2) die geslag- of gender grens oor – Hy as man praat met ‘n vreemde vrou op ‘n publieke plek.

En die interessante van sy gesprek met haar, is dat Hy haar baie spesifiek vra om sy dors te les.  Daardeur erken Hy haar behoefte aan waardigheid, en Hy gee haar die mag om iets vir Hom te beteken.

As sy met Hom terug begin praat, bied Hy vir haar die lewende water aan, iets waarin sy onmiddellik belang stel, hoewel sy dit eers verkeerd verstaan.

En op haar vraag na die regte plek van aanbidding, lei Jesus haar na ‘n nuwe manier om God te aanbid, nie meer in Jerusalem of Samaria nie, maar op enige plek, solank dit in Gees en in waarheid geskied.

Daarmee steek Jesus natuurlik saam met haar ook 3) die godsdiens grens oor na ‘n nuwe plek waar almal voor God gelyk is en met Hom in ‘n geestelike verhouding kan leef.

Die afloop van die verhaal is treffend – die vrou wat ‘n verstoteling in haar eie gemeenskap was, dié dat sy op die middag kom water skep het, gaan terug na die Samaritaanse gemeenskap, bring hulle na Jesus toe, en herstel eintlik die gemeenskap nie net met God nie, maar ook tussen Jode en Samaritane.

Jesus bevredig dus haar behoefte aan menswaardigheid, aan gemeenskap met haar mense, maar ook aan die regte verhouding met God.

MAAR KOM ONS KYK NOU NA DIE VERHAAL UIT DIE VROU SE HOEK:

Sy gaan skep water op die warmste tyd van die dag, 12:00.  Vroue het twee keer ‘n dag gaan water haal vir hulle huise in daardie tyd, soggens en saans, wanneer dit koeler was.  Hierdie Samaritaanse vrou vermy dus die ander vroue van die dorp, miskien omdat sy verwerp gevoel het, of meer waarskynlik inderdaad ‘n verworpene was.  En verwerpte mense weet ons mos, het ‘n behoefte aan aanvaarding en gemeenskap met ander mense – al sal hulle dit wegsteek of ‘n front voorhou. Die feit dat sy saamgebly het met iemand op dié stadium verraai dat sy ‘n behoefte aan mense gehad het, al was dit dan nou ‘n opeenvolging van mans.

As Jesus vir haar by die put vra na water, is haar eerste reaksie om Hom weg te stoot met die verweer dat Jode nie met Samaritane gepraat het nie, en mans weer nie met vroue in die openbaar nie.

Maar ‘n interessante ding gebeur.  As Jesus vir haar antwoord en begin om God by haar behoefte uit te bring: “As jy geweet het wat God gee …” (vers 10) dan raak sy geïnteresseerd en wil sy by hierdie vreemdeling leer, haar behoefte na meer bevredig.

Eers toets sy nog ‘n laaste keer sy vermoë: “Jy is tog nie tot meer in staat as ons voorvader Jakob nie …” (vers 12), maar soos Jesus haar al hoe dieper inlei in alles wat God haar kan gee, ‘n fontein van water wat in haar binneste kan opborrel en vir haar die ewige lewe kan gee, dan raak sy leerbaar.

En haar leerbaarheid lei haar tot ‘n oorgawe aan Jesus se perspektief op God en die wyse waarop Hy aanbid moet word.

En as Jesus vir haar sê dat Hy die Christus is, raak sy ‘n getuie, wat nie net teruggaan na die dorp en die waarheid oor haarself vertel nie, maar nog meer belangrik, Jesus as die Christus aan hulle voorstel.

Dit is asof die ruimte in haar lewe vir God progressief groter word deur vier fases:
•    Sy raak leerbaar.
•    Sy gee haarself oor aan Jesus
•    Sy vertel die waarheid oor haarself
•    En sy raak ‘n getuie.

En nou moet u mooi luister, want ons leer ongelooflik baie hieruit: Jesus sluit aan by haar behoefte aan aanvaarding, haar behoefte om mens in eie reg te wees, haar behoefte om ingesluit te word in die gemeenskap waar sy bly, en Hy bevredig ál die behoeftes, oor en oor … maar sy leer ook die Messias ken, dié Een wat haar diepste begeerte na God kan bevredig.

