Ek sal Luister – Hebreërs 4:12-13 – 8-14 Maart 09
Written by Chris van Wyk on . Posted in Materiaal. No Comments on Ek sal Luister – Hebreërs 4:12-13 – 8-14 Maart 09
Hebr 13 – Son 1 Maart 09
Written by Chris van Wyk on . Posted in Rethie van Niekerk. No Comments on Hebr 13 – Son 1 Maart 09
Verwelkoming
Kinders blomme
Toetrede Lied 164
Votum & Seëngroet
Lofsang Psalm 23 & Lied 523
Gebed Lied 253 (sit)
Skriflesing Hebreërs 13:1-6
Prediking
Reeks Geestelike Gewoontes –
Verlede week geregtigheid as manier Chr liefde beliggaam.
Vandag: gasvryheid as manier lewe met ander deel.
Daarom teks:
2 Moenie nalaat om gasvry te wees nie,
want deur gasvry te wees,
het sommige mense
sonder dat hulle dit geweet het,
engele as gaste gehuisves.
Bekende storie van Leo Tolstoy oor Vader Panov.
Ons gemeente hawe –
Manier sê gasvry.
Afrikaanssprekendes – Suid-Afrikaners,
Gasvryheid lê na aan hart –
Is wêreldbekend.
Ontvang graag mense in huise,
Eet graag saam.
Maar veels te oppervlakkig om dissipline
Of deug van gasvryheid te wees.
Gasvryheid is meer as om mense in huis te ontvang.
Gasvryheid gaan juis oor vreemdelinge,
Manier wat vreemdelingskap oorkom.
Gasvryheid is om veilige ruimte om ons te skep
Waar ander mense God se gasvryheid,
God se verwelkoming kan beleef.
Vertel verhaal van Charlie.
Charlie een van dáárdie kinders.
Kategete kon net nie beheer.
Tyd kom vir Kersopvoering,
Besluit wys vir Charlie eenvoudige rol te gee.
So word Charlie herbergier.
Beteken sê 3 keer: Geen plek nie!
Aand van Kersspel twee kinders aangetrek Maria en Josef kom in.
Geen plek nie! sê Charlie.
Paartjie klop tweede keer.
Geen plek nie, herhaal Charlie.
Toe selfs harder aan deur klop,
Desperaat blyplek,
Pleit by herbergier:
Asseblief, is daar geen blyplek nie?
Waarop Charlie nie meer kan hou, sê:
Ag, hoekom slaap julle nie vanaand in my kamer nie?
Gevaar met beeld soos hawe,
Dat nie gasvry,
Maar juis eksklusief,
Afsluit –
Branders uithou,
Muur raak wat wêreld buite daar buite hou,
Terwyl hier binne veilige ruimte vir onsself.
Daarom ons sê hawe wat versorg en STUUR.
Want gasvryheid beteken nie net mense na ons toe kom,
Maar dat ons uitgaan,
Nie net mense gasvry ontvang,
Maar ook gasvry leef,
Gasvrye ruimte om self skep oral waar gaan.
Gasvryheid in die Bybel
Gasvryheid baie NB hele Bybel.
Anders as wat ons dit ken.
In ons kultuur konsep gasvryheid baie van krag verloor.
OT & NT wys baie ernstig was oor vreemdeling verwelkom.
Meer as dit:
Gaste is eintlik kosbare geskenke
Ons lewens verryk.
Abraham ontvang drie vreemdelinge,
Eintlik Here wat aankondig Sara seun sal hê.
(Gen. 18:1-15)
Weduwee van Sarfat vir Elia kos en blyplek gee
Hy man van God
Haar help met oorvloed olie en meel
En kind uit dood opwek
(1 Konings 17:9-24)
Emmausgangers nooi vreemdeling uit,
Wat dan self gasheer word –
En Jesus is
(Lukas 24:13-35)
Wat God wil hê (verlede week)
6 Is die vas wat Ek wil hê,
nie dít nie:
om dié wat onregverdig gevange gehou word,
te bevry,
om die juk wat op mense druk,
af te haal,
om verdruktes vry te maak,
om elke juk te breek?
