Hebr 1 – Son 28 Des 08

Welkom
Lied 371:1-3 (sit)
Votum
Seëngroet

Lofsang
Lied 344 (staan)
Lied 365: 1 en 2 (sit)

Stop Kyk Luister
Toewyding
  Lied 305:1 (staan)
Geloofsbelydenis
Voorganger (V):
Ek glo in Jesus Christus,
die Woord wat mens geword het.

Gemeente (G):
Ons het sy heerlikheid gesien, vol genade en waarheid.

V: Hy is die Lam van God
wat die sonde van die wêreld wegneem.

G: Hy is die Seun van God.

V: Hy is die brood wat lewe gee.

G: Wie na Hom toe kom, sal nooit weer honger ly nie;
en wie in Hom glo, sal nooit weer dors kry nie.

V: Hy is die lig vir die wêreld.

G: Wie Hom volg, sal nooit in die duisternis lewe nie,
maar sal die lig hê wat lewe gee.

V: Hy is die goeie Herder.

G: Hy lê sy lewe af vir sy volgelinge (skape).
Hy ken sy volgelinge (skape) en hulle ken Hom.

V: Hy is die opstanding en die lewe.

G: Wie in Hom glo, sal lewe, al sterwe Hy ook.

V: Hy is die weg, die waarheid en die lewe.

G: Niemand kom na die Vader toe behalwe deur Hom nie.

V: Hy is die ware wingerdstok.

G: As ons in Hom bly en Hy in ons, sal ons baie vrugte dra, want sonder Hom kan ons niks doen nie.
(Uit die Evangelie van Johannes)

Gebed
Skriflesing
  Hebreërs 1:1-4
Verse 5-14 bg gegrond met aantal direkte aanhalings uit Septuagint,
Griekse vertaling OT.

Preek
Kersdag:  
Joh 1, OT verwysings,
Jesus is God,
As God wil ken, kyk Jesus.

Vandag teks onderstreep & bevestig.

Hierdie 4 verse in Hebr
Van mees elegant geskrewe Griekse tekste in NT.  
Skrywer se beste literêre vermoëns
En aangrypendste teologie
In hierdie openingswoorde van preek.

Een lang sin.
5 woorde begin met Griekse letter vir “P”.
Benewens alliterasie,
Gebruik woorde wat selfde klink vir parallelle frases.

Hele manier waarop sin gestruktureer
Moet ons bewus maak van gewig van inhoud,
Hoe nb dit wat gekommunikeer word.  

Soos Joh 1 proloog,
Hier ook allerhande OT-verwysings.

Jesus “deur God aangestel as erfgenaam van alles”,
Ps 2:8 –
“ek gee volke vir jou as eiendom,
Hele aarde as jou besitting”.

Ook na Gen. 17:5 –
Presies selfde woord as Griekse OT
Wanneer Abraham aangewys word as vader van baie nasies.  

Soos Joh 1,
Ook baie sterk ondertone van wysheidsteologie –
Trek hier ook direkte lyn tussen Jesus
En Sophia, vrou wysheid wat o.a. in Spreuke 1-8 lees.  

So maak hierdie teks,
Met soortgelyke teologiese skerpsinnigheid,
Waarskynlik heelwat meer literêre kundigheid,
Selfde punt as Joh 1:
Die brein agter die heelal,
God,
Het mens geword in Jesus Christus.
Jesus is God.  
En uit hom straal die heerlikheid van God
Hy is die ewebeeld van die wese van God.  

Wil God ken?
Wil God sien?

Kyk na Jesus.

Jesus is die charakter van God,
Die afbeelding of voorkoms
van God se upostaseos –
God se substans of werklike wese.

Philo gebruik Griekse term charakter dikwels
Te argumenteer dat niks of niemand God se “ voorkoms”  kan ewenaar nie.
Teenstelling hiermee,
Presies wat Hebreër-skrywer beweer:
Jesus is die perfekte,
Sigbare manifestasie van God.

Hierdie woord charakter,
Is die ding wat jy kry wanneer stempel vat,
En stempel maak,
Afbeelding van stempel,
Hetsy in metaal,
Soos muntstuk,
Of seel dokument
Of seëlring.

