Skip to main content

Paddas sonder bene kan nie hoor nie

Paddas sonder bene kan nie hoor nie

Kleingroepmateriaal 7-13 Oktober 2012

RUS EN ONTVANG

  • In ‘n inter-generasionele gesprek, gesels oor die volgende vrae (as jul groep net uit een generasie bestaan, kan julle óf mense van ander generasies bykry, óf die gesprekke vooraf voer en vir mekaar vertel wat julle gehoor het): Wat is beter daaraan om ‘n grootmens te wees? Wat is beter daaraan om ‘n kind/jongmens te wees?
  • Wat is die lekker daarvan om vandag deel van ‘n kerk te wees? Wat is die grootste uitdagings vir die kerk vandag?
  • Gebruik jul antwoorde op bogenoemde vrae om die Here te dank en om te bid dat die Here ons sal help.

HOOR EN ONTGIN

Lees 2 Petrus 1:16-19

  • Herinner mekaar weer wat by die verheerliking op die berg gebeur het (kyk na Matteus 17:1-8).
  • Wat tref jou in die gedeelte? Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
  • Die verheerliking op die berg berei die dissipels voor vir die reis wat voorlê. Dit help hulle om te sien wie Jesus is en dit versterk hulle geloof. Vertel vir mekaar van jul eie “bergtop ervarings”. Watter effek het daardie ervarings na die tyd gehad op jul geloof? Hoe het dit jou beïnvloed (het jy bv. daarna moeilike situasies anders hanteer)?
  • God het sy eer en heerlikheid op die berg van die Verheerliking gewys. Vandag gebruik God die liggaam van Christus (die Kerk) om sy eer en heerlikheid te wys. Vertel vir mekaar wat dit beteken.
  • Watter praktiese implikasies het dit vir ons, wat die liggaam van Christus IS?

LEEF EN ONTPLOOI

  • Ons (die liggaam van Christus) se lewe van geloof behels ook ‘n lewe van diens. Gesels hoe jy prakties diensbaar kan wees. Doen iets gaaf vir iemand sonder om vir enige iemand anders daarvan te vertel.
  • Maak ‘n bydrae tot ‘n verdienstelike saak/bediening.
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie! Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Markus 9:38-50 24 tot 30 Sept 2012

RUS EN ONTVANG

Vertel mekaar watter goeie dinge ander mense vir julle die afgelope tyd gedoen het (vgl Markus 9:41). Indien hulle dit nie gedoen het nie, hoe sou dit jou lewe geraak het? 
Is dit nodig om goeie dinge vir ander te doen?  Waarom?

Vra iemand om te bid

HOOR EN ONTGIN

Lees Markus 9:38-50

  • Waar het jou gedagtes vasgesteek? 
  • “Wie nie teen ons is nie, is vir ons” (vers 40).  Wat beteken hierdie opmerking van Jesus vir ons as Christene binne die hedendaagse samelewing? 
  • Vir egpare/gesinne/families:  In vers 42 waarsku Jesus dat ons nie ons kinders afvallig moet maak nie.  Watter dinge kan ouers en grootouers doen om kinders te lei tot ‘n lewende verhouding met Jesus?  Wat sê vers 43-47 in dié verband? 
  • Watter dinge behoort ons as gemeente prys te gee (af te kap) sodat ons met meer toewyding die Here kan dien? 
  • Vir egpare/gesinne/families:  Watter dinge staan in julle gesinsverband of persoonlike lewe in die pad van goeie verhoudings met mekaar?
  • Wat is die verskil tussen sout (vers 50) en ‘n liggaam met een arm,voet of oog (vers 43-47)? 

LEEF EN ONTPLOOI

  • Hoe kan jy  “ ‘n beker water” (vers 40) in jou huwelik/gesin/familie en in die gemeente en in die samelewing wees?   

