Skip to main content

Jes 60 -Son 4 Jan 09

Verwelkoming
Epifanie
Lied 372:1

Votum
Jesaja 60:1-3
Rethie:  
1  Kom, Jerusalem,
laat skyn jou lig!
Lizette:
Vir jou het die lig gekom,
die magtige teenwoordigheid van die Here
het vir jou lig gebring.
Rethie:  
2  Daar is donkerte oor die aarde,
duisternis oor die nasies,
maar oor jou gee die Here lig,
oor jou verskyn sy magtige teenwoordigheid.
Lizette:
 3  Nasies kom na jou lig toe
en konings na die glans
van die nuwe dag
wat vir jou aangebreek het.
Johannes 1:14
Rethie:  
5  Die lig skyn in die duisternis,
die duisternis kon dit nie uitdoof nie.
Lizette:
14  Die Woord het mens geword
 en onder ons kom woon.
Ons het sy heerlikheid gesien,
die heerlikheid wat Hy
as die enigste Seun van die Vader het,
vol genade en waarheid.
Hebreërs 1:1-3
Rethie:
1  In die verlede het God baiekeer
en op baie maniere met ons voorvaders gepraat
deur die profete,
2  maar nou,
in hierdie laaste dae,
het Hy met ons gepraat deur die Seun.
Lizette:
God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het,
ook erfgenaam van alles gemaak.
3  Uit Hom straal die heerlikheid van God
 en Hy is die ewebeeld van die wese van God.
 Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand.
Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het,
het Hy gaan sit aan die regterhand
van die Majesteit in die hoë hemel.
Seëngroet
Lofsang
Lied 349

Lied 370 1, 3 & 5

Gebed
Skriflesing

Jesaja 60:1-6
Matteus 2:1-12

Preek
Teks agtergrond
(een van eerste, basiese reëls van preek,
Los gereedskap by huis.
Inligting wat hier oor vakansie aanmekaar gegee,
Pas Bybelskool of volwasse kategese,
Weet baie van julle hierdie tyd van jaar hier,
Juis graag sulke inligting hê.)

Fokusteks:
Jesaja.
Boek Jesaja deur baie Ou-Testamentici as teologiese hoogtepunt van OT beskou,
Jesaja profeet wat meeste in NT aangehaal – ongeveer 411 keer.

Jesaja oorspan byna 250 jr. Israel gesk,
Tyd in skadu van Assiriese bedreiging – Jes 1-39;
Tyd ballingskap onder Assiriërs (Jes 40-55)
Tyd na ballingskap (Jes 56-65) –
Vanoggend teks.
Herstel van Jerusalem.

Toestand na terugkeer nie baie goed,
 Verwoesting,
Droogte,
Vyandigheid van plaaslike inwoners,
Ontnugter.

In dié tyd dan, profesie wat in Jesaja gelees.

Ook vanoggend Matteus 2 gelees,
Wyse manne uit ooste.

Wakker was, oplet dat Matteus nie eerste plek is waar idee van besoek uit Ooste na Jerusalem kry.
Matteus storielyn plot uit Jesaja 60.

Ballinge teruggekeer na vernietigde stad –
En wie wil tog in vernietigde stad leef?
Moedeloos.

Te midde van moedeloosheid,
Jesaja:
Kom Jerusalem – eintlik:  Staan op, Jerusalem,
Laat jou lig skyn!

Ongeveer 5/600 jaar later,
Wyse manne wat blykbaar ook die teks van Jesaja 60 geken het.
Sien teken,
Weet waarheen moet gaan:
Weet moet na Jerusalem gaan,
Moet kosbare speserye, goud, wierook saam neem.
Weet dat hier,
In Jerusalem,
Nuwe koning van vrede en voorspoed sal vind.  

Maar wanneer Herodes hiervan hoor,
Raak paniekerig.  
Nuwe koning is immers bedreiging vir ou koning en ou orde!

Dan gebeur vreemde ding.
In paniek gaan Herodes na kenners van Torah, wet en profete.
“Vertel vir my van Jes 60.
Wat is hierdie storie van kamele en goud en wierook?

Geleerdes reageer vreemde manier:
Jy het die verkeerde teks beet!
En die wyse manne hier buite laat deur verkeerde teks lei.
Jes 60 voorspel dat Jerusalem voorspoedig sal wees,
Dat dit groot stad van rykdom sal wees.
Maar dis verkeerde teks.

Wel, het julle ‘n ander teks in gedagte?  Sou Herodes vra.
Geleerdes sou dan sê teks waarna hulle eintlik soek,

Miga 5:2-4:
2  (5:1) Maar jy,
Betlehem-Efrata,
 jy is klein onder die families in Juda,
maar uit jou
sal daar iemand kom wat aan My behoort
en hy sal in Israel regeer.
Sy begin lê ver terug,
in die gryse verlede!
3  (5:2) Hy sal sy mense ‘n kort rukkie prysgee,
so lank as dit ‘n vrou neem om ‘n kind in die wêreld te bring.
Dan sal dié uit sy familie wat die ramp oorleef het,
terugkom na die Israeliete toe.
4  (5:3) Hy sal na vore kom
en sy volk lei
deur die krag wat die Here hom gee,
 deur die sterkte van die Naam van die Here sy God.
Hulle sal woon tot in die uithoeke van die aarde,
 want hulle leier sal sterk wees.

Bid jou aan!
Die koning, die een wat vrede en voorspoed bring,
Word in stowwerige,
klein ou agterlike
Bethlehem gebore –
Eerder as in Sion, die godstad,
Die magtige Jerusalem?

In Miga hoor ons die werkersklas se hoop vir die toekoms,
‘n stem wat nie beïndruk is met hoë torings en banke en groot stede nie.
Hier is ‘n ander toekomsverwagting,
Een nie soseer vir die elite nie,
Maar vir die gewone mense,
Wat hulle sal verlos van onderdrukking.

Miga voorspel ‘n leier wat vrede vir sy mense sal bring,
Nie deur groot politieke ambisie nie,
Maar deur by die mense op die grond te wees.
DIS die verskil tussen Jerusalem en Bethlehem.

Herodes vertel dan vir die Oosterse geleerdes van hierdie profesie en die res is,
Soos hulle sê, geskiedenis.  

Hulle vertrek na die klein,
Plattelandse dorpie Bethlehem,
‘n onpretensieuse dorpie waarvan niemand eintlik kennis neem nie.

Maar hierdie dorpie is die geboorteplek
Van die Een wat ‘n alternatief sal bied
Vir die arrogansie van die magshebbers.

Die verhaal van Epifanie,
Is die verhaal van twee gemeenskappe:
Jerusalem, met sy grandiose verwagtinge,
En Bethlehem, met sy nederige beloftes.  

Kom die Koning op triomfantalistiese wyse…
Of kom hy in onskuld?
Kan dit wees dat die hoop kom op ‘n manier wat ons gewone pretensies heeltemal omkeer?

Die verhaal van die wyse manne staan aan die begin van die evangelie,
Juis om na die einde te wys:
Die woorde:  Koning van die Jode,
Wys vooruit na ‘n bordjie bokant ‘n kruis vasgespyker.  

En eers as ons dit raaksien,
As ons daardie bordjie bokant die kruis verstaan,
Verstaan ons vir Jesus.  
Die koning van die Jode,
Gebore in onbelangrike ou Bethlehem,
Gekruisig in Jerusalem, die magtige hoofstad.  

Ons ontvang lewe in kwesbaarheid.
Wat so wonderbaarlik is van die verhaal van epifanie,
Is dat die wyse manne die alternatief aanvaar,
Dat hulle hul kamele pak
En Bethlehem toe gaan.
Dat hulle dit regkry om verwagting van koning
In prag en praal van Jerusalem
Te vervang met beeld van baba in stal.
Dat hulle dáár,
In nederigheid en kwesbaarheid,
Kan gaan kniel en aanbid.

Dis die wonder van Epifanie.

Die koning lyk nie soos wat mens normaalweg sou verwag
Sy koninkryk nie gevul met mag soos wat ons ken.

Epifanie nooi ons om die ong 20km van Jerusalem na Betlehem af te lê,
Weg van idee van sekuriteit en voorspoed en mag
Na koninkryk van
Kwesbaarheid
Gasvryheid
Nederigheid
Mededeelsaamheid,
‘n toekoms wat swaarde ploegskare word.  

Lewensbelangrik ons dit verstaan.
Dit gaan bepaal wie ons dien,
Hoe ons hom volg,
Hoe ons lig gaan skyn.

Want dit bring by volgende punt van teks:
Opdrag:  staan op, laat skyn jou lig!

Lig is God teenwoordigheid,
Maar teenwoordigheid in Betlehem,
Sterf in Jerusalem,
Teenwoordigheid van nederigheid, diens, liefde.

Ons taak is hierdie teenwoordigheid sigbaar te maak,
Die teenwoordigheid van Betlehem uit te straal.  

Ons geneig om te praat daarvan dat ons God lig reflekteer.
En natuurlik doen.
Nie wat teks vandag sê:
Teks sê laat jou lig skyn,
Nasies kom na jou lig toe.

Jesus het dit baie duidelik gestel:
Hoewel van self ook gesê dat lig vir wêreld is,
Sê Jesus (Matt 5:14/16):
“Julle is die lig vir die wêreld.
Laat julle lig so voor die mense skyn,
dat hulle julle goeie werke kan sien
en julle Vader wat in die hemel is,
verheerlik.

Ons reflekteer nie net teenwoordigheid van Here,
Aangesien ons Gees in ons dra,
Bring ons ook die teenwoordigheid van die Here.  
Ons IS die lig vir die wêreld,
Die manier waarop God se lig in die duisternis skyn.

Dit is OMDAT Jesus vir ons die lig gebring het,
Omdat hy die lig vir die wêreld is,
Dat ons ons lig kan laat skyn.  

