“Eyes on the road”
Tema: “Eyes on the road”
Reeks: God se wil
Pulse 22 Augustus 18:30 Live Youtube
Written by Chris van Wyk on . Posted in Chris van Wyk. No Comments on “Eyes on the road”
Tema: “Eyes on the road”
Reeks: God se wil
Pulse 22 Augustus 18:30 Live Youtube
Written by Chris van Wyk on . Posted in Chris van Wyk. No Comments on Laat niemand jou verlei met niksseggende redenasies nie – Efesiërs 5-6-20
Tema: Laat niemand jou verlei met niksseggende redenasies nie – Efesiërs 5-6-20 Reeks: Die eenheid van die kerk is op die spel NG Kerk Somerstrand 15 Augustus 2021 09:00 (Youtube en kerk)
Written by Chris van Wyk on . Posted in Chris van Wyk. No Comments on Moenie die Duiwel plek gee nie – Efesiërs 4:17-5:5
Tema: Moenie die Duiwel plek gee nie – Efesiërs 4:17-5:5 Reeks: Die eenheid van die kerk is op die spel NG Kerk Somerstrand 8 Augustus 2021 09:00 (Youtube)
Written by Chris van Wyk on . Posted in Chris van Wyk. 1 Comment on Hou vas aan die waarheid – Efesiërs 4:1-16
Written by Chris van Wyk on . Posted in Thania Botha. No Comments on 25 Jul 2021 Erediens 2 Kon.4:42-44 ‘n Profetiese rol vandag.
Ek glo almal van ons borsel elke oggend en partymaal ook in die aande jou tande met ‘n tandeborsel en tandepasta. Jy het sekerlik al ‘n buisie tandepasta gedruk sodat dit kan uitkom, maar het jy dit al probeer terugsit? Dis ‘n gesukkel en daarom moet jy mooi werk wanneer jy die buisie druk. So is dit ook met ons woorde en dade – dit wat ons gesê en gedoen het, kan ons nie terugkry nie. Daarom moet ons versigtig wees met en goed nadink oor hoe ons dit gebruik. ‘n Groep mense in die Bybel wat veral gelet het op hulle woorde en dade, was die profete, want hulle moes God se boodskap net so aan die mense oordra en deur hulle dade in ooreenstemming daarmee optree. Ons kyk na die geskiedenis van die profete in die Bybel. Elkeen van ons het egter steeds ‘n profetiese rol om te vervul, in die onderskeie beroepe wat ons beoefen, die kringe waarin ons beweeg, die huishoudings waarvan ons deel is. Clement van Rome, ‘n pous in die jaar 88 n.C. verwoord ons as gelowiges se profetiese rol in sy gebed: Ek bid dat U vandag vir hulle wat swaar kry sal help, Hulle wat geval het sal ophelp Hulle wat in nood verkeer sal verlos van hulle ellende Ek bid dat U die wat siek is sal genees Hulle wat afgedwaal het sal terugbring Die hongeres sal voed Die swakkes sal versterk Die wat moed verloor het nuwe visie sal gee Maar Here, terwyl ek vra dat U hierdie dinge sal doen, Besef ek dat U gekies het om dit deur my te doen.
Written by Chris van Wyk on . Posted in Thania Botha. No Comments on 18 Jul 2021 Erediens Efe.6:10-20 Hoe sal ons bly staan?
Efe.6:10-20 Hoe sal ons bly staan? Ons is almal op een of ander manier in verskillende veldslae gewikkel…Deurgaans in Paulus se lewe voer hy ‘n stryd teen die fisiese gevare en bedreigings, Romeinse owerhede, honger, armoede nie, ook die innerlike stryd. Die Here inspireer hom om vanuit die tronk in Rome hierdie bemoedigende brief aan die gelowiges in Klein-Asië, te skryf. Dit was ‘n omsendbrief, m.a.w. hulle moes dit aanstuur. Vandag kan elkeen van ons dit lees en weet: dit is ook vir jou en my bedoel. Hier word die opdrag gegee om in die stryd wat ons in die wêreld, ons land, huise en harte stry, soos die 1983-vertaling dit stel: op ons pos te bly. Die 1953-en 2020-vertaling sê meer getrou aan die Griekse teks, staande kan bly of vas kan staan (v.11,13,14) Die Griekse woord “stenai” – verwys letterlik na ’n soldaat of weermag wat ‘n kritiese en strategiese militêre posisie inneem teenoor ‘n vyand. Ons word gehelp om ons posisie te bepaal in watter stryd ons ookal stry. Ken jou Bevelvoerder/Verlosser. Ken jou vyand. Onthou die regte “kleredrag”. “Stry die goeie stryd van die geloof. I Tim. 6:12
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website. Read our Privacy Policy.