So is Jesus die charakter,
Die ewebeeld van die wese van God.

Natuurlik baie NB dat wanneer praat van God,
Vra:  watter God?  
Vra:  watter prent in kop wanneer woord “God” gebruik?
Wat sê wanneer “God” sê?

Want ons almal konsep van God,
Hetsy vaag of presies,
Gelowig of ongelowig.  

En meeste mense,
Wanneer “God” sê of hoor,
Bedoel iets heeltemal anders as die Een wie se stempel,
Wie se ewebeeld
Daar is in die vlees en bloed,
Die karakter in elke sin van die woord,
Van Jesus van Nasaret,
Die baba in ‘n stal,
Die jong profeet aan ‘n kruis.

Hoekom is dit nb?
Hoekom maak saak watter beeld van God het?

NB,
Want gevaar altyd dat God na eie beeld skep,
Dat God beeld wat self pas,
In ons eie boksies indruk.

God altyd meer as dit.  

Kan gebeur dat beeld van God het,
Geen bedreiging vir magte wat wêreld tot ons voordeel vorm.

Ware verhaal van Kersfees
Baie meer subversief,
Magtig
En gevaarlik,
As wat al conspiracy theories e
En Da Vinci codes kan droom.

Ware verhaal van Kersfees het Herodes se broek laat bewe,
Het die regering van Keiser Augustus omgekeer.

As nie erns maak Godsbeeld,
Kan uit mis op ware krag van evangelie,
Afgewaterde,
Mak evangelie –
(bekende prentjie)
Amper soos kat sien,
Dink dis ‘n leeu!

Belangrik, want sien,
Hoe God sien,
Vorm nie net beeld van God in jou kop,
Ook waaroor dink ons lewens gaan.

Ook hoe dink self moet lewe,
Hoe self lewe gaan struktureer,
Stempel in eie lewe.

Om Jesus verstaan,
NB dat Jesus historiese konteks verstaan.

Drie goed sentraal eerste eeuse Judaïsme:
1. God het verbond gesluit met Israel,
2.  Hoop dat God in geskiedenis sal ingryp,
Verbond vorm gee,
Deur sy volk te vindicate.
Herhalende metafoor hiervoor:  opstanding van volk.
3.  vasbeslotenheid om koms van hierdie dag aan te jaag
Deur getrou te bly aan verpligtinge van verbond
Deur wet te onderhou.  

Debatte binne eerste-eeuse Judaïsme gefokus
Presiese manier hoe hoop vervul sal word,
Of presiese detail van volk verantwoordelikhede binne verbond.  

Vir meeste Jode,
Hoop begin kristalliseer in verwagting van Messias,
Gesalfde uit nageslag van Dawid,
Wat leiding sal neem in verlossing van volk.

Vir bykans al Jode was tempel
Fokus van nasionale lewe
En van hierdie hoop.

Was meer as net plek van gebed en offers,
Was simbool van God teenwoordigheid by mense,
Teken dat hulle nie vergeet het nie.

Tempel en Messias hand aan hand gegaan:
Oorspronklike tempel deur Dawid seun gebou (Salomo)
En komende Seun van Dawid sal tempel herstel tot volle, beloofde glorie.

In hierdie konteks Jesus gebore word.  
Verwagting versterk deur onderdrukking,
Tyd waarin bykans elke Jood
Gewag het God koninkryk kom,
Sy soewereine regering,
Vervulling van antieke belofte.

Binne hierdie wêreld,
Hierdie verwagting,
Jesus boodskap dat tyd aangebreek het.
Die Koninkryk,
Waarvoor so lank gewag,
Het gekom.  

Maar groot deel Jesus bediening daarom gegaan om
In woord, simbool en daad
Te verduidelik dat,
Hoewel volk se langverwagte hoop nou vervul word,
Die vervulling anders lyk as verwag.  

Baie van gelykenisse,
Bv.,
Is ontwerp juis as antwoord
Op aanklag
Dat koninkryk nie daar is nie –
As koninkryk gekom het,
Hoekom gaan wêreld steeds so aan soos wat aangaan?