Taak van kerk is nie impak in kerk te hê,
Na mekaar uit reik,
Mekaar versorg,
Ons eie mense omsien.
Taak van kerk is in eerste plek impak in wêreld te hê.
Koop kaartjie rugbywedstryd,
Sien span saam gesels,
Speel nie, gesels net.
Wil sien hoe planne wat maak, uitvoer!

Ons het nie vanoggend ster gevolg kerk toe nie.
Ons is hier omdat iemand, êrens, lig vir ons was,
Vir ons pad na Christus gewys –
Ouers, vriend, kategeet, kollega, bure.

Ons is die lig vir die wêreld.
Vir self vraag vra:
Waar sit ‘n mens ligte aan?
In plek waar ligte helder skyn?
Nee, sit ligte aan in donker plekke,
Sodat helder kan word.  

Ons is die lig vir die wêreld.
Maak nie saak hoe donker word,
Ons moet skyn.

Wanneer versoeking ook al bestaan om handdoek in te gooi
Omdat probleem van armoede of misdaad of vigs of ongeregtigheid te groot,
Juis dan moet die lig van God se teenwoordigheid deur ons skyn –
Die lig van Betlehem.

Wanneer versoeking ontstaan om oor te gee,
Self deel van donker te raak
Haat
Wraak
Mag najaag
Naaste misbruik, ignoreer,
Dan opdrag:  laat die lig van God se teenwoordigheid skyn.

Deur ons dade van liefde
En aanvaarding
genade
En gasvryheid
En kindness
deernis
En diens
En vergifnis
Laat ons die lig skyn –
Die lig van Betlehem.

Dalk voel liggie skyn maar dof.
Dan herinner dat lig geskyn het oor Betlehem,
Nie Jerusalem.  
Christus magte van duisternis oorwin
Deur in gestal gebore te word,
Vlugteling te leef,
Sondaars te eet
Kruis te sterf.

In Oostenryk 400 jr. gelede koning in pragtige paleis gewoon.
Omdat onderdane lojaal, wou graag iets nalaat.
Besluit vervalle kerkgebou nuwe gebou vervang.
Eindproduk pragtige klipkerk.
Houtsneewerk aan binnekant met allerhande Christelike simbole versier.
Voorreg om in so ‘n pragtige kerk te aanbid.
Daar het mens regtig naby God gevoel.

Toe bymekaarkom inwyding van kerk,
Beker oorloop van vreugde en dankbaarheid,
Koning dogter vra:
Maar Pappa,
Daar is dan geen lampe in die kerk nie!

Koning wys na netjiese lamphouers teen mure van kerk.
Opgestaan, gesê :
Vriende, die kerk het geen lampe nie.
Almal sal hulle eie lig saambring.
Terwyl diens aan gang,
Sal lampe op rakke teen mure staan.
Op manier sal kerk verlig
Net soos pad waarlangs kerk toe gekom, verlig.
Wanneer iemand nie kerk toe kom,
Sal deel van kerk nie verlig word nie,
Ook nie pad waarlangs gewoonlik kom nie.  
Julle is die lig vir die wêreld.  

Gebed

Dankoffer

Lied 488

Seën

Lied 313

Gen 50 – Oujaarsdiens 31 Des 08

Verwelkoming

Votum
Here, U sien dwarsdeur my,
U ken my.
Of ek sit
en of ek opstaan,
 U weet dit,
U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom.
Of ek reis en of ek oorbly,
U bepaal dit,
U is met al my paaie goed bekend.
Daar is nog nie ‘n woord op my tong nie of U, Here,
weet wat dit gaan wees.
U omsluit my van alle kante,
U neem my in besit.
Dié wete oorweldig my,
dit is te hoog vir my begrip.

Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug?
Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom?
Klim ek op na die hemel,
 is U daar,
gaan lê ek in die doderyk,
is U ook daar.
Vlieg ek na die ooste,
of gaan woon ek in die verre weste,
ook daar lei u hand my,
hou u regterhand my vas.
Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek,
 of die lig rondom my om in nag te verander,
maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie
en die nag so lig soos die dag,
duisternis so goed soos lig.

U het my gevorm,
my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder.

Ek wil U loof,
want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep.
Wat U gedoen het,
vervul my met verwondering.
Dit weet ek seker:
geen been van my was vir U verborge
toe ek gevorm is
waar niemand dit kon sien nie,
toe ek aanmekaargeweef is
diep in die moederskoot.
U het my al gesien
 toe ek nog ongebore was,
al my lewensdae was in u boek opgeskrywe
nog voordat ek gebore is.

Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God,
hoe magtig hulle almal!
As ek hulle sou wou opnoem-
hulle is meer as wat daar sand is,
en as ek daarmee klaar is,
sou ek nog steeds met U te doen hê.

Seëngroet

Psalm 139 vers 1 & 4 (staan)

Oorsig 2008 in die Nuus

KYK
Vandag massiewe STOP KYK LUISTER oefening.
Dink bietjie terug 2008:
Wat in jou lewe gebeur?
Goed en sleg?

•    5 minute stilte  

PREEK
Dink vanaand saam my aan storie van Josef,
Eintlik van vroeg in Genesis, spesifiek van hoofstuk 37.
(Het vroeër vanjaar kort reeks gedoen,
Vars in gedagtes –
Gou geheue verfris:)

Josef allerhande drome gedroom – o.a. broers voor hom sou kniel.
Boonop pa se gunsteling, pa pragtige klere laat maak.
Broers wil vermoor, verkoop as slaaf, vertel vir pa is dood.
Josef slaaf in Potifar se huis,
Bewys betroubaar,
Word hoof van huishouding,
Potifar vrou lê by hom aan, hy wys van hand, sy sê hy by haar aangelê,
Josef eindig in tronk.
In tronk lê skinke en bakker se drome uit, word waar.
Lees Gen. 40:23:
Maar die hoof van die skinkers het nie aan Josef gedink nie,
Hy het van Josef vergeet.

Twee jaar later Farao droom,
Josef uitgelê.
Josef word aangestel oor hele Egipte,
(toe dertig jaar oud),
Vir sewe jaar graan opgegaar.
So baie koring bymekaar gemaak, dat net soveel as sand van die see.
Later opgehou aanteken hoeveel daar was, te veel te tel.
Toe kom sewe jaar hongersnood.
Mense van ander lande kom koring koop,
o.a. Josef se familie – nou moet Josef ten minste 27 jaar oud wees.

Josef beskuldig broers spioene,
Lang storie,
Geld in sakke,
Broers aangehou
Op ou end Benjamin, beker in sak.  
In Hoofstuk 45 sê Josef vir broers wie hy is.

Gen. 45:1-11:
1 ¶ Josef kon homself nie langer bedwing
 voor die mense wat hom bedien het nie.
Hy het hulle almal beveel om van hom af weg te gaan,
en daar was van dié wat hom gedien het,
nie een by hom
toe hy hom aan sy broers bekend gemaak het nie.

2  Hy het so hard gehuil
dat die Egiptenaars
en die mense in die farao se paleis
dit gehoor het.

3  Toe sê Josef vir sy broers:
“Ek is Josef.
Leef Pa werklik nog?”

Sy broers kon hom nie antwoord nie,
hulle was te bang vir hom.

4  Maar hy het vir hulle gesê:
“Kom na my toe!”
en toe hulle nader kom, sê hy:
“Ek is julle broer Josef.
Julle het my verkoop,
en ek is Egipte toe gebring.

5  Maar julle moet nou nie sleg voel
 of bang wees
omdat julle my verkoop het nie,
want God het my voor julle uit gestuur
om lewens te red.
6  Dit is nou maar die tweede jaar van hongersnood in die land.
 Daar lê nog vyf jaar voor
waarin daar nie geploeg of geoes sal word nie.

7  God het my voor julle uit gestuur
om vir julle ‘n oorblyfsel in hierdie land te laat oorbly,
om julle aan die lewe te hou
en sodat baie aan die dood sal ontkom.

8  Dis nie julle wat my hierheen gestuur het nie,
maar God.
Hy het my laat aanstel
as die farao se raadgewer
en as bevelhebber oor sy huis
en as regeerder oor die hele Egipte.

9  Gaan dadelik na Pa toe en sê vir hom:
 ‘So sê Pa se seun Josef:
God het my aangestel as regeerder oor die hele Egipte.
 Kom na my toe.
Moenie talm nie,
10  kom bly in die Gosenstreek.
 Dan is Pa naby my:
 Pa en Pa se seuns en kleinseuns,
die kleinvee en grootvee
en alles wat Pa besit.
11  Ek sal vir Pa daar onderhou,
 want daar lê nog vyf jaar hongersnood voor.
So sal Pa nie verarm nie:
Pa en Pa se familie en almal by Pa.’

Genesis 50:20  
Julle wou my kwaad aandoen,
maar God wou daarmee goed doen:
Hy het gesorg dat ‘n groot volk nou in die lewe gebly het

Leer baie dinge uit Josef verhaal.
Wat ek wil hê vandag moet sien,
Is dat God in alles aan die werk is.  
Soos gesegde sê:  God is in die details.  

In Josef se storie,
En in ons stories.
God gebruik selfs die mees onwaarskynlike gebeure in Josef se lewe, as deel van sy plan.  

Lyk nie altyd goed.
Die meeste van tyd lyk maar beroerd.
Ons sou wou ingryp,
Storie anders laat verloop,
Wil help,
Sodat daardie deel, ons redeneer, gelukkiger einde het.  

Al ooit so gevoel?
Dat in iemand anders se lewe kan ingryp, iets verander, gelukkiger?
Of eie lewe.

Wat Josef storie ons leer,
Is dat daar niks so toevallig is,
Of niks so sleg of boos,
Dat God dit nie kan gebruik nie.