7 Is dit nie dat jy vir dié wat honger is,
van jou brood gee nie,
dat jy aan die armes
en die dakloses
‘n blyplek gee nie,
dat wanneer jy iemand sonder klere sien,
jy vir hom klere gee nie,
dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie?
(Jesaja 58)
1 Tim 3 oa vereiste van ouderling = gasvry wees.
(Ook Titus 1:8)
Wanneer Timoteus praat van weduwees,
Sê weduwee moet bekend wees dat vreemdelinge gehuisves het.
(1 Tim 4:15)
Petrus sê moet gasvry teenoor mekaar wees sonder om te kla.
(1 Pet 4:9)
Hierdie gasvryheid natuurlik nie net letterlik vreemdeling in huis ontvang –
Hoewel dit ook nie afskeep –
Maar gaan oor houding teenoor ander mense,
Wat op verskillende maniere sigbaar is.
Dubbelsinnige gevoel teenoor vreemdelinge
Maar moet ook eerlik wees met mekaar as praat oor vreemdelinge:
Ons gevoel teenoor vreemdelinge nie sommer dadelik positief,
Maar eintlik heel dubbelsinnig.
Teks vandag sê
ek ken geen vrees nie:
wat kan ‘n mens aan my doen?”
Maar eerlik moet wees,
Vrees sentrale deel van lewe geraak.
Kan aan allerhande dinge dink mens aan ons kan doen.
Ursula vertel iemand aan haar ma deur klop,
Ingenooi,
By kombuistafel gesit en eet.
Vandag nie eers daarvan droom bedelaar in huis te laat inkom.
Woord ons land bekend: xenofobia,
Letterlik vrees vir vreemdeling –
By ons sommer haat geword.
Interessant NT woord vir gasvryheid:
Philoxenos –
I.p.v. xenophobia,
Philosxenos –
Letterlik liefde teenoor vreemdeling.
Iemand ook gesê al woorde met hierdie stam – xen –
Kan óf beteken vreemdeling of buitelander
Of gas of vriend.
Selfde woord kan albei beteken.
Leef in huise met hoë mure,
Rye slotte,
Hekke,
Tralies voor vensters.
Alles te sê:
Bly uit!
Dubbelsinnige gevoel,
Want meeste van ons gee beslis om.
Wil graag armes,
Eensames
Verwerptes,
Dakloses help.
Daarom dikwels met skuldgevoel
Wanneer vreemdeling aan deur klop en kos vra –
Of aan venster by robot klop.
Bêre jou handsak onder jou sitplek,
Sluit jou deur.
Mense wat vir ons onbekend is,
Wat dalk ‘n ander taal praat
Of ‘n ander kleur is,
Ander tipe klere dra
Dalk ander gewoontes het as ons,
Maak ons bang –
En dalk selfs vyandig.
Maar dit hoef regtig nie so dramaties te wees nie.
Vrees en vyandigheid beïnvloed nie net ons verhouding met
Bedelaars en
Vreemdelinge in sentraal nie.
Ons wêreld so vol kompetisie,
Dat klasmaats,
Spanmaats,
Kollegas,
Almal deel raak van vrees en vyandigheid.
Plekke bedoel mense bymekaar te bring –
Klaskamer, sportveld –
Raak plekke van vyandigheid.
Gasvryheid is om teen hierdie vrees en vyandigheid te kies.
Gasvryheid is om verwelkomende ruimtes te skep
Gasvryheid is letterlik wat woord sê:
Vryheid van die gas.
Gasvryheid is om vry, vriendelike ruimtes rondom jouself te skep
Wat mense innooi en laat tuis voel
Sonder om hulle te bind aan jou gewoontes en verwagtings.
As ouers kom kuier – TV, etenstye.
Ook ons lewenswyse.
Gasvryheid is om ruimte te skep
Waar vreemdelinge kan inkom
En vriende kan word.
Baie vlakke waarop hierdie gasvryheid beoefen.
NIE net vreemdelinge in huis innooi.
