Uitverkiesing – merk van die dier – wegraping
INLEIDING
Baie dankie – NG Kerk Heidekoppie – vir die uitnodiging om oor die laaste dinge te gesels, die eskatologie, die leer van die laaste dinge. Julle het gevra dat ek aan drie sake aandag gee. Die uitverkiesing. Die wegraping. Die merk van die dier. En daarby iets sê oor Inenting – ja of nee. Want, daar is natuurlik mense wat die entstof met die getal 666 verbind. (jy kan dit op Youtube ook kyk)
Nou, dit is ‘n mondvol.
- Ek wil julle eerstens verwys na ‘n Pinksterreeks wat ek verlede jaar gehou het. Ek het die boek Openbaring in sy geheel behandel. Die drie sake word daar meer uitvoerig hanteer. Daar is ook nege Youtube video’s wat jy kan kyk. En die pdf van my boek oor Openbaring, Ek kom gou, kan jy ook daar gratis aflaai. Hier is die skakel.
- Ek het ook meer oor die tema van die uitverkiesing geskryf op my webtuiste. Jy kan daar ‘n hele paar bydraes lees. Ook oor die wegraping.
Kom ons begin met die eerste onderwerp.