En God laat water opborrel uit die fontein binne in haar, sodat sy in die dorpie gaan getuig van die lewende water wat Jesus bring.  En haar getuienis maak die deure van die dorpie oop vir Jesus.  Hulle reageer in gasvryheid, nooi Jesus om vir ‘n paar dae daar oor te bly, en raak op hulle beurt getuies: “Ons glo nie meer op grond van wat jy vir ons vertel het nie, want ons het self na Hom geluister, en ons weet dat Hy waarlik die Verlosser van die wêreld is.” (vers 42).

BETEKENIS

En dit gee ons ‘n diep insig in hoe die geestelike lewe werk:

Van God se kant af sluit Hy by die behoefte aan wat dié vrou het na aanvaarding, en selfs in die geval van die dorpie.  En Jesus nooi haar uit, daag haar uit, moedig haar aan, vertoef by haar totdat sy kan reageer op die geskenk wat Hy gee.

En in die proses kom daar ruimte vir Hom in haar en in die dorpie se lewens.

Wat sien ons in die vrou?
•    Leerbaarheid
•    Oorgawe
•    Getuienis!
•    Praat die waarheid

En by die dorpie Sigar?
•    Gasvryheid
•    Getuienis

Van die vrou en die dorpie se kant af, maak hulle ruimte vir God in hulle lewe deur leerbaar te word, deur hulle oor te gee aan wat God deur Jesus vir hulle wys, deur nie stil te bly oor die geskenk van lewende water wat God deur sy Gees gee nie, deur die waarheid te begin omhels as die enigste manier waarop gemeenskap herstel word, deur gasvry te wees en deur te getuig.

En omdat dié dinge so kragtig gewerk het in hierdie mense se lewens, het dit deel geword van die geestelike wysheid van die kerk.  Die kerk het agtergekom, mense wat leerbaar word, mense wat hulle aan God oorgee, mense wat die waarheid begin praat, mense wat gasvryheid begin leef, is mense wat die lewende water wat God gee, ervaar as ‘n fontein wat in hulle binneste opborrel.

Én … het die kerk geleer deur die eeue, as jy meer van God in jou lewe wil ervaar, is dit dié dinge wat jy as geestelike gewoontes of dissiplines kan aanleer, sodat dit jou gedrag kan bepaal en jy ruimte vir God kan maak in jou lewe.  Dws, as jy leerbaar is, as jy jou oorgee aan God op ‘n daaglikse basis, as jy die waarheid praat, as jy gasvry lewe, dan gee jy God kans om sy werk te doen. 

En dit is wanneer dié dinge ‘n lewenswyse word, wat jou lewe regtig vrug begin dra, dat jou behoeftes bevredig word, dat jy ‘n fontein van lewende water vir ander word.

Só word ‘n mens met jou volle menswees en met jou spesifieke behoefte ingetrek in God se werk en kom daar ‘n ruimte dat Hy ons lewens kan transformeer.

Natuurlik is die dieptepunt van al ons begeertes eintlik ‘n begeerte na God, maar jy begin op die plek waar jy is, soos die vrou, by haar verworpe ervaring, die middag by die put, en deur die ruimte wat daar in haar kom vir God se werk,  in haar geval deur leerbaarheid en oorgawe aan Jesus lei dit haar tot ‘n lewe in waarheid en getuienis … En haar diepste begeerte na God word bevredig.  Sy ontmoet die Messias.

Dít is waarmee geestelike dissiplines ons hierdie kwartaal gaan help.  Om in ons begeertes ons behoefte aan God raak te sien, en in die beoefening van spesifieke geestelike gewoontes ruimte te skep dat Hy ons lewe kan volmaak met die lewende water, vir ons, en vir ander.

Elke week gaan ons daarom een geestelike gewoonte neem, dit verbind aan ‘n behoefte na meer, die Skrif perspektiewe daarop uitspel, en dan maniere om die gewoonte te beoefen ondersoek en voorstel vir inoefening in die daaropvolgende week.  Rethie gaan ook ‘n groep Woensdagaande met Didage op ‘n dieper reis met die geestelike gewoontes neem.  Daar is plek vir 20 mense.