Familievernuwing

Lees hierdie week Hoofstuk 4 van “Faith Begins at Home”

RUS EN ONTVANG

  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR EN ONTGIN

Lees 2 Tim 1:1-7

  • Wat tref jou in die gedeelte?  Deel dit met mekaar.
  • Let op hoe Paulus van sy eie voorouers se godsdiens praat, en van Timoteus se ma en ouma se geloof wat ook in hom is.  Watter rol het jou eie ouers en grootouers in jou geloof gespeel?  Gebruik die uitgedeelde stamboom om dit grafies voor te stel en dan daaroor te gesels.  Dit is ook by ngkerksomerstrand.co.za beskikbaar.
  • Let ook op hoe Paulus van Timoteus as sy geliefde kind praat, en met hoeveel passie hy praat oor sy gebed vir hom, en hoe hy hom aanmoedig om die Here toe te laat om sy hele lewe vol van Sy krag, liefde en selfbeheersing te maak.  Is daar iemand in wie se lewe jy só ’n rol speel?  Gebruik die stamboom om dit voor te stel en daaroor te gesels.
  • Kyk na die Familievernuwing sleutels.  Wat tref jou daarvan?  Hoe kan jy dit gebruik en inspan in jou lewe?

LEEF EN ONTPLOOI

  • Wat vra God nou van julle?  Hoe gaan julle daarop reageer?  Dink spesifiek aan familielede of ander geloofsgenote wat ’n invloed op jou geloofslewe gehad het.  Sê vir die Here (en vir hulle)  dankie.  Besluit hoe jy hulle meer in jou lewe kan betrek.
  • Dink ook aan mense wat die Here op jou hart lê om by betrokke te raak.  Jy kan die uitdeelstuk met Ses Geloofsgesprekke by die kerkkantoor of hieronder aflaai en met ’n groep of ’n individu deurwerk.  Só volg jy Paulus se voorbeeld om die geloof na ’n “Timoteus” deur te gee!
  • Gaan deur jul gebedslys.  Is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.  Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondigings.

FAMILIEVERNUWING SLEUTELS

  1. God het met ‘n rede uitgebreide families multi-generasioneel.  Alle families het die wysheid en raad van godvresende ouer mense nodig. 
  2. Families moet oop wees vir die raad van godvresende ouer.  Soek en ontwikkel verhoudings met ouer familielede.  Moenie bang wees om hul wysheid en raad te vra nie, veral as dit by moeilike situasies kom wat jy moet hanteer. 
  3. Gee godvresende ouer mense toestemming om in te meng in die lewe van jou familie.
  4. Godvresende ouer mense kan familielede wees, of kennisse wat jou uitgebreide familie.  As jy nie ‘n familielid het wat hierdie rol kan vervul nie, nooi iemand om ‘n oudste, raadgewer en vriend van julle gesin te wees.

Ses Geloofsgesprekke

Daar is ‘n direkte verband tussen die geloofsvolwassenheid van kinders en tieners  en hulle geleenthede om oor geloof met hulle ouers en ander volwassenes te gesels (Search Institute navorsing).  Hoe meer jongmense oor geloof met volwassenes gesels, hoe hoër is hulle geloofsvolwassenheid.  Hier is die eerste gespreksraamwerk wat jy kan benut om ‘n geleentheid te skep vir sulke geloofsgesprekke.

Besluit vandag met wie jy graag oor geloof wil gesels.  Dit kan met jou ouers/kinders wees by huisgodsdiens óf in ‘n een-tot-een gesprek.  Dit kan by julle kleingroepbyeenkoms wees of in ‘n een-tot-een gesprek met iemand wat jy vertrou.

Daar is ‘n reeks van ses gesprekke hiervoor.  Jy kan dit op ons webtuiste (ngkerksomerstrand.co.za) aflaai en uitdruk, of by die kerkkantoor vra dat ons dit vir jou fotostateer.   Daar is reeds ‘n paar eksemplare gedruk.

