Tag: preek
Josua – Die Stryd Begin
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Rethie van Niekerk. No Comments on Josua – Die Stryd Begin
Eksodus 18-40: Nuwe Wette en Nuwe Verbond
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Rethie van Niekerk. No Comments on Eksodus 18-40: Nuwe Wette en Nuwe Verbond
Skriflesing
Preek
Markus 9:30-37 – Erediens – 23 Sept 2012
Written by Chris van Wyk on . Posted in Rethie van Niekerk. No Comments on Markus 9:30-37 – Erediens – 23 Sept 2012
Verwelkoming
Toetrede
Lied 294: 1 & 3 Jesus roep die kindertjies
Votum
Seëngroet
Lofsang
Lied 293 Jesus neem ons kleine kinders
Lied 599 As hy weer kom
Skuldbelydenis en Epiklese
V: Here, daar is so baie mense rondom ons, maar ons sien die meeste van hulle nie eens raak nie.
G: Here, wees ons genadig!
V: by U is die laastes eerste, maar by ons bly hulle laaste.
G: Here, wees ons genadig!
V: ons hou meer van mense wat ons dink is belangrik as van mense wat ons dink nie belangrik is nie.
G: Here, wees ons genadig!
V: ons is heeltemal uitverkoop aan ‘n samelewing waarin groter altyd beter is.
G: Here, wees ons genadig!
V: ons is te besig om stil te staan en te luister na die sagter stemme rondom ons.
G: Here, wees ons genadig!
V: ons hou van dinge en van mense en selfs van kerke wat blink.
G: Here, wees ons genadig!
V: help ons om méér mense raak te sien, veral die wat vir ons gewoonlik byna onsigbaar is.
G: Here, wees ons genadig!
(Aangepas uit: Soos ‘n Blom Na Die Son Draai deur Cas Wepener, Bybel-Media 2011)
Gebed
Skriflesing
Markus 9:30-37
Preek
Tallest of the Smalls deur Max Lucado
“Think Bike” plakkers gesien?
Klaarblyklik (navorsing) –
mens sien op pad net voertuie soortgelyk aan joune.
Motorbestuurders sien nie fietse, motorfietse;
vragmotorbestuurders sien nie motors
(dalk ook taxi’s?)
Daarom iemand hierdie veldtog begin –
sien plakkers,
leuse oral –
sien dan ook motorfietse.
Maak letterlik oë oop vir voertuie andersins onsigbaar sou wees,
eenvoudig nie sou sien.
Teks vanoggend gaan oor selfde ding:
om te sien.
Teks deel van groter geheel,
omraam twee genesingsverhale,
albei van blinde mense
(Mark 8:22-26 / 10:46-53).
Tussen hierdie twee verhale
gaan oor ander vorm blindheid.
Jesus begin pad wat voorlê wys –
praat tussen twee genesingsverhale 3 keer oor
pad van pyn, lyding en dood wat voorlê.
Sê drie keer dat deur dood heen lewe sal kry,
maar dat moeilike pad voorlê.
En drie keer verstaan mense naaste aan hom
hom verkeerd,
nie hulle nie waarop dit aankom nie.
En elke keer wat hulle hom verkeerd verstaan,
wat hulle nie sien nie,
gebruik Jesus dit as geleentheid
om hulle te leer
wat regtig beteken dissipel te wees –
elke keer selfde boodskap:
volgeling Jesus wees
beteken minste wees,
weg te gee,
laaste te wees.
Teks vanoggend,
kondig vir tweede keer dood aan.
Stilte…
Teks:
bang te vra.
Dalk bang weer onnosel lyk soos vorige keer,
Jesus praat oor Fariseërs,
hulle dink aan brood
(Mark 8:14-21).
Dalk Jesus woorde so erg,
te bang uit te vra –
soos bang slegte nuus hoor.
Maar dan langs pad
begin stry wie belangrikste.
Kan dink hoe dit gebeur:
verstaan nie lekker wat Jesus bedoel het,
stry wie verstaan beste,
wie dan nou beste student…
eskaleer,
raak stryery
oor posisie.
