Skip to main content

Ses Geloofsgesprekke

Daar is ‘n direkte verband tussen die geloofsvolwassenheid van kinders en tieners  en hulle geleenthede om oor geloof met hulle ouers en ander volwassenes te gesels (Search Institute navorsing).  Hoe meer jongmense oor geloof met volwassenes gesels, hoe hoër is hulle geloofsvolwassenheid.  Hier is die eerste gespreksraamwerk wat jy kan benut om ‘n geleentheid te skep vir sulke geloofsgesprekke.

Besluit vandag met wie jy graag oor geloof wil gesels.  Dit kan met jou ouers/kinders wees by huisgodsdiens óf in ‘n een-tot-een gesprek.  Dit kan by julle kleingroepbyeenkoms wees of in ‘n een-tot-een gesprek met iemand wat jy vertrou.

Daar is ‘n reeks van ses gesprekke hiervoor.  Jy kan dit op ons webtuiste (ngkerksomerstrand.co.za) aflaai en uitdruk, of by die kerkkantoor vra dat ons dit vir jou fotostateer.   Daar is reeds ‘n paar eksemplare gedruk.

Die teksvers vir al ses geleenthede is Johannes 3:16: “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.”

Gesprek EEN – Om God te ken

Gebed – Here, ons wil graag met mekaar oor U gesels.  Ons vra dat U ons sal seën en die moed gee om openlik te gesels.  Ons wil eerlik wees met mekaar en leer by mekaar.  Dit vra ons in U naam, Here Jesus, Amen.

  1. Lees Johannes 3:16.
  2. Wat is die moeilikste ding wat jy al gedoen het of probeer doen het?
  3. As jy vir iemand moes vertel wie God is, sal dit vir jou moeilik of maklik wees?  Hoekom?
  4. Maak ‘n lysie van sewe dinge wat die volgende sin voltooi: “God is …”
  5. Voltooi hierdie sin: “Een van die redes hoekom ek weet God bestaan, is …”
  6. Hoe naby voel jy aan God in die loop van jou dag?
    1. “Ek voel naby aan God wanneer …”
    2. “Soms voel ek God is ver, wanneer …”
    3. As jy God een vraag kon vra, wat sou dit wees?

Deel julle hoogtepunte en laagtepunte van die afgelope week.  Bid vir mekaar om mee af te sluit.

Gesprek TWEE – Om die wêreld te ken

Gebed – Here, ons dank U vir die wêreld waarin ons kan lewe.  Vergewe ons dat ons nie altyd goed kyk daarna nie.  Help ons om U koninkryk te soek in alles wat ons doen.  Dit vra ons in U naam, Here Jesus, Amen.

  1. Lees Johannes 3:16.
  2. As jy enige plek in die wêreld kan gaan, waarheen sal jy gaan?
  3. Wat sal jy ‘n alien antwoord as dié jou sou vra: “Wat is die grootste ding wat al in die wêreld gebeur het of tans gebeur?”
  4. Hoe is die wêreld anders vandag as 25 jaar gelede?  En 100 jaar gelede?  En 2000 jaar gelede, toe Jesus op aarde was?
  5. Watter veranderinge sedertdien is goed?  Watter veranderinge is sleg?
  6. Wat dink God van die wêreld vandag?  Waarvan sal Hy hou?  Waarvan sal Hy nie hou nie?
  7. Wat sal anders wees in ons wêreld oor 25 jaar?  En oor 100 jaar?  En 2000 jaar van nou af?
  8. Wat dink jy sal met die Christendom gebeur in die toekoms?  Wat is ons rol om die Christelike geloof te bewaar vir die toekoms?

Deel julle hoogtepunte en laagtepunte van die afgelope week.  Bid vir mekaar om mee af te sluit.

Gesprek DRIE – Sy Enigste

Gebed – Here, ons dank U vir U Seun wat U vir ons gestuur het om vir ons sondes te sterf.  Help ons om nooit te vergeet wat U vir ons gedoen het nie.  Dit vra ons in U naam, Here Jesus, Amen.