Gaan oor ruimte wat om onsself skep,
Manier van menswees tussen vreemdelinge.
(Nouwen blog:
Gasvryheid ouers teenoor kinders;
Onderwysers / dosente en leerders / studente
Genesers en pasiënte)
(Storie my gehelp verstaan wat gasvryheid beteken:)
Chris Robbeneiland –
Vreemdelinge sit by “men of God”.
Veilige ruimte op Robbeneiland,
Weet welkom, aanvaar,
Iemand sal opstaan –
Was nie almal Christene!
Gasvryheid is om die mense raak te sien met wie elke dag in kontak –
Kinders, eggenoot, ouers, boetie/sussie
By werk
Langs pad
Garage
Winkel…
Baie van ons lewens so haastig,
Vergeet dat God deur ons mense wil bereik,
Hardloop deur lewe
Sonder om eers mense raak te sien ons pad kruis.
Gasvryheid almal raak sien
elkeen te behandel asof engel
Bevestig eerder as beskaam.
Belangstel.
Storie van Ma in Somerset Mall
Gaan nie goed met haar.
(Moslem Ramadan – groet, ken op naam;
Vreemde vrou in koffiewinkel)
Week weer gedink aan waardes van luisterseisoen:
Leerbaarheid
Vertroue
Deernis
Openheid.
Kon goedskiks opsomming van waardes onderliggend dissipline van gasvryheid.
Want gasvryheid veilige ruimte skep
Mense raakgesien word
Welkom voel
Aanvaar / bevestig voel
Tuis kom.
Elkeen van ons kan dit doen –
In huise
Werk
Teenoor mekaar
Teenoor “vreemdelinge” in ons buurt.
JOERNAAL
Dink na oor jou kontak met mense die laaste week.
Lys almal wat jy kon groet.
Omkring een of twee persone wat jy ervaar die Here jou na toe terugstuur.
Sendelinge Terugvoer
Ons gemeente: elkeen van ons gestuurd,
Ook sturend
Daarom ons mense uitgestuur gasvry te gaan wees vir vreemdelinge in wêreld.
Steeds verantwoordelikheid teenoor hulle –
Gasvry te wees vir hulle.
• Lourens
• Wolmarans
• Evelyn
• Brinks
• Zithulele
• Elspeth
BID
Dankoffer
• Gasvryheid – offers
• Kinders bring geld vir Thandusana (kan later nog.)
Koor Lied 298 en 303
Nagmaal
Kan net gasvry wees
As self gasvryheid beleef –
Ande aanvaar as self aanvaarding beleef het,
Tuiskom as self tuisgekom.
Daarom nooi vanoggend die Here Jesus self se gasvryheid beleef.
Jesus self hierdie tafel gedek,
Ons uitgenooi na hierdie maal.
Lees in 1 Kor 11:
Die Here Jesus het
in die nag waarin Hy oorgelewer is,
brood geneem en,
nadat Hy God daarvoor gedank het,
het Hy dit gebreek en gesê:
“Dit is my liggaam;
dit is vir júlle.
Gebruik dit tot my gedagtenis.”
25 Net so ook het Hy ná die maaltyd die beker geneem en gesê:
“Hierdie beker is die nuwe verbond,
wat deur my bloed beseël is.
Gebruik dit,
elke keer as julle daaruit drink,
tot my gedagtenis.”
26 Elke keer as julle van hierdie brood eet
en uit die beker drink,
verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.
Deur saam aan hierdie tafel te sit,
Beleef die gasvryheid van Christus,
Bevestig en herinner
Dat hy ons aanvaar, verwelkom,
Ons aan hom behoort en veilig by hom.
Natuurlik ook saam aan tafel sit,
Word ook aan mekaar verbind.
Deur saam hierdie maaltyd Christus vir ons voorberei geniet,
Word ook ons band met mekaar versterk.
Sien saam uit na beloofde maaltyd,
Bruilofmaal van Lam.