Jesus gebruik dan geleentheid,
te leer van sien en nie sien,
van wat beteken Jesus volg.
Sê om regtig belangrik te wees,
moet laaste wees,
moet almal se dienaar wees.
Dis –
selfs vandag nog –
so anders as ons kultuur,
bykans onmoontlik te hoor –
amper soos om motorfiets te sien!
Ons samelewing gekenmerk
deur bykans verswelgende strewe na
mag
eer
aansien
gewildheid
bekendheid…
Om laaste te wees –
so vreemd,
weet nie eers hoe dit lyk!
Dan nog boonop dien!
Iemand vertel
(doodernstig)
dat dienende leier is –
“servant leader”-
laat ander toe hom te dien.
Veral konteks soos ons s’n,
waar so bevoorreg is soos wat is,
dat ons nie eers SIEN hoe sommer aanneem ander ons dien.
Europa:
fliek – vat gemors uit;
retrait sentrum – maak self skoon…
Ons veronderstel iemand agter na kom,
kan maar koppie neersit,
iemand sal was.
kan maar papier laat lê,
ens.
En selfs nog erger
wanneer iemand van ONS verwag
dit vir HULLE te doen.
Wie’s jy van my verwag jou vuil skottelgoed was?
Dis nie my werk aanmekaar toiletpapier rol omruil.
Gebruik doelbewus sulke belaglike,
kleinlike voorbeelde,
want dis die goed wat ons nie sien nie.
Sien groot goed:
wanneer ons uit ons pad gaan mense help,
huis oopmaak iemand,
op spesiale manier diensbaar is.
Maar wanneer Jesus met dissipels praat oor diensbaar wees,
laaste wees,
weet dat steeds nie sien.
Daarom vat kind,
laat staan tussen hulle.
Hier een van daardie tekste
verskil kultuur Bybel tyd
ons tyd,
maak ons nie onmiddellik SIEN wat hier aangaan.
Ons dink kinders –
oulik,
Jesus voorbeeld van geloof…
Nie wat hier aangaan.
Jesus nie hier praat oor kinderlike onskuld of vertroue.
In samelewing Jesus geleef,
kinders die mees waardelose persoon in kultuur.
Geen aansien of status.
Anders ons,
kinders hoog ag,
in Jesus tyd kinders nét las,
hoë sterftesyfer.
Om waarheid sê,
Christene later spottend “kinders” genoem –
skelwoord.
Rabbis het geleer:
“‘n Belangrike en wyse man
hou hom nie op met kinders
en hulle praatjies nie”.
en
“Oggendslapies,
wyn in die middel van die dag,
onkundige mense
en kinders se geselskap
is nie bedoel vir manne nie,
dit verban jou
uit die wêreld van goeie geselskap.”
Jesus wys vir hulle in lewende lywe
wie die minste is –
en dat dit juis HULLE is wat gedien moet word.
Dink aan tema van sien en nie sien deurlopend:
soos wat mens in sekere voertuig nie ander soorte voertuie sien nie,
dink ek sekere mense ook vir ons onsigbaar raak.
Mense nie soos ons
eenvoudig nie raaksien.
Bo-oor kyk.
Ou uitdrukking:
Kinders moet gesien en nie gehoor word nie.
Uitwerking daarvan natuurlik nog meer,
dat dikwels selfs nie eers kinders raaksien nie!
Bv in kerk:
groet mekaar in voorportaal,
kyk bo-oor kinders.
Jesus vat letterlik onsigbare
sê: sien.
Dien HIERDIE een.
Jare gelede
St Paul’s Kweekskool in Kansas City, VSA,
nuwe rektor aanstel.
Honderde aansoeke,
uiteindelik 5,
almal baie goed gekwalifiseer.
Iemand stel voor:
gaan na universiteite waar tans werk,
gesels met opsigter
(ons konteks dalk tuinier),
laat opsigter referent wees.
Op ou end ene William MacElvaney aangestel,
op grond van die gloeiende getuienis
wat opsigter oor hom gegee.