  1. Lees Johannes 3:16.
  2. Hoeveel kinders is in julle familie?  Hoeveel is daar in jou ma en jou pa se families?
  3. As jy broers of susters het, hoe is jou verhouding met hulle?  As jy nie ‘n suster of broer het nie, hoe is jou verhouding met jou beste vriend of vriendin?
  4. Watter dinge is vir jou as kind goed in jou familie?  Watter dinge is moeilik?
  5. Watter dinge dink jy was vir Jesus goed as die Seun van God?  Wat was die dinge wat moontlik vir Hom moeilik sou wees?
  6. Hoe sal jy voel as iets tragies met jou of een van jou familielede gebeur?
  7. Hoe dink jy het God gevoel toe Hy sy Enigste Seun aan die kruis sien sterwe?  Hoekom het God dit laat gebeur?

Deel julle hoogtepunte en laagtepunte van die afgelope week.  Bid vir mekaar om mee af te sluit.

Gesprek VIER – Glo My!

Gebed – Here, U het my só baie redes gegee om in U te glo.  Help my glo en om U in alles te gehoorsaam.  Dit vra ons in U naam, Here Jesus, Amen.

  1. Lees Johannes 3:16.
  2. Hoe sal jy die woord “glo” verduidelik?
  3. Voltooi dié sin: “Van die dinge waarin ek glo, is …”
  4. Voltooi nou dié sin: “Van die dinge waarin ek nie glo nie, is …”
  5. Voltooi ook dié sin: “Van die dinge waarin ek geglo het, maar nie meer glo nie, is …”
  6. Watter soort mense glo jy as hulle jou iets vertel?  Hoekom glo jy hulle?
  7. As jy wil hê mense moet jou glo, wat sal jy doen?
  8. Wat sal jy antwoord as iemand jou vra, “Glo jy in God?”
  9. Wat het God gedoen om dit makliker te maak vir mense om in Hom te glo?
  10. Op watter maniere doen God dit vandag nog om mense te help om in Hom te glo?

Deel julle hoogtepunte en laagtepunte van die afgelope week.  Bid vir mekaar om mee af te sluit.

Gesprek VYF – Die dood verander dinge

Gebed – Here, ons weet dat U sorg dat alle dinge ten goede meewerk.  Ons weet dat ons die ewige lewe het deur die opstanding van Jesus Christus, selfs wanneer ons doodgaan.  Help ons om mekaar te ondersteun wanneer ons en ons geliefdes deur die dood geraak word.  Dit vra ons in U naam, Here Jesus, Amen.

  1. Probeer Johannes 3:16 uit die kop aanhaal vir mekaar.
  2. Het jy (of iemand wat jy ken) al ‘n ervaring gehad waar jy gedink het jy gaan dood?
  3. Hoe het dié ervaring jou verander of geraak?
  4. As jy nog een week oor het om te lewe, wat sou jy doen?  Hoekom?
  5. Wat keer jou om dié dinge vandag te doen?
  6. Het jy al iemand naby aan jou verloor?  Hoe het dit jou laat voel?
  7. Johannes 3:16 sê: “Elkeen wat in Hom glo, sal nie verlore gaan nie.”  Wat beteken dit?  Hoe verander dit jou siening van dood en lewe?

Deel julle hoogtepunte en laagtepunte van die afgelope week.  Bid vir mekaar om mee af te sluit.

Gesprek SES – Ewige lewe!

Gebed – Here, ons dank U vir die tyd waarin ons mekaar beter kon leer ken het.  Help ons om U ook al beter en beter te leer ken.  Dit vra ons in U naam, Here Jesus, Amen.

  1. Haal Johannes 3:16 uit die kop aan vir mekaar.
  2. Wat is die beste Kersfees – of verjaarsdag geskenk wat jy al gekry het?
  3. As jy vir een geskenk dié Kersfees kon vra, wat sal dit wees?
  4. Hoe dink jy is die hemel?  Hoe lyk dit?  Wie is daar?
  5. Dink jou vriende dat die hemel ‘n beter geskenk is as enigiets wat hulle hier op aarde kan kry?  Hoekom of hoekom nie?
  6. As jy nou die een geskenk kry wat jy graag wil hê, hoe sal dit jou laat voel?  As jy dié geskenk ook vir iemand anders kan gee, wie sal dit wees?
  7. Elkeen wat glo in Jesus Christus ontvang die gratis geskenk van die ewigeWat beteken dit?  Hoe reageer jy daarop?
  8. Dié geskenk is daar vir elkeen wat jyVir wie vertel jy daarvan?
  9. Watter van jou vriende of kennisse sou jy graag wou hê moet ‘n Christen word?
  10. Wat kan jy doen (of het jy al gedoen) om hom of haar te help om die liefde van Jesus Christus te leer ken?

