NGK Somerstrand 27 Maart 2022 | Kerk en Youtube 09:00
Ek fokus vandag op drie sigbare tekens wat God vir die volk in Josua se tyd gegee het om hulle te bemoedig vir die stryd om die beloofde land in te neem – die besnydenis, die paasmaaltyd, en die bevelvoerder van die Here. Watter sigbare tekens gee die Here vandag vir ons om moed te hou vir ons eie geloofstryd?
NGK Somerstrand 20 Maart 2022 – Kerk en Youtube 09:00
Musiek vooraf
Lied 215 Besing die lof van Jesus saam.
Vonkk 277 U is die lig wat deur die donker skyn.
Verwelkoming
Aankondigings
Ons nuwe leraar Vian, sy vrou Natania en hulle tweeling, Josh en Joah, kom die naweek van 22-24 April in die Baai aan. Ons wil kos vir hulle voorsien daardie eerste twee weke tot Vian die naweek van 6-8 Mei bevestig word. Dit is sommer ‘n geleentheid om hulle te leer ken. As jy wil help, skakel met Chris dat hy jou op die rooster kan insluit. Die opgewondenheid begin oplaai! Dankie ook aan Elsje Nelson. Ons is besig om ‘n huurkontrak op te stel vir haar eiendom, 44 Bulbringstraat, Somerstrand.
Orreluitvoering Woensdag 23 Maart om 18:00 hier in ons kerk deur die Pretoriase orrelis, Andrea Mites. Toegang R40.
Die liedere se woorde is op die blaadjie.
Baie welkom aan Johann en Carolina Muller van Jeffreysbaai wat by ons ingeskakel het.
NGK Somerstrand 09:00 13 Maart 2022 – kerk en Youtube video
Verwelkoming
Baie welkom by ons erediens. Mag die Here jou innerlik versterk deur hierdie geloofsgemeenskap sodat jy uiterlik sterk kan staan in hierdie lewe as ‘n getuie van die Here se teenwoordigheid in jou lewe.
Aankondigings
Ds Vian du Plessis van Walvisbaai Moedergemeente het die beroep na Somerstrand gemeente aanvaar. Hy en sy vrou, Natania, en hulle tweeling Josh en Joah, beplan om die laaste week in April in die Baai aan te kom. Diensaanvaarding is vanaf 1 Mei. Verwelkoming en bevestiging is Saterdag 7 Mei. Intreepreek 8 Mei. Vian is druk besig met die afronding van sy bediening in Namibië, en sien baie uit daarna om die bediening by ons voort te sit.
Die kerkraad gaan vir hulle verblyf huur tot die pastorie beskikbaar is. Ons vra dat julle saam met ons soek vir geskikte verblyf. Julle kan direk met my skakel (0825749191).
Baie welkom aan die volgende lidmate wat hierdie jaar by ons ingeskakel het:
Johannes, Mari-San en Marli Bodenstein van Albanie
Die volgende paar weke is Lydenstyd. Tot met Goeie Vrydag en Paassondag, 15-17 April. Ons dink in hierdie tyd veral na oor die voorbeeld wat Jesus vir ons gestel het in lyding. Ons dink na oor ons roeping. Ons dink na oor dissipelskap. Ons dink na oor uitdagings, versoekings, beproewings. Sodat ons kan volhard, en nie afvallig raak van die pad waarop die Here ons geroep het nie.