VOORBIDDING

DANKOFFER

SLOTSANG

‘n Mens kan baie woorde vir die dissiplines gebruik: om Hom te aanbid, om sy Naam aan te roep, om Hom te loof, om tot Hom te bid. En ‘n mens kan dit op baie maniere doen – Adel Calhoun noem 62 sulke dissiplines wat ons vandag nog kan beoefen, en daar was en is nog meer.

En hoe ‘n mens ook al dink oor die doel van die geestelike dissiplines, ten diepste is dit telkens om met God gemeenskap te hê.  Om Hom lief te hê, om Hom te dien, om na Hom te luister, om van Hom te leer, om deur Hom vertroos te word, om deur Hom tot rus gebring te word, om deur Hom vergewe te word, om ‘n antwoord op gebed van Hom te ontvang.

Lied 601:1,4,5 “Elkeen wat dors het, mag kom; drink die fontein se water.  God kom dan self by ons woon.” – staan

SEËN

AMEN

Lied 313 – staan

Fil 2:1-13 – Son 28 Sept 08

Hy begin deur hulle te herinner aan alles wat God aan hulle geskenk het (en wat hulle al ervaar het).  Hy verwys 1) na die troos in Christus (hulle is verloste mense), 2) die aansporing deur die liefde (waarin God se Vaderskap gehoor kan word) en 3) die gemeenskap deur die Gees .  Daarby voeg hy 4) die herinnering aan die innige meegevoel en meelewing wanneer hulle deur moeilike tye gaan.

Hy herinner hulle dus – aan God, van wie hulle net liefde ontvang en aan hulle medegelowiges, die liggaam van Christus.

Hy sê daarmee: Julle is bevoorreg om met God ‘n pad te kan stap.  Julle is bevoorreg om dit saam met ‘n klomp volgelinge van God te doen.  Laat my beker dan nou van vreugde oorloop dat julle as vriende van mekaar, soos een siel in twee liggame (letterlik kan sumpsuchoi vertaal word met “een siel”) sal lewe.  “Sing off the same page!”

As die gemeenskap van gelowiges een na buite moet wees, hulle beste moet gee, vir Christus se boodskap moet lewe, as vriende dit moet doen … dan moet hulle verseker dit ook na binne toe wees.

Dit hou in, dat hulle niks uit selfsug of eersug sal doen nie, in nederigheid die een die ander hoër sal ag as hom- of haarself en  elkeen nie net aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.

Nou hoe werk dié eenheid en vriendskap na binne toe?

Ek lees dié week weer ‘n artikel van Israel Galindo wat sê daar is twee uitstaande goed wat ‘n gemeenskap eenheid gee:

  • Shared Language
  • Being Together

Kom ons begin met die tweede eerste, being together:

OM SAAM TE WEES (BEING TOGETHER)

 

Saam wees

 

Om saam te wees, om geestelike vriende te wees, het meer te make met verhoudings as met programme of administrasie.

Daarom doen ‘n gemeente goed wat geleenthede skep (vgl. Prentjie van Nico Simpson) waar mense saam kan wees, dinge saam kan doen en, oor dinge saam kan gesels.  Dit is in die interaksie met mekaar, in die deel van ons lewens met mekaar, wat groei kom, wat eenheid kom.

Ons idee van Woensdae se Didage is juis om só ‘n geleentheid te skep.  ‘n Ruimte waar mense hulleself kan wees, saam oor die lewe kan gesels, saam oor die Bybel kan gesels, en só die diep eenheid wat die Here tussen ons geskep het, kan beleef en verinnig.

Maar om saam te kan wees, terwyl ons ook baie verskillend is, verg ‘n paar dinge van ons almal, soos die teks vir ons uitspel:

1.  Ons moet bereid wees om tweede viool te speel

Daar is die bekende storie van die beroemde dirigent en komponis, Leonard Bernstein. Toe daar vir hom gevra is wat die moeilikste posisie is om in die orkes te vul, was sy antwoord: “Tweede viool.”  “Hoekom?” wou die persoon weet.  Bernstein het geantwoord:  “Almal verkies die prestige van eerste viool.  Maar sonder tweede viool is daar geen harmonie in die orkes nie!”