Deel julle hoogtepunte en laagtepunte van die afgelope week.  Bid vir mekaar om mee af te sluit.

2 KORINTIËRS 6:1-13

RUS EN ONTVANG

  • Gesels met mekaar oor hoe die Here julle dié week geseën het.  Vir wie kon julle tot ’n seën wees?
  • Word stil en laat iemand met ‘n gebed open.

HOOR EN ONTGIN

Lees 2 Korintiërs 6:1-13

  • Wat tref jou in die gedeelte?  Deel dit met mekaar.

Hier volg ’n paar verhelderende opmerkings oor die gedeelte:

Ambassadeurs van die versoening

Paulus sit sy beskrywing van die evangelie en die impak daarvan in ons lewe voort deur te fokus op Christene as nuwe mense of skeppings van God (reeds vanaf 5:11) wat die bediening van die versoening ontvang het en nou God se gesante of ambassadeurs is.

Hy doen dit teen die agtergrond van sy teenstanders wat beswaar maak teen sy bediening.  Sommige skryf hom af as te emosioneel (in geestesvervoering) en ander dat hy te intellektueel (by ons verstand) is. Praat nou van ‘n “catch 22” situasie!  Hy antwoord daarop deur te wys dat innerlike bedoelings belangriker is as uiterlike prestasies, hoewel daar darem ook baie van sy prestasies is waarop hulle trots sou kon wees.  Dit is die liefde van Christus wat hom dring – en nie die oorweging van geldmaak wat by sy teenstanders die hoofmotivering was nie (vgl 2:17).

Daardie liefde van Christus is so ‘n groot werklikheid vir Paulus dat niks belangriker is as dit nie.  Omdat die evangelie daarby vir alle mense bedoel is, kan Paulus nie anders as om net daarvoor te lewe nie. Let op die ooreenkomste met die beskrywing van sy roeping in 1 Kor 9:19-23 – “vir almal het ek alles geword om in elk geval sommiges te red”.  Redding is natuurlik nie vanselfsprekend nie, omdat mense in geloof op die aanbod van versoening moet reageer.  Maar Paulus doen alles wat hy moontlik kan doen om God se aanbod van versoening by mense uit te bring.

Paulus skets versoening dus hier as die hart van die bediening – versoening met God in die sin van ‘n vryspraak van sonde en ‘n nuwe verhouding met Hom, en versoening met ander deur hulle harte onderling wyd oop te maak vir mekaar.  Maar let op, 1) dit is God se program van versoening waarby Paulus-hulle inskakel – en daarom ook ons taak, as medewerkers van God, as sy ambassadeurs; 2) dit is bedoel vir die hele wêreld, en moet deur ons na almal geneem word.

Daarmee deel Christene reeds in die nuwe skepping wat God gaan bring, en is eintlik ook reeds nuwe skepsels of skeppinge van God (5:17) deur hulle verhouding met Christus.  Daarom kyk ons ook nou na mekaar uit die hoek van ons Christenskap en die waarde van ons lewe vir die koninkryk en nie meer uit die hoek van ons menslike eienskappe en prestasies en die waarde vir hierdie lewe nie.

Paulus spel dan die praktiese implikasies hiervan uit.  Hierdie genade van God, die aanbod van die versoening, is so ‘n groot gawe dat dit omhels moet word, anders kan dit heeltemal verniet wees.  Dit tref my dat hierdie genade van God vir Paulus so belangrik is, dat hy, soos iemand een keer gesê het, eintlik in die “opposite spirit” lewe, dws: al word hy bedroef, hy is altyd opgeruimd; al is hy arm, is hy bly dat hy ander mense ryk maak (vers 10).  Dit is die paradoks van die Christelike bediening – die dood van die bedienaar is die lewe van die wat bedien word.  Hy stel dit dus as sy eer om ten spyte van belediging en minagting betroubaar te wees (vers 8), want God se genade en Christus se liefde het hom van binne verander.

Soos Chrisostomus, die groot prediker van Antiochië, later hieroor sou skryf: “Just as what brings heat makes things expand, so it is the gift of love to stretch hearts wide open; it is a warm and glowing virtue.”  Dit was Jesus se dryfveer … dit was Paulus se dryfveer … en dit is die enigste dryfveer wat ook ons lewens moet rig – die liefde vir God en vir ons naaste.

