Die Terugkeer Huis Toe – Esra, Haggai, Sagaria
Toetrede
Lied 158 Bring my na u woning, Here (sit) Koor v1 en 2, Gemeente v 3
Votum
4Maar nou, liewe gemeente,
skep moed,
sê die Here,
skep moed,
julle almal,
burgers van die land,
skep moed,
sê die Here!
Begin met die werk,
want Ek is by julle,
sê die Here die Almagtige.
5My belofte sal Ek nakom:
my Gees sal altyd by julle bly.
Moenie bang wees nie!
(n.a.v. Hagg 2:4-5)
Seëngroet
Omdat God beloftes waar,
God Gees by ons,
Groet in sy Naam:
Genade en vrede vir elkeen van ons!
Lofsang
Ps. 48 v1 en 3 Lofwaardig, groot is God (staan)
Lied 200 U goedheid, Heer, kan ons nie peil nie – v1 en 3 almal; v2 vroue en kinders (sit)
Gebed
Kindertyd
Preek
Nie vanoggend een spesifieke Skriflesing.
Gewoon storie vertel Hf 19 “Die Storie” –
Uit verskeie gedeeltes lees.
Eers vertel foto –
La Sagrada Familia
Gaudi?
Spaanse argitek,
Laat 1800’s, vroeg 1900’s –
Natuur, organiese ontwerpe
Foto: La Sagrada Familia
Barcelona 2006
Begin bou 1882 –
Gaudi laaste jare van lewe aan gewy,
Dood 1926 (73) minder as kwart klaar.
2010 verby halfpad –
Van moeilikste goed bly nog oor,
Hoop klaar 2026 –
Gaudi 100 jaar dood.
Res van skyfies: hyskrane digitaal verwyder!
Verhaal Hf 19, kan nie anders hieraan dink.
God roep & voorsien
Jode ballingskap –
Dan Babel oorwin Persië,
En
1 In die eerste regeringsjaar van koning Kores van Persië
is die belofte vervul
wat die Here by monde van Jeremia uitgespreek het:
die Here het koning Kores van Persië laat besluit
om dwarsoor sy ryk
’n proklamasie te laat afkondig.
Die proklamasie,
wat ook skriftelik was,
het soos volg gelui:
2“Koning Kores van Persië maak bekend:
Die Here die God van die hemel
het al die koninkryke van die aarde
aan my gegee.
Hy het my beveel
om vir hom ’n tempel in Jerusalem in Juda te bou.
3Enigiemand onder julle wat aan sy volk behoort—
mag sy God by hom wees—
mag na Jerusalem in Juda toe gaan
en die tempel gaan bou
vir die Here die God van Israel.
Hy is God in Jerusalem.
4Elkeen wat van dié volk nog oor is,
waar hy ook al tydelik gewoon het,
moet deur die mense van sy omgewing voorsien word
van die nodige silwer,
goud,
gebruiksgoed
en vee,
tesame met ’n vrywillige gawe
vir die tempel van God in Jerusalem.”
God gee opdrag sy tempel Jerusalem herbou –
In proses hou ook belofte in stand.
Roep volk terugkeer Jerusalem,
Gehoorsaam:
5Die familiehoofde van Juda en Benjamin,
asook die priesters en die Leviete,
elkeen in wie God die voorneme gegee het,
het toe klaargemaak
om die huis van die Here in Jerusalem te gaan bou
(Esra 1:5)
Gaan terug,
Begin proses van herbou.
Maar God roep nie sonder te voorsien.
Kores opdrag mense om hulle help,
6Al hulle bure het hulle hande gesterk
deur silwerware en goud,
gebruiksgoed,
vee
en allerlei kosbaarhede te gee,
bo en behalwe al die vrywillige gawes.
7Koning Kores
het ook die goed laat haal
wat in die huis van die Here was
en wat Nebukadnesar uit Jerusalem weggevat
en in die tempel van sy god gesit het.
(Ezr 1:6–7)
So God natuurlik ook elkeen van ons roeping –
Vermoed ding baie van ons mee sukkel –
“wat God spesifieke roeping my?”
Is so God spesifieke roeping ons,
Maar kan so paniekerig raak in soeke,
Dat nie raaksien reg voor ons.
Natuurlik God roep sommige ons dominee, sendeling te wees.
Maar God roep almal ons hom te gehoorsaam.
Volgens sy wil te leef.
Om waar ons is,
Lewe waarmee besig is,
Hom te eer:
Om eggenoot,
Ouer,
Vriend/in,
Kollega te wees,
Om lidmaat kerk te wees,
Om dit op so manier doen,
God naam geëer.
Jou roeping dalk nie sendeling –
Jou roeping waarskynlik dit wat jy nou doen –
Besigheid,
Onderwys,
Medies,
Reg,
Wat ook al…
Saam verskillende plekke betrokke,
Mense seën –
Bv. kerk barmhartigheidsbedieninge.
In proses bou almal ons God tempel –
Nie meer gebou.
Onthou: tempel = simbool God teenwoordigheid.