Genesis 50:20  
Julle wou my kwaad aandoen,
maar God wou daarmee goed doen:
Hy het gesorg dat ‘n groot volk nou in die lewe gebly het

Oogartse sê moet 20/20 visie hê, dan kan goed sien.

Maar God het perfekte visie.
God sien beter as ons,
Sien wat nodig is,
Sien die groter prent,
Hoe goed in mekaar pas.  

En God is in beheer.  

Begin gebid uit Ps 139 .
Verse 2-6 (Message):
I’m an open book to you;
even from a distance,
 you know what I’m thinking.
You know when I leave
and when I get back;
I’m never out of your sight.
You know everything I’m going to say
before I start the first sentence.
I look behind me
and you’re there,
then up ahead
 and you’re there, too-
– your reassuring presence,
 coming and going.
This is too much,
too wonderful-
– I can’t take it all in!

Jeremia 1:5
5  Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het,
 het Ek jou geken;
voordat jy gebore is,
het Ek jou aan My gewy
en jou as profeet vir die nasies aangestel.

God sien die hele prentjie.
Ons sien slegs gedeeltes.

As net gedeeltes sien,
nie altyd maklik sin te maak van wat sien.
Soos een stukkie van puzzle,
Weet nie wat hele prent is.

Of soos prentjies jong vrou of ou vrou, eend of iets anders.
Het al vantevore gewys:
(wys prente van illusies)
Ou man/ ou vrou vs Mexikane bottel wyn
Hoeveel gesigte?  8
Hoeveel perde? 7

As ons nie hele prent sien,
Dan soms goed verander,
Nie verstaan.
Maar gevaarlik fokus op klein prentjie:

As op klein prentjie fokus, kan moedeloos raak,
Dink dinge nie sien maak,
God blameer,
En ergste van alles:  niks leer.

As mens op klein prentjie fokus:
Sien jou eie probleme.
Groot prentjie:
Kies te fokus op God se plan.

Klein prentjie:
Fokus op jou pyn en seerkry.
Groot prentjie:
Fokus op God se plan met jou lewe.

Klein prentjie:
Fokus op jou gevoelens;
Groot prentjie:
Fokus op God se getrouheid.

So truuk wat ons moet aanleer,
Is nie te kyk na klein prentjie,
Nie net fokus op gedeelte wat ons kan sien,
Maar fokus op God.

Dis 20/20 visie:
Om vir God te sien,
Ook in jou storie.

Romeine 8:28  
Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk
 vir dié wat Hom liefhet,
 dié wat volgens sy besluit geroep is.

God ons een manier gegee om gedeelte van groot prentjie te sien.
Engels mooi:  hindsight.

Soos in truspieëltjie kyk.
Pad agter jou sien,
Sien hoe gekom tot hier,
Dan… soms… maak sekere deel van prentjie sin,
Plaas sekere goed, wat voorheen nie verstaan,
Of wat onbelangrik gelyk,
Binne perspektief.

Dink goed einde van jaar,
Om ons hindsight in te span,
Ons sig met God se perfekte visie te kombineer.  

In verhaal gelees,
‘n oomblik waar Josef mis finaal laat verdwyn,
Alles ewe skielik sin maak.

Het jy opgelet,
Toe ons teks gelees,
Hoe Josef dit doen?

Hy doen dit deur na die storie te kyk vanuit God se perspektief!

Gaan kyk weer bietjie in Bybel hoeveel keer verwys hy na God
En gee vir God die krediet vir alles wat gebeur het.

Want dit is die enigste manier om sin te maak van die lewe,
Om dit in fokus te kry,
Is om dit vanuit God se perspektief te sien,
Om as’t ware die Godverhaal in jou eie verhaal te soek.

As jy ooit in jou lewe na Fort Rucker, Alabama, VSA gaan,
Sal enigste monument in wêreld kry wat tot eer van ‘n gogga gebou is.

In 1915 plaag van Amerikaanse boll weevil (weti Afr).
60% van katoen-oes vernietig –
Wat lewensaar van area was.

Desperaatheid boere begin grondboontjies plant.  
Grot sukses,
Twee jaar later (1917),
Staat Alabama mee grondboontjies geproduseer as enige ander staat.

Die mense van dorp so dankbaar ,
Dat op 11 Des 1919 monument opgerig,
Met inskripsie:
“in profound appreciation
for the boll weevil
and what it has done to herald prosperity.”

Wat hulle gedink het was ramp,
Wat op ou end massiewe seën.  

Iemand gesê:
God is besig om in alles wat met jou gebeur,
Te handel.
Reageer dan op alles,
Asof jy op God reageer.

Kom span hindsight in.

Kyk terug oor jaar.
Wat was God besig om te doen?
What is God up to?
Hoe het God meegewerk aan goed vanjaar gebeur?
Hoe het God dit gebruik?
Wat het jy vanjaar geleer?

Kyk na jaar,
Dink rustig,
Reageer op God.

Stilte

Lied 179 (sit)

Gebed vir 2009
Lied 247 herhaal (sit)

Slotlied Lied 200 vers 1 & 2 (staan)

Seën

Lied 313

Hebr 1 – Son 28 Des 08

Welkom
Lied 371:1-3 (sit)
Votum
Seëngroet

Lofsang
Lied 344 (staan)
Lied 365: 1 en 2 (sit)

Stop Kyk Luister
Toewyding
  Lied 305:1 (staan)
Geloofsbelydenis
Voorganger (V):
Ek glo in Jesus Christus,
die Woord wat mens geword het.

Gemeente (G):
Ons het sy heerlikheid gesien, vol genade en waarheid.

V: Hy is die Lam van God
wat die sonde van die wêreld wegneem.

G: Hy is die Seun van God.

V: Hy is die brood wat lewe gee.

G: Wie na Hom toe kom, sal nooit weer honger ly nie;
en wie in Hom glo, sal nooit weer dors kry nie.

V: Hy is die lig vir die wêreld.

G: Wie Hom volg, sal nooit in die duisternis lewe nie,
maar sal die lig hê wat lewe gee.

V: Hy is die goeie Herder.

G: Hy lê sy lewe af vir sy volgelinge (skape).
Hy ken sy volgelinge (skape) en hulle ken Hom.

V: Hy is die opstanding en die lewe.

G: Wie in Hom glo, sal lewe, al sterwe Hy ook.

V: Hy is die weg, die waarheid en die lewe.

G: Niemand kom na die Vader toe behalwe deur Hom nie.

V: Hy is die ware wingerdstok.

G: As ons in Hom bly en Hy in ons, sal ons baie vrugte dra, want sonder Hom kan ons niks doen nie.
(Uit die Evangelie van Johannes)

Gebed
Skriflesing
  Hebreërs 1:1-4
Verse 5-14 bg gegrond met aantal direkte aanhalings uit Septuagint,
Griekse vertaling OT.

Preek
Kersdag:  
Joh 1, OT verwysings,
Jesus is God,
As God wil ken, kyk Jesus.

Vandag teks onderstreep & bevestig.

Hierdie 4 verse in Hebr
Van mees elegant geskrewe Griekse tekste in NT.  
Skrywer se beste literêre vermoëns
En aangrypendste teologie
In hierdie openingswoorde van preek.

Een lang sin.
5 woorde begin met Griekse letter vir “P”.
Benewens alliterasie,
Gebruik woorde wat selfde klink vir parallelle frases.

Hele manier waarop sin gestruktureer
Moet ons bewus maak van gewig van inhoud,
Hoe nb dit wat gekommunikeer word.  

Soos Joh 1 proloog,
Hier ook allerhande OT-verwysings.

Jesus “deur God aangestel as erfgenaam van alles”,
Ps 2:8 –
“ek gee volke vir jou as eiendom,
Hele aarde as jou besitting”.

Ook na Gen. 17:5 –
Presies selfde woord as Griekse OT
Wanneer Abraham aangewys word as vader van baie nasies.  

Soos Joh 1,
Ook baie sterk ondertone van wysheidsteologie –
Trek hier ook direkte lyn tussen Jesus
En Sophia, vrou wysheid wat o.a. in Spreuke 1-8 lees.  

So maak hierdie teks,
Met soortgelyke teologiese skerpsinnigheid,
Waarskynlik heelwat meer literêre kundigheid,
Selfde punt as Joh 1:
Die brein agter die heelal,
God,
Het mens geword in Jesus Christus.
Jesus is God.  
En uit hom straal die heerlikheid van God
Hy is die ewebeeld van die wese van God.  

Wil God ken?
Wil God sien?

Kyk na Jesus.

Jesus is die charakter van God,
Die afbeelding of voorkoms
van God se upostaseos –
God se substans of werklike wese.

Philo gebruik Griekse term charakter dikwels
Te argumenteer dat niks of niemand God se “ voorkoms”  kan ewenaar nie.
Teenstelling hiermee,
Presies wat Hebreër-skrywer beweer:
Jesus is die perfekte,
Sigbare manifestasie van God.

Hierdie woord charakter,
Is die ding wat jy kry wanneer stempel vat,
En stempel maak,
Afbeelding van stempel,
Hetsy in metaal,
Soos muntstuk,
Of seel dokument
Of seëlring.

So is Jesus die charakter,
Die ewebeeld van die wese van God.

Natuurlik baie NB dat wanneer praat van God,
Vra:  watter God?  
Vra:  watter prent in kop wanneer woord “God” gebruik?
Wat sê wanneer “God” sê?

Want ons almal konsep van God,
Hetsy vaag of presies,
Gelowig of ongelowig.  

En meeste mense,
Wanneer “God” sê of hoor,
Bedoel iets heeltemal anders as die Een wie se stempel,
Wie se ewebeeld
Daar is in die vlees en bloed,
Die karakter in elke sin van die woord,
Van Jesus van Nasaret,
Die baba in ‘n stal,
Die jong profeet aan ‘n kruis.

Hoekom is dit nb?
Hoekom maak saak watter beeld van God het?

