Inleiding
Jeremia 32 Preek
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Luister, Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Jeremia 32 Preek
Ek was die afgelope week by die Universiteit van Pretoria. Dinsdagoggend het ons teetyd gehad op kampus, met filterkoffie en cupcakes (kolwyntjies), toe ’n groep studente singend en dansend ingestap kom. Dit was nogal snaaks: hulle gesigte was op ’n knop, hulle kom maak nou moeilikheid. Maar toe hulle die eet- en drinkgoed sien, verhelder hul gesigte: jackpot! Hulle het ingestap en ons eet- en drinkgoed gevat. Iemand het vir hulle ’n skinkbord gehou en gesê: “Julle kan kry, maar gedra jou, vra mooi.” So die studente het ’n ry gemaak, een-een gevat, dankie gesê. Met die uitstap (ek het by die deur gestaan) het hulle dankie gesê.
Terwyl ek in Pretoria gesit het, lees ek dat hier donderbuisie en rubberkoeëls gebruik is. Ek weet nie wat gebeur het nie, ek het nog nie met studente gepraat nie. Maar as ek hierdie storie vertel, is die reaksie byna universeel woede. Soos die outjie van Touwsrivier.
Dis hoekom ons Jeremia 32 moet lees. Want ons land is droog en die universiteite is toe en die paaie is vol brandende bande of slaggate. Dan praat ons nog nie eers oor kinders wat nie leef soos ons hulle geleer het of probleme van hul eie in die gesig staar of ons eie finansiële nood of huweliksmaats wat net nie… tsu. En Jeremia koop grond.
1 Timoteus 2:1-7 – Bid dat God alle mense verlos en tot kennis van die waarheid bring
Written by Chris van Wyk on . Posted in Chris van Wyk, Luister. No Comments on 1 Timoteus 2:1-7 – Bid dat God alle mense verlos en tot kennis van die waarheid bring
Waar Paulus in hoofstuk 1 vir Timoteus raad gegee het oor hoe om dwaalleraars en dwalinge as sodanig te hanteer, fokus hy nou op die positiewe riglyne vir die werk in ‘n gemeente. En let op waarmee hy begin. Nie met die prediking of die organisasie nie, maar met gebed.
Daarna eers, in hoofstuk 3, skets hy die wyse waarop die leierskap in die gemeente moet funksioneer, ouderlinge en diakens, altyd met die fokus op wie die gemeente is, dat hulle die gemeente is van die lewende God, en dat die gemeente “die draer en beskermer is van die waarheid” (vers 15).
Ek wil vanoggend vyf dinge uit die teks uitlig oor gebed. Daarmee wil ek jou motiveer om hierdie week in gebed voor die Here te kom en jou gebedslewe te verryk met dié insigte.
HIER VOLG DIE HELE EREDIENS
Lukas 14:25-33 – Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aankom nie, kan nie my dissipel wees nie
Written by Chris van Wyk on . Posted in Chris van Wyk, Luister. No Comments on Lukas 14:25-33 – Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aankom nie, kan nie my dissipel wees nie

Die sweet begin pêrel teen die ou man se slape. Die berg is steil. Hy gaan staan om asem te skep. Sy oë dwaal terug. Sy mense is net ‘n veraf spikkeltjie in die dynserige hitte van die vlakte. Hy weet hulle sal vir hom wag. Hy sluk swaar. Wat sê hy vir hulle as hy leë hande terugkeer?
Hy draai om. Daar is nie meer tyd vir draal nie. Die tyd het gekom. Hulle moet die berg uit. Hy trek sy gordel reg waaraan die mes hang. Hy versit die potjie met kole na sy ander hand. Dan kyk hy links. Sy seun het darem regtig sterk geraak. Hy dra die hout met gemak. Sy treë is lank. Die man weet hy sal homself al hoe meer moet inspan om by te hou. Sy hart swel van trots …
HIER VOLG DIE HELE EREDIENS
Lukas 14 Aan tafel met Jesus
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Luister, Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Lukas 14 Aan tafel met Jesus
Votum
Vandag is Bybelsondag. Dis ook vandag Sondag vir Persone met Gestremdheid. Verder is vandag ook spesiaal, want ons verwelkom aanbid vandag saam met lidmate van die VGK Bloemendal. Ons is almal saam aan die Nagmaalstafel.
Dis wonderlik dat al hierdie dinge vandag gebeur, want dit herinner ons: Almal is welkom by Jesus se tafel! Daar is genoeg plek. Niemand is uitgesluit. Jy is welkom.
Jeremia 1:4-10 – geken, gevorm, geheilig en aangestel
Written by Chris van Wyk on . Posted in Chris van Wyk, Luister. No Comments on Jeremia 1:4-10 – geken, gevorm, geheilig en aangestel

Die roeping van Jeremia
Ek wil vandag gesels oor roeping. En ek wil Jeremia as lens gebruik dat jy oor jou eie roeping as kind van die Here kan dink. Want, ek is oortuig, die groei in ‘n mens se geestelike lewe begin by jou bewussyn van roeping. En ek sal afsluit met ‘n paar gedagtes oor ons roeping as geloofsgemeenskap.
HIER VOLG DIE HELE EREDIENS