“One of the greatest problems in the modern-day Christian church is that so many Christian people who are members of a local church, refuse to share their spiritual gifts with the body of Christ unless they are first-violin or first-string.”  (Eric Ritz)

2.  Ons moet bereid wees om mekaar se foute te aanvaar

Dit beteken onder andere dat ons mekaar sonder ophou moet lief hê.

Iemand het die volgende tong-in-die-kies gediggie gemaak oor die perfekte kerk:

If you should find
the perfect church
without fault or smear,
Please, don’t join that church,
you’d spoil the atmosphere.
If you should find the perfect church
where all anxieties cease,
Then pass it by lest joining it
you mar the masterpiece.
If you should find the perfect church,
then don’t you ever dare
To tread upon such holy ground
you’d be a misfit there.

But since no perfect church exists…
made of imperfect men,
Then let’s cease looking for that church,
and love the one we’re in.
Of course it’s not a perfect church,
that’s simple to discern,
But you and I and all of us
could cause the tide to turn.
So let’s keep working in our church
until the resurrection,
And then we each will join God’s church
without an imperfection.

3.  Ons moet inklusief wees

Uiteraard is daar by ons ‘n behoefte aan ‘n tuiste in ‘n gemeente.  En ons moet geleenthede hê waar ons “tuisvoel”.  Maar dit kan juis die eenheid deurbreek, as ons net saam is met mense wat soos ons is, waar ons makliker tuisvoel.

 

Inklusief

 

Daarom moet ons doelbewus inklusief wees, mense intrek, selfs al is hulle baie anders as ons. Ons moenie net werk met ‘n soort soek soort benadering nie, maar juis werk met ‘n ondersteuning in gemeenskap model (vgl. Prentjie van Nico Simpson).

Dit het natuurlik baie te make met nuwe mense wat in ‘n gemeente en ‘n gemeenskap intrek.  Maar soms is daar mense wat langs ons bly, tussen ons beweeg, maar nie deel voel van die gemeenskap van gelowiges nie.  En hulle het net so nodig dat ons uitreik en intrek en hulle deelmaak van ons geloofsvriendekring.

‘n Gemeente groei nie deur nuwe intrekkers nie.  ‘n Gemeente groei deur insluiting.  In ons groei na Christus toe, moet elkeen sy plek vind, moet ons help dat elkeen sy plek kan vind, sodat die liggaam opgebou kan word in liefde (Ef. 4).

Ek begin ook wonder of die beeld van die kerk as vriende, nie vir ons ‘n perspektief op gemeentewees gee, wat ons nou nodig het nie.

4.  Ons moet mekaar na buite toe ondersteun

Daar is ‘n al hoe groter behoefte dat ons as ‘n gemeenskap van gelowiges ons rol in die publieke sfeer speel.  En dan praat ek van die onderwys, en die gesondheidsdienste, en die metropool en die veiligheidsdienste, en die sosiale dienste, sowel as die landspolitiek.

 

Ondersteun in die publieke sfeer

 

En ons moet mekaar daarin ondersteun (vgl. Prentjie van Nico Simpson).  Dit is wat ‘n Gestuurde Gemeente doen – hulle ondersteun die gestuurdes, en dit is almal van ons, in die gemeente, in die uitvoering van hulle roeping.

En dit beteken nie dat ons almal ja-broers en susters moet wees nie.  Ons moet mekaar ook uitdaag en aanspoor tot beter maniere van dienslewering, en leer by mekaar wat die beste en God-welgevallige weg is.

Dit bring my die tweede fokus in ‘n gemeente wat as vriende wil lewe.

OM ‘N GEDEELDE TAAL AAN TE LEER (SHARED LANGUAGE)

 

Gedeelde taal

 

‘n Gemeente wat as vriende wil lewe het ‘n taal nodig waarmee hulle nie net mekaar kan verstaan nie, maar waardeur hulle letterlik die werklikheid kan skep (vgl. Prentjie van Nico Simpson).