NB,
Want gevaar altyd dat God na eie beeld skep,
Dat God beeld wat self pas,
In ons eie boksies indruk.

God altyd meer as dit.  

Kan gebeur dat beeld van God het,
Geen bedreiging vir magte wat wêreld tot ons voordeel vorm.

Ware verhaal van Kersfees
Baie meer subversief,
Magtig
En gevaarlik,
As wat al conspiracy theories e
En Da Vinci codes kan droom.

Ware verhaal van Kersfees het Herodes se broek laat bewe,
Het die regering van Keiser Augustus omgekeer.

As nie erns maak Godsbeeld,
Kan uit mis op ware krag van evangelie,
Afgewaterde,
Mak evangelie –
(bekende prentjie)
Amper soos kat sien,
Dink dis ‘n leeu!

Belangrik, want sien,
Hoe God sien,
Vorm nie net beeld van God in jou kop,
Ook waaroor dink ons lewens gaan.

Ook hoe dink self moet lewe,
Hoe self lewe gaan struktureer,
Stempel in eie lewe.

Om Jesus verstaan,
NB dat Jesus historiese konteks verstaan.

Drie goed sentraal eerste eeuse Judaïsme:
1. God het verbond gesluit met Israel,
2.  Hoop dat God in geskiedenis sal ingryp,
Verbond vorm gee,
Deur sy volk te vindicate.
Herhalende metafoor hiervoor:  opstanding van volk.
3.  vasbeslotenheid om koms van hierdie dag aan te jaag
Deur getrou te bly aan verpligtinge van verbond
Deur wet te onderhou.  

Debatte binne eerste-eeuse Judaïsme gefokus
Presiese manier hoe hoop vervul sal word,
Of presiese detail van volk verantwoordelikhede binne verbond.  

Vir meeste Jode,
Hoop begin kristalliseer in verwagting van Messias,
Gesalfde uit nageslag van Dawid,
Wat leiding sal neem in verlossing van volk.

Vir bykans al Jode was tempel
Fokus van nasionale lewe
En van hierdie hoop.

Was meer as net plek van gebed en offers,
Was simbool van God teenwoordigheid by mense,
Teken dat hulle nie vergeet het nie.

Tempel en Messias hand aan hand gegaan:
Oorspronklike tempel deur Dawid seun gebou (Salomo)
En komende Seun van Dawid sal tempel herstel tot volle, beloofde glorie.

In hierdie konteks Jesus gebore word.  
Verwagting versterk deur onderdrukking,
Tyd waarin bykans elke Jood
Gewag het God koninkryk kom,
Sy soewereine regering,
Vervulling van antieke belofte.

Binne hierdie wêreld,
Hierdie verwagting,
Jesus boodskap dat tyd aangebreek het.
Die Koninkryk,
Waarvoor so lank gewag,
Het gekom.  

Maar groot deel Jesus bediening daarom gegaan om
In woord, simbool en daad
Te verduidelik dat,
Hoewel volk se langverwagte hoop nou vervul word,
Die vervulling anders lyk as verwag.  

Baie van gelykenisse,
Bv.,
Is ontwerp juis as antwoord
Op aanklag
Dat koninkryk nie daar is nie –
As koninkryk gekom het,
Hoekom gaan wêreld steeds so aan soos wat aangaan?

Jesus antwoord is dat koninkryk teenwoordig is
Soos suurdeeg,
Soos ‘n saad in die geheim groei,
Soos ‘n uitnodiging na troue
Waar verkeerde mense uiteindelik opdaag vir partytjie.  

Jesus roep Israel hulle te bekeer van nasionalistiese ambisie,
En hom te volg na God se oorspronklike visie,
Oorspronklike doel met Israel.  

I.p.v. opstand teen Rome,
Moet daar liefde en gebed vir jou vyande wees.

Sy genesing van blindes,
Verlamdes,
Uitreik na verworpenes
En armes,
Wys daarop dat Jesus volk van God herbou
(roeping van 12 dissipels simbool hiervan,
Hernuwing van 12 stamme).

Jesus neem volk se destiny op homself:
Jesus vervul self die opdrag van God aan Israel
Om heilig te wees soos wat God heilig is –
Heilig, nie in skeiding van wêreld,
Maar heilig in genade,
Liefde en trou bewys,
Reg laat geskied.  

In Jesus sien ons vir God:
God as ‘n baba,
Tot die uiterste toe kwesbaar.

God wat sy koninkryk laat kom deur te leef as ‘n vlugteling in Egipte,
God wat grootword met skinderstories oor sy geboorte,
God wat sy koninkryk aankondig en mense wat sê hy is mal,
God wat die magte van die dag konfronteer,
En ‘n gruwelike dood sterf –
Dit is die stempel wat God op die aarde kom afdruk het.  
DIT is God.  

Afsluit geloofsbelydenis (Brian McLaren)

Ons vertrou op Jesus
Wat die siekes, die blindes en die verlamdes genees het
En selfs die dooies opgewek het.

Hy het bose magte uitgedryf en
Korrupte leiers gekonfronteer.
Hy het die tempel gereinig.
Hy het ‘n sagte plek gehad vir die armes.
Hy het water in wyn verander,
Op water geloop en storms laat bedaar.

Hy het gesterf vir die sondes van die wêreld,
Opgestaan uit die dode en opgevaar na die Vader;
En die Heilige Gees gestuur.  

Ons vertrou op Jesus
Wat ons geleer het met woord en voorbeeld,
Teken en wonder.
Hy het gelykenisse van die koninkryk van God vertel,
Op heuwels, uit bote, in die tempel, in huise,
By feeste en partytjies, langs die pad, op strande, in dorpe,
Deur die dag en in die nag.

Hy het ons geleer van die weg van liefde vir God en naaste,
Vreemdeling en vyand.

Ons vertrou op Jesus,
Wat sy dissipels geroep het, gelei het,
Vir hulle nuwe name en ‘n nuwe doel gegee het
En hulle gestuur het om die goeie nuus te verkondig.
Hy het hul voete gewas soos ‘n dienskneg.
Hy het saam met hulle geloop, saam met hulle geëet.
Hy het hulle vriende genoem;
Hulle tereggewys, hulle aangemoedig
Belowe om hulle te verlaat en weer terug te keer
En om altyd by hulle te wees.

Hy het hulle geleer om te bid.
Hy het vroeg opgestaan om te bid, na verlate plekke gegaan,
Hy het gevas en is versoek,
Het gehuil in die tuin,
Gebid:  “Nie my wil nie, maar u wil geskied.”
Hy het gesing, fees gevier, gehuil.
Ons vertrou op Jesus.
So ons volg hom, leer sy weë ken
Probeer om sy opdragte te gehoorsaam en volgens sy voorbeeld te leef.
Ons wandel saam met hom, woon in hom,
As ‘n loot van die wingerdstok.

Ons het hom nie gesien nie, maar ons het hom lief.
Sy woorde is vir ons woorde van ewige lewe,
En om hom te ken, is om die ware lewende God te ken.
Ons sien hom nie nou nie,
Maar ons vertrou op Jesus.
Gebed

Dankoffer

Slotlied Lied 168
Seën
Die magswoord
van die Here Jesus,
Die getrouheid
van die Vader en die
Teenwoordigheid
van sy Gees
Hou alle dinge,
Ook ons lewens
In stand.
Amen
Lied 189

Joh 1 – Kersdag 25 Des 08

Vooraf:  Orrelvoorspel & kunswerke
(Sonder aankondiging) Lied 369 (staan)
Verwelkoming & Kersgroete
Intro:  Lied 345 (staan)
Votum Psalm 98
Kerse aansteek:
Ons vier vandag Kersfees – die fees van Christus se geboorte toe God se Seun mens geword het en onder ons kom woon het.

Terwyl ons hierdie kerse aansteek,
·    Dank ons God vir die hoop wat ons van Hom ontvang,
(steek die eerste kers aan),
·    vir die vrede wat Hy skenk,
(steek die tweede kers aan),
·    vir die vreugde wat Hy in ons harte uitstort,
(steek die derde kers aan),
·    en vir die liefde waarmee Hy ons verlos
(steek die vierde kers aan).

Ons dank God omdat Hy sy Seun vir ons gegee het.
Ons dank Hom omdat sy lig deur Christus
in die wêreld ingekom het
en dit vir ons moontlik gemaak het
om tot die lig te kom
en as verlostes in die lig van Christus te lewe.

Gemeente (G):
U is Immanuel, God met ons.
U is vir ons die bron van lig en lewe.
·    (Steek die Christuskers aan.)

V: Liefdevolle God en Hemelvader,
Immanuel,
Ons dank U
dat U God met ons is en
dat U u Seun gestuur het
om onder ons te woon
 en ons na die ware lewe te lei.

Gee dat die hoop,
die vrede,
die vreugde
en die liefde
 waarvan ons in die tyd van Advent gehoor het,
’n volle werklikheid in ons sal wees –
ook nou waar ons U aanbid
en dien.
Deur Jesus Christus ons Here
 – nou en vir ewig.

G: Amen.

Seëngroet

Lied 352:1-3 (staan)

Litanie
In ons wêreld,
soos in die skoot van Maria …

Gemeente (G):
Kom, Here Jesus.

V: In al die vergete plekke,
soos in die stal van Betlehem …

G: Kom, Here Jesus.

V: Bring hoop
in die lewe van armes;
bring wysheid
in die lewe van magtiges;
bring rus
in die lewe van vermoeides;
bring onrus
in die lewe van oorgerustes.
In ons lewe
en in ons verlangens,
wie ons ook al is …
G: Kom, Here Jesus.

V: Dit is die goeie nuus:
Christus is gebore.
Christus kom weer.
En geseënd is elkeen wat wag op sy koms.

G: Kom, Here Jesus! Kom gou!
Amen.

