Ek sal my Gees in julle gee, en julle sal leef – Esegiël 37:1-14
Ek sal my Gees in julle gee, en julle sal leef Esegiël 37:1-14 – Sondag 23 Mei 2021 NG Kerk Somerstrand
Written by Chris van Wyk on . Posted in Chris van Wyk, Pinkster 2021 - Waak en bid. No Comments on Ek sal my Gees in julle gee, en julle sal leef – Esegiël 37:1-14
Ek sal my Gees in julle gee, en julle sal leef Esegiël 37:1-14 – Sondag 23 Mei 2021 NG Kerk Somerstrand
Written by Chris van Wyk on . Posted in Chris van Wyk, Pinkster 2021 - Waak en bid. No Comments on 12 Loof
Ons kom by die laaste en twaalfde element van gebed: Loof (Youtube).
Bid en bely
Die Here Jesus het ons geleer in die Ons Vader om te bid dat sy Naam geheilig sal word, dat sy koninkryk sal kom, dat sy wil sal geskied. Ons sluit die Ons Vader af deur die bestaan van die koninkryk, die krag van God om dit voluit te laat aanbreek, en sy heerlikheid oor alles en vir altyd te bely.
13 Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen. (Matt 6:13)
Dit is hoe die uur van gebed dan ook omraam word. Ons het begin met aanbidding. Ons sluit af met lofprysing.
Sommige probeer aanbidding en lofprysing onderskei deur aanbidding met God se wese te verbind en lofprysing met God se werke. Maar, baie keer word God geprys vir sy wese, en baie keer word God aanbid vir sy werke.
Die verskil tussen aanbidding en lofprysing
Die verskil tussen aanbidding en lofprysing het baie meer met houding te make as met substansie.
Aanbidding is om op jou aangesig te val of te kniel voor God:
6 Laat ons in aanbidding buig en kniel, laat ons op ons knieë staan voor die Here, ons Maker (Ps 95:6)
So gebeur dit op aarde, so ook in die hemel:
9 En telkens wanneer die lewende wesens heerlikheid en eer en dank bring aan Hom wat op die troon sit, aan Hom wat vir ewig en ewig leef, 10 val die vier-en-twintig ouderlinge in aanbidding neer voor Hom wat op die troon sit. Hulle aanbid Hom wat vir ewig en ewig leef, en sit dan hulle krone voor die troon neer, terwyl hulle sê: 11 “U is waardig, ons Here en God, om die heerlikheid en die eer en die krag te ontvang, omdat U alle dinge geskep het; deur u wil het alles ontstaan, is dit geskep.” (Openb 4:9-11; vgl Ps 22:30; 1 Kor 14:25; Openb 4:10; 5:14; 7:11; 11:16; 19:4).
Lofprysing daarenteen is om op te staan, die dagbreek wakker te maak en vir almal te vertel wie God is en wat Hy doen:
8 My hart is standvastig, o God, my hart is standvastig. Ek wil sing, ek wil lofsing. 9 Word wakker, my gemoed! Word wakker, harp en lier! Ek wil die dagbreek wakker maak. (Ps 57:8-9)
Soos Dawid dit in ‘n ander Psalm sê:
12 My voet staan op gelyk grond; in die byeenkomste sal ek die Here prys. (Ps 26:12)
Om God te loof in gebed beteken om sy allesoortreffende waarde te erken. Dit is om God se krag en heerlikheid voor alle mense, voor die hele skepping, te erken. Waar jy in aanbidding hierdie dinge net vir die Here sê, juig jy in lofprysing dit uit dat almal dit kan hoor.
Soos Maria in die NT in haar lofsang gesê het:
46 “My siel loof die Here, 47 my gees jubel oor God my Verlosser, 48 want Hy het die nederigheid van sy diensmeisie raakgesien. Kyk, van nou af sal alle geslagte my gelukkig noem, 49 want die Magtige het groot dinge vir my gedoen – ja, heilig is sy Naam. (Luk 1:46-49)
Ek sal U vir altyd prys, omdat U opgetree het
Lofprysing is ook nie net vir dit wat in die verlede lê nie. Dit gaan ook oor dit wat in die toekoms gaan gebeur. Dit is om God te prys vir wat Hy nog gaan doen.
Dit leer Psalm 52 vir ons.
Dawid het die Psalm geskryf in ‘n tragiese en traumatiese tyd in sy lewe toe een van sy vyande, die Edomiet Doëg, ‘n familie van 85 priesters uitgewis het, omdat hulle vir Dawid gehelp het in sy vlug voor Saul uit (1 Sam 21-22).
In die Psalm bring Dawid die bose dade van Doëg voor die Here en bid dat die Here sal optree. Hy bid dat die Here Doëg vir goed sal afbreek, hom sal wegruk uit die land van die lewendes. Nie net as straf vir sy boosheid nie, maar ook sodat regverdiges sal moed skep dat God nie sonde ongestraf laat nie.
En dan sê Dawid:
10 Ek stel my vertroue in God se troue liefde, vir altyd en altyd. 11 Ek sal U vir altyd prys omdat U opgetree het. (Ps 52:10-11)
Let op die toekomstige verlede tyd: “omdat U opgetree het”!