Dit is waarom die Bybel so belangrik is – dit gee vir ons ‘n gedeelde taal.  En dit sal altyd die belangrikste taal bly wat ons moet aanleer, en waarmee ons die hele tyd moet besig wees.  En dit moet daagliks en gereeld wees.  Enigeen van julle wat al ‘n tweede of derde of vierde taal aangeleer het, weet hoe belangrik dit is dat jy dit inoefen, en nie net op jou eie nie, in gesprek met ander wat dieselfde taal praat.  Dit is al manier waarop jy dit leer.

1.  Die taal van Jesus

In die eerste plek beteken dit natuurlik dat ons die taal en gewoontes van die Here Jesus self sal aanleer – die taal van ‘n dienskneg – soos hier in vers 5 en verder uitgespel.

Daar was eendag ’n skilder wat sy meester se skilderkwas gekoop het.  Hy sou nou self ’n meester skilder wees!  Nadat hy sy eerste skildery met sy meester se kwas voltooi het, het hy dit geneem na die kurator van ’n beroemde museum.  Die kurator het na die skildery gekyk en die volgende opmerking gemaak:  “You don’t need the master’s brush, you need the master’s spirit and mind.”

Dieselfde geld ons as volgelinge van Jesus- “you need His spirit and His mind.”

En ons kry dit deur die Bybel te lees en te herlees en te oordink en te bespreek en te doen en weer te oordink en weer te doen.  Dit is hoe jy die taal van die Bybel, en die taal van Jesus aanleer en die taal van die Heilige Gees en die Vader en dissipelskap en nog ‘n hele boel ander nuanses of dialekte van die taal van die Bybel aanleer.

2.  Die taal van die tradisie en die taal van die tyd

Maar dit is nie net die taal van Jesus wat ons moet aanleer nie.  Ons moet ook ons eie taal as gemeente aanleer, die kultuur, die maniere, die gewoontes waarvan ons vir mekaar oor tyd stories kan vertel.

 

Tradisie en eietyds

 

Interessant dat Galindo sê (vgl. Prentjie van Nico Simpson), dat ‘n gemeente aan die een kant trekke van die oorgelewerde gebruike en gewoontes van die tradisie moet vertoon – ons staan immers in ‘n lang en ryk tradisie wat teruggaan eintlik tot die eerste mense, soos Genesis vertel.

Maar dit moet aangevul word deur die taal wat ons skep in reaksie en interaksie met die tyd waarin ons lewe.  Daarom het ons ‘n visie en ‘n missie wat anders is as ander gemeentes, maar ons sing liedere en gebruik die Bybel wat deur baie ander gemeentes reg deur die eeue al gebruik is.  Daarom ondersteun ons ‘n beweging soos Klema as deel van die gemeente se ontwikkeling, maar ons bly deel van die breër NGK verband, en hou ons ons aan die riglyne wat die ring, en sinode en Algemene Sinode van tyd tot tyd bepaal.

Dit is eers wanneer albei perspektiewe teenwoordig is, dat verantwoordelike vernuwing gebeur, en ons in die gedeelde taal vriende vir mekaar as gelowiges kan wees.

 

Gedeelde ervarings

 

Daarom dat ons nie die geleenthede wat ons as vriende vir mekaar reël kan, mag mis nie, want ons het gedeelde ervarings nodig (vgl. Prentjie van Nico Simpson), om ‘n gedeelde taal te kan ontwikkel.

En daarom is dit ook ‘n proses wat nooit mag stop nie – vernuwing is iets wat altyd nodig is.  Dit is soos die vlerke van ‘n arend.  Maar dit moet ook verantwoordelik wees, dit moet op een of ander maniere geanker wees aan die breër storie van gelowiges deur die eeue.  Dit is soos die pote van ‘n arend, waarmee hy uiteindelik na die wye draaie in die lug op sy nes hoog teen ‘n krans gaan sit, sy kuikens versorg, sy kragte herwin, sodat hy weer sy vlerke kan gebruik.