Lied 359
– Sommige mense geskenke gebring – bring vorentoe
(Thand’usana Safe Home for Babies)

Lofsang Lied 344

Die Kameeltjie wat Kersfees Gevind Het
Deur Alexa Tewkesbury (Illustrasies deur Steve Boulter)

Die tyd het aangebreek.

Diep in die nag onder ‘n helder sterre-hemel
Het drie wyse manne klaar hul groot kamele vol bagasie gelaai
En het gereed gestaan om hul reis te begin.

Maar die kleinste kameeltjie was nog vas aan die slaap.
Mamma Kameel het hom met saggies met haar sagte neus gestamp.
“Dis tyd om te gaan, kleinding,” het sy gefluister.
*
Die klein kameeltjie het sy oë vakerig geknip.
“Tyd om waarheen te gaan?”
“Dis Kersfees”,  het Mamma Kameel geantwoord.
“Kyk daar in die lug.  
Ons gaan daardie ster volg om ‘n koning te ontmoet.”

“Watter koning?” het die kameeltjie gevra.

“Die belangrikste koning in die wêreld”, het Mamma Kameel geantwoord.
“Jesus, die Seun van God.”

*
Die klein kameeltjie het gefrons en sy kop geskud.
“Dan kan ek nie saam met julle kom nie”, het hy gesug.  
“Hoekom sal ‘n koning my wil ontmoet?  
Ek is net nie groot genoeg nie.”

Mamma Kameel se oë was sag en vriendelik.
“Nonsens!” het sy gesê.
“Almal is groot genoem  om vir Koning Jesus te ontmoet.”

So het die wyse manne vertrek,
Elkeen op ‘n groot kameel,
Terwyl die klein kameeltjie saggies agterna gedraf het.

*
Maar soos wat die skaduwees in die sterlig geflikker het,
Het die klein kameeltjie begin dink…
“Sê-nou die koning woon in ‘n grot,
Blink paleis,
Met dik mure
En hoë torings
En honderde kerse
Om die honderde trappe te verlig.
Hoe kan ek daarheen gaan?
‘n Koninklike paleis is nie ‘n plek vir ‘n kameeltjie soos ek nie.”

*
En die naglug het kouer en kouer gevoel
En die klein kameeltjie het kleiner en kleiner gevoel
Totdat hy uiteindelik uitroep:
“Dit help nie!
Ek kan nie saam met julle gaan nie!
Hoekom sal ‘n koning my wil ontmoet?
Ek is net eenvoudig nie belangrik genoeg nie.”

Mamma Kameel se stem was sag en kalm:
“Dommie!” het sy getroos.
“Almal is belangrik genoeg om vir Koning Jesus te ontmoet.”

So het die groot kamele met die wyse manne voort gereis,
Met die klein kameeltjie wat stadig agterna stap.

*
Maar soos wat die wolkies saggies voor die sterre verby beweeg het,
En die enigste klank die flomp flomp van die kamele se pote in die sand was,
Het hy begin wonder…

Sê nou die koning se vriende is ryk en mooi,
Met vloeiende klede
En pragtige jasse,
Rye en rye juwele wat aan hul vingers blink.
Hoe op aarde kan ek die koning saam met hulle besoek?
Hulle sal niks met ‘n kameeltjie soos ek te doen wil hê nie.

*
En die nag het donkerder en donkerder gevoel
En die klein kameeltjie het armer en armer gevoel.
Skielik roep hy uit:
“Dit help nie!
Ek kan nie saam met julle kom nie!
Hoekom  sal ‘n koning my wil ontmoet?
Ek is net nie mooi genoeg nie!”

Mamma kameel het geglimlag.

“Toe nou”, het sy saggies gesê.
“Almal is mooi genoeg om Koning Jesus te ontmoet.”

E so het die groot kamele met die wyse manne aangestap,
Terwyl die klein kameeltjie ingedagte agterna draf.

*
Die klein kameeltjie het begin moeg raak
En ‘n koue briesie het sy kort, bruin haartjies deurmekaar gewaai.
“Mamma Kameel,
Hoe ver is dit nog tot by die Koning?”

“So ver was dat die ster ons vat”
Het Mamma Kameel geantwoord.

Die klein kameeltjie het bekommerd geraak…

“Sê-nou die koning is kwaai en trots,
Met koue, harde oë
En ‘n glimmende kroon op sy koninklike kop!
Hoe kan ek voor hom staan?
‘n Magtige koning sal nie tyd het vir ‘n kameeltjie soos ek nie!”

 *
En die klein kameeltjie het al meer en meer hartseer geword.
Sy klein, stowwerige pootjies het al stadiger en stadiger geloop,
Totdat Mamma Kameel vra:
“Wat is fout, kleintjie?”

“Dit help nie”,
Het hy gesnuif.
“Ek kan nie saam met julle kom nie.
Hoekom sal ‘n koning my wil ontmoet?
Ek is net eenvoudig nie spesiaal genoeg nie!”

*
Toe, ewe skielik,
Roep een van die wyse manne:
“Stop!”

Mamma Kameel het opgekyk.
Hoog bo hul koppe
Het die ster stil gehang.

“Natuurlik is jy spesiaal genoeg.
Almal is spesiaal genoeg om Koning Jesus te ontmoet.
En in elkgeval” het sy aangekondig  “ons is hier!”

Die klein kameeltjie het versigtig in die skaduwees rondgeloer.

“Waar?” het hy bewerig gevra.
“Ek dag ons gaan ‘n groot koning ontmoet.”

“En dis wat ons gaan doen”,  antwoord sy.  

*
Maar in plaas van ‘n groot paleis,
Het hulle voor ‘n ou, vuil stal gestaan.

En toe die klein kameeltjie inloer,
Is daar geen imposante besoekers nie,
Net ‘n paar skaapwagters.

En al het hy oral rondgekyk,
Daar was net geen teken van ‘n koning nie.

“Ek verstaan nie” het hy gefrons.
“Waar is Koning Jesus?”

*
Mamma Kameel se gesig het gestraal van opgewondenheid.

“Daar” het sy gefluister,
“net daar.”

En daar,
Net daar,
Vas aan die slaap tussen ‘n hoop stowwerige strooi,
Het die kleinste pasgebore babatjie gelê.

*
“Mamma bedoel dis die koning?”
Het die klein kameeltjie gevra.
“Maar hy’s so klein!”

“Presies”, het Mamma Kameel geknik.
“Klein genoeg om ‘n klein bruin kameeltjie soos jy te verwelkom.
Koning Jesus is nie in ‘n paleis gebore nie.
Hy is gebore sodat enigiemand naby aan hom kan wees –
Selfs die armste skaapwagter.  
Hy is nie gebore om soos ‘n koning te leef nie.
Hy is gebore om vir ons die pad na God te wys.”

*
Vir een stil oomblik
Het die klein kameelte gestaan en dink.
Toe begin sy oortjies beweeg
En ‘n glimlag het die frons op sy gesig vervang.

Terwyl hy nader aan die klein babatjie gekruip het,
Het hy gelag:
“Dan is dit waar!  
Enigiemand kan vir Koning Jesus ontmoet,
Want Koning Jesus wil ALMAL ontmoet!”

*
“Almal, orals” het Mamma Kameel geantwoord.
“Dis Kersfees –
Toe Koning Jesus gebore is vir die hele wêreld.”

Lied 350:1-2 (staan)

Gebed

Skriflesing Johannes 1:1-18
Spreekkoor aanvang Griekse drama –
Hoorders help wat volg verstaan –
Proloog Johannes hulp evangelie verstaan.

Overture,
Kondig groot temas volg, aan:
Lewe
Lig
Duisternis
Geloof
Waarheid
Genade
Heerlikheid

Preek
Wat wonderlike, ryk teks.
Voel nie moet preek,
Eerder sing
Of mediteer.

Nooi juis dit te doen –
Vandag, Kersdag,
Maklik dit waaroor werklik gaan,
Verlore in geskenke,
Kos,
Versierings,
Kuier…

Teks as familie saam lees, gesels (wandel; luistersiklus)
Of Lectio op eie.  

Tog probeer preek,
Deeglik bewus geen manier reg laat geskied hierdie overture,
My woorde wasem blaas oor diamant –
Daarom uitdaag vandag diamant bestudeer.

Verskillende kersverhale NT.
Wat ons ken as Kersverhaal, samevoeging verskillende evangelies.

Gryp aan hart,
Kan stal sien,
Engele
Wyse manne,
Skaapwagters,
Maria, Josef.

Vertel verhaal op verskillende maniere,
Versier huise,
Kerk.

Kragtige storie.

Winkels natuurlik mal oor storie,
Kersverhaal het krag!  

Gevaar natuurlik dat tipe folktale,
Legende raak.

Daarom goed elke vier jaar
Verhaal êrens anders lees.

Matteus & Lukas verhale begin Jesus gebore.
Johannes begin lank voor dit –
By die begin.  

Johannes stel ons nie voor aan baba in Bethlehem,
Maar eerder Kosmiese Christus.
1  In die begin was die Woord daar,
en die Woord was by God,
 en die Woord was self God.

In Johannes proloog etlike OT konneksies.  
OT verbind aan Jesus.  
(paar uitlig)

Eerstens verwysing na Jesus as Woord.

Verbintenis Wysheidstradisie –
Sophia,
Lees in Spr 8 dat Wysheid by God was tydens skepping.

Wysheid later geassosieer  God Woord,
Veral soos eksplisiet vind in Wet – torah.
So verwysing hier na Jesus as Woord,
Verbind met Wysheid en Wet.  

Natuurlik ons almal hoor lees,
Is Genesis 1 –
Begin presies selfde woorde:
In die begin was daar…

Johannes begin letterlik by begin.

Sê dat Jesus skeppende Woord van God is,
Dat Hy eintlik verantwoordelik is vir alles om ons sien,
Alles deur hom tot stand gekom.

Hy het nog altyd bestaan,
Nog voor tyd,
Voor skepping.