Tafel voorberei, mense voor sit,
Kinders help uitdeel:
Lied 302
DANKGEBED
Gasvryheid hier ontvang
Tafel gesit –
Neem uit,
Deel met almal in kontak:
Lied 486
Seën
Lied 314
Miga 6 – Son 22 Feb 09
Written by Chris van Wyk on . Posted in Rethie van Niekerk. No Comments on Miga 6 – Son 22 Feb 09
Verwelkoming en Afkondigings
Toetrede “Dankie” Koor v 1 & 3, gem v 2 & 4
Votum (Ps 146:6-10)
Seëngroet
Lofsang Psalm 125 & Lied 332
Dankoffer
Kindertyd
Epiklese Lied 528
Skriflesing & Prediking
Reeks: Druppels vir Dors
Geestelike gewoontes.
Ruil bietjie om: druplpes.
Vandag: Leef reg,
Gedink gepas belydenisaflegging –
Geloof openbaar bely,
Ook vra wat bely,
Veral: wat beteken,
Wat eise van belofte wat maak.
Res van ons weer herinner.
Adele Calhoun: Leef reg =
Christus liefde beliggaam.
Storie seuntjie – soek Jesus met lyf om.
Ons liggaam van Christus,
Daarom sy liefde liggaam gee hier.
Verskillende maniere:
Aarde versorg
Empatie
Tong beheer
Nederigheid
Geregtigheid
Rentmeesterskap – besittings, dankoffer
Waarheid praat.
Nie almal, daarom vandag fokus net een,
Dink een ons tradisie meeste afskeep:
Miga 6:1-12
1 Hoor wat die Here sê:
Maak klaar,
roep die berge as getuie,
laat die heuwels hoor wat jy te sê het.
2 Berge,
vaste fondamente van die aarde,
julle moet luister na die saak wat die Here het.
Die Here het ‘n saak teen sy volk,
Hy het Israel aangekla.
• [hofsaak, klag teen volk]
3 My volk,
wat het Ek jou aangedoen?
Hoe het Ek jou moeg gemaak?
Antwoord My!
4 Ek het jou uit Egipte gebring,
Ek het jou uit die plek van slawerny gered,
Ek het vir Moses gestuur om jou te lei,
ook vir Aäron en Mirjam.
• Herinner aan sorg in verlede, ook identiteit, verbond
5 My volk,
dink aan die planne van koning Balak van Moab,
en wat Bileam seun van Beor hom geantwoord het.
Dink aan alles tussen Sittim en Gilgal,
en weet dat die Here julle die oorwinning laat behaal het.
• Nou antwoord volk.
Nie so boos as ons eintlik dink.
Wil God dien, tevrede stel –
Eintlik baie godsdienstig!
Daarom vra dan vir profeet, wat moet doen?
Verwys na godsdienstige praktyke bekend is:
6 Wat sal ek saamvat
as ek na die Here toe gaan,
as ek voor die hoë God gaan kniel?
Moet ek met offers na Hom toe gaan,
met jaaroud kalwers?
• [beste wat kan gee – duurste, kos meeste]
7 Sal die Here duisende ramme aanvaar
saam met tien duisende offers van olie?
• [wys hoe ernstig volk – duisende ramme, olie – eintlik net bietjie nodig]
• Gaan selfs so ver te sê:
Moet ek my eersgeborene offer vir my sonde,
hom wat uit my liggaam kom,
vir my oortreding?
• Moet ek kosbaarste gee – hoewel teen wet was in Israel.
• Antwoord profeet,
Sê nie hierdie offers,
Eintlik weet julle wat is wat God vra:
8 Mens,
die Here het jou bekend gemaak wat goed is:
Hy vra van jou
dat jy reg sal laat geskied,
dat jy liefde en trou sal bewys,
dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.
9 Om die Here te dien, dit is wysheid.
Die Here roep die stad;
luister, leier en julle almal wat aanhou roof:
• [klagtes teen volk, wat verkeerd doen:
10 Goddelose plek, ‘
moet Ek die verkeerde maatlyn bly verdra,
of die vals inhoudsmaat wat Ek so haat?