Dit is iets wat Jesus ons ook geleer het. Waar ons seker is dat wat ons vra binne God se wil is, kan ons die gebed van geloof bid, en die Here loof dat Hy opgetree het:
24 Daarom sê Ek vir julle, alles waarvoor julle bid en vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so gebeur. (Mark 11:24)
Dit is ‘n gebed waaroor ‘n mens baie kan sê, en daar is uiteraard ‘n paar kwalifikasies. Een daarvan is in Johannes 15, vers 7-8:
7 As julle in My bly, en my woorde in julle bly, vra dan wat julle wil, en dit sal met julle gebeur. 8 Hierdeur word my Vader verheerlik, dat julle baie vrug dra en my dissipels kan wees.” (Joh 15:7-8)
Jesus in ons en ons in Jesus. Dan raak sy wil ons wil. En God word verheerlik – sy Naam word groot gemaak – dat ons baie vrug dra as sy dissipels.
Prakties
Ons sluit ons gebed dus af met lofprysing waarin ons die Here loof vir wat Hy gedoen het, en vir wat Hy nog sal doen.
Maar, voor ek jou begelei in lofprysing met sagte musiek op die agtergrond (Awake and See), net ‘n paar praktiese opmerkings vir die toekoms:
Ek sluit af. Jy is in die leerskool van Jesus. Dit is Hy wat vir jou intree (Hebr 7:25). Vertrou Hom om jou te leer hoe om te bid en daarin te volhard.
Om te waak en bid.
Gebed
Dink terug aan alles wat jy die afgelope tyd in gebed ervaar en geleer het. Loof die Here in jou eie woorde.
Stilte
Dink vooruit aan dinge wat jy vir die Here gevra het, en loof Hom dat Hy sal antwoord.
Stilte
13 Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen. (Matt 6:13)
Hier is die skakel na die video wat al twaalf elemente verenig.
Al die video’s in die reeks is op hierdie Playlist by Youtube.
Written by Chris van Wyk on . Posted in Kategese, Ligkids. No Comments on Ligkids 23 Mei 2021 Geraamte(s) in die klas…
Vandag is daar ‘n geraamte, of eerder, klomp geraamtes in die klas! Het jy al ‘n geraamte gesien? Miskien toe jy na die dokter of na ‘n museum toe gegaan het. Ons het baie bene aan die binnekant van ons lyfies. ‘n Geraamte is wat oorbly, wanneer ‘n mens of diertjie doodgaan. Ons lees vandag wat Esegiël gedroom het in Eseg.37:1-14 en ons hoor: Vir God is niks onmoontlik nie! Hy kan selfs dooie bene weer lewendig laat word! WOW! Jesus self het mos ook uit die dood opgestaan en Hy belowe dat ons wat in Hom glo ook vir altyd sal lewe saam met Hom! Daarom hoef ons vir niks en niemand, nie eers die dood, bang te wees of daaroor moedeloos te word nie. Kom luister, lees, sing en speel lekker saam!
Written by Chris van Wyk on . Posted in Chris van Wyk, Pinkster 2021 - Waak en bid. No Comments on 11 Luister
Ons kom by die elfde element van gebed: Luister (Youtube).
‘n Hele paar van die vorige elemente van gebed het al te make gehad met luister. Om te wag op die Here. Om oor die beloftes in sy Woord na te dink, en met Hom in gesprek te tree daaroor. Trouens, gebed is ‘n dialoog, ‘n gesprek. Dit impliseer dat God na ons luister, en dat ons na Hom luister.
Written by Chris van Wyk on . Posted in Chris van Wyk, Pinkster 2021 - Waak en bid. No Comments on 10 Dink na
Ons kom by die tiende element van gebed: “om na te dink”of “te bepeins”: Dink na (Youtube).
Regdeur die Skrif word ons opgeroep om na te dink oor wat God sê, om die betekenis daarvan vir ons te bepeins, sodat ons alles wat God daarin vir ons neergepen het, kan nakom. Dit is die primêre manier waarmee God met ons praat.
Written by Chris van Wyk on . Posted in Chris van Wyk, Pinkster 2021 - Waak en bid. No Comments on 09 Sing
Ek wil jou amper wed dat jy nie gedink het “sing” gaan een van die temas van gebed wees nie – J. Of miskien is dit net ek wat nie voorheen daaraan gedink het om dit in te sluit in my lering oor gebed nie!
Tog, as ek terugdink aan tye en plekke waar ek die Here se teenwoordigheid op besondere maniere ervaar het, het dit talle kere met musiek en sang te make gehad.
Ek onthou, ‘n jaar gelede dat, ek ‘n keer in ernstige gebed was op ‘n retraite. Gelukkig nie naby mense nie. En ek bewus geraak het van God se teenwoordigheid wat my binnekant tot rus gebring het. Die volgende oomblik het ek ‘n bekende melodie onthou en my eie woorde daarvoor geskryf en dit daar en dan gesing.
Vader, U is genoeg vir my
Vader, ek kom tot rus by U
Vader, U kan voorsien vir my
Vader, ek kom niks kort by U
Vader, U is genoeg vir my.
Ons kom dus by die negende element van gebed: Sing (Youtube).
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website. Read our Privacy Policy.