Want iemand in aanstellingskomitee
besef wat Jesus hier sê,
dat volgeling van Christus
onsigbare mense sien
en almal goed behandel en dien,
maak nie saak van hul
status
of mag
of geld nie.
Behandel tuiniere
dieselfde as professors.
Vraag sal dan wees:
wie is ons “kinders”?
wie is ons onsigbares,
die mense wat ons nie raaksien nie?
Want dit is juis HULLE wat ons moet dien.
Juis oor hulle wat ons plakkers in ons harte moet dra,
“Think bike” –
“dink kind…”
Natuurlik beteken letterlik kinders.
Laaste reeks afgelope kwartaal –
God juis ons opdrag geloof aangee volgende generasie,
kinders raaksien,
optree manier hulle insluit,
dien –
verwelkom in erediens,
raaksien
EN hoor.
Maar gaan ook oor meer mense.
Aanddienste:
bosslapers,
mense Maranatha,
arm mense.
Voel om een of ander rede tuis daar!
Dalk raakgesien word?
EN gedien word?
Hoog geag word?
Sentraal gemeente:
Buitelanders raakgesien,
gedien –
toe begin mense by hulle kerk toe kom.
Wonder wie is onsigbaar vir ons (as gemeente)
en vir jou,
in jou alledaagse lewe?
Ongetwyfeld kinders.
Maar dalk ook:
Mense wat agter ons skoon maak?
Mense wat by ons bedel?
Fisies gestremde mense.
Mense verswak weens ouderdom…
Teks vanoggend sê:
nie “Think bike” nie,
maar “Think person” –
sien mense raak,
dien hulle,
ag hulle so hoog
soos wat God hulle – as sy eiendom en sy beeld – ag.
Iemand vertel van groep Amerikaanse inboorlinge
in VSA staat Mississippi
langs baie sterk,
vinnige rivier gewoon.
Stroom so sterk,
as iemand per ongeluk in rivier val,
word onmiddellik deur stroom weggespoel.
Op dag stam aangeval deur groep setlaars.
Hopeloos oorweldig –
te veel setlaars,
baie beter bewapen.
Enigste kans wegkom,
deur rivier.
Op oewer van rivier gestaan,
sterkeres het
kinders,
siekes
oues
gewondes
op skouers getel.
In rivier geloop…
en ontdek
dat gewig van swakker persoon wat op skouers dra
help om regop te bly staan in stroom,
sodat veilig oor rivier kan kom.
Gebed
Dankoffer
(Powerpoint dowes)
Slotlied
Lied 543 Here Jesus ek is klein (staan)
Seën
Respons
Lied 543 refrein
Psalm 78 – Gemeentevernuwing
Written by Chris van Wyk on . Posted in Rethie van Niekerk. No Comments on Psalm 78 – Gemeentevernuwing
Hier is die Kerk – Fluistering Snit 3 (3:41)
Verwelkoming
Verjaarsdae
Afkondigings
Toetrede
Lied 164:1-2 Ons is almal hier tesaam (staan)
Votum
Seëngroet
Lofsang
Vonkk 110 Saam wil ons die Here (staan)
Lied 188 Kom dank nou almal God (sit)
Wet
Vanoggend teks:
God het voorskrifte vir Jakob gegee,
beveel aan kinders bekend maak.
Daarom vir slag wet:
Eksodus 20 (Bybel vir almal) – kyk sien hoe prente by wet pas…
Maar Psalm vanoggend gaan lees,
sê ook (v7)
[as aan kinders vertel]
sal hulle op God vertrou…
en gehoorsaam wees aan wat hy beveel het.
Sien,
wet hang nie in lug.
Is nie sommer net klomp reëls.
Reëls wat nie in verhouding is,
apart staan van liefde een vir ander het,
lei tot rebellie,
maak juis dat mense nié daardie reëls wil nakom.
Daarom Jesus,
toe mense vir hom gevra wat wet,
gesê:
‘Jy moet die Here jou God liefhê
met jou hele hart
en met jou hele siel’
en met jou hele verstand.
Dit is die grootste
en die eerste gebod.