Die teksvers vir al ses geleenthede is Johannes 3:16: “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.”

Gesprek EEN – Om God te ken

Gebed – Here, ons wil graag met mekaar oor U gesels.  Ons vra dat U ons sal seën en die moed gee om openlik te gesels.  Ons wil eerlik wees met mekaar en leer by mekaar.  Dit vra ons in U naam, Here Jesus, Amen.

  1. Lees Johannes 3:16.
  2. Wat is die moeilikste ding wat jy al gedoen het of probeer doen het?
  3. As jy vir iemand moes vertel wie God is, sal dit vir jou moeilik of maklik wees?  Hoekom?
  4. Maak ‘n lysie van sewe dinge wat die volgende sin voltooi: “God is …”
  5. Voltooi hierdie sin: “Een van die redes hoekom ek weet God bestaan, is …”
  6. Hoe naby voel jy aan God in die loop van jou dag?
    1. “Ek voel naby aan God wanneer …”
    2. “Soms voel ek God is ver, wanneer …”
    3. As jy God een vraag kon vra, wat sou dit wees?

Deel julle hoogtepunte en laagtepunte van die afgelope week.  Bid vir mekaar om mee af te sluit.

Gesprek TWEE – Om die wêreld te ken

Gebed – Here, ons dank U vir die wêreld waarin ons kan lewe.  Vergewe ons dat ons nie altyd goed kyk daarna nie.  Help ons om U koninkryk te soek in alles wat ons doen.  Dit vra ons in U naam, Here Jesus, Amen.

  1. Lees Johannes 3:16.
  2. As jy enige plek in die wêreld kan gaan, waarheen sal jy gaan?
  3. Wat sal jy ‘n alien antwoord as dié jou sou vra: “Wat is die grootste ding wat al in die wêreld gebeur het of tans gebeur?”
  4. Hoe is die wêreld anders vandag as 25 jaar gelede?  En 100 jaar gelede?  En 2000 jaar gelede, toe Jesus op aarde was?
  5. Watter veranderinge sedertdien is goed?  Watter veranderinge is sleg?
  6. Wat dink God van die wêreld vandag?  Waarvan sal Hy hou?  Waarvan sal Hy nie hou nie?
  7. Wat sal anders wees in ons wêreld oor 25 jaar?  En oor 100 jaar?  En 2000 jaar van nou af?
  8. Wat dink jy sal met die Christendom gebeur in die toekoms?  Wat is ons rol om die Christelike geloof te bewaar vir die toekoms?

Deel julle hoogtepunte en laagtepunte van die afgelope week.  Bid vir mekaar om mee af te sluit.

Gesprek DRIE – Sy Enigste

Gebed – Here, ons dank U vir U Seun wat U vir ons gestuur het om vir ons sondes te sterf.  Help ons om nooit te vergeet wat U vir ons gedoen het nie.  Dit vra ons in U naam, Here Jesus, Amen.

  1. Lees Johannes 3:16.
  2. Hoeveel kinders is in julle familie?  Hoeveel is daar in jou ma en jou pa se families?
  3. As jy broers of susters het, hoe is jou verhouding met hulle?  As jy nie ‘n suster of broer het nie, hoe is jou verhouding met jou beste vriend of vriendin?
  4. Watter dinge is vir jou as kind goed in jou familie?  Watter dinge is moeilik?
  5. Watter dinge dink jy was vir Jesus goed as die Seun van God?  Wat was die dinge wat moontlik vir Hom moeilik sou wees?
  6. Hoe sal jy voel as iets tragies met jou of een van jou familielede gebeur?
  7. Hoe dink jy het God gevoel toe Hy sy Enigste Seun aan die kruis sien sterwe?  Hoekom het God dit laat gebeur?

Deel julle hoogtepunte en laagtepunte van die afgelope week.  Bid vir mekaar om mee af te sluit.

Gesprek VIER – Glo My!