11 Moet Ek die eienaar van ‘n onbetroubare weegskaal vryspreek,
een met ‘n sak vol vals gewigte?
12 Die stad se ryk mense pleeg geweld,
sy inwoners lieg
en hulle bedrieg.
As tema leef reg,
Dan kan nie duideliker stel as dit:
8 Mens,
die Here het jou bekend gemaak wat goed is:
Hy vra van jou
dat jy reg sal laat geskied,
dat jy liefde en trou sal bewys,
dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.
Kyk gou vinnig wat elkeen beteken:
Dink ingewikkeldste, bedagsaam.
Moeilik vertaal.
OAV “ootmoedig”.
Weldeurdag, versigtig,
Met wysheid te doen:
Omsigtig te werk gaan
Be -DAG-saam.
Beteken ingestel op God se leiding in lewe,
Be-dink wat God van jou vra,
Nie eie voordeel / behoeftes eerste,
God wil eerste –
Daardie wil soek,
Sensitief wees vir God se wil,
Daarop reageer.
As God wil soek,
Sê teks duidelik wat is,
Tweede ding:
Liefde en trou sal bewys.
Christus liefde beliggaam.
Ons, wat na Beeld van God geskape,
Wat saam Liggaam van Christus,
Op so manier leef,
Dat mense deur ons lewe God liefde kan sien.
Reeks aanddiens 1 Johannes,
Baie duidelik –
As kind van God is,
Het naaste lief.
Jesus wet:
Here jou God liefhê –
En jou naaste soos jouself.
Romeine 13:8
Wie sy medemens liefhet,
voer die hele wet van God uit.
Teks spel eintlik helder uit hoe God wil hê ons liefde moet lyk:
Deur reg te laat geskied.
In ons (evangeliese) tradisie iets waaraan nie veel aandag gee –
Ten beste dink nie só belangrik,
Slegste met suspisie bejeën soos liberalisme, pous…
Maar helder dat God verwag reg laat geskied.
Snoopy:
Charlie Brown:
Be of Good cheer, Snoopy… Yes, be of good cheer.
Bibber steeds van koue.
Is nie liefde.
Liefde konkreet gestalte kry
Wanneer weerloses raaksien
Behoeftes identifiseer,
Armes, weduwees, wese daadwerklik met verligting van nood help.
Liefde is meer as net empatie en barmhartigheid –
Ook geregtigheid.
Barmhartigheid by geleentheid,
Geregtigheid altyd
Een troos
Ander regstelling,
Een simptome
Ander oorsaak
Een verander individuel
Ander verander samelewings.
Reg deur OT is geregtigheid baie sentrale tema –
So sentraal, eintlik bizarre dat in ons tradisie nie elke Sondag hoor!
Geregtigheid belangrik,
Omdat sentrale aspek van God wese –
God is regverdig –
- Psalms (146, votum),
- Deutr
- Elke keer iemand geroep – bv. Moses Eksodus -God volk geroep gehoor.
God is regverdig.
Uit hele Bybel duidelik God spesiaal omsien na armes en onderdruktes en kwesbares.
Vreemd:
Gode van tyd, selfs later – Romeine, Grieke –
Aan kant van koning, regeerders, elite, mense politieke ekonomiese mag.
God van Israel uniek,
Kant van swakke.
Vir ons ook vreemd.
Prent van reg:
Blinde vrou skaal –
Reg is blind,
Almal gelyk voor reg.
Maar Bybel anders,
Aangesien konsekwent voorkeur toon vir gemarginaliseerdes en onderdruktes.
Vir ons moeilik te verstaan,
Want wêreldbeeld radikaal anders.
Ons: individue, leef onafhanklik / afgeskei van mekaar.
Reg taak is mense te beskerm dat nie mekaar skade aandoen.
Bybelse model –
Mense MEKAAR beskerm,
Want almal deel van mekaar,
Van een gemeenskap.
Hierdie geregtigheid van God is in verbond ingebou –
Hele verbond gebaseer op God geregtigheid –
Volk hoor kla,
Verlos,
Verbond sluit.
Verbond is seën vir volke.