Wanneer ons gehoorsaam God roeping leef,
Word God teenwoordigheid sigbaar,
Bou ons God tempel,
Word hele skepping,
Elke dag se lewe,
Tempel –
Oral waar God kinders gehoorsaam leef en werk,
Bou ons tempel van God.
Beteken ook God voorsien nodig het
Hierdie tempel te bou –
Werk wat jy het,
Plek waar jy is,
Is waar God wil hê jy bou.
Eggenoot, gesin, familie, vriende, kollegas –
Is mense God wil hê jy moet bou.
Wat het,
Gawes,
Besittings,
Is wat nodig het te bou.
So groepie Jode keer terug
(kleinerige groepie –
Klink baie,
Maar eintlik maar handjie vol),
Begin vol energie bou!
Wonderlike opdrag!
Vuur en vlam vir Here,
Hernude geestelike toewyding –
Offer sommer dadelik op nuwe altaar,
Aangevuur roeping,
Belofte,
Eie gehoorsaamheid!
Geestelike hoogtepunt.
Gehuil,
Gejubel.
Die lewe gebeur
Maar dan gebeur die lewe.
Kyk, God mos nou opdrag gegee –
Hulle gehoorsaam opdrag!
God voorsien.
Sal mos nou aanhou voorsien.
Alles sal mos nou goed en maklik verloop.
As mens doen wat God sê,
Dink ons,
Sal alles vlot verloop –
Bakstene sal in plek val,
Mense sal gemoedelik saamwerk…
Maar die lewe werk nie so nie.
Teëstand
Vyande van Juda en Benjamin
het gehoor dat die ballinge besig is om ’n tempel te bou
vir die Here die God van Israel.
Die nie-Israelitiese inwoners van die omgewing
het toe die volk van Juda probeer
moedeloos
en bang maak
om met die bouwerk aan te gaan.
Hulle het selfs amptenare omgekoop
om die bouplanne in die wiele te ry.
Dit het aangehou
van die tyd van koning Kores van Persië af
tot die regeringstyd van koning Darius van Persië.
Aan die begin van die regering van Ahasveros
het hulle selfs ’n geskrewe klag
teen die inwoners van Juda en Jerusalem ingedien.
(Esra 4:1a, 4-6)
En alles word gestop,
Terwyl Ahasveros nou eers gaan kyk:
Het Kores regtig gesê hulle mag die tempel herbou?
Gaan soek daardie geskrewe proklamasie.
Ek dink ons almal kan identifiseer Jode.
Ek doen wat Here sê!
Ek gehoorsaam!
Hoekom dan nie werk nie?
Hoekom teëstand,
Allerhande saboteurs,
Mense en omstandighede
Jou planne in wiele ry.
Gedink God jou roep ouer wees –
Nou jy tieners in alles teëgaan.
Gedink God jou roep onderwyser wees –
Maar net stryd departement,
Dissipline,
Oorweldig,
Voel alles en almal jou saboteur.
Gedink God jou roep eggenoot wees,
Maar voel konstante stryd,
Huwelik oorlog eerder as simbool God liefde.
God roep besigheid,
Mense werk gee,
Fondse bydra God ander werk…
Maar korrupsie,
Omkopery,
Jy besigheid as Christen,
Mense sien swakheid,
Trap.
Tussen gesukkel deur,
Jode nog probeer bou,
Maar iewers langs pad,
Net te veel geraak.
Verloor fokus
Kan nie heeldag in kerk wees,
Nie al tyd en energie spandeer nuwe tempel bou.
Is nuut in land,
Moet ook eie huise bou,
Landerye begin aanlê,
Darem kos hê te eet…
So verloor fokus.
Waar aanvanklik voluit,
Vuur en vlam vir God geleef,
Begin nou eerste na eie belange omsien.
Is nog heeltemal van plan tempel klaarmaak –
Ons: wil Here dien,
Getrou Bybel lees,
Gereeld kerk toe kom,
Liefdevolle verhouding eggenoot,
Kollegas en werknemers respek behandel –
Maar nie nou die tyd.
Eers ander belangrike goed af te handel.
Te besig,
Sukkel te veel dinge nou, hier –
Kan nie nog worry tempel.
Sal dit doen!
Later.
Dan stuur Here profeet Haggai,
Praat hoe al hierdie goed doen,
Maar onbevredigend –
Uit niks vrede kry,
Niks genoeg.
Want: tempel nog nie klaar.
Fokus verkeerd.
Gaan nie oor self.
Gaan oor God.
As fokus sy wil,
Hom gehoorsaam,
Sal hierdie dinge ook in plek val.
So spring weg,
Weer geestelike verdieping,
Begin bou.
Volstoom.
Teleurstelling
En dan,
Na tydjie,
Staan terug,
Kyk nou bouwerk…
En hierdie nuwe “tempel”
Is ’n patetiese skaduwee van die vorige een.
Wie van julle het gesien
hoe mooi die vorige tempel was?
Hoe lyk dié een vir julle?