Gebed – Here, U het my só baie redes gegee om in U te glo.  Help my glo en om U in alles te gehoorsaam.  Dit vra ons in U naam, Here Jesus, Amen.

  1. Lees Johannes 3:16.
  2. Hoe sal jy die woord “glo” verduidelik?
  3. Voltooi dié sin: “Van die dinge waarin ek glo, is …”
  4. Voltooi nou dié sin: “Van die dinge waarin ek nie glo nie, is …”
  5. Voltooi ook dié sin: “Van die dinge waarin ek geglo het, maar nie meer glo nie, is …”
  6. Watter soort mense glo jy as hulle jou iets vertel?  Hoekom glo jy hulle?
  7. As jy wil hê mense moet jou glo, wat sal jy doen?
  8. Wat sal jy antwoord as iemand jou vra, “Glo jy in God?”
  9. Wat het God gedoen om dit makliker te maak vir mense om in Hom te glo?
  10. Op watter maniere doen God dit vandag nog om mense te help om in Hom te glo?

Deel julle hoogtepunte en laagtepunte van die afgelope week.  Bid vir mekaar om mee af te sluit.

Gesprek VYF – Die dood verander dinge

Gebed – Here, ons weet dat U sorg dat alle dinge ten goede meewerk.  Ons weet dat ons die ewige lewe het deur die opstanding van Jesus Christus, selfs wanneer ons doodgaan.  Help ons om mekaar te ondersteun wanneer ons en ons geliefdes deur die dood geraak word.  Dit vra ons in U naam, Here Jesus, Amen.

  1. Probeer Johannes 3:16 uit die kop aanhaal vir mekaar.
  2. Het jy (of iemand wat jy ken) al ‘n ervaring gehad waar jy gedink het jy gaan dood?
  3. Hoe het dié ervaring jou verander of geraak?
  4. As jy nog een week oor het om te lewe, wat sou jy doen?  Hoekom?
  5. Wat keer jou om dié dinge vandag te doen?
  6. Het jy al iemand naby aan jou verloor?  Hoe het dit jou laat voel?
  7. Johannes 3:16 sê: “Elkeen wat in Hom glo, sal nie verlore gaan nie.”  Wat beteken dit?  Hoe verander dit jou siening van dood en lewe?

Deel julle hoogtepunte en laagtepunte van die afgelope week.  Bid vir mekaar om mee af te sluit.

Gesprek SES – Ewige lewe!

Gebed – Here, ons dank U vir die tyd waarin ons mekaar beter kon leer ken het.  Help ons om U ook al beter en beter te leer ken.  Dit vra ons in U naam, Here Jesus, Amen.

  1. Haal Johannes 3:16 uit die kop aan vir mekaar.
  2. Wat is die beste Kersfees – of verjaarsdag geskenk wat jy al gekry het?
  3. As jy vir een geskenk dié Kersfees kon vra, wat sal dit wees?
  4. Hoe dink jy is die hemel?  Hoe lyk dit?  Wie is daar?
  5. Dink jou vriende dat die hemel ‘n beter geskenk is as enigiets wat hulle hier op aarde kan kry?  Hoekom of hoekom nie?
  6. As jy nou die een geskenk kry wat jy graag wil hê, hoe sal dit jou laat voel?  As jy dié geskenk ook vir iemand anders kan gee, wie sal dit wees?
  7. Elkeen wat glo in Jesus Christus ontvang die gratis geskenk van die ewigeWat beteken dit?  Hoe reageer jy daarop?
  8. Dié geskenk is daar vir elkeen wat jyVir wie vertel jy daarvan?
  9. Watter van jou vriende of kennisse sou jy graag wou hê moet ‘n Christen word?
  10. Wat kan jy doen (of het jy al gedoen) om hom of haar te help om die liefde van Jesus Christus te leer ken?

Deel julle hoogtepunte en laagtepunte van die afgelope week.  Bid vir mekaar om mee af te sluit.