En die tweede,
wat hiermee gelyk staan, is:
‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’
In hierdie twee gebooie
is die hele wet
en die profete
saamgevat.”
Toewyding
Flam 182 Herder Heer (sit)
Genadeverkondiging / Doop
Lied 294 Jesus roep die kindertjies (sit)
Preek & Skriflesing
(Skriflesing nou-nou – kan solank oopmaak Ps 78 as wil)
Wie weet hoe deurslagpapier werk? (wys)
– gee vir kinders, teken familie
Ander manier wys:
Foto van pa
Ouer broer
Kleinboet
Ouer broer se seun
Ons afgelope paar weke reeks “radikale vernuwing”-
extreme makeover, home edition.
Gepraat rol van families,
ouers 80% invloed kinders Here ken,
volgende op lys is 30%.
As wil hê kinders moet Here dien,
moet self Here dien.
Foto van my familie.
Geloof soos gene,
soos deurslagpapier:
as wil hê kinders moet glo,
moet self glo.
Ook gepraat rol oumas en oupas,
ons eie voorgeslagte.
(Vertel gou wat ouma en oupa gedoen,
dalk nog familielede?)
Vertel van twee families uit 1700’s:
Edwards familie:
Mnr Edwards was dominee,
hy en vrou Here gedien.
Volgende 3-5 generasies:
14 college presidents (?)
100 professors
30 regters
100 dominees
60 dokters
60 skrywers
100 prokureurs.
Dan ook Jukes familie:
Mnr Jukes selfde tyd as Mnr Edwards geleef,
was dief.
Volgende generasies:
300 bedelaars
60 diewe
slegs 20 ambag geleer
10 in tronk
7 moordenaars.
Speel nog domino?
Ons lewens soos dominoes:
pak,
soos omval,
invloed op wat na ons kom.
Wet gelees,
gehoor:
Ek straf die kinders as die ouers sonde gedoen het.
Ek straf ook die kleinkinders en agterkleinkinders
as ouers My haat
en ongehoorsaam is aan My.
Maar as iemand lief is vir My
en as hulle gehoorsaam is aan My,
dan sal Ek goed wees vir hulle
en vir hulle kinders,
1 000 geslagte lank.
Teks maak gewoon punt
van belangrike realiteit:
wat ons doen,
hoe ons leef,
ons geloof,
verhouding met God,
het domino-effek.
Kinders lyk nie net fisies soos ouers,
lewens, geestelik, lyk ook soos ouers.
Weet nie van julle,
dink kan nogal vreesaanjaend wees!
Daarom dat kerk NB is.
Is nie alleen –
God ons saam gevoeg in kerk.
Dra nie hele verantwoordelikheid alleen op skouers.
Is hoekom families vorentoe roep wanneer doop,
hoekom babatjie aan gemeente voorstel –
want God ons in een kerk gesit,
mekaar ondersteun,
saam teken op deurslagpapier,
gesamentlike invloed op prentjie agter.
Lees Ps 78:1-7:
(Bybel vir Almal)
Eerste ding wat ons as kerk moet doen,
is om mekaar te help
om voortdurend oor ons geloof te práát.
Ps 78:3-4
3Wat ons gehoor het
en wat ons weet,
wat ons vaders ons vertel het,
4sal ons vir ons kinders nie verswyg nie.
Ons sal aan die volgende geslag vertel
van die roemryke dade van die Here
en van sy mag,
van die wonderdade wat
Hy gedoen het.
Praat oor 2 goed:
wat GEHOOR het
én
wat SELF beleef.
Kan nie net praat oor ander mense geloof,
“oorgelewerde geloof” –
ook vertel eie ervarings,
waarmee God besig in eie lewe,
wat God in eie lewe gedoen.
Nie iets voorheen baie gebeur.
eie familie – Here gedien,
geleer.
Eers toe by selgroep aansluit,
ek saam in selgroep,
ek begin hoor hoe God nie net abstrakte realiteit,
maar hoe God werk in ouers se lewens.