Hiermee sê natuurlik ook dat Jesus self God is.  

Woord vir beide Jode & Grieke NB.  
Woorde gesien as goed wat leef,
Lewe van eie het.
As woord gesê,
Kan nie terugneem.
Gaan op eie pad voort soos rivier,
Of vernietig of lewe bring.

Selfde natuurlik – meer – waar van God Woord.
God Woord krag –
Skeppend.  
Joh sê alles deur Woord ontstaan –
Ook in Genesis leer –
Alles deur God woorde geskep.  

Tweede OT beeld is dié van lig en lewe.  

God se eerste woorde met skepping:  “Laat daar lig wees”.  
Lig en lewe kan nie geskei word nie.
Sonder lig sou daar geen lewe gewees het nie.  
God skei lig en duisternis met eerste skepping.

Jesus is lig vir wêreld.
Met Jesus se koms word lig en duisternis weer geskei.

3.  Onder ons kom woon.
Letterlik “tent opslaan”,
Woordspeling “tabernakel”.

Tabernakel natuurlik God se woning onder volk Israel.  
Simbool van God teenwoordigheid op aarde.

Herinner dus God teenwoordig,
Sê God teenwoordig in Jesus –
HY tabernakel,
Roep ook hele geskiedenis God met Israel in herinnering.  

Laaste OT konneksie ek wil verwys,
V 17
die genade
en die waarheid
het deur Jesus Christus gekom.

Terme “genade & waarheid” beskryf God.  
(Kan ook vertaal word met “liefde en trou”.)
Wanneer God wet  Moses gee,
Beskryf self hierdie woorde.  

Duidelik Johannes sê
In Jesus OT beloftes vervul.
Meer nog,
Jesus nie net vervulling beloftes God,
Jesus IS God.

Iemand boek geskryf getiteld:
“Your God is too small”.

Johannes sê:
Your Jesus is too small.

Dink te dikwels aan Jesus as net mens op aarde geloop.
Kinderbybel:  lang bruin hare, blou oë.

Jesus meer as baba in krip.
Selfs meer as verlosser aan kruis.

Jesus is God wat van altyd af bestaan het.  

Kol 1:
“God het deur hom alles geskep wat in die hemel en op aarde is:
Alles wat gesien kan word
En alles wat nie gesien kan word nie,
Ook die engele op sy troon,
En al die geestelike magte.
Alles is deur hom
En vir hom geskep.

Voor alles was hy al daar
En deur hom bly alles in stand.”

Die God wat die heelal geskape het
Is die een wat ons in ‘n stal in Bethlehem kry.  
Hy het nie in Bethlehem begin nie.
Hy het nie eers in Gen. 1 & 2 begin nie –
Hy was nog altyd daar.
Hy was by God.
Hy is God.  

Die wonder van Kersfees
Is dat God,
Die brein agter die ganse heelal,
Nie in die hemel gebly het nie,
Nie daar ver, onbereikbaar vir mense, gebly het nie.
God het MENS geword,
Gewone mens,
Heeltemal mens.  

Hy het soos ‘n mens
Tussen mense kom leef,
Soos mense swaargekry,
Gesterf.  

Miskien wonder oor God,
Soek God,
Weet nie lekker wie God,
Waar God.
Dalk selfs al opgegee –
Nie ken-baar.

Wonder:
Waar is God?
In die Ark van die Verbond?
In die Tien Gebooie?
In hierdie gebou?
In feesvieringe van Kersfees?

Nee.
God is sigbaar en ken-baar in die persoon van Jesus Christus.

Ons ken God se teenwoordigheid.
Ons kan God se heerlikheid sien.
Kan in sy lig leef.

Nie engelkoor uit hemel sing,
Wonderbare ster bo stal.

Johannes noem NIKS hiervan nie.

Nee.
Vir Johannes is die heerlike teenwoordigheid van God
Die helderste sigbaar
In Jesus Christus.

In sy geboorte,
Sy doop,
Versoeking,
Leringe,
Wonderwerke,
Gelykenisse
Dood en
Opstanding.  

Ons kan God ken,
Deur dit wat Jesus gedoen het.

Die een wat ryk was
En ter wille van ons arm geword het
(2 Kor 8:9)
Wat homself ter wille van ons verneder het (Fil. 2:6-11)
Wat sy lewe afgelê het.  

In Jesus leer vir God ken,
Vind God,
Maar kry woord “God” ryker betekenis.
Word liefde en trou van Eksodus onderstreep,
God wat leer ken in hulpelose bab,
Wat glorie openbaar deur te sterf aan kruis.  

18  Niemand het God ooit gesien nie.
Sy enigste Seun,
self God,
wat die naaste aan die Vader is,
dié het Hom bekend gemaak.

Miskien dít hoekom so baie Kersfees hou.
Nie vakansie, geskenke, liggies, kuier,
Maar werklikheid tot stilstand ruk:
God het mens geword.
Ons kan God vind.
Ons kan God ken.

Mag dit hierdie Kersfees waar wees van elkeen van ons:
Mag jy in Jesus Christus
Vir God, die Almagtige,
Skepper van die Hemel en die Aarde,
Vind.  

Gebed

Lied 353  (staan)

Seën
·    Mag die liefde van die Here Jesus
Ons na hom toe trek.
·    Mag die krag van die Here Jesus
Ons sterk maak in sy diens
·    Mag die vreugde van die Here Jesus
Ons vervul.
·    Mag die seën van die almagtige God
Tussen ons wees
En vir altyd bly.
Amen

Lied 348

2 Sam 7 – Son 21 Des 08

Verwelkoming
Toetrede Lied 329×2 (staan)
Votum Ps 89:1-5
Seëngroet

V: Ons steek vandag die vierde kers aan om ons daaraan te herinner dat God liefde is. Ons dank God vir die hoop wat ons van Hom ontvang, vir die vrede wat Hy skenk, vir die vreugde wat Hy ons harte uitstort en vir die liefde waarmee Hy ons verlos.

Ps 89:1 (staan)
Lied 332 (staan)

Doop

Gebed
V: O God van liefde, Immanuel, God met ons, ons bid dat U u lig in hierdie dae in ons harte sal laat skyn. Help ons om gereed te wees vir die dag wanneer Christus finaal verskyn. Gee dat ons so in Christus sal bly dat sy liefde ons hele lewe sal vul. Leef in ons en help ons om in U te lewe. Vernuwe ons deur die krag van u Gees, sodat ons aanbidding, ons feesviering en ons voorbereiding vir U welgevallig sal wees – nou en vir ewig.
Skriflesing 2 Samuel 7:1-11, 16

Preek
Hierdie baie belangrike hoofstuk in Bybel,
In ons verstaan van geloof –
God belofte hier is spilpunt waarom res van Bybel draai.
Brueggemann sê dis die dramatiese en teologiese sentrum
Van hele Samuel-geskiedenis.
Een van belangrikste OT tekse vir Evangeliese geloof.

Voor gebeure in Samuel beskryf,
Israel op radikaal ander manier regeer.
Verskillende stamme,
Soms saam gekom wanneer bedreig deur ander nasies.
Regeer deur Rigters,
Lees in boek Rigters
Hoe Gees in tye van nood leiers geroep.

1 & 11 Samuel vertel dan van massiewe politiese skuif,
Rondom 10e eeu v.C.

Mense begin aandring koning,
En laaste rigter – Samuel –
Instrumenteel in ontstaan van monargie.  

1 Samuel Dawid worstelinge met Saul.  
Saul en seuns in 1 Sam 31 deur Filistyne doodgemaak.
1 Sam 1 – 5 proses Dawid troonopvolger word.  

Dawid gaan verder as Saul,
Wat eintlik net koning van gedeelte van land was.  
Verenig stamme van Israel,
Word koning,
Uiteindelik hoofstad in “neutrale” stad Jerusalem.

In proses maak natuurlik seker dat mag in sy huishouding gesetel bly,
Eerder as steeds verdeel onder ou stam-lyne.

So in 2 Sam 5-8 lees hoe koninkryk vestig,
Hoofstad,
Hof.

In 2 Sam 7 dink Dawid daaraan tempel vir God bou.
Kontrasteer God se woning in tent
(Tabernakel elders, Dawid tent gemaak vir Ark)
Met eie luukse woning.
Asof wil sê dat politieke en sosiale vooruitgang
Nie weerklank in godsdiens vind.  

Natan reageer onmiddellik positief,
Nie eers Here se wil soek,
Lyk tog logies,
Dawid bedoelings oënskynlik goed,
Ander gode imposante tempels.  

Maar in nag praat God met Natan.
Praat oor geskiedenis met mense,
Tent en tabernakel rondgeswerf.

Here verwys na geskiedenis met Dawid,
Hoe agter kleinvee weggevat
Om oor volk van Israel te heers.  

Herinner tema dwarsdeur Bybel:
Dat Here deernis het met armes en nederiges.

God was by Dawid,
Het hom gehelp om sy vyande te oorwin,
Groot naam gemaak
Plek gegee waar tot rus kan kom.

Dan interessant:
Eerder as dat Dawid vir God ‘n huis bou,
Sal God vir Dawid ‘n huis bou
(woordspeling huis).

God wil nie dat Dawid vir hom tempel bou
(hoewel deel nie gelees, sê Dawid seun sal bou,
Weet Salomo later wel tempel gebou.)

Maar God kan nie in een plek vasgekeer word nie.
God is vry,
Is oral by volk,
Het saam met hulle gereis –
Nie in een plek.
Nie ‘n God wat sit nie,
Nie statiese godheid wat aan tempel gebonde
En afhanklik van grense van menslike aanbidding.
God is vry.

Gesprek lyk met eerste oogopslag vreeslik “gentlemanly”.
Laat ek vir jou ‘n huis bou…
Nee, nee, ek verwag dit nie van jou nie,
Laat ek eerder vir jou ‘n huis bou.