Hele doel van verbond is verhouding:
Om verhouding tussen God en volk in stand te hou
En volk en bure.
So reg deur OT geregtigheid sentraal –
Al profete.
- Woorde van Miga eintlik opsomming van al profete boodskap.
- Amos sentraal – volk onreg pleeg, God verwag reg laat geskied.
- Jeremia noem verdedig van armes en gemarginaliseerdes as sentrale fokus van Israel taak.
- Hosea –
- Noem maar op, noem profeet, Boodskap was volk taak geregtigheid.
- Wette: Deuteronomium, jubeljaar, mense in skuld verval skuld afgeskryf,Sodat mense nie in armoede en slawerny verval.
- Selfs Psalms, Spreuke, Job.
Elke keer boodskap:
Volk bring offers,
Beoefen ryk godsdiens,
Maar dis leeg,
Beteken niks.
As eredienste bywoon,
Offers bring,
Gebede opsê,
Maar by onreg verbystap,
Beteken godsdiens niks.
Wat God van volk wag,
Is dat regverdig sal handel met naaste
(Ons weet wie naaste n.a.v. Barmhartige Samaritaan)
Geloof wat impak het op
Fisieke lewe
Politieke lewe
Besluitneming
Sosiale interaksie
Ekonomiese produksie
Opvoeding
Kultuur
Noem maar op.
Hierdie fokus ons roeping reg te laat geskied,
Lank sentrale deel van kerk selfverstaan.
Toe slawehandel hoogty gevier
Mense slawehandel geregverdig omdat in Bybel genoem,
Was dit groep getroue Christene
Gelei deur William Wilberforce in Brittanje –
Wat teen geveg tot gestop.
Dikwels al vertel van navorsing hoekom vroeë Christelike kerk so vinnig gegroei –
Mense versorg, ten koste van self.
Dikwels nie vinger gelig te evangeliseer.
Maar daar was iets rondom hulle:
Nie selfsugtig gelewe,
Maar lewe van liefde.
Verder besig gehou met werklike vraagstukke van stedelike bestaan van tyd:
- Armoede
- Mense uitgeskuif uit hoofstroom van samelewing
- Vervreemding
- klasseongelykheid
Maar êrens langs pad hierdie passie vir geregtigheid verloor.
God opdrag reg te laat geskied vergeestelik,
Sendingwerk verskraal – mense siele red,
Maak nie saak watter omstandighede op aarde,
Solank regte plek na dood.
En dink weet wat God van Christene verwag:
Nie rook, drink, dans.
Bybel lees, bid, kerk toe kom.
8 Mens,
die Here het jou bekend gemaak wat goed is:
Hy vra van jou
dat jy reg sal laat geskied,
dat jy liefde en trou sal bewys,
dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.
Jesus sê presies dieselfde:
Wanneer praat met godsdienstige mense van tyd,
Gedink doen wat God wil, sê:
23 “Ellende wag vir julle,
skrifgeleerdes en Fariseërs,
huigelaars!
Julle gee tiendes
van kruisement,
anys en
koljander,
maar wat volgens die wet van God die swaarste weeg,
laat julle na:
geregtigheid,
barmhartigheid
en betroubaarheid.
Juis hierdie dinge moet ‘n mens doen
en die ander nie nalaat nie.
24 Blinde leiers!
Julle skep die muggie uit julle beker uit,
maar julle sluk die kameel in.
(Verduidelik muggies).
Verwagting Jesus geboorte,
Lied van Maria in Luk 1,
Geringes,
Wanneer Jesus bediening begin:
Luk 4:18-19
18 “Die Gees van die Here is op My
omdat Hy My gesalf het
om die evangelie aan armes te verkondig.
Hy het My gestuur
om vrylating vir gevangenes uit te roep
en herstel van gesig vir blindes,
om onderdruktes in vryheid uit te stuur,
19 om die genadejaar van die Here aan te kondig.”
Sommige Christene vergeestelik,
Maar as kyk wat Jesus bediening op aarde,
Duidelik letterlik bedoel.