Jesus antwoord is dat koninkryk teenwoordig is
Soos suurdeeg,
Soos ‘n saad in die geheim groei,
Soos ‘n uitnodiging na troue
Waar verkeerde mense uiteindelik opdaag vir partytjie.  

Jesus roep Israel hulle te bekeer van nasionalistiese ambisie,
En hom te volg na God se oorspronklike visie,
Oorspronklike doel met Israel.  

I.p.v. opstand teen Rome,
Moet daar liefde en gebed vir jou vyande wees.

Sy genesing van blindes,
Verlamdes,
Uitreik na verworpenes
En armes,
Wys daarop dat Jesus volk van God herbou
(roeping van 12 dissipels simbool hiervan,
Hernuwing van 12 stamme).

Jesus neem volk se destiny op homself:
Jesus vervul self die opdrag van God aan Israel
Om heilig te wees soos wat God heilig is –
Heilig, nie in skeiding van wêreld,
Maar heilig in genade,
Liefde en trou bewys,
Reg laat geskied.  

In Jesus sien ons vir God:
God as ‘n baba,
Tot die uiterste toe kwesbaar.

God wat sy koninkryk laat kom deur te leef as ‘n vlugteling in Egipte,
God wat grootword met skinderstories oor sy geboorte,
God wat sy koninkryk aankondig en mense wat sê hy is mal,
God wat die magte van die dag konfronteer,
En ‘n gruwelike dood sterf –
Dit is die stempel wat God op die aarde kom afdruk het.  
DIT is God.  

Afsluit geloofsbelydenis (Brian McLaren)

Ons vertrou op Jesus
Wat die siekes, die blindes en die verlamdes genees het
En selfs die dooies opgewek het.

Hy het bose magte uitgedryf en
Korrupte leiers gekonfronteer.
Hy het die tempel gereinig.
Hy het ‘n sagte plek gehad vir die armes.
Hy het water in wyn verander,
Op water geloop en storms laat bedaar.

Hy het gesterf vir die sondes van die wêreld,
Opgestaan uit die dode en opgevaar na die Vader;
En die Heilige Gees gestuur.  

Ons vertrou op Jesus
Wat ons geleer het met woord en voorbeeld,
Teken en wonder.
Hy het gelykenisse van die koninkryk van God vertel,
Op heuwels, uit bote, in die tempel, in huise,
By feeste en partytjies, langs die pad, op strande, in dorpe,
Deur die dag en in die nag.

Hy het ons geleer van die weg van liefde vir God en naaste,
Vreemdeling en vyand.

Ons vertrou op Jesus,
Wat sy dissipels geroep het, gelei het,
Vir hulle nuwe name en ‘n nuwe doel gegee het
En hulle gestuur het om die goeie nuus te verkondig.
Hy het hul voete gewas soos ‘n dienskneg.
Hy het saam met hulle geloop, saam met hulle geëet.
Hy het hulle vriende genoem;
Hulle tereggewys, hulle aangemoedig
Belowe om hulle te verlaat en weer terug te keer
En om altyd by hulle te wees.

Hy het hulle geleer om te bid.
Hy het vroeg opgestaan om te bid, na verlate plekke gegaan,
Hy het gevas en is versoek,
Het gehuil in die tuin,
Gebid:  “Nie my wil nie, maar u wil geskied.”
Hy het gesing, fees gevier, gehuil.
Ons vertrou op Jesus.
So ons volg hom, leer sy weë ken
Probeer om sy opdragte te gehoorsaam en volgens sy voorbeeld te leef.
Ons wandel saam met hom, woon in hom,
As ‘n loot van die wingerdstok.

Ons het hom nie gesien nie, maar ons het hom lief.
Sy woorde is vir ons woorde van ewige lewe,
En om hom te ken, is om die ware lewende God te ken.
Ons sien hom nie nou nie,
Maar ons vertrou op Jesus.
Gebed

Dankoffer

Slotlied Lied 168
Seën
Die magswoord
van die Here Jesus,
Die getrouheid
van die Vader en die
Teenwoordigheid
van sy Gees
Hou alle dinge,
Ook ons lewens
In stand.
Amen
Lied 189

     

Trackback from your site.

Leave a comment