Skip to main content

2 KORINTIËRS 4:13-5:1

Week van 3–9 Junie 2012

RUS EN ONTVANG

  • Gesels met mekaar oor julle ervarings van die leiding van die Heilige Gees.
  • Word stil en laat iemand met ‘n gebed open.

HOOR EN ONTGIN

Lees 2 Korintiërs 4:13-5:1

  • Wat tref jou in die gedeelte?  Deel dit met mekaar.

Hier volg ’n paar verhelderende opmerkings oor die gedeelte:

Op soek na ‘n tuiste

Ons teks is geskryf vir mense wat huis toe verlang, al is hulle in ‘n bekende omgewing.  Dit is vir mense wat verlang na meer.  Wat verlang na ‘n egte tuiskoms. 

Die krisis van ’n verlange na tuiskoms

Paulus se lesers in Korinte het in die Grieks-Hellenistiese wêreld geleef.  Dié samelewing het verskillende antwoorde op die soeke na meer geken:

  1. Volmaaktheid:  Vir die Grieke was verganklikheid die grootDie vernietiging en afbreek van alles wat die moeite werd is – oor tyd heen – het die Griekse psige bedreig.  Die teenmiddel vir hierdie vrees was om te soek na volmaakte en vaste vorme.  Daarom is die Griekse argitektuur en beeldhoukuns ingestel op die skep van volmaakte vorme.
  2. Krag en mag: Teen die tyd van die Nuwe Testament was die Korintiërs ook deel van die RomeinseBrute geweld is toenemend gesien as dié manier waarop mens jouself laat geld en vastigheid en sekerheid skep.  Daarom was die nooit volprese Pax Romana (Romeinse vrederyk) so gewelddadig.  Dit het nasies, lande en volkere vertrap en gestroop om die Romeinse voordeel te soek.  Geweld is dus as verlosser gesien.  Jy vat wat jy nodig het, en so skep jy ‘n tuiste.
  3. Plesier:  Binne die Grieks-Hellenistiese kultuur was daar ook diegene wat gesê het “eet en drink” maak mensHandeldryf, selfverryking, die klim op die sosiale en materiële leer was die weg tot geluk.  Om ‘n slaaf of slawe te besit, was die teken van ‘n iemand wat aangekom het in die lewe. 

‘n Persoonlike tuiskoms

Hierdie antwoorde op die kritiese lewensvrae het steeds ’n invloed gehad op die gelowiges van die gemeente in Korinte.  Paulus vertel egter vir hulle dat ware tuiskoms met geloof te doen het, nie met skoonheid, plesier of krag en mag nie .  Ons tuiskoms lê in ’n persoonlike geloof in die drie-enige God wat in Jesus Christus werk en deur sy Gees vir ons tuis bring in God se teenwoordigheid.

Tuisteskeppers

Ons bly natuurlik steeds op reis in ‘n wêreld waar daar nog lyding en swaarkry is, en waar ons steeds aan die verganklikheid uitgelewer is.  Maar omdat ons ’n hoop het op God se teenwoordigheid in hierdie lewe, sowel as ’n toekoms na dié lewe, kan ons ons lewe daaraan wy om reeds nou al self tuisteskeppers te word, mense wat vir ander die pad oopbreek na ons tuiste by God, hier en daar, soos Jesus dit vir ons gedoen het.

Bespreek.

LEEF EN ONTPLOOI

  • Hoe beplan jy om dié week tuis te kom in God se teenwoordigheid?  Vir wie gaan jy ’n tuisteskepper word?
  • Sluit af met ‘n gebed.

ROMEINE 8:12-17

Week van 27 Mei – 2 Junie 2012

RUS EN ONTVANG

  • Gesels met mekaar oor julle ervarings van die Heilige Gees.
  • Word stil en laat iemand met ‘n gebed open.

HOOR EN ONTGIN

Lees Romeine 8:12-17

  • Wat tref jou in die gedeelte?  Deel dit met mekaar.

Hier volg ’n paar verhelderende opmerkings oor die gedeelte:

’n Verhouding met die lewende God

Die Romeinebrief is ‘n kragtige getuienis van die wyse waarop Vader, Seun en Heilige Gees ons red deur ons in te trek in ‘n verhouding met die lewende God. 

