Skip to main content

Bybelskool: Lukas en Handelinge – Chris van Wyk

Ons lees die evangelie van Lukas en die Handelinge van die apostels.  Geskrywe deur Lukas, die dokter, fokus die evangelie van Lukas op die redding wat Jesus bring vir alle Jode, van die platteland in Galilea tot in die stad Jerusalem.  Sy tweede boek, Handelinge, vertel die verhaal van die redding wat deur die werk van die Gees horisontaal versprei van die stad Jerusalem terug na die platteland, maar dan ook verder na Asië, Afrika, Europa en uiteindelik na die groot stad en magsentrum van daardie tyd, Rome.
Koste: R30 per persoon – almal welkom
{yootooltip title=[Inskrywings] width=[400]}Liesl by die kerkkantoor: 0415835115 – ete R25 pp{/yootooltip}

1 Sam 3 – Son 18 Jan 09

Die gevaar om in die kerk te slaap
Iemand het voorgestel dat ’n goeie titel vir ‘n preek oor hierdie episode in Eli se lewe, sou wees – “Die gevaar om in die kerk te slaap”. 
Dit laat dink my aan die ou storie van ’n man wat baie lief was vir slaap in die kerk.  Die predikant was later so gefrustreerd met die man se geslapery tydens sy preek dat hy besluit het om die man ’n lessie te leer.  Die predikant se eentonige manier van preek het die man gou-gou gesus tot in ’n diepe slaap.  Die predikant het hierna vir die gemeente gesê:  “Almal wat hemel toe wil gaan, staan op!”  Almal het opgestaan behalwe die slapende man.
Die predikant het almal laat sit en toe gevra:  “Almal wat hel toe wil gaan…” hy het sy vuis op die kansel hard geslaan en hard geskreeu:  “… Staan op!”
Die slapende man het met ’n gesnork wakker geskrik en penorent gespring – en die res van die gemeente het omtrent gegiggel.  Die man het rondgekyk na al die mense wat bly sit het en toe na die predikant gekyk en gesê:  “Dominee, ek weet nie waarvoor ons stem nie, maar dit lyk of ek en jy die enigstes is wat ten gunste daarvan is!”
Maar … Samuel het net soos Eli in die kerk, dit is nou letterlik in die tempel geslaap … en anders as Eli, het hy daar God se stem gehoor.  
Agtergrond: 
U ken die verhaal goed.  
Net om die breër prentjie eers te skets: 
  • Die eerste boek van Samuel vertel die verhaal van die eerste koning van Israel, Saul. 
  • Die tweede boek vertel die verhaal van Dawid, die tweede koning.  En die boeke word na Samuel vernoem omdat hy hierdie twee konings gesalf het.  
  • 1ste Konings vat die verhaal dan verder met Salomo en so aan met die res van die konings van Israel en later die Suid-ryk en die Noordelike ryk.
Hoofstuk 1-7 van 1 Samuel vertel die begin van die verhaal, die verhaal van Samuel en later die verhaal van die ark. Samuel is ‘n unieke karakter, gelyktydig priester, profeet en rigter (leier-koning), gebore uit ’n vrou wat nie kinders kon hê nie, wat uit dankbaarheid teenoor die Here, hom in die sorg van die priester Eli gelaat het om voltyds in diens van die Here te staan.  
Waar Eli se seuns ’n goddelose spul was, het Samuel die guns van die Here geniet.  
Hoofstuk 3 vertel nou hoedat die Here hom geroep het om as ’n betroubare profeet op te tree. 
Uitleg: 
In die eerste vers word dit duidelik gemaak dat die Here nie meer gereeld met Sy volk deur profete of priesters gekommunikeer het nie.  Waarskynlik is die rede hiervoor die sonde van Eli en sy familie, soos bekendgemaak in hoofstuk 2.  In die sewe, agt jaar wat Samuel onder toesig van Eli in Silo was, het die woord van die Here net een keer tot iemand gekom.   
