Skip to main content

Herbou die Muur – Maleagi

Gestel twee mense trou.  Hulle het ‘n pragtige droom-troue:  die rok, die blomme, die onthaal, alles.  Wanneer hulle gereed maak om te vertrek op hul wittebrood, gee die bruidegom vir die bruid ‘n vliegtuigkaartjie en sê:  “Hier.  ‘n Kaartjie na Mauritius.  Geniet dit.” Jy kan jou indink hoe die huwelik vorentoe gaan verloop…

Verwelkoming & Afk.

Toetrede

Lied 475 Allerhoogste Hemelvader (sit)

Votum

Ps. 33

Seëngroet

Lofsang

Psalm 33 vv 1 en 7 (staan)

Gebed

Lied 254 x 2 Spreek Heer (sit)

Reeks

Die Storie

Vandag klaar OT – sien uit NT!

Hoofstuk week gelees – Herbou die muur

Twee weke gelede – tempel herbou

Hierdie week – muur om Jerusalem herbou,

Vertel daarvan in Nehemia, Esra 7,

Maleagi tree die tyd op.

Meeste van julle in week gelees,

Vandag Maleagi

Skriflesing

Maleagi –

oorsig hele boek, verskillende tekste – volg op skerm.

Maleagi laaste profeet opgetree Israel (NB te hoor)

 

Tweegesprek:

God kla aan,

Volk vra:  wie ek?  Hoe ek dit gedoen?

God antw..

Tussendeur verweef belofte:

Gelyk straf en verlossing.

 

Preek

Voor aangaan,

Dink aan jou droom-troue

(of as getroud is – troue)

Rok, blomme, gaste…

 

Dink alles kan verkeerd loop…

Verkeerd geloop het!

 

Troue – en huwelik – wonderlike ding.

Een van beste goed met my gebeur het.

Maar kan baie verkeerd loop…

 

Gestel twee mense raak verloof.

Baie beplanning,

Voorbereiding.

Man beplan wittebrood.

Brosjures, navorsing… besluit…

Koop net EEN kaartjie.

 

Troue – kerk, preek,

Bruid lyk pragtig,

Blomme,

Onthaal – vriende,

Kos, koek, dans.

 

Einde onthaal,

Haal kaartjie uit,

Gee vir bruid:

Hierso.  Gaan.  Geniet dit!

 

Sy vra:  maar gaan jy nie saam nie?

Hy antwoord:

Moet ek, nou dat ons getroud is?

 

Sy antwoord:

Nee, maar ek het soortvan verwag jy sal saamgaan.

 

Hy:  Kyk, ons is mos nou getroud.

Ek wil nie fanaties wees oor hierdie getroud-wees ding nie.

 

Sy:  ek dink nie fanaties jou vra saamgaan wittebrood!

 

Hy:  Man, ek was al in Mauritius.

Gaan jy.

Sien die land,

Swem in die see,

Scuba.

Ek gaan bietjie Mosambiek toe,

Dinge daar ontdek.

 

Sy:  Mense lief is vir mekaar, getroud,

Veronderstel saam plekke te besoek!

Dis hele idee met trou!

 

Kan dink hoe res van huwelik gaan lyk.

Aparte slaapkamers – of huise!

Nie fanaties wees, darem nie elke dag in mekaar geselskap.

 

Gaan weg vir 3 maande vir werk – nie vir haar sê –

Nie fanaties wees,

Darem nie in alles ken!

Nie oor alles praat!

 

Later… iemand anders.

Nie fanaties:  darem nie net mekaar…

 

Verbondsverhouding

Is wat gebeur het met volk,

Waaroor Maleagi so hard preek dat spoeg spat.

 

God verbond volk gesluit –

Daar by berg Sinai

Verhouding.

Maar NB – hulle dikwels nie verstaan –

Verhouding twee rigting straat.

Hy hulle God – hulle sy volk.

 

Hulle natuurlik aanmekaar ander kant toe gefoeter,

Maar God aanmekaar weer uitgereik,

Teruggeneem.

So was volk in Ballingskap,

Teruggekom –

Opgewonde,

Tempel herbou,

Verhouding herstel.

 

Natuurlik ook Moeilik, swaarkry –

Maar was wittebrood tyd in verhouding God.

God vertrou.

Nuut begin

 

Passie verflou

Maar soos tyd verby gaan,

Passie begin verflou.