Lyk hy nie na niks
in vergelyking met die vorige nie?
(Haggai 2:3).
Na al hul moeite,
Al die gesukkel,
Al die teëstand –
Dít.
’n Hopie tweedehandse klippe.
Hoe kan dit vergelyk met die glorie van die tempel
wat Salomo gebou het?
Hulle het hul beste gegee,
Álles gegee –
En dít is die resultate?
’n Mens gee tog immers jou alles,
Wy jou hele lewe aan iets,
Omdat in kop prentjie het van hoe gaan uitkom,
Wat aan einde wag.
En dan soms,
Staan terug
Dink:
Was dit hiérvoor ek my afgesloof?
Dít waaroor gaan?
God bemoedig
Is natuurlik maklik hierdie goed vas te kyk –
Die teëstand en teleurstelling,
God uit oog verloor.
Terwyl so moedeloos voor tempel staan,
Sê God:
Skep moed!
Maar nou, Serubbabel,
skep moed,
sê die Here,
en jy Jesua seun van Josadak,
hoëpriester,
skep moed,
en julle almal,
burgers van die land,
skep moed,
sê die Here!
Begin met die werk,
want Ek is by julle,
sê die Here die Almagtige.
My belofte
wat Ek met die uittog uit Egipte
aan julle gemaak het,
sal Ek nakom:
my Gees sal altyd by julle bly.
Moenie bang wees nie!
(Haggai 2:4–5)
God self kom na hulle
Bemoedig hulle,
Sê:
Skep moed!
Ook Sagaria:
(8:9, 13):
Skep moed!
Moenie bang wees nie!
Skep moed!
Hierdie nie leë woorde,
Woorde gelaai met realiteit:
Teenwoordig
In eerste plek
Woorde gelaai met teenwoordigheid Here.
Kan moed skep,
Want God by hulle.
Ons, gedooptes,
Natuurlik selfde belofte,
Eintlik nog meer:
God by ons.
Maak nie saak wat omstandighede,
Wat dinge voor bang,
Wat teëstand,
Wat teleurstelling:
God,
Skepper heelal,
Verlosser,
Vriend en broer –
By ons.
Getrou
En hierdie God is getrou.
Kom sy woord na,
Hou by sy belofte.
Vir hierdie volke
Eeue gelede by berg Sinai gesê sal by hulle wees.
Dit het nooit verander nie,
Nooit opgehou by hulle te wees.
Ons,
Millennia later,
Leef steeds daardie belofte.
God intussen op soveel maniere bevestig,
Nader gekom in Seun,
Gees oor kerk uitgestort,
Indoop belofte bevestig.
Al verloor ons fokus,
Al kyk soms verkeerde rigting,
Swig onder teëstand:
God bly dieselfde.
God beloftes waar.
God getrou.
Daarom kan hierdie sukkelende volk aan God vashou –
Kan ek en jy aan God vashou.
Deur Sagaria sê God vir Serubbabel:
Nie met mag
en krag
sal jy slaag nie,
maar deur my Gees,
sê die Here die Almagtige.
(Saggaria 4:6)
Hier besig met lewe,
Voel het nie mag te doen wat moet –
Wie gaan na jou luister?
Afstammeling Dawid,
So met ompad,
Maar nie koning –
Maar lackey koning Persië.
Maar dis okay –
Jy nie mag nodig.
Nie krag –
Te veel,
Die teëstand kry onder,
Die gewone lewe,
Alles moet aandag kry,
Die teleurstelling –
Wat God vra net te veel,
Nie krag hiervoor.
Is okay,
Nie krag nodig,
Want het God Gees.
God belofte
Is dat God self
In en deur ons sal werk.
Ons hoef nie sterk te wees,
Hoef nie al mag te hê.
Ons hoef gewoon
God te vertrou,
Sy Gees toelaat
Ons te gebruik.
Nadink:
Wat bouprojek jy mee besig?
Wat vrees, teleurstelling, teëstand jou bemoeilik?
Hoor dan vanoggend woord van Here,
Direk aan jou gerig:
skep moed,
sê die Here!
Begin met die werk,
want Ek is by jou,
sê die Here die Almagtige.
5My belofte
wat Ek met die uittog uit Egipte
aan jou voorouers in die geloof gemaak het,
en met jou doop bevestig het,
sal Ek nakom:
my Gees sal altyd by jou bly.
Moenie bang wees nie!
Nie met mag en krag sal jy slaag nie,
maar deur my Gees,
sê die Here die Almagtige.”
Gebed
Dankoffers
Slotlied
Lied 500 Gods dade is volmaak en goed (staan)
Seën
Sit
Koor sing seën: Koor: Die Here sal julle seën (Musiek: Matildie Thom)
Die Here sal julle seën
en jul beskerm.
Die Here sal tot julle redding verskyn
en julle genadig wees.
Die Here sal jul gebede verhoor
en aan julle vrede gee
Amen.
bou, esra, haggai, herbou, preek, sagaria, storie, teëstand, teleurstelling, tempel