Geloof groei uit verhouding
Paddas sonder bene kan nie hoor nie: geloof groei uit verhouding
Kleingroepmateriaal 14-20 Oktober 2012
RUS EN ONTVANG
- Vertel vir mekaar: wie (persoon) of wat (ervaring) het jou lewe van geloof beïnvloed? Daar is natuurlik baie antwoorde moontlik. Moenie alles probeer noem nie – net die waaraan jy eerste dink.
- Wat sê julle antwoorde op bogenoemde vraag oor die Kerk? Is dit net die goed wat by die kerkgebou gebeur of deur ‘n gemeente aangebied word, of is dit meer as net die aktiwiteite van ‘n plaaslike gemeente? Wat leer dit vir ons oor die Kerk?
- [Families] Blaai saam deur ‘n koerant of tydskrif wat julle gereeld lees (of gesels oor ‘n TV program wat julle saam kyk). Kyk of julle kan sien hoe mense se waardes, geloof en karakter vandag gevorm word. Julle kan ook gesels oor hoe mense mislei word.
HOOR EN ONTGIN
Lees 1 Tessalonisense 2:7-12, 17, 3:10
- Wat tref jou in die gedeelte? Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
- Watter rol speel persoonlike verhoudings in die ontwikkeling van ons geloof?
- Vertel vir mekaar van mense wat ‘n invloed op jou geloof het of gehad het.
- Dink saam: watter invloed het jy op ander mense se geloof?
- Hoe kan ons seker maak dat ons oor verskillende generasies heen in verhouding met ander gelowiges leef, sodat ons mekaar so kan ondersteun?
LEEF EN ONTPLOOI
- Paulus beskryf homself en ander sendelinge in die taal van ‘n ma of pa. Hoe kan jy iemand anders op dieselfde manier dien? Probeer dit!
- Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie!
- Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.