Die Momentum Faktor – Hand 3 & 4 – Week van 23-29 Nov 08
Written by Chris van Wyk on . Posted in Materiaal. No Comments on Die Momentum Faktor – Hand 3 & 4 – Week van 23-29 Nov 08
Hebr 4:12-15 en 6:11 en 12 – So 9 Nov 08
Written by on . Posted in Ander predikers, Deon Binneman. No Comments on Hebr 4:12-15 en 6:11 en 12 – So 9 Nov 08
Ons leef oop en bloot voor God se oë
Ons ken almal die fotograwe se jag op die blink en bekende mense van
ons dag. Dit is die paparazzi wat lang
telefoto lense wag om ’n foto te neem wat die wêreld graag sal wil sien. Gewoonlik is dit ’n foto wat geneem is toe die
bekende onbewus daarvan was en glad nie verwag het dat daar ’n fotograaf in die
nabyheid is nie.
Maar nou lees ons in ons teks dat ons oop en bloot voor God se oë leef! Die Here sien dus alles wat ek doen. Die Here weet van alles wat ek dink, Hy weet
hoe ek voel!
Nou dit kan vir ’n mens ’n wonderlike ding wees om te hoor as jy voel dat God ver van jou af is, of as jy
voel jy het sy hulp nodig. Dis wonderlik
om te hoor dat die Here alles van jou weet as jy bruis van entoesiasme oor jou
verhouding met die Here, as jy groei in jou geloof beleef, as jy die kerk as wonderlik
en warm ervaar, ens.
Maar as jy nie meer so entoesiasties voel nie? As jy begin wonder oor baie dinge waaroor jy
nog nooit gewonder het nie? As jy begin voel die kerk help jou nie meer
nie? Nog erger, as jy begin dink die
kerk en die gemeenskap van die gelowiges is nie vir jou nie? Is dit dan nog so wonderlik om te hoor dat
die Here alles van jou weet? Dat jy oop
en bloot voor sy oë leef?
Die Trampolien Faktor – Efes 2:1-10 – Week van 16-22 Nov 08
Written by Chris van Wyk on . Posted in Materiaal. No Comments on Die Trampolien Faktor – Efes 2:1-10 – Week van 16-22 Nov 08