En wanneer Jesus aankondig wat aan einde gaan gebeur
Spel waardes van koninkryk –
En ons taak –
Helder uit,
Wanneer skape van bokke geskei:
Selfde van albei gesê: skape wat hét gedoen, bokke nié gedoen:
Matt 25:25-26
Ek was honger,
en julle het My iets gegee om te eet;
Ek was dors,
en julle het My iets gegee om te drink;
Ek was ‘n vreemdeling,
en julle het My gehuisves;
36 Ek was sonder klere,
en julle het vir My klere gegee;
siek, en julle het My verpleeg;
in die tronk, en julle het My besoek.’
En toe Jesus opgevaar hemel toe,
Sy Gees oor ons uitgestort.
Ons word Liggaam van Christus genoem –
Julle vandag Belydenis aflê,
Liggaam van Christus hier op aarde –
Jy is beeld van God op aarde,
Deur jou optrede sien mense vir God.
Franciscus van Assisi:
Verkondig die evangelie onder alle omstandighede.
As dit regtig nodig is,
Gebruik woorde.
Storie teologiestudente eksamen filosofie Immanuel Kant –
2 ure, 10 min tussenin
Skryf, gaan uit –
Sit student gang, gehawend, duidelik ontsteld,
Studente badkamer, gesels – niemand kyk eers.
Twee weke later –
Almal dop.
Eintlike toets daardie tien minute.
Punte of ou op vloer nader,
Vriendelike woorde spreek.
Niemand het nie.
Geregtigheid konkrete dade –
Uitdaag hoe –
Vb kerke Somerstrand Humewood.
- Wat nood jy raaksien?
- Wat maak woedend?
- Waartoe roep God jou?
- Hoe in hierdie situasies liefde Christus beliggaam?
Gebed
Belydenisaflegging
St Theresa’s Prayer
Lied 284 (staan)
Seën
Wegsending Lied 311
Luk 15:11-24 – Son 15 Feb 09
Written by on . Posted in Ander predikers, Deon Binneman. No Comments on Luk 15:11-24 – Son 15 Feb 09
Praat die waarheid –
BELYDENIS EN SELFONDERSOEK – een van die gewoontes om die valse self te laat
staan
1.
Valse Self
Dra ons maskers? Is ek na buite soos wat ek na binne is? Natuurlik nie! Dankie tog vir goeie maniere wat die filter
is waardeur my gedrag gestuur word sodat ek doen wat sosiaal reg is en nie soos
ek voel om te doen nie. Hoe ek gaap en
kou is ook nou die belangrikste voorbeelde nie.
Daar is ingrypender dinge wat ek na buite doen, wat miskien nie so eg ek
is nie. Dink aan jou verhoudings met
ander mense. Jou empatie met mense, voel
jy regtig so, of doen jy dit maar net omdat dit die regte ding is om te doen?
My selfversekerde
optrede: voel ek na binne ook so, of
woel dit soms hier binne-in my van onsekerheid?
My geneigdheid om geredelik my mening uit te spreek sonder om ruimte vir
’n ander se mening ruimte te laat, voel ek na binne ook so, of is ek net juis so
onseker, daarom het ek dit nodig om hierdie absolute sekerhede vir myself te
skep.
My vroom
geloofsverhouding met die Here: hoe eg
is dit? My dikwels belyde liefde vir
God, is dit leë woorde of deurleefde ervaring?
Die baie eise wat aan
ons gestel word, die baie komplekse situasies waarin ons geplaas word waarin
ons ’n optrede moet vind wat werk, wat doen dit aan ons? Ek wonder soms oor die storie dat ’n mens
soveel verskillende lae kan hê soos ’n ui.
Jy kan laag na laag afskil, en aan die einde bly daar niks oor nie. Ek is ’n eggenoot, ’n dominee, ’n
verhoudingsterapeut, ’n kind, ’n oom, ’n
…. Wat is ek in my kern regtig?