EK SLUIT AF

Neem tyd dié week en vra jouself net die twee vrae af:

  • Watter gemeentelede is geloofsvriende vir jou.  Soek hulle op, versterk julle verhoudings. Praat die taal van die gemeente en van ons geloof.
  • Watter gemeentelede of ander gelowiges in jou gebied is nie geloofsvriende van jou nie.  Kies een van hulle, reik uit, gaan drink koffie saam, braai ‘n vleisie, leer mekaar ken en sluit iemand so in jou geloofsvriendekring in.  En leer ‘n paar nuwe woorde aan van die taal wat God ons in gemeenskap met mekaar gee.

Amen

Fil 1:20-30 – Son 21 Sept 08

 

LEWE TER WILLE VAN CHRISTUS

Paulus is hier weer in die tronk (waarskynlik in Rome).  En as hy hier skryf dat hy onseker is of hy wil leef of sterf (vers 22), moet ‘n mens in gedagte hou, dat vir baie gevangenes dit werklik beter was om te sterf as om in ’n Romeinse tronk te probeer oorleef. 

Die omstandighede in tronke was haglik.  Die tronke was vuil, donker, warm, bedompig en onhigiënies.  Gewoonlik was daar nie individuele selle nie, maar is mense eerder aan mekaar in groepe vasgeketting (vgl. Fil. 1:14).  Gevangenes het min slaap gekry, en moes deur hulle families van kos en klere voorsien word (Kyk bv. na Fil. 4:18 waar Paulus die gelowiges bedank vir wat hulle vir hom gestuur het om van te oorleef: “… ek het alles ontvang en ek het meer as genoeg”). Vriende het baie keer die gevangenes in die tronk bygestaan, soos ons hier lees van Timoteus en Epafroditos se diens aan Paulus (van wie Paulus in hfst. 2:19-30 sê: “wat deur julle hierheen gestuur is om my in my omstandighede by te staan”).  Die hulp van vriende buite die tronk, was dikwels die verskil tussen lewe en dood vir gevangenes. 

Maar – Paulus is nie bekommerd oor die tronk as sodanig nie.  Hy dink nie oor lewe en dood vanuit sy omstandighede nie.  Hy dink uitsluitlik aan die effek van sy lewe (of dood) op die gelowiges.  Vir hom is dit beter om hemel toe te gaan … maar wat dan van dié wat agterbly?  En as hy aan hulle dink, dan besef hy, dit is nog nie tyd om te gaan nie. Hy het nog iets om te doen hier op aarde.  Hy bestaan immers ter wille van Christus en sy saak op aarde.

Hoekom dink hy so?

Want die lewe is vir hom Christus.  En hy is bereid om sy lewe weg te gee ter wille van Christus.

En dit is die uitdaging aan ons as Christene – dat die lewe ook vir ons Christus sal wees, dat ons ook bereid sal wees om ons lewe weg te gee.

Nou dit kan wees dat jy nou na my luister, en net besef, dit is nie waar ek is nie.

En dit is ‘n goeie gedagte – want dit is wanneer ons eerlik na ons eie lewe as Christene kyk en ons meet aan die lewe van ‘n volwasse Christen soos Paulus en ons bewus raak van die gapings in ons eie lewe, dat ‘n kreatiewe krag (Peter Senge) in ons aangesteek word, om verander te word, sodat die lewe ook vir ons Christus kan wees, en ons Christus-gesentreerd kan lewe.

Kyk, ‘n mens begin nie waar Paulus geëindig het nie.

Jy begin presies waar jy nou is.

En waarop konsentreer jy?

Wel, Paulus druk dit hier só uit: “Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees.”

D.w.s. ons lewe moet al hoe meer in lyn kom met die boodskap van Christus.  In kort, ons lewens moet ooreenstem met die Bybel.  Nou, die interessante is, dat empiriese navorsing oor geestelike groei aandui – presies dít wat Paulus al aan die begin van ons jaartelling skrywe – dat gelowiges die Bybel as die mees kragtigste katalisator ervaar in hulle lewe, dié ding wat hulle lewens verander.