Maar hier baie meer op spel.
Dawid behoefte God tempel te bou,
Sleutel-oomblik waarop geskiedenis draai,
Hul hele kultuur op mespunt.  

Gaan God in beweegbare struktuur woon,
Of in permanente een?
Sal God vry wees om tussen sy mense te beweeg,
Of gaan aan een plek van Dawid keuse gebind wees?

Wie gaan vir wie ‘n huis bou?

Want Dawid se gedagte dra swaar politieke gewig
En teologiese aannames:
Hoe nou gaan verbintenis wees tussen God en Dawid se regering?
As Dawid tempel sou bou, sou – in ONO gebruik – koninklike kapel wees, eerder as plek van openbare aanbidding.
Die sentrale simbool van God teenwoordigheid sal dan onlosmaaklik verbind wees aan Dawid se regering.
Goddelike teenwoordigheid en seën
Sal verbind word aan menslike mag en politiek.

Israel totale identiteit besig verander –
Kultuur skuif,
Van nomadiese kultuur,
Stamme,
Na monargie,
Stede…

Reuse skuif
Alles verander.

Dis wat hier op die spel is.

Wat interessant is,
Hoewel God nie op die manier aan Dawid verbind,
Nie wil hê tempel bou,
Tog aan Dawid verbind!

God sluit nuwe verbond,
16  Jou koningshuis
en jou koningskap
sal vir altyd vas staan;
jou troon sal altyd voortbestaan.”

Interessant dat voorwaardelikheid van Sinai-verbond
Doelbewus weggeneem word.
Hierdie belofte staan vas,
Onvoorwaardelik,
Vir altyd.  

Dawid word draer van God se onvoorwaardelike genade aan Israel.

Dawid en sy familie word die draers van God se getrouheid.

In hom en sy nageslag God se belofte gesetel.  

Hierdie is in reële sin
titelakte vir koningshuis van Dawid.

Word fondament van Israel se hoop vir toekoms.

Hoop oorleef vernietiging
Verlies van politieke mag van Dawidshuis.

Hoop op Dawidiese koning het aanhou groei,
Selfs nadat die laaste koning verdwyn het!  

En in Jesus word hierdie belofte natuurlik vervul.
Dis waarom so nb belofte is.

Verhale Jesus gebore moeite te onderstreep dat hierdie belofte vervul.
Lukas (1:32-33):
Die Here God sal hom die troon van sy voorvader Dawid gee,
En hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers
Tot in ewigheid.
Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.

Johannes verwys hierna:
1:14:
Die Woord het mens geword en onder ons kom woon –
Letterlik tent opgeslaan, tabernakel.
Verwys na hierdie teks.

Hierdie teks duidelik:  God liefde.

Sy inisiatief in lewe van Dawid en volk,
Nie gemotiveer deur belofte van tempel.

Vandag Sondag van liefde –
Fokus God liefde vir volk,
Veral sigbaar in Kersfees,
In belofte aan Dawid wat in Kersfees vervul word.  

Woord God liefde – hesed.
Hardkoppige,
Standvastige liefde.

Liefde wat kies en nie weer loslaat nie –
Liefde wat veral in getrouheid sigbaar is.
Sien getrouheid in pad wat deur geskiedenis sigbaar is.  

Ook in teks,
God herinner aan getrouheid in verlede,
Getrouheid van verlede altyd herinner dat in die toekoms steeds aan sy belofte kan vashou.  

God se liefde en trou moet altyd in dieselfde asem genoem word.  
Dis hoekom Lukas God se belofte aan Dawid
In die mond van Gabriel laat weergalm.
God het dan belowe dat die nageslag van Dawid koning sal bly.

God laat in die gedeelte ken as God wat beloftes doen.

In Advent vier juis feit dat God getrou is aan sy beloftes,
Vier God liefde en trou,
Dat ons hoop het,
want ons herleef verwagting koms van Jesus,
nageslag van Dawid,
maar sien ook uit na koms van Christus,
Koning hemel en aarde.  

Wat interessant,
Is dat God van begin af aardes “bondgenote” gebruik
Om sy koninkryk te laat kom.
Hier belofte aan Dawid, nageslag.

Adventstyd ook ons “huise” uitgenooi
Om deur dade van liefde en deernis
Die koms van die koning te verkondig.  

Kersfees tyd van gee en ontvang.
Media:  “Spirit of Christmas”.  

Ons weet wat hierdie ware Gees van Kersfees,
Gebore uit God liefde en trou,
Deel van hierdie liefde en trou.

Kersfees tyd dink aan wat ontvang het,
Dankbaar is voor,
Maar óók tyd
Spontaan huis vir ander huise sal word.  

Dade,
Gee,
Kersdag –
Kollektes
Barcelona-projek
MTR Smit
Vistarus
Maranatha
Môrewag voedingsfonds
Cheshire
Geskenke Thand’usana Huis babas.
Geld (koevertjies)
Doeke (0-2)
wetwipes
(Toedraai, gaan voor sit)

Mense uitnooi lewens te deel hierdie tyd van jaar.
Kuier.

Ook in menswees:
Weer gasvryheid,
Nie net huis,
In manier van wees,
Aanvaardende teenwoordigheid,
Mense omgee,
Raaksien,
Erken,
Respekteer.

Kersfees werk alles saam ons hieraan te herinner,
Deel van koms van koninkryk in uitleef van God liefde en trou,
Sodat as gewoonte gevestig kan word,
Res van jaar ook kan uitleef,
Elkeen van ons hawe kan wees vir almal met wie in aanraking kom.

Gebed

Dankoffers

Lied 334

Seën
Lied 313

Hand 3-4 – Son 23 Nov 08

Handelinge 3 & 4

Prediking
Hierdie kwartaal reeks: hulle het hulle heelhartig toegelê…” Oor geestelike groei.

Begin vra:  waar is jy?
Dit is God wat transformasie / geestelike groei bring.
Deon navorsing verduidelik (stoele),
Mense op hierdie verhoudingspad met Jesus Christus kan op dieselfde wyse val in 4 voorspelbare segmente opgedeel word:

  • Ontdekkingstog van die boodskap van Christus (Exploring Christianity)
  • Groei in Christus
  • Naby aan Christus
  • Christus-gesentreerd

Toe begin vra:  wat help geestelike groei, van een segment na ander beweeg?

Eerstens:  Christus volg.
Maar daar is ‘n geestelike ontwikkelingspad (spiritual continuum) wat baie voorspelbaar en kragtig is – ‘n groeiende verhouding met Jesus Christus.  ‘n Groeiende naby verhouding met Christus = geestelike groei!
o    Dit gaan oor Jesus!
o    Dit gaan oor ‘n groeiende verhouding.
o    Dit is ‘n gawe van die Heilige Gees.

Daarna gesels oor die “Vanilla faktor”,
Een ding wat weet meeste help geestelike groei, is Bybel, sesifiek refleksie oor Bybel.

Ander ding rol speel in geestelike groei, genoem “Connect faktor”.Die meeste van die groot dinge wat met die eerste kerk gebeur, gebeur waar hulle saam is, waar hulle saam bid, waar hulle saam eet, waar hulle saam bedien.
Dit klop met die bevindings van die navorsing oor geestelike groei:
Een van die belangrikste behoeftes wat mense aan die begin van hulle
• geestelike reis het, is om te connect. Daar moet ‘n verbondenheid wees met Jesus, EN ‘n verbondenheid met ander wat die pad saam kan loop.
Daarom is kleingroepe en geleenthede waar mense mekaar kan ontmoet en
• leer ken, so belangrik. Want as dié behoefte ontmoet word, groei mense,
skuif hulle van ontdekkers na gelowiges,

Deon Binneman gesels oor Plato’s:  Grootste struikelblokke geestelike groei, gewoon dat groei nie prioriteit is!

Verlede week Deon Loots oor Trampolien faktor – Lewe weggee, belangrikheid van diens & betrokkenheid in geestelike groei.

Vanoggend: momentum faktor – Hoe hierdie geestelike groei volhoubaar voortgaan, impak het.

Reflekteer laaste paar weke – barometer:
Momentum barometer
Dink na oor wat die Here vir jou in die afgelope 7 weke oor geestelike groei gewys het.  Lys tien verhoudings, aktiwiteite, geleenthede of ervarings wat vir jou die meeste beteken het.
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
Hoe kan jy jou lewe verander om meer tyd te gee aan dié mense, aktiwiteite, geleenthede en ervarings in jou lewe?

Laaste paar weke,
Dinge ons help,
Maniere geskuif,
Vanoggend:  hoe seker maak voortgaan,
Momentum behou?

Beeld swaai:
Aanvanklik harde werk,
Heen-en-weer swaai,
Op stadium neem momentum oor,
Swaai amper vanself,
Gemaklik hoër en hoër.

So dis vraag vanoggend.
As hierdie kwartaal gesê geestelike groei vir ons prioriteit,
Onderneem Jesus volg,
Gewoonte van refleksie woord,
Verhoudings mede-christene,
Betrokke kerk –
Wat impak daarvan?

Dink i.p.v. momentum,
Dalk eerder praat van rimpel-faktor.