Romeine teken ‘n baie eerlike prentjie van die menslike kondisie.  Mense se nood is dat hulle vervreemd is van God, in opstand teen God leef, en in diepe skuld voor God staan. God laat ons egter nie aan onsself oor nie.  Vader, Seun en Heilige Gees tree toe tot ons wêreld van angs en vervreemding – van mekaar en van God.  Deur liefde trek die Vader ons in Jesus Christus en deur die kragtige werk van die Heilige Gees nader.  God maak ‘n deur na ‘n herstelde verhouding met God oop.  Dit gebeur op grond van die versoenende werk van Christus en die Heilige Gees wat die geloof in ons wek om die verlossing te ontvang.

Twee kragte is in ons aan die werk

Dit is egter nie eenvoudig en ongekompliseerd om in ons wêreld te leef nie.  Daar is twee kragte aan die werk – in ons wêreld en in elkeen van ons.  Romeine 8:1-16 getuig hiervan.  Die een krag is die sondige natuur wat ons na die dood toe sleep.  Aan die ander kant is daar die krag van die Gees van God wat die lewe in ons wek. Die “sondige natuur” lei tot ’n lewe in vrees vir die wet.  Aan die ander kant is daar die Gees van God wat ons vrymaak van sonde en dood en lewend vir God.  Die een krag werk deur beheersing of oorheersing (13), die ander deur leiding en oorreding (14). Die een gees maak van eie kinders slawe, die ander Gees maak van weeskinders aangenome kinders en erfgename.

God kom by ons tuis

Dit beteken dat God tuis kom by ons!  Die Griekse werkwoord wat hier gebruik word is oikei (woon) wat ten nouste verband hou met huis (oikos) of huishouding (oikia). Dit is hoe God lewens vernuwe.  God kom deur Christus tot by ons, lê deur die Gees beslag op ons, bind ons aan Christus se verlossende werk vas en kom woon binne-in ons.

Ons word uitgenooi om te kies vir die krag van die Gees

Daarom kan ons op ‘n nuwe manier lewe.  God woon in ons.  Ons is deel van God se huishouding.  Ons kan kies, sê Paulus, aan watter van hierdie kragte jy jou lewe wil oriënteer.  Daar is die gees wat dood en verwoesting bring, en die Gees wat lewe en nuwe lewe bring. Ons teks is ‘n uitnodiging om ons aan die Gees te oriënteer.  “Daarom dan.” Ons is genooi om ons seile te span in lyn met die winde van die Gees.  Om deur die krag van die Gees te kies teen die sonde, en vir die lewe van kindskap.

Wat beteken dit prakties?

Na aanleiding van die fliek Ratatouille: Remy is ‘n jong rot in die Franse platteland.  Hy het ‘n passie om te kook, en ontmoet sy kok-idol in ‘n kookboek.  Wanneer hy in Parys aankom, ontdek hy met ‘n skok dat sy kok-held dood is.  Op ‘n ongewone manier sluit hy ‘n bondgenootskap met ‘n restaurant se skoonmakertjie.  Hy sit op die outjie se kop, onder sy hoed, en stuur hom deur aan sy hare te trek om die heerlikste geregte voor te berei.

So lei die Gees ons om te kies teen die sonde wat verslaaf, doodmaak en ons in die vullis laat krepeer.  Die Gees lei ons na volle mens-wees.  God het ons verlos.  Die Gees lei ons in die praktiese  uitleef van hierdie verlossing in.  Ons moet ons aan die Gees se leiding oorgee, en dit navolg.

Bespreek.

LEEF EN ONTPLOOI

  • Hoe beplan jy jou reis met die Gees vir dié week?

PSALM 40

Week van 20 – 26 Mei 2012

RUS EN ONTVANG

  • Gesels met mekaar oor julle ervarings van Pinkster en Lectio Divina.

Lees Psalm 40

Psalm 40 – U woord is my hele lewe

Die Psalmis is in die nood, en bely dat hy homself nie kan help nie. Sy enigste hoop is dat die Here aan hom sal dink en hom sal red.  En sy versugting is dat Hy nie sal talm nie (vers 18).