Tempel nou – na groot gesukkel – herbou

Nog God gedien…

Soortvan…

Kerk toe gegaan,

Offers gebring.

 

Maar eintlik net deur beweging gegaan.

Reëls van wat moet doen – kerk, offers –

Nagekom,

Tegnies getrou aan wet,

Aan verhouding met God,

maar res van tyd nie eintlik aan God gesteur.

Nie invloed in res van lewens gehad,

Eintlik maar gedoen wat wil,

Gesê maak nie saak.

 

Selfs in goed wat wel gedoen,

Kortpaaie begin neem.

Offers – nie beste,

Kyk diere – daardie os elkgeval blind, dit offer.

Nie volle tiende gegee.

 

Was tweegesigte –

Woord Hypocrates,

Elizabethaanse era,

Een akteur speel verskillende rolle een toneelstuk,

Wissel net aanmekaar maskers.

Selfde persoon – verskillende gesigte.

 

Met volk gebeur –

Kerk-masker,

Res van week-masker.

 

God sê:

Dis nie okay!

Soek volle toewyding,

Hele lewe,

Beste.

Moet met alles dien,

Nie sommer so terloops,

As iets langs kant.

 

Gebeur natuurlik so maklik ons almal:

Kom tot bekering,

Kamp, erediens…

Passievol,

Alles vir Here,

Soek wil in alles,

Gee beste, ook in geloof.

 

Maar oor tyd,

Amper ongesiens,

Begin vervaag.

Geleidelik afkoel.

 

Gaan saam op wittebrood,

Leef saam…

Dan begin al minder praat,

Voor kom kry, slaap in verskillende kamers,

Leef eintlik heel apart van God,

Kom darem nog Sondae kerk toe,

Gooi wat in beursie het in kollektebord,

Bid gereelderig,

Soms Bybel.

 

Eintlik gaan deur bewegings.

Offer gebreklike diere,

Dink dis soortvan goed genoeg,

Vergeet offer God eintlik wil hê,

Is jy – alles van jou:

Rom 12:1

En nou doen ek ‘n beroep op julle, broers,

op grond van die groot ontferming van God:

Gee julleself aan God

as lewende en heilige offers

wat vir Hom aanneemlik is.

Dit is die wesenlike

van die godsdiens wat julle moet beoefen.

 

Gesê teks gelyk straf-verlossing ding.

Dink nogal belangrik verstaan –

Teks wissel tussen 2,

Maar konteks steeds genade,

Verhouding.

BEGIN liefde –

Al gaan God met hulle raas,

Aankla,

Begin sê liefhet.

 

Wat God dan sê gaan doen,

gebruik beeld van

Vuur van smelters

& seep van wassers.

 

Dink ons verstaan seep-beeld dalk selfs beter as Israel destyds.

Ons weet mens nodig om skoon te wees,

Al is net t.w.v. higiëne.

Voor ete:  was jou hande.

As nie skoon, kieme versprei.

 

Skoon wees nb vir eie gesondheid,

Ook gesondheid gemeenskap,

Anders kieme versprei.

 

Waarskynlik ook waar van geestelike lewe:

Dalk ons siele nodig af en toe geskrop te word.

 

God lief vir ons –

En omdat lief vir ons,

Maak hy ons skoon.

God wil hê ons moet vry wees van die vullis onder ons siele.

God sê nie:  moenie by my kom kuier

voor eers bietjie skoongemaak.

God sê:  ek gaan jou help, gaan jou skoonmaak.

 

Is hoekom Psalmdigter Ps 51:7:

Neem tog my sonde weg

dat ek rein kan wees,

was my

dat ek witter as sneeu kan wees.

 

God maak jou skoon,

Sodat jy gesond kan wees

En sodat jy pragtig kan wees.

 

Tweede ding:  vuur van smelters,

Soos iemand wat silwer smelt & suiwer.

 

Silwer erts kan so min as 1% silwer in hê,

99% ander minerale, metale, plain gemors.

 

Om gemors uit te kry,

Erts fyn gemaak,

Verhit op warm vuur.

 

Terwyl verhit word,

Sis en spoeg en borrel –

Gee omtrent 20 keer eie volume in suurstof af.

 

Silwersmid sal na silwer sit en staar,

Hele tyd dophou –

Hoe weet wanneer klaar?

 

Wanneer eie gesig in silwer kan sien.

 

En weet jy waarvan spieëls gemaak?

Silwer –

Blink, suiwer silwer,

Sodat self kan sien.