Soos talle kere in die heilsgeskiedenis, sou God dan ook hier nie deur Eli, die ervare priester, met Sy volk praat nie, maar deur die geringste – die jong seun Samuel.
Die verhaal van God se roeping van Samuel begin toe hy in die tempel by die ark geslaap het, en die bejaarde Eli (sy oë was al swak – in 4:15 is hy basies blind en 98 jaar oud) op sy beurt in ’n kamer langs die tempel geslaap het.  Die priesters se slaapplek was in vertrekke langs die tempel sodat hulle ook snags kon toesig hou (vgl. Eks. 33:11).   
Vroeg in die môre het die Here na Samuel geroep.  Die lamp waarna hier verwys word (vers 3) moes deur die nag in die tempel brand en is eers in die môre, wanneer dit lig word, geblus (sien Eksodus 27:21).  
Nadat God drie keer na Samuel geroep het – en hy Eli gaan pla het – besef Eli dat dit God is wat na die jong seun roep.  
Gevolglik gee hy aan hom leiding, eintlik ‘n soort liturgiese stukkie raad, oor hoe hy moes antwoord (Praat, Here, u dienaar luister) indien die Here hom weer sou roep.  
Interessant is dat in die oorspronklike Hebreeuse manuskrip, Samuel die vierde keer antwoord sonder om die woordjie “Here” te gebruik, hy sê net: “Praat, u dienaar luister” – dalk omdat hy nog onseker was of dit werklik die Here was wat met Hom gepraat het.  Die woord is in die Afrikaanse vertaling bygevoeg.
Dit is dus duidelik dat Samuel op die stadium nog nie die Here waarlik geken het nie.  God kies iemand wat as’t ware van onder af kan begin om ‘n pad met Hom te loop.  En dit is ook interessant dat dit wil lyk asof daar nie net ‘n stem was nie, maar een of ander verskyning van die Here.  Die skrywer vertel dat die Here gekom het (vgl. Deut. 33:2; Ps. 50:3), gaan staan het (vgl. Eks. 34:5; Num. 22:22) en dan vir Samuel twee keer op sy naam (amper soos met Moses in Eks. 3:4) geroep het.
Die eerste boodskap wat Samuel as profeet moes bring, was ’n harde boodskap.  Eli se seuns wat die offerdiens by die huis van die Here oneer aangedoen het, sou sterf.  Die Here maak dit duidelik dat geen versoeningsoffer hulle sondes kon uitwis nie, want hulle het die offers ontheilig.
Eli word ook nie gespaar nie.  Omdat hy hulle laat begaan het, word hy saam met hulle veroordeel.  Tot Eli se krediet aanvaar hy God se oordeel oor sy versuim om sy seuns te straf in geloof (vers 18).
Die gedeelte sluit af met ’n oorsig van Samuel se grootword jare.  Die belangrikste is dat die Here by hom was en dat Hy nie een van Samuel se woorde onvervul gelaat het nie.  En waar die Here se woord in die begin afwesig was in die land, het dit nou “van Dan tot Berséba” (so in die Hebreeus) onderskeidelik die noordelike en suidelike grens van Israel – weerklink. 
Hoe klink God se stem?
 Dit laat dink my aan die storie …
’n Jong kind het ’n spontane vraag tydens ’n erediens gevra.  Dit het gebeur toe die kinders almal kansel toe gekom het vir die kindertyd.  Voor die predikant haar eerste woorde kon sê, het die seun gevra:  “Hoe klink God se stem?”
Almal in die gemeente het gewag op die predikant se antwoord op die vraag “Hoe klink God se stem?”
Sy het stadig begin praat:  “God se stem klink soos …” terwyl sy ’n skietgebed bid:  “Here, help asb!” 
Sy het weer begin: “Die stem van God klink soos jou beste vriend, soos iemand wat vir jou lief is, soos iemand wat jy vertrou, iemand met wie jy dinge kan deurpraat. Die stem van God klink soos jou ma of pa of gunsteling “baby sitter” wat jou troos as jy in die nag ’n slegte droom gehad het. Jy hoor hoe hulle langs jou bed praat:  “Alles is okei.  Alles is reg.  Ek is hier langs jou.” 