Dit is waarom hy drie goed doen, waarmee ’n mens ook die boodskap van die Psalm kan opsom:

  • ONTHOU – Vers 2-6: Hy dink terug aan sy vorige ervarings van redding en getuig daarvan in die geloofsgemeenskap – let op hoe pragtig hy die beeld van sy ervaring om uit die modder getrek te word (beeld van die dood) en op ’n vaste rots geplaas te word, inspan om die geloofsgemeenskap aan te moedig om God altyd te vertrou.
  • TOEWY – vers 7-11: Hy dink aan wat Hy van God weet – dat Hy gehoorsaamheid wil hê (iets wat Dawid reeds uit die interaksie van Samuel en Saul geleer het – 1 Sam 15:22), en dat Hy wil hê dat van sy goedheid en trou getuienis afgelê sal word – en wy homself opnuut daaraan toe en herinner die Here aan sy “track record”.  Vers 9 is ’n kosbare verwoording van die geloofslewe: “Om u wil te doen, o God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe”, iets wat in Jesus se lewe die hoofrol gespeel het (Joh 4:34).  En Jesus word natuurlik self die offer soos Hebreërs 10:5-10 dit uitspel met verwysing na hierdie Psalm.
  • SMEEK – vers 12-18: Hy spel sy vasgevalde situasie uit voor die Here, en beroep hom op God se ontferming, liefde, trou, grootheid, hulp en redding.

Dit is daarom ’n Psalm wat ’n mens as die struktuur van jou eie worsteling met jou unieke situasie kan gebruik.  Om God se reddingsdade in die verlede in herinnering te roep, om jouself opnuut aan God toe te wy in gehoorsaamheid en getuienis, en jou behoefte in elke detail aan Hom bekend te maak en jou verwagting te stel in sy ontfermende karakter.  Dit is hoe ons die pad met God stap en vir Hom leef.

Terloops: vers 14-18 van Psalm 40 kom ook in effens gewysigde vorm as ‘n aparte Psalm voor, Psalm 70, waarskynlik aangepas om as ‘n kort skietgebed in ‘n krisis gebruik te word.

Bespreek.

LEEF EN ONTPLOOI

  • Wat bly jou by van Pinkster en Lectio Divina?  Hoe gaan dit jou daaglikse gesprek en lewe met God beïnvloed?

HANDELINGE 8:26-40

Week van 14 – 19 Mei 2012

RUS EN ONTVANG

  • Gesels met mekaar oor julle ervarings van Pinkster en die werk van die Heilige Gees.
  • Word stil en laat iemand met ‘n gebed open.

HOOR EN ONTGIN

Lees Handelinge 8:26-40

  • Wat tref jou in die gedeelte?  Deel dit met mekaar.

Hier volg ’n paar verhelderende opmerkings oor die gedeelte:

Die verhaal van Filippus en die Etiopiër is belangrik om verskeie redes:

  • Dit gee ons ‘n prentjie van hoe God, spesifiek Jesus en die Gees, aktief is onder ons. Jesus, die Here, gee deur ‘n boodskapper, die engel, leiding. In die OT was dié engel van die Here een van die maniere waarop Sy teenwoordigheid op aarde ervaar is (dink aan Abraham en die drie besoekers in Gen 18). God doen dit ook deur die Gees wat opdragte gee. Die Gees neem selfs vir Filippus fisies na ‘n ander plek aan die einde van hierdie verhaal.
  • Dit wys hoe belangrik begrip van die Bybelse verhale vir geloof is. Dit illustreer ook die belangrikheid van indringende gesprek oor geloof. Gesprek is die belangrikste manier waarop geloof versprei. 
  • Dit wys ook hoe belangrik geloof is. Dit is ook waarom die doop onmiddellik bedien is. Net geloof, gebaseer op die Skrif, sowel as op die bereidheid om die gawe van die versoeningsdood van Christus te aanvaar (Jes 53:7-8), is nodig. Sommige manuskripte voeg dan ook by as die Etiopiër vra wat verhinder dat hy gedoop word: “Niks nie – as jy met jou hele hart glo.” Waarop die Etiopiër antwoord: “Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is.”
  • Dit onderstreep God se liefde vir Afrika. Dit is heerlik om te sien dat die evangelie na Afrika toe uitbrei, voordat dit verder die Midde-Ooste en Europa bereik. Dit maak ’n mens baie trots as 21ste eeuse gelowige van en uit Afrika. 

Bespreek.

LEEF EN ONTPLOOI

  • IN GESPREK MET GOD – PINKSTER 2012 – 20-27 Mei:

Ons gaan dié Pinkster fokus op God se stem en hoe om met Hom in gesprek te wees en te leef.  Kry vir jou ’n boekie by die kerk wat jy as ’n Joernaal vir Pinkster kan gebruik. 

Ons gaan fokus op: 1) hoe om God te beleef, 2) hoe om tot rus te kom, 3) hoe om te luister, 4) hoe om te ontvang, 5) hoe om met God te praat, 6) hoe om God te geniet en 7) hoe om vir God te leef.

  • Sluit af met ‘n gebed.