 

2 Kor 3:18:

Ons almal weerspieël

die heerlikheid van die Here,

want die sluier is van ons gesig af weggeneem.

Ons word al meer verander

om aan die beeld van Christus gelyk te word.

Die heerlikheid wat van ons uitstraal,

neem steeds toe.

Dit doen die Here wat die Gees is.

 

Wanneer God praat van vuur,

Gaan oor suiwer,

Al ander gemors uithaal,

Goed wat ons dof

En vaal

En lelik maak,

Sodat beeld van God kan weerspieël.

 

Eindig met belofte

Nog een laaste ding wil sê oor Maleagi,

Wissel spel oordeel & verlossing:

Maleagi eindig belofte:

2  Maar vir julle wat eerbied het vir my Naam,

sal die son van redding skyn

met genesing in sy strale.

Belofte:

3: 1  Ek gaan nou my boodskapper stuur,

Hy sal die pad voor My uit regmaak,

en dan sal die Here

na wie julle soek,

skielik na sy tempel toe kom.

 

En dan,

Vir 400 jaar… niks!

 

God praat laaste keer deur profete in Maleagi.

Dan, 400 jaar, God stil.

Tot eendag,

Na 400 jaar,

… [in] die vyftiende regeringsjaar van keiser Tiberius.

Pontius Pilatus was goewerneur van Judea,

en Herodes heerser van Galilea.

Sy broer Filippus was heerser van Iturea en Tragonitis,

en Lisanias heerser van Abilene.

Annas en Kajafas was die hoëpriesters.

2  In daardie tyd het die woord van God tot Johannes,

die seun van Sagaria,

in die woestyn gekom.

3  Hy het deur die hele Jordaanstreek gegaan

en verkondig:

Bekeer julle

en laat julle doop

en God sal julle sondes vergewe.

4  So staan dit geskrywe in die boek van die profeet Jesaja:

[en Maleagi!]

“Iemand roep in die woestyn:

Maak die pad vir die Here gereed,

maak die paaie vir Hom reguit.

5  Elke kloof moet opgevul

en elke berg en bult platgemaak word;

die krom paaie moet reguit

en die ruwe paaie gelyk word.

6  En al die mense sal die verlossing sien wat van God kom.”

(Lukas 3)

 

Maleagi God maak vir volk duidelik waarvan nie hou,

Dat liefhet,

Dat passievolle verhouding met hulle wil hê,

Nie wil hê net uiterlik godsdiens beoefen.

 

In Jesus kom maak vir ons moontlik.

Sê:  jy dalk op jou eie aan voeter,

Sonder my gaan wittebrood hou,

Sonder my leef.

Eksterne beeld van godsdienstigheid aan gang gehou,

Maar ek jou te lief toe te laat,

Te lief net te los.

Wil saam met jou leef,

selfde huis woon

Lewe deel.

 

Gaan jou help,

sodat kan skoon kom,

vry van al gemors met saamdra,

helder,

mense na jou kyk,

my refleksie sien.

 

Miskien jy…

gaan deur godsdienstige bewegings,

kom (meestal) kerk toe,

bid (relatief) gereeld

lees (soms) Bybel…

maar weet eintlik net uiterlike skyn,

Weet passie geleidelik afgekoel.

Weet eintlik soos mense met wie Maleagi praat.

Leef eintlik op eie.

Vandag nooi

saam Jesus op wittebrood te gaan,

lewe saam hom te leef,

hom te ken in wat jy doen,

getrou te wees aan hom.

Gebed

Stil gebed – oorgawe.

Toewyding

Lied 271 Heil’ge Jesus, wat my lewe (sit)

Gebed

Vrouedag

Polisie

Dankoffer

Gelees Maleagi – mense God beroof dankoffers,

simptoom God beroof hul liefde, toewyding.

Maleagi 3:10

Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe

sodat daar iets te ete in my huis kan wees,

en toets My hierin,

sê die Here die Almagtige.

Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak

en vir julle reën sal uitgiet,

meer as wat julle kan gebruik nie.

Here dien dankoffer,

simbool – daad – van toewyding,

sê onderneem gehoorsaam te leef.

Slotsang

Lied 280 Here, Redder, groot en magtig (staan)

Seën

Repons

Lied 280 v3 twee laaste reëls “al ons skuld het U gedra”

maleagi, preek, skoon, sonde, storie, vergifnis, verhouiding

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.