Want dis hoe geestelike groei werk –
Soos klip in dam water gooi,
Rimpels uitkring,
Al verder en verder,
Groter…

Wanneer praat van momentum in geestelike groei,
Praat van impak van groei in jou lewe,
Impak wat dit – of jy – op wêreld om jou het,
Van rimpel-effek van geestelike groei.

o    Dit is die eerste een van die twee belangrikste bevindinge van die Willow ondersoek: (Die ander een is: die Bybel is die “vanilla”-faktor in alles!)
§    Christus-gesentreerde mense het ‘n enorme kapasiteit om ‘n groter koninkryk impak te hê

o    Daar is egter ‘n enorme gaping van 50% by dié segment, tussen liefde vir God (80% van die segment se mense) en liefde vir ander (30%), die meetinstrument vir geestelike groei wat Willow gebruik.
o    Die mees volwasse Christus volgelinge ervaar ‘n groter afstand tussen hulle liefde vir God en hulle liefde vir ander as die ander segmente.
§    40% dien nie in ‘n kerk bediening een keer ‘n maand nie.
§    50% dien nie ander “on my own” een keer ‘n maand nie.
§    70% dien nie behoeftiges via die kerk een keer ‘n maand nie.
§    17% van Christus-gesentreerde mense dien nie in enige van dié kapasiteite een keer ‘n maand nie.
§    40% gee nie ‘n dankoffer nie.
§    20% bid nie daagliks vir leiding in hulle lewe nie.
§    50% het minder as 6 geestelike gesprekke met nie-gelowiges per jaar.

Lyk asof klip van geestelike groei soms in dam val,
En dan sonder enige werklike effek afsak na bodem!

Maar geestelike groei kring uit,
Het rimpel effek,
Nie net op jou as mens,
Maar ook op omgewing rondom jou.

Arabiese gesegde:
Die grootste oortreding in die woestyn
Is om water te vind
En dan oor jou fonds te swyg.

Geestelik groei het ‘n rimpel effek.

Dink aan teks vanoggend gelees,
Hele verhaal van Handelinge,
Is verhaal van momentum,
Van rimpel-effek van evangelie,
Wat al verder en verder uitkring.

4  Tog het baie van die mense
 wat hulle prediking gehoor het,
 gelowig geword;
en die getal gelowiges het aangegroei
 tot omtrent vyf duisend.

Al dikwels vertel,
Sosioloog Rodney Stark,
Boek “The Rise of Christianity”,
Vra hoe en hoekom die kerk so vinnig gegroei?

Vir Christenskap om so groot te word in so kort tyd,
Moes dit elke dekade,
Vir 3 eeue lank,
Met 40 % gegroei het!

Hoe gebeur so iets?
Stark som dit as volg op:
Die vroeë volgelinge van Jesus het meer omgegee as die mense rondom hulle.
“They outloved others;
They outserved others.”

Hulle geloof het ‘n werklike rimpel-effek gehad.  

Stark noem aantal voorbeelde:
In 165 n.C. het epidemie (moontlik waterpokkies)  
Soos vuur deur Romeinse Ryk versprei.
Binne 15 jaar het ‘n kwart na een derde van die bevolking gesterf.

Selfde gebeur in 251 n.C., weer epidemie (die keer moontlik masels),
Hele dorpe uitgewis.

Maar anders as die nie-Christene,
Het die Christene die mense om hulle versorg,
Ook die ongelowiges!

Biskop van tyd, Dionisus,
Skryf:
Christene het ongebreidelde liefde en lojaliteit getoon,
Nooit aan self gedink,
Maar eerste aan die ander.
Nie bekommer oor gevaar,
Hulle omgesien na siekes,
Na hul elke behoefte gekyk
En hulle bedien.

Waar die ongelowiges gevlug het,
Siekes weggejaag,
Soms selfs in straat gegooi,
Christene mense versorg,
Soms selfs siek geraak,
Maar sterwende mense versorg,
Sodat gelukkig en met vrede gesterf.

Eeu later het Romeinse keiser Christene optrede bevestig.

Stark:
To cities filled with the homeless and impoverished,
Christianity offered charity
As well as hope.

To cities filled with newcomers and strangers,
Christianity offered an immediate basis for attachments.

To cities filled with orphans and widows,
Christianity provided a new and expanded sense of family.

To cities torn by violent ethnic strife,
Christianity offered a new basis of social solidarity.

And to cities faced with epidemics,
Fires
And earthquakes,
Christianity offered effective nursing services.  

Hele verhaal van Handelinge,
Verhaal van momentum van evangelie,
Van rimpel-effek wat dissipels het op omgewing.  

Wanneer God ons innooi in verhouding met hom,
Wanneer ons ons heelhartig toelê
En geestelike groei,
Dan is God se uitnodiging nie:
Bly stil en luister!  Nie.
God uitnodiging eerder:
Stap saam met my
En dien ander.

God het ons lief,
Sodat ons kan
En ander mense
Kan liefhê.
Here ons God met hele hart,
En naaste soos onsself.  

Geestelike groei het ‘n rimpel effek,
Wanneer ons deel raak van die Gees se lewe in ons lewens,
Draai dit ons om,
Dat ons buite onsself kyk,
En ander dien.  

Om saam met Jesus te wandel,
Vra dat ek ander die fokus van my lewe sal maak.

As ek self die fokus van my verhouding met God is,
Dan natuurlik maklik,
Kan ontspan,
Sekere maak dat aan eie behoeftes voldoen,
Bybel lees,
Omgeegroep my rustig versorg.

Maar werklike geestelike groei
Is nie net na binne
Maar het effek na buite.  

Wanneer ons God volg,
Neem hy ons altyd na ander,
Om ander te gaan dien.  

Ons word nie geroep om soos Moeder Theresa te wees nie.
Ons word geroep om soos Jesus te wees.
Jesus wat ander se voete gewas het.
Wat gasvry was,
Wat sondaars aanvaar en liefgehad het,
Jesus wat sy lewe afgelê het ter wille van sy vyande.  

“‘Jy moet die Here jou God liefhê
met jou hele hart
en met jou hele siel’
en met jou hele verstand.
38  Dit is die grootste
en die eerste gebod.

39  En die tweede,
wat hiermee gelyk staan, is: ‘
Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’
40  In hierdie twee gebooie
 is die hele wet
 en die profete saamgevat.”

Ons wil ons heelhartig toelê op die dien van die Here.
Maar ons voete en ons hande moet ook wees waar ons harte is.  

‘n Geseënde lewe,
Volgens Jesus,
Is ‘n lewe van diens,
Gewy daaraan om God se beloftes en sorg
Te deel met dié wat dit die nodigste het.  

Bang,
Sendeling word,
Kan nie getuig,
Weet nie hoe.

Interessant,
13  Die Joodse Raad
was verbaas toe hulle Petrus en Johannes se vrymoedigheid sien,
 want die Raad het geweet
dit is maar ongeleerde
en eenvoudige mense.
Die raadslede het hulle ook herken as volgelinge van Jesus.

In teks – ook res van Handelinge,
Rol van gebed:
Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid
 u woord sal verkondig.

Dink geloof het momentum,
Rimpel-effek,
Hoef nie vreeslik ingewikkeld te wees.
Almal kan sendelinge wees,
Kan evangelie uitdra,
Kan gee wat het.

2 Maniere uitlig:
Gasvryheid.

Gasvryheid natuurlik 2 maniere:
Abraham,
Mense in huis ontvang,
Engele.

Hebr 13:2
2  Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves

Gasvryheid natuurlik mense in huis verwelkom,
Versorg.

Mar gasvryheid met meer te doen as jou huis –
Gasvryheid te doen met jou persoon.

Engelse woord “hospitality”
Latyn Hospes – vreemdeling
En potentia, waar ons idee van bemagtiging vandaan kom.

So gasvryheid is om vreemdeling te bemagtig,
Te aanvaar en te respekteer.

Sien dit so mooi in verhaal vanoggend gelees.
Petrus en Johannes tempel,
Bedelaar.

My eerste reaksie bedelaars,
Nie raaksien,
Wegkyk,
Maak asof nie bestaan.
Hoe dikwels regkry om werklik nie raak te sien!

Gasvryheid is om mense raak te sien –
Vir wie hulle is,
Vir waar hulle is.

Mense by jou werk –
Eensaam,
Worstel iets in lewe,
Aggressief….

Raaksien,
Blaamloos aanvaar,
Liefhê,
Dien.

Gasvryheid iemand aanvaar,
Ruimte skep self te wees,
Ruimte skep tot rus te kom,
Ruimte skep genees te word.

Kan verskillende goed vir jou prakties beteken.
Iemand Here nou op jou hart lê?
Hoe gasvryheid bewys teenoor daardie persoon?
Hoe aanvaarding, liefde bewys?
Hoe persoon help om by jou tuis te kom,
So ook by God tuis te kom?

Ons gemeente,
Hawe.
Beteken jy hawe –
Werk, buurt.

Hoe kan jy hawe (gasvry) wees by jou werk,
Vir mense saam wie werk?

Hoe hawe wees in buurt?
Mense nie kerk toe kom,
Geen kerk,
Ander geloof?

Hoe gasvryheid teenoor hulle bewys,
Hawe wees?

Dink net, Kersfees, straatbraai.
Aanvaar, stilstaan, raaksien.

So kring rimpels uit.

Tweede manier,
Gereeld ook in Handelinge sien,
Is gebed.  

Eerstens natuurlik gebed om vrymoedigheid
Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid
 u woord sal verkondig.

Maar een van maniere waarop geloof uitkring,
Is deur gebed vir ander.

Dink soms sê “sal vir jou bid” maklike antwoord,
Uitkoms.

Maar gebed is kosbare ding te doen,
Is werklikheid
Wat reële effek het.

God is werklikheid,
Wanneer ons vir mense bid,
Werk Here in hul lewens.

Deur ons gebede bly die momentum,
Styg die evangelie al hoër en hoër,
Kring die rimpels al verder uit.

As dink Zimbabwe,
Wêreld ekonomiese krisis
Dinge eie land wat bekommer…
Kan iets werklik daaraan doen:
Kan bid!

Wanneer besig Bybel,
Ander gelowiges,
Betrokke kerk…

Kan ook gasvry wees,
Kan ook deur gebede God na wêreld neem.  

Voorbidding  
Here Jesus, hoor ons gebed:
Lied 278 (sit)
·    Wêreld
·    Zimbabwe
·    SA:  Armoede & Vigs
·    SA:  Regering
·    Somerstrand
·    Huise
·    Stilgebed