En ons kan ‘n paar ander maniere byvoeg, God praat deur Die Bybel, deur ’n boek, deur ‘n fliek, deur musiek en die natuur. 
Herkenning
Soms is dit maar moeilik om God se stem te herken; soos in Samuel se geval.  Samuel was besig om te leer hoe om na ‘his Master’s voice’ te luister.  Dit is ons probleem ook.  Dan het ek en jy vriende of ander mense nodig om ons daarmee te help – soos Eli vir Samuel gehelp het.   
Versigtig vir die komitee in jou kop!
Jan Johnson waarsku dat ‘n mens in jou luister na God versigtig moet wees vir die stemme van die “komitee” in jou kop! Sy noem hulle “your worst interrupters” (Savoring God’s Word p 76). Hulle maak God se stem na, maar is eintlik deel van een of ander gebrokenheid in jouself.
Die een komitee-lid wat my tref in haar lysie is “The rescuer” – die een wat voorstel dat jy betrokke raak by alles en almal … sodat hulle jou kan waardeer! “As a result, busyness is next to godliness.”
Daarom sê sy: “If you think you hear God saying in every passage, ‘Help people until it exhausts you. Make people happy.’ that is not God but your rescuer sabotaging your meditation.”
Sy stel ook voor dat ‘n mens nie die stemme moet probeer uitdoof nie, maar moet herken vir wat hulle is. En dan: “gently escort (them) to the door of your heart”, terwyl jy bv. vir die “rescuer” sê: “God shows up in every catastrophe. Sometimes God asks you to come along; other times, you stay behind.”
Mense maak dit ook nie altyd maklik met hulle skeptisme nie.
Lili Tomlin, die Amerikaanse komediant, het ’n pittige opmerking gemaak:  “Why is it when we talk to God, we call it prayer, but when God talks to us, we say you’re schizophrenic.” 
God praat vandag nog met mense. God praat nie net met ons op een manier nie, wees oop vir Sy metodes!  Ons kan dus elke môre vra, “Here, laat my vandag U stem hoor.”
Hulp dié kwartaal
Didage gaan aan – en elkeen van die aanbiedinge het in ‘n mindere of meerdere mate iets oor die herkenning van die stem van die Here. 
Gehoorsaamheid
Maar nou vir iets baie kosbaar.  
C.S. Lewis het gesê:  “There are two kinds of people in the world: those who respond to God saying, ‘Thy will be done, God, have it Your way’ and those to whom God says, ‘All right, then, have it your way.’”
As ‘n mens die Here se stem hoor, en jy doen nie wat Hy sê nie, dws jy is nie gehoorsaam nie, dwarsboom jy jou herkenning van die Here se stem.  Dit is wat met Eli gebeur het – Hy het die stem van die Here geken … maar met tyd ongehoorsaam geraak daaraan … en toe die herkenning van die stem van die Here verloor (have it your way).
Gehoorsaamheid herstel nie net jou verhouding met die Here nie.  Dit is die enigste wyse waarop jy sal voortgaan om die stem van die Here te hoor. 
Hoe kan ons gehoorsaam?
 Nou wat vra die Here van ons?  Wat is die dinge waaraan ons gehoorsaam moet wees?  Wat is die dinge wat ons moet doen, sodat ons die woord van die Here kan hoor en herken?
Wel ons hoef net te doen wat Samuel gedoen het.  Hy illustreer wat elke kind van God moet doen.  Hy was ’n koning (reg laat geskied – in die uitvoering van sy pligte), Hy was ’n priester (liefde en trou bewys – in sy omgee vir mense) en Hy was ‘n profeet (bedagsaam gelewe voor God – wat ingesluit het dat hy die woorde van God met sy mense gedeel het). 
En dit is wat Miga in hfst. 6:8 verduidelik:

Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is:
Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied,
dat jy liefde en trou sal bewys,
dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

Dis God se BTW vir die lewe:
Beoefen regverdigheid en billikheid.
Toon liefde en trou.
Wandel met God.
Micah 6:8 The Message:

But he’s already made it plain how to live, what to do, 
what God is looking for in men and women.
It’s quite simple:  Do what is fair and just to your neighbour,
be compassionate and loyal in your love,
and don’t take yourself too seriously – take God seriously

Miga 6 : 8 se kinder parafrase

Play fair (reg sal laat geskied) – Koning
Be nice (liefde en trou sal bewys) – Priester – Wounded & Gentle Healer
Hold God’s hand (bedagsaam voor God sal leef) – Profeet

1.  Om Koning te wees – het te maak met jou daaglikse lewe – jou werk, skool, universiteit , wat ook al. Hoe pak jy dit aan? Is ‘play fair’ deel van jou aanslag? Die aksent is op play & fair – speel én regverdig.  Dit beteken dat ons die wêreld aan die kant sal maak sodat mense daarin kan speel!
Luther was lief om te sê:  “God melk die koeie deur jou.”  M.a.w. alles wat jy doen, is potensieel ’n roeping van God.  God wat deur jou wil werk.  Somtyds kan dit moeilik wees om in ons daaglikse doen en late te sien dat dit ’n roeping van God af is.
2.  Be nice (liefde en trou sal bewys) – Priester 
Beoefen liefde in alles wat jy doen!  Gee liefde vir mense, maar as jy dit nie kan regkry nie, sal jy dan ten minste probeer om niemand seer te maak of kwaad aan te doen nie?
Dit was Winston Churchill wat die wyse woorde kwyt geraak het:  “We make a living by what we get, but we make a life by what we give.”
3.  Hold God’s hand (bedagsaam voor God sal leef) – Profeet
Lees die Woord daagliks (Deut. 29:29) – leer meer hoe God is, en wat vir Hom belangrik is.  Hoe beter ons God se denke, motiewe en maniere leer, hoe meer sensitief sal ons wees om Sy wil te gehoorsaam.
Lees My woord, Hê My Woord lief, Leef my Woord.
Die gevolg van sulke optrede?
As ‘n mens dié dinge doen, as jy só gehoorsaam raak, dán kom daar meer spesifieke opdragte van die Here, wat maar net meer spesifiek uitvoering gee aan play fair, be nice en hold God’s hand.
Om jou roeping na te kom, jou spesifieke roeping as gelowige (en dit is ook waar van ons as gemeente), begin by die algemene goed, en dan word dit meer spesifiek.
Ek sluit af – wat kan ‘n mens verwag as jy begin om te luister en regtig te doen?
Die volgende storie verduidelik iets daarvan:
’n Klomp teologie studente is in die studie lokaal deur hulle dosent betrap waar hulle sit en Dambord speel – in plaas van om die Bybel te bestudeer soos hulle veronderstel was om te doen.  Baie verleë is hulle toe gou agter die boeke in.  Maar die dosent  glimlag en sê hulle hoef nie skaam te wees nie, want as hulle mooi kyk, sal hulle God se wette kry waar hulle hulleself ook al mag bevind.
Hy vra hulle toe of hulle die drie reëls van Dambord ken.  Natuurlik, het hulle gedink, hulle ken die reëls van die spel wat hulle speel!  Maar nie een was so voorbarig om te lyk of hy die dosent wil leer nie.  Daarom gee die dosent, ’n student van die  Bybel en teologie, vir hulle die reëls van Dambord deur:
Eerstens, sê hy, ’n mens mag nie twee skuiwe tegelyk maak nie.  
Tweedens, ’n mens mag net vorentoe skuif.  
En Derdens, as ’n mens die laaste ry  bereik het, kan jy skuif net waar jy wil.
Dit, sê hy, is wat die Bybel ook leer. Toe stap  hy weer uit.
Eers baie later het die studente besef wat hulle daardie dag deur Dambord geleer is:  
1. Hulle moet nie hulle lewens versmoor deur meer as een skuif op ‘n slag te probeer maak nie, 
2. Hulle moet hulle doel, dit waaraan hulle werk (in Miga se woorde: play fair, be nice, hold God’s hand), duidelik voor oë hou,
3. en dat hulle eers waarlik vry gaan wees as hulle by die laaste ry uitkom. As hulle God en hulle naaste liefhet soos hulleself.

Ps 29 – Son 11 Jan 09

Verwelkoming & Afkondigings
Video Ps 29 (The Message)
Seëngroet
Dankoffer as Lof-offer
Psalm 148 v 1, 2, 5 (Staan)
Genesis 1: 1-5
Lied 456 v 1 (sit)
Job 37: 2-5a
Lied 464 v 1 & 3 (sit)
Markus 1:9-11
Lied 175 (sit)
Johannes 1: 1 & 14
Lied 254 (sit)
Gebed
Kindertyd
Skriflesing Psalm 29

Preek
6e was Epifanie –
tyd God verskyning in wêreld.

Goeie tyd vra na teenwoordigheid van God.
Want is so dat God dikwels afwesig voel:
In geharwar van feestyd,
Spanning oor jaar wat voorlê.