Dan vind ons dikwels
ons identiteit in verkeerde goed van verbygaande aard. Hierdie valse self
probeer om deur middel van minder belangrike goed soos sukses, status, familie,
beroep, voorkoms en reputasie, ’n begrip van wie jy is te skep. Dan is ek ’n dominee of terapeut ook in my
optrede teenoor my vrou of my familie.
Of ek is ook in persoonlike verhoudings die uitvoerende amptenaar, of
die hoogleraar.
2.
Wie jy is
in God se oë?
Die Bybel gee ons ’n ander perspektief op onsself as
die wêreld. In die Bybel kry ons God se
perspektief op ons. Daar sou veel meer
wees wat ons kan aanhaal, maar hier is ’n paar gedeeltes wat tog help:
Ons uitgekies: 16 Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies
en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. (Joh 15:16)
Ons is geliefd: Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy
noem ons kinders van God, en ons is dit ook. (1 Joh 3:1)
Ons is vriende van Jesus: 15 Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want ’n
ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat
Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. (Joh 15:15)
Ons is ’n tempel van God: 16 Weet
julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon
nie? (1 Kor 3:16)
Ons is geskep om die goeie te doen: 10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep
om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. (Efe 2:10)
Ons op ’n wonderbaarlike wyse geskep: 14 Ek wil U loof, want U het my op ’n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen
het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: 15 geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon
sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. (Ps 139:14 & 15).
3.
Verlore
Seun
Is hierdie verhaal nie
aangrypend nie? Na al die jare se
bekendheid daarmee, tref dit steeds.
Moontlik omdat ons onsself daarin kan erken. Die swaar wat hierdie jongman gekry het,
dwing hom om op ’n realistiese manier na homself te kyk. Hy is tussen die varke, nie meer joviaal,
gewild, ryk, nie. Slegter kan dit seker
nie met hom gaan nie. Maar dit verskaf
die impetus vir hom om te besluit: Ek sal na my pa toe teruggaan …
En dan die ontroerende
oomblik. Hy kom met al sy verskonings
wat hy seker oor en oor soos hy gestap
het, ingeoefen het. Pa, ek het teen God en teen pa gesondig … Maar dit lyk my hy kry nooit die
geleentheid om hierdie hele toespraak te lewer nie. Sy pa soen sy woorde van sy lippe af. Wat ’n mooi voorbeeld van ver-soen-ning, skryf ’n teoloog! En ook aangrypend: Sy pa sien hom toe hy nog ver was … Hy moet dag vir dag vir hom staan en wag het!
So is die God wat ek
en jy aanbid!
4.
Ken
jouself
En daarom, voor
hierdie God, kan ek dit waag om myself te probeer vind. Voor so ’n God kan ek myself eerlik
verootmoedig, kan ek my swakhede en valshede erken en bely. Want Hy veroordeel nie, Hy het lief, Hy wag
vir my, Hy dink baie van my, ek wil my juis op ’n egte wyse voor Hom laat leef.
Daarom kan ek die
Heilige Gees vra om my hart oop te maak oor dit wat waar is van my. Ek kan myself voor God oopstel omdat ek
veilig by Hom is. Daarom kan ek bely en
sy vergifnis vir myself toeëien, wat die begin van ’n pad van vernuwing en
verandering is.
5.
Hê jouself
lief
Aanhaling uit Shirley Valentine.
Ek mag myself maar
liefhê. Ek mag myself maar aanvaar. Want hoe sal ek julle kan liefhê as ek nie myself
liefhet nie. Ons moet dan mekaar liefhê
soos ons onself liefhet. Maar dit beteken
dan nie dit is ’n onrealistiese selfliefde wat nie ruimte benodig vir bekering,
vergifnis en groei nie! Dit is juis ’n
sober oordeeloor jouself met jou sterkpunte maar ook jou swakpunte.
6.
Vrug
hiervan
Jy behoort in jou
verhouding met die Here te kan groei. Hy
behoort jou op hierdie pad te kan oortuig van verkeerde dinge in jou lewe. Want jy het ’n nuwe blik op jouself.
Jy behoort ook nuwe
verhoudings met ander mense te kan kom.
Jy behoort groter deernis met hulle swakpunte te kan hê ….