En hoe Paulus dit hier uitspel, is dat ‘n mens twee goed doen in geestelike groei, jy kyk na jou lewe en jy kyk na die Bybel en jy begin algaande die twee met mekaar in verband bring.  Dít is hoe jy geestelik groei.  Dit is hoe jy verander.  Jou lewenswandel kom in ooreenstemming met die boodskap van Christus.

Dit beteken – in jou stiltetyd lees jy die Bybel, jy dink na oor jou lewe, en jy laat toe dat die Bybelse visie, God se visie, want die Bybel is immers sy Woord, jou lewe verander.  In Bybelstudiegroepe lees jy die Bybel, dink na oor jou lewe, en laat die Bybelse visie jou lewe verander.  En ons doen dit in die erediens en ons doen dit in die kursusse wat ons aanbied.

Dit is die motivering agter die Didage aanbiedinge in die vierde kwartaal op Woensdae.  Didage beteken leer.  En dit is wat ons gaan doen, ons gaan leer hoe om ons lewens al hoe meer in ooreenstemming met die Bybel te bring:

  • Bybelskool – lees die eerste 5  boeke in die Bybel en dink na bv. oor hoe God met families in Genesis gewerk het, en probeer daaruit leer hoe om in ons eie families die Here te dien;
  • Bly in voeling – leer ‘n paar beproefde gewoontes aan om God se stem te kan onderskei en in voeling met God te kan bly;
  • Lectio Divina – leer baie spesifiek hoe om die Bybel te lees met die oog op lewensverandering;
  • Alpha Huwelikskursus – leer saam met mekaar hoe ons huwelike in lyn kan bring met wat God oor die huwelik in die Bybel leer.

Dink ‘n bietjie eerlik oor jou lewe – stem jou lewe ooreen met dít wat die Bybel leer?  Het jy ‘n groeiende verhouding met die Here?  Lewe jy Christus-gesentreerd?

Oorweeg dan om in te skakel by ons Woensdagaand sessies.  Neem die volgende stap in jou geestelike reis.  En bring mense saam met jou, familie, vriende, kennisse, kleingroep lede, wie ook al.

LEWE AS VRIENDE

Want, en daarmee sluit ek af, die Christelike lewe is nie ‘n alleen reis nie.  Dit is bedoel vir vriende in die geloof.

Paulus het ‘n klomp goeie dinge om oor die Filippense te sê.  Hulle het van die begin af met hom saamgewerk. Hulle lê hom na aan die hart.  Op ‘n punt was hulle al gemeente wat hom finansieel bygestaan het (hfst. 4).

Maar daar was een ding wat hy wou hê dat hulle nog moes doen – en dit is dat hulle soos vriende eensgesind moes saamstry vir die Evangelie en saam moet leer wat die evangelie, die Bybelse boodskap, vir hulle lewens beteken.  Daarom versoek hy vir hulle om soos een mens saam te stry vir die geloof en praat hy oor “hulle” lewenswandel.

Paulus versoek hulle ook in die volgende hoofstuk in dieselfde “vriendskap”-taal om een in liefde, hart en strewe te wees (2:2-4).  En wanneer Paulus vir Euodia en Sintige in hfst.. 4:2 vermaan om eensgesind te wees, bedoel hy dat hulle weer soos vriende moet leef.

Geestelike groei is dus nie vir Paulus ’n individualistiese saak nie. Hy wil hê dat die gemeente as geestelike vriende sal lewe. Vir die Grieke was ware vriende immers een siel wat in twee liggame geleef het, met dieselfde wil of strewe, en dit is hoe Paulus wil hê dat die gemeente moet lewe.

Kom ons stap só ‘n pad met mekaar in dié gemeente, die pad van gelowige vriende.

KINDERTYD

Die afgelope maand het die Olimpiese Spele ons almal aan die praat gehad. Die vinnigste man op aarde (Usain Bolt); die vrou wat ‘n spies die verste kan gooi (Barbora Spotakova). En ons leer by die atlete: om nooit op te hou nie, om hard te probeer, om alles te gee.

Maar dit was die Paralimpiese Spele wat vir ons die meeste geleer het. Mense wat ‘n gebrek het, net een been, of net een arm, of blind en dan die beste doen met wat hulle het. En dit lyk mos asof hulle nóg meer as hulle Olimpiese maats die Spele geniet.