Kan soms voel God afwesig, stil.  

Praat God, hoe, waar?

Baie van ons,
Half skuldig,
God in natuur – kan dit?

Ps 29,
Een van oudste Ps,
Helder JA – God praat, ook in natuur!

Maar pasop:
Mag dalk nie hou van wat hoor!

Literêre styl soos trap,
Spanning bou op,
Crescendo musiek.

In Psalm praat God 7 keer –
Natuurlik beteken perfek.

Wie kinders bang donderweer?
Grootmense?

God stem in hierdie Psalm:
·    Weerklink oor water
·    Breek seders oop
·    Flits met vlammende vuur
·    Skud die wildernis
·    Laat berge soos kalfies spring
·    Stroop bosse
·    Laat woestyne bewe.
Hierdie goed natuurlik almal indrukwekkend op eie:
See,
Berge,
Woestyn –

Net Seders van Libanon
Al bekende beeld
Wat met verwondering vul:

Salomo bou eerste tempel.
Groei tot 30m / 100 ft hoog,
15m / 50 ft omtrek.
Geurige hout,
Bladhoudend,
Vrot nie,
Maak nie knope.

So sterk indruk op Israeliete verbeelding,
Dat oral genoem:
Van Levitiese reinigingskodes
Tot profetiese vergelykings in Jesaja & Esegiël.  

Maar in gedig word magtige seders
Saam genoem met bosse –
Hisop,
Klein,
Vaal ou bossie in vergelyking met magtige seders.

In Tora is Seders en Hisop saam gebruik om melaatsheid te genees,
In een van Hebreeuse geskrifte raas Rabbi met iemand:
Jy was voorheen trots soos ‘n seder,
Maar die Heilige Een het jou nederig gemaak

Soos ‘n hisop wat deur almal vernietig word.
Salomo noem Seders en Hisop in een sin.

Hisop gebruik deurkosyne Israeliete Egipte met bloed te smeer,
Gebruik by offers.

En op die ou end
Is dit hisop wat gebruik word
Wanneer die sterwende Messias sê hy is dors.

En dan het ons nog niks gesê van God en die water nie!

Gees van die Here het oor die waters gesweef,
Gereed om eerste woord te spreek
Wat iets sou skep uit die niks.  

En toe die wêreld hul rug op God gedraai
En boos geraak het,
Het die een oorblywende regverdige
‘n boot van gofer hout gebou.
En die Here het ‘n groot vloed gestuur as oordeel oor sy mense.

Baie later verdeel die water in 2,
As ontsnappingsroete vir die groep slawe,
En vou weer toe en sluk so die agtervolgende Egiptenare in.

En een keer was daar ‘n magtige storm
Om die aandag van die hardkoppige Jona te kry.  

Die God wat hierdie magtige waters beheer,
Beheer alles.

Hierdie Psalm is nie net ‘n uitdrukking van
Verwondering oor mag God oor natuur het.  

Eintlik ook polemiek
Teen volke rondom,
Ander gode.

Hierdie Psalm eintlik ou Kanaänitiese lied,
Baäl God oor weer – uitgebeeld weerlig in hand.
Israeliete nie net oorgeneem, Baäl met God vervang,
Ook teologies aangepas,
Juis sê:
Julle verkeerd!
God van Israel is ware God –
Amper uitdagend aan volke rondom hulle.

God van Israel is ware God –
Nie net God van geskiedenis,
Soos nog altyd geken,
Maar ook God van natuur.

Terugkom vraag netnou:  wie bang donderweer?
Want vraag is:
Wil jy regtig hierdie God ontmoet
Sonder sambreel,
Dik reënjas,
Paar gumboots
En vriend met kar om jou uit reën te kom haal?

Hierdie uitbeelding van God in Psalm
Nie vriendelik,
Ons vriend, broer, vader –
Skrikwekkend.

Mens sou dink dat slim reaksie op hierdie stem,
Nie is neer val en aanbid,
Maar omdraai en weghardloop!

Niemand kan hierdie stem hoor
En bly lewe nie!

Luther gesê ons moet vlug van God af,
Na God toe.

