Hand 3-4 – Son 23 Nov 08
Handelinge 3 & 4
Prediking
Hierdie kwartaal reeks: hulle het hulle heelhartig toegelê…” Oor geestelike groei.
Begin vra: waar is jy?
Dit is God wat transformasie / geestelike groei bring.
Deon navorsing verduidelik (stoele),
Mense op hierdie verhoudingspad met Jesus Christus kan op dieselfde wyse val in 4 voorspelbare segmente opgedeel word:
- Ontdekkingstog van die boodskap van Christus (Exploring Christianity)
- Groei in Christus
- Naby aan Christus
- Christus-gesentreerd
Toe begin vra: wat help geestelike groei, van een segment na ander beweeg?
Eerstens: Christus volg.
Maar daar is ‘n geestelike ontwikkelingspad (spiritual continuum) wat baie voorspelbaar en kragtig is – ‘n groeiende verhouding met Jesus Christus. ‘n Groeiende naby verhouding met Christus = geestelike groei!
o Dit gaan oor Jesus!
o Dit gaan oor ‘n groeiende verhouding.
o Dit is ‘n gawe van die Heilige Gees.
Daarna gesels oor die “Vanilla faktor”,
Een ding wat weet meeste help geestelike groei, is Bybel, sesifiek refleksie oor Bybel.
Ander ding rol speel in geestelike groei, genoem “Connect faktor”.Die meeste van die groot dinge wat met die eerste kerk gebeur, gebeur waar hulle saam is, waar hulle saam bid, waar hulle saam eet, waar hulle saam bedien.
Dit klop met die bevindings van die navorsing oor geestelike groei:
Een van die belangrikste behoeftes wat mense aan die begin van hulle
• geestelike reis het, is om te connect. Daar moet ‘n verbondenheid wees met Jesus, EN ‘n verbondenheid met ander wat die pad saam kan loop.
Daarom is kleingroepe en geleenthede waar mense mekaar kan ontmoet en
• leer ken, so belangrik. Want as dié behoefte ontmoet word, groei mense,
skuif hulle van ontdekkers na gelowiges,
Deon Binneman gesels oor Plato’s: Grootste struikelblokke geestelike groei, gewoon dat groei nie prioriteit is!
Verlede week Deon Loots oor Trampolien faktor – Lewe weggee, belangrikheid van diens & betrokkenheid in geestelike groei.
Vanoggend: momentum faktor – Hoe hierdie geestelike groei volhoubaar voortgaan, impak het.
Reflekteer laaste paar weke – barometer:
Momentum barometer
Dink na oor wat die Here vir jou in die afgelope 7 weke oor geestelike groei gewys het. Lys tien verhoudings, aktiwiteite, geleenthede of ervarings wat vir jou die meeste beteken het.
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
Hoe kan jy jou lewe verander om meer tyd te gee aan dié mense, aktiwiteite, geleenthede en ervarings in jou lewe?
Laaste paar weke,
Dinge ons help,
Maniere geskuif,
Vanoggend: hoe seker maak voortgaan,
Momentum behou?
Beeld swaai:
Aanvanklik harde werk,
Heen-en-weer swaai,
Op stadium neem momentum oor,
Swaai amper vanself,
Gemaklik hoër en hoër.
So dis vraag vanoggend.
As hierdie kwartaal gesê geestelike groei vir ons prioriteit,
Onderneem Jesus volg,
Gewoonte van refleksie woord,
Verhoudings mede-christene,
Betrokke kerk –
Wat impak daarvan?
Dink i.p.v. momentum,
Dalk eerder praat van rimpel-faktor.
Want dis hoe geestelike groei werk –
Soos klip in dam water gooi,
Rimpels uitkring,
Al verder en verder,
Groter…
Wanneer praat van momentum in geestelike groei,
Praat van impak van groei in jou lewe,
Impak wat dit – of jy – op wêreld om jou het,
Van rimpel-effek van geestelike groei.
o Dit is die eerste een van die twee belangrikste bevindinge van die Willow ondersoek: (Die ander een is: die Bybel is die “vanilla”-faktor in alles!)
§ Christus-gesentreerde mense het ‘n enorme kapasiteit om ‘n groter koninkryk impak te hê
o Daar is egter ‘n enorme gaping van 50% by dié segment, tussen liefde vir God (80% van die segment se mense) en liefde vir ander (30%), die meetinstrument vir geestelike groei wat Willow gebruik.
o Die mees volwasse Christus volgelinge ervaar ‘n groter afstand tussen hulle liefde vir God en hulle liefde vir ander as die ander segmente.
§ 40% dien nie in ‘n kerk bediening een keer ‘n maand nie.
§ 50% dien nie ander “on my own” een keer ‘n maand nie.