Een van die grootste atlete daar was ‘n Suid-Afrikaner, wat eers by die Olimpiese Spele geswem het en toe ook by die Paralimpiese Spele, Natalie du Toit, en vyf goue medaljes gewen het.

Maar ek wil vir julle vandag vertel van hierdie meisie.

Het julle al vir haar gesien?

Haar naam is Shireen Shapiro.

Toe sy sewentien jaar oud was het ‘n vreeslike ongeluk haar getref.  Sy was ‘n goeie swemmer. Haar droom was om by die Olimpiese Spele deel te neem. Maar toe ry ‘n motorboot bo-oor haar, en die skroewe skeur haar liggaam uitmekaar.

En sy was baie hartseer, en wou haar droom om op die Olimpiese Spele te swem, laat vaar. En toe kom kuier Natalie du Toit vir haar.  En sy praat vir Shireen moed in.  En Shireen besluit sy gaan tog weer swem en begin oefen om in die Paralimpiese Spele te swem.

En daar wen sy en stel boonop ’n wêreldrekord op in die 100 m-rugslag vir vroue (S10-klas).  Sy het die beste gemaak van wat sy gehad het!

Nou die Bybel vertel ons van die apostel Paulus.

Een keer is hy in die tronk gegooi, omdat die mense nie wou hê hy moes vir ander van Jesus vertel nie.

En die tronk was ‘n baie slegte plek.

En wat dink julle doen hy?  Gee hy moed op?

Nee, hy besluit, ek kan mos nog skryf.  En hy skryf ‘n brief vir die mense in Filippi.  Dit is ‘n dorpie in Griekeland.  En hy sê vir hulle, julle moet onthou om alles te doen wat Jesus vir julle vra.  En julle moet onthou om lief te wees vir mekaar. En julle moet onthou om met ‘n glimlag te lewe.  Hoekom?  Want die Here is lief vir julle.

En dan sê hy vir hulle: as mense nie glo wat julle sê nie, moenie moedeloos word nie, moenie vir hulle skrik nie, maar hou by wat julle geleer het.

En so maak Paulus die beste met wat hy het, en hy moedig die mense van Filippi ook aan om die beste te maak met wat hulle het.

SKRIFLESING

Drie tekse uit Filippense vir die volgende drie weke.

Filippi was ’n kleinerige stadjie in die Noordoostelike deel van Masedonië (vandag Griekeland) waar talle Romeinse soldate afgetree het (Hand 16:12).  In ruil vir landbougrond het die veterane gehelp om die belangrike via Egnatia  – die pad tussen Europa en Asië – te beveilig.  Dit het ook gekeer dat Rome oorbevolk word met afgetrede soldate wat niks het om te doen nie. 

Filippense 1:20-30

20 Dit is my vurige verlange, en daarna sien ek uit, dat ek niks sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil ook nou, soos nog altyd, met alle vrymoedigheid deur my hele wese Christus verheerlik in lewe en in sterwe,21 want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins. 22 As ek in die lewe bly, kan ek voortgaan met vrugbare arbeid. Wat ek moet kies, weet ek nie. 23 Ek is in ’n tweestryd: ek verlang daarna om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste; 24 maar in julle belang is dit noodsaakliker dat ek bly lewe. 25 Omdat ek hiervan oortuig is, weet ek dat ek sal bly, ja, vir julle almal behoue sal bly, sodat julle kan toeneem in geloof, en blydskap in julle geloof kan hê. 26 As ek weer by julle kom, sal julle oorvloedige rede hê om Christus Jesus oor my te prys.

27 Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees. As ek dan kom, sal ek self sien, of as ek nie kan kom nie, sal ek deur berigte hoor dat julle in volkome eensgesindheid standvastig saamstry vir die geloof in die evangelie 28 en julle in geen opsig deur die teenstanders laat afskrik nie. Dit is vir hulle ’n teken van húlle ondergang en van júlle redding, en dit kom van God. 29 God het julle die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly. 30 Julle en ek het dieselfde stryd wat julle my vroeër al sien stry het en waarvan julle hoor dat ek nou nog stry.