Daarom aangrypend dat hoogtepunt van trap,
Afsluiting van Psalm:
Die Here –
Hierdie God wie se stem seders oopkloof
En berge laat bokspring –
Die Here gee krag aan sy volk;
Die Here seën sy volk met oorvloed.  

Hierdie God –
Wat woestyne laat bewe,
Wat almal in die hemel laat uitroep:
Hoe geweldig!

Hy seën ons.  

Kan verskillende maniere reageer op stem van God in donderweer.

Daar is die grappie van ’n seuntjie wat nie sy groente wou opeet nie.  Sy ma was al raadop met hom! Sy het vir hom gesê:  “Jesus hou niks daarvan as jy nie jou groente eet nie.”  Toe sy met die woorde uit die kombuis wil stap, slaan daar ’n donderslag. Toe sy weer kyk, is die seuntjie se bord leeg en sy hoor hoe mompel hy:  “So ’n groot bohaai oor ‘n bietjie groente!”  

Of storie êrens gelees van seuntjie eerste keer donderweer sien:
Kom kyk, Jesus neem foto’s van ons!

Want hierdie God,
Wat God is oor die watermassas
Wat gekroon is bo die vloed,
Het self deur die water gegaan,
Is gedoop in die Jordaan.

Hebreërs-teks die vakansie gelees,
Sê God in verlede op baie maniere met ons voorouers gepraat,
Maar in Markus-teks vanoggend gelees,
Jesus doop,
Net toe hy uit die water kom,
Hemel oopgeskeur.

Afstand tussen die hemel
En die aarde
Gekrimp tot niks.

En die magtige stem van God,
Stem wat weerlig laat uitslaan,
Sê vir Jesus:
“Jy is my geliefde Seun.
Oor Jou verheug Ek My.”

Dis nie om dowe neute dat Joh 1 –
Ook vakansie gelees –
Jesus die Woord noem nie.

Want Jesus Christus
Is die stem van God
In liggaamsvorm.  

In hom hoor ons vir God.

Daarom word hierdie selfde woorde
Wat by Jesus doop hoor,
Weer herhaal wanneer Jesus verheerlik word:
“Dit is my geliefde Seun
oor wie Ek My verheug.
Met een toevoeging:
 Luister na Hom.”

Want HY is die stem van God.
In hom hoor ons vir God praat,
Hoor ons die stem wat die weer laat dreun.  

En wat gelyk het na die gebeure wat die stem van die Here finaal stil gemaak het –
Op die dieptepunt van swakheid en moedeloosheid,
Vind ons die meeste mag,
Die donderende stem van God:
Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

En net ingeval ons vergeet,
Het die voorhangsel van die tempel
Van bo tot onder
Middeldeur geskeur,
Sodat ons kan onthou:
Die hemel het oopgeskeur,
God het gepraat.

Yousaf Karsh is ’n Kanadese fotograaf
wat gespesialiseer het in gesigsfoto’s van bekende mense.
Die enigste foto wat hy ooit van die agterkant afgeneem het,
was van die beroemde tjellis, Pablo Casals,
 in ’n klooster in 1954.

Karsh vertel dat hy besig was om sy toerusting reg te kry,
toe Casals Bach op sy tjello begin speel het.
Karsh was so meegevoer deur die musiek
dat hy skoon vergeet het hoekom hy juis hier is.

In daardie God-oomblik het Karsh die foto
van die klein, bleskop man wat sy tjello bespeel, afgeneem
.
Toe hierdie foto deel was van ’n Karsh-uitstalling
in ’n Bostonse Museum,
 het die kurator agtergekom dat ’n ou man
daagliks vir ure lank voor die foto stilstaan.

Die kurator het hom uitgevra hierna.
Die ou man het  saggies geantwoord:
 “Sjuut,
kan jy nie sien ek luister na die musiek nie.”  

Karsh het Casals hoor Bach speel,
 en dit op foto vasgelê.
Die ou man het daarna gekyk
en kon die musiek hoor!

Kan jy die stem van die Here hoor
wat soos musiek oral rondom jou speel
– in die natuur,
in jouself,
in ander
in Jesus?

Gebed

Psalm 29 (staan)
Seën
Prys die Here
om sy eer en mag!

2  Prys die Here
om die eer van sy Naam!

11  Die Here gee aan julle, sy volk, krag;
die Here seën julle met oorvloed.

Lied 228 (staan)