§ 70% dien nie behoeftiges via die kerk een keer ‘n maand nie.
§ 17% van Christus-gesentreerde mense dien nie in enige van dié kapasiteite een keer ‘n maand nie.
§ 40% gee nie ‘n dankoffer nie.
§ 20% bid nie daagliks vir leiding in hulle lewe nie.
§ 50% het minder as 6 geestelike gesprekke met nie-gelowiges per jaar.
Lyk asof klip van geestelike groei soms in dam val,
En dan sonder enige werklike effek afsak na bodem!
Maar geestelike groei kring uit,
Het rimpel effek,
Nie net op jou as mens,
Maar ook op omgewing rondom jou.
Arabiese gesegde:
Die grootste oortreding in die woestyn
Is om water te vind
En dan oor jou fonds te swyg.
Geestelik groei het ‘n rimpel effek.
Dink aan teks vanoggend gelees,
Hele verhaal van Handelinge,
Is verhaal van momentum,
Van rimpel-effek van evangelie,
Wat al verder en verder uitkring.
4 Tog het baie van die mense
wat hulle prediking gehoor het,
gelowig geword;
en die getal gelowiges het aangegroei
tot omtrent vyf duisend.
Al dikwels vertel,
Sosioloog Rodney Stark,
Boek “The Rise of Christianity”,
Vra hoe en hoekom die kerk so vinnig gegroei?
Vir Christenskap om so groot te word in so kort tyd,
Moes dit elke dekade,
Vir 3 eeue lank,
Met 40 % gegroei het!
Hoe gebeur so iets?
Stark som dit as volg op:
Die vroeë volgelinge van Jesus het meer omgegee as die mense rondom hulle.
“They outloved others;
They outserved others.”
Hulle geloof het ‘n werklike rimpel-effek gehad.
Stark noem aantal voorbeelde:
In 165 n.C. het epidemie (moontlik waterpokkies)
Soos vuur deur Romeinse Ryk versprei.
Binne 15 jaar het ‘n kwart na een derde van die bevolking gesterf.
Selfde gebeur in 251 n.C., weer epidemie (die keer moontlik masels),
Hele dorpe uitgewis.
Maar anders as die nie-Christene,
Het die Christene die mense om hulle versorg,
Ook die ongelowiges!
Biskop van tyd, Dionisus,
Skryf:
Christene het ongebreidelde liefde en lojaliteit getoon,
Nooit aan self gedink,
Maar eerste aan die ander.
Nie bekommer oor gevaar,
Hulle omgesien na siekes,
Na hul elke behoefte gekyk
En hulle bedien.
Waar die ongelowiges gevlug het,
Siekes weggejaag,
Soms selfs in straat gegooi,
Christene mense versorg,
Soms selfs siek geraak,
Maar sterwende mense versorg,
Sodat gelukkig en met vrede gesterf.
Eeu later het Romeinse keiser Christene optrede bevestig.
Stark:
To cities filled with the homeless and impoverished,
Christianity offered charity
As well as hope.
To cities filled with newcomers and strangers,
Christianity offered an immediate basis for attachments.
To cities filled with orphans and widows,
Christianity provided a new and expanded sense of family.
To cities torn by violent ethnic strife,
Christianity offered a new basis of social solidarity.
And to cities faced with epidemics,
Fires
And earthquakes,
Christianity offered effective nursing services.
Hele verhaal van Handelinge,
Verhaal van momentum van evangelie,
Van rimpel-effek wat dissipels het op omgewing.
Wanneer God ons innooi in verhouding met hom,
Wanneer ons ons heelhartig toelê
En geestelike groei,
Dan is God se uitnodiging nie:
Bly stil en luister! Nie.
God uitnodiging eerder:
Stap saam met my
En dien ander.
God het ons lief,
Sodat ons kan
En ander mense
Kan liefhê.
Here ons God met hele hart,
En naaste soos onsself.
Geestelike groei het ‘n rimpel effek,
Wanneer ons deel raak van die Gees se lewe in ons lewens,
Draai dit ons om,
Dat ons buite onsself kyk,
En ander dien.
Om saam met Jesus te wandel,
Vra dat ek ander die fokus van my lewe sal maak.
As ek self die fokus van my verhouding met God is,
Dan natuurlik maklik,
Kan ontspan,
Sekere maak dat aan eie behoeftes voldoen,
Bybel lees,
Omgeegroep my rustig versorg.
Maar werklike geestelike groei
Is nie net na binne
Maar het effek na buite.
Wanneer ons God volg,
Neem hy ons altyd na ander,
Om ander te gaan dien.
Ons word nie geroep om soos Moeder Theresa te wees nie.
Ons word geroep om soos Jesus te wees.
Jesus wat ander se voete gewas het.