Dis hoekom huisgodsdiensmateriaal skryf –
ouers help met kinders gesels oor God in ouers lewe,
ook help onderskei wat God in kinders lewe doen.
Hoekom selgroepe so belangrik –
nie net ouers,
maar verskillende generasies sáám,
nie net Bybelstudie,
maar gesels oor LEWE van geloof –
mekaar daarin ondersteun,
kinders dit sien en self beleef.
(As nie aan selgroep behoort –
papier in voorportaal).
Tweede ding,
mekaar help Bybel
ken en
verstaan.
Ps 78:5-6:
“weet” is meer as kennis –
is verstaan
ervaar
beleef.
Is hoekom vir ons gereformeerdes preek so nb –
preek natuurlik nie náástenby enigste ding waaroor erediens gaan!
As praat oor erediens,
waaroor gaan,
regte antwoord: God aanbid!
Maar ons weet ook
eredienste ons help,
verbind nie net aan God,
ook aan mekaar.
Vir ons belangrik ook oor Bybel gesels,
kan kén,
in praktyk van lewens kan beleef.
As ons dan sê belangrik kinders Here ken –
deurslagpapier –
dan beteken natuurlik eredienste op manier
kinders kan verstaan,
sáám kan leer.
Groot verskil net kennis hê –
regte antwoorde weet –
en verstaan,
regtig ken.
As ek reëls van sport ken, (instrument)
beteken nie kan speel!
Ons mekaar hierin help
Bybel ken
en verstaan.
Natuurlik hier ook selgroepe NB rol,
Bybelstudiegroepe
dissipelskapgroepe.
Dis hoekom kategese.
Hoekom mense Sondagskool gee,
eredienstoepassing doen,
al is nie eie kinders.
Hierdie goed (bv kategese)
wat ons as kerk vir mekaar doen
is belangrik –
maar deur reeks gesê,
nie naastenby voldoende!
Daarom ook ouers toerus,
gesinsbyeenkomste.
Maar moet mekaar nie net help woord
ken en verstaan –
mekaar help God vertrou!
Ps 78:7
Interessant:
vertroue kom voor gehoorsaamheid!
Netnou gesê:
fondament van reëls is verhouding.
As nie in verhouding,
lei tot rebellie.
Moet aan mekaar verbind wees,
saam leef,
binne verhouding,
sodat mekaar kan help
God vertrou.
Reeks begin,
uitgedaag woorde
Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.
iewers te skryf,
dit te doen!
Ek besef,
selfs as dit doen,
dinge steeds verkeerd loop.
Lewe nie altyd maklik.
Families nie perfek.
Kinders prentjies teken –
kom dalk nie presies uit soos jy wou hê.
Maar dis okay.
God is genadig.
Soos Chris gesê:
dit is nooit te laat nie.
en jy is nie alleen nie.
Ons is gemeente saam.
Dalk – waarskynlik – is jy nie perfek nie,
jou familie nie perfek nie.
Maar weet jy wat?
Ons gemeente is ook nie perfek nie.
Bestaan nie so iets soos perfekte gemeente.
As perfekte gemeente soek,
sal altyd aanhou soek.
Ons is nie perfek nie.
Maar ons is hier.
En ons is sáám hier.
As jy verbintenis gemaak –
soos ouers vanoggend met doop –
“wat my en my familie aanbetref,
ons sal die Here dien”-
dan uitdaag ook verbintenis aan gemeente te maak.
As van een gemeente na ander,
of net soms hier,
nie volledig verbind tot kerk hier,
gaan nooit werklik deel raak,
nooit werklik ondersteuning ontvang
of help ondersteuning gee
wat God bedoel gemeente moet doen.
Dalk nie hierdie gemeente –
dalk ander –
maar regtig uitdaag:
commit!
begin deur te sê:
wat my en my familie aanbetref
ons sal die Here dien.
En commit dan tot gemeente
waar gaan doen.
Want die lewe is messy.
en op eie kan nie doen.
Maar God ons saamgevoeg –
tradisionele gesinne
enkel-ouer gesinne
enkel-lopendes
afgetredenes
Dinkies –
om
aan die volgende geslag te vertel
van die roemryke dade van die Here…
sodat die volgende geslag kan weet…
so sal hulle dan op God vertrou
en nie vergeet wat hy gedoen het nie,
maar gehoorsaam wees
aan wat hy beveel het.
Gebed
Dankoffer
Slotsang
Lied 478 & Flam 66 Op vaste fondamente
Seën
Psalm 127 – Kind Vernuwing
Written by Chris van Wyk on . Posted in Rethie van Niekerk. No Comments on Psalm 127 – Kind Vernuwing
Verwelkoming & afk
Jurie Ouderlingeraad
Toetrede
Lied 294: 1 en 3 Jesus roep die kindertjies (sit)
Votum
Ps 33:19-22
Dit is die Here wat sorg
Seëngroet
Lofsang
Psalm 128 (staan)
Lied 509:1, 2, 4 Op berge en in dale (sit)
Gebed
Skriflesing
Psalm 127
Kindertyd
Swemmertjie deur Leo Lionni, vertaal deur Freda Linde
Lied 471 Soek allereers – kanon! (sit)
Preek
Fliek Life as a House
Weet families komplekse goed.
Hierdie reeks: Extreme Makeover: Home Edition,
want hoewel kompleks,
families belangrik.
Plek waar waardes en beginsels leer,
waar karakter geleer en gevorm word,
waar leer dat geliefd is,
dat waarde het,
dat bydrae het te lewer.
Waar moet leer dat vergewe word wanneer foute maak.
Waar by ander familielede leer hoe God is.
Waar kinders gehoorsaamheid leer,
leer wat beteken aan God gehoorsaam wees.
Leer om onselfsugtig te wees.
Baie meer –
plek waar gevorm word.
Belangrik!
Vir samelewing – goeie burgers.
Meer nog vir kerk –
vir almal van ons,
ook dié van ons nie kinders het.
God aan ons taak toevertrou seker maak kinders ken hom.
Sê gereeld: duiwel net een generasie wen,
dan wen alles.
Vir ons is, letterlik, ewige lewe op spel.
Daarom belangrik elkeen van ons –
oud en jonk,
eie kinders of nie,
taak opneem,
sorg kinders die Here ken.
Wanneer dan Psalm 127 kyk,
eerste ding Psalm sê,
ons lees met vraag hoe seker maak kinders God ken:
God moet fondament van huis wees.’
v1: As die Here die huis nie bou nie,
swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs.
Huis natuurlik ons huislewe,
ons families –
eintlik ons hele lewe.
Wat beteken God nie net deel van lewe hier by kerk is,
maar dat huis infiltreer,
deel van hele lewe.
God moet fondament van lewe wees,
die argitek
die bouer,
alles.
Ons leef in era van uitkontraktering –
wat ongelukkig ook manier wat kinders opvoed geïnfiltreer het.
As wil hê kind moet kan klavier speel,
vat vir klavierlesse –
vat daarheen,
laai af,
laai later weer op,
hulle kan klavier speel!
Of wil hê rugby speel.
Of swem
of dans.
Probleem is,
dat baie mense geloof ook so benader.
Laai kind by kerk af,
tel oor uur weer op,
kind ken Here!
Of dalk:
kom kerk toe,
kind gaan toepassing / kategese toe,
kry kind – kind ken Here!
Benader ook eie geloof so:
kom Sondag kerk toe,
luister preek,
nou ken Here –
sonder enige iets op eie ook te doen,
enige verantwoordelikheid eie geloofslewe te neem.
Mense,
werk nie so nie!
Kan nie jou eie geloof –
erger nog, jou kinder se geloof –
uitkontrakteer.
Klein bietjie tyd wat kind in kategese spandeer –
maak nie hoe goed kategeet,
hoe goed materiaal –
gaan nie jou kind geloof leer!
Wat geloof laat groei,
is wanneer geloof geleef word.
Wanneer God deel van die fondament
en struktuur van jou huis is.
Wanneer kinders dien hoe jou geloof in God:
bepaal hoe jy jou geld spandeer
manier wat jy jou bure behandel, verander
jou dryf om minderbevoorregtes te dien
jou gedrag teenoor jou vrou of man bepaal…
As die Here nie die huis bou nie,
swoeg dié wat daaraan bou,
tevergeefs.
Die huis is die plek
waar geloof eg word,
waar dit geleer
en geoefen
en geleef word.
Dit is waar God woon.
Tweede ding wat teks sê,
is dat God sorg.
As die Here die stad nie beskerm nie,
waak dié wat dit beskerm,
tevergeefs.
2Tevergeefs dat julle vroeg opstaan
en laat gaan slaap
om met moeite ‘n bestaan te maak.
Vir dié wat Hy liefhet,
gee die Here dit in hulle slaap.
Hierdie natuurlik ons gunsteling teks as studente,
gereeld aangehaal:
vir dié wat hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap.
Vermoed nie presies wat teks bedoel!
Jesus self gesê (Matt 6):
25″… Moet julle nie bekommer
oor julle lewe,
oor wat julle moet eet
of drink nie,
of oor julle liggaam,
oor wat julle moet aantrek nie.
Is die lewe nie belangriker as kos
en die liggaam as klere nie?
26Kyk na die wilde voëls:
hulle saai nie
en hulle oes nie
en hulle maak nie in skure bymekaar nie;
julle hemelse Vader sorg vir hulle.
Is julle nie baie meer werd as hulle nie? 2
7Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer
sy lewe met een enkele uur verleng?
Een van daardie tekste glo,
maar nie altyd lekker weet presies hoe te leef.
Wil raai meeste ons hier sit,
werkoliste.
Goed gereformeerd werk ernstig opneem,
na beste van vermoë.
Maar gebeur soms dat prioriteite heeltemal misplaas.
Dat dink werk belangrikste ding,
werk ten koste van families.
Nie tyd het saam kinders spandeer,
dat hulle deur jou teenwoordigheid,
deur jou onderrig,
deur jou voorbeeld
gevorm kan word.
Natuurlik allerhande verskonings –
vir kinders voorsien –
maar iemand skryf werkolisme
is op ou end eintlik subtiele vorm van selfsug.
Natuurlik moet werk,
maar bo dit,
moet God vertrou.
En as lys van prioriteite stel,
dan kom werk derde –
God
familie
werk.
En moenie fout maak nie –
God sorg.
Selfs wanneer ons eie planne misluk,
wanneer dit wat lewe lank voor gewerk
deur mat val –
God sorg.
Besef hoe broos ouers is,
hoe meeste van lewe opgaan bekommernis oor kinders.
En reg –
moet kind belange op hart dra.
Maar kan ook weet:
God sorg.
Weet baie hier sit,
volwasse kinders,
bekommernis dikwels meer,
lewe stampe en stote.
Baie kinders nié Here dien,
wat unieke pyn en bekommernis vir ouers veroorsaak.
Maar ook dan moet jy hoor:
God sorg.
Jesus Matt 11:
28″Kom na My toe,
almal wat uitgeput en oorlaai is,
en Ek sal julle rus gee.
Wanneer God die huis bou,
dan kan ons die beheer daarvan aan God oorgee
en hom vertrou.
Derde ding Psalm sê,
is dat kinders ‘n gawe is.
3Seuns is geskenke van die Here,
kinders word deur Hom gegee.
4Soos pyle
in die hand van ‘n krygsman,
so is seuns
wat gebore is
toe hulle vader nog jonk was.
Terwyl vader nog jonk is –
gewoon omdat Psalm fokus God sorg,
kry kinders jonk is,
sorg wanneer oud is.
Beteken ook nie dogters nie ook geskenke!
Is mos maar ding van patriargie,
as oor mans praat bedoel vrouens ook.
Selfde geld wanneer sê kinders gawe vir pa –
ook ma.
Ek byvoeg:
almal van ons.
Eintlik OAV meer akkuraat:
kinders is “erfdeel”.
Nie net geskenk vir mens nou te geniet,
maar ‘n blywende gawe,
voortbestaan van lewe
van generasie tot generasie.
Is nogal ding wat ons kultuur glo:
so baie tyd en geld aan kinders reg grootmaak
goeie geleenthede
goeie skole
goeie waardes…
Maar terwyl sê dat kinders gawe is,
dat kinders kosbaar is,
nie altyd iets wat in gedrag sien.
Kan baie sê oor manier kinders blootgestel in samelewing –
maar ongelukkig selfs in kerk,
nie altyd sien dat regtig glo kinders kosbaar:
wil eerder eenkant hou,
nie hier by ons –
daar op eie,
besig eie goed.
En as hier is,
dan stil,
byna onsigbaar,
inval by ons goed,
ons manier.
Sê kinders belangrik,
maar nie noodwendig belangrik genoeg
dat in ag neem,
dan aanpas sodat hulle kan welkom voel,
kan verstaan.
In verbruikerskultuur
spoel dikwels ook oor in manier wat kinders sien:
nie as mense
na beeld van God geskape
maar as kommoditeite,
verbruikers
of selfs ekonomiese laste.
Maar kinders is ‘n gawe
‘n geskenk van God af –
nie net vir hul ouers,
maar vir hele gemeenskap
en veral gemeente.
Gemeente sonder kinders
dooie gemeente.
Gemeente waar kinders tuis voel,
in gange kan hoor lag en roep,
krummels op grond sien lê,
is gemeente wat lewe.
Kinders gawe,
nie net omdat oulik,
nie net omdat voortbestaan verseker,
maar ook omdat ons by hulle kan leer.
Dink maar aan waarde Jesus aan kinders geheg –
gesê kosbaar,
dié bestraf wat kinders wou wegwys,
hulle genees –
Jesus kinders selfs voorgehou as rolmodelle van geloof!
Kinders nie net daar vir ons om hulle te leer nie.
Kinders ook daar om vir ons te leer.
Ons verstaan evangelie beste
wanneer ons kinders se geloof sien.
Ek sien Here helderste Sondag-oggende,
kinders hier voor sit.
Verlede week 4-6 jariges en ouers,
vra hoekom mens bid.
Een dogtertjie:
Om te chat met Jesus.
In daardie sin help ons meer van evangelie verstaan
as enige preek.
Ouers wederkoms: gmph, hier sit ek nog in my pajamas.
Laaste ding Psalm sê
gaan oor sorg God gee deur kinders.
5Dit gaan goed met die man
wat sy pylkoker so gevul het!
Sulke mense het niks te vrees
as hulle met die vyand
in die stadspoort onderhandel nie.
Kinders vorige verse as pyle beskryf,
dus hier verwys na baie kinders.
Stadspoorte plek waar besigheid doen,
regsgedinge uitgesorteer (amper soos hof),
mense dikwels teenstanders ontmoet.
Vandag lyk stadspoorte effens anders:
Swaar werkslas, lang werksure
uitgebreide familie wêreld oor versprei
egskeiding
alkohol
geweld
wat ook al.
Allerhande dinge ons – en kinders – bedreig.
Amasone – miere, vloede, hak pootjies aan mekaar, dryf.
So Here vir ons families gegee,
ons te help dryf in vloede.
Ons taak, volwassenes,
klein miertjies pootjies hak,
vas te hou in vloede –
sodat hulle kan dryf,
maar ook sodat hulle kan sien wat mens doen
wanneer daar vloede kom.
Jesus vertel gelykenis twee mense huise gebou:
een op sand
ander op rots.
Huis op rots natuurlik huis God fondament, soos Psalm sê,
Huis sand, nie God.
Lyk dalk nie van buite af baie verskillende nie:
albei families werk hard,
sterk waardes
eerlik…
Maar wanneer die storms kom,
dan sien verskil,
wanneer huis op rots bly staan.
As die Here die huis nie bou nie,
swoeg dié wat daaraan bou,
tevergeefs.
Maar wanneer God die fondament is,
dan sorg God.
Gebed
Dowes
Dankoffer
Slotlied
Lied 286 Here God van liefde (staan)
Seën
Lied 286