Wat gasvry was,
Wat sondaars aanvaar en liefgehad het,
Jesus wat sy lewe afgelê het ter wille van sy vyande.
“‘Jy moet die Here jou God liefhê
met jou hele hart
en met jou hele siel’
en met jou hele verstand.
38 Dit is die grootste
en die eerste gebod.
39 En die tweede,
wat hiermee gelyk staan, is: ‘
Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’
40 In hierdie twee gebooie
is die hele wet
en die profete saamgevat.”
Ons wil ons heelhartig toelê op die dien van die Here.
Maar ons voete en ons hande moet ook wees waar ons harte is.
‘n Geseënde lewe,
Volgens Jesus,
Is ‘n lewe van diens,
Gewy daaraan om God se beloftes en sorg
Te deel met dié wat dit die nodigste het.
Bang,
Sendeling word,
Kan nie getuig,
Weet nie hoe.
Interessant,
13 Die Joodse Raad
was verbaas toe hulle Petrus en Johannes se vrymoedigheid sien,
want die Raad het geweet
dit is maar ongeleerde
en eenvoudige mense.
Die raadslede het hulle ook herken as volgelinge van Jesus.
In teks – ook res van Handelinge,
Rol van gebed:
Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid
u woord sal verkondig.
Dink geloof het momentum,
Rimpel-effek,
Hoef nie vreeslik ingewikkeld te wees.
Almal kan sendelinge wees,
Kan evangelie uitdra,
Kan gee wat het.
2 Maniere uitlig:
Gasvryheid.
Gasvryheid natuurlik 2 maniere:
Abraham,
Mense in huis ontvang,
Engele.
Hebr 13:2
2 Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves
Gasvryheid natuurlik mense in huis verwelkom,
Versorg.
Mar gasvryheid met meer te doen as jou huis –
Gasvryheid te doen met jou persoon.
Engelse woord “hospitality”
Latyn Hospes – vreemdeling
En potentia, waar ons idee van bemagtiging vandaan kom.
So gasvryheid is om vreemdeling te bemagtig,
Te aanvaar en te respekteer.
Sien dit so mooi in verhaal vanoggend gelees.
Petrus en Johannes tempel,
Bedelaar.
My eerste reaksie bedelaars,
Nie raaksien,
Wegkyk,
Maak asof nie bestaan.
Hoe dikwels regkry om werklik nie raak te sien!
Gasvryheid is om mense raak te sien –
Vir wie hulle is,
Vir waar hulle is.
Mense by jou werk –
Eensaam,
Worstel iets in lewe,
Aggressief….
Raaksien,
Blaamloos aanvaar,
Liefhê,
Dien.
Gasvryheid iemand aanvaar,
Ruimte skep self te wees,
Ruimte skep tot rus te kom,
Ruimte skep genees te word.
Kan verskillende goed vir jou prakties beteken.
Iemand Here nou op jou hart lê?
Hoe gasvryheid bewys teenoor daardie persoon?
Hoe aanvaarding, liefde bewys?
Hoe persoon help om by jou tuis te kom,
So ook by God tuis te kom?
Ons gemeente,
Hawe.
Beteken jy hawe –
Werk, buurt.
Hoe kan jy hawe (gasvry) wees by jou werk,
Vir mense saam wie werk?
Hoe hawe wees in buurt?
Mense nie kerk toe kom,
Geen kerk,
Ander geloof?
Hoe gasvryheid teenoor hulle bewys,
Hawe wees?
Dink net, Kersfees, straatbraai.
Aanvaar, stilstaan, raaksien.
So kring rimpels uit.
Tweede manier,
Gereeld ook in Handelinge sien,
Is gebed.
Eerstens natuurlik gebed om vrymoedigheid
Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid
u woord sal verkondig.
Maar een van maniere waarop geloof uitkring,
Is deur gebed vir ander.
Dink soms sê “sal vir jou bid” maklike antwoord,
Uitkoms.
Maar gebed is kosbare ding te doen,
Is werklikheid
Wat reële effek het.
God is werklikheid,
Wanneer ons vir mense bid,
Werk Here in hul lewens.
Deur ons gebede bly die momentum,
Styg die evangelie al hoër en hoër,
Kring die rimpels al verder uit.
As dink Zimbabwe,
Wêreld ekonomiese krisis
Dinge eie land wat bekommer…
Kan iets werklik daaraan doen:
Kan bid!
Wanneer besig Bybel,
Ander gelowiges,
Betrokke kerk…
Kan ook gasvry wees,
Kan ook deur gebede God na wêreld neem.
Voorbidding
Here Jesus, hoor ons gebed:
Lied 278 (sit)
· Wêreld
· Zimbabwe
· SA: Armoede & Vigs
· SA: Regering
· Somerstrand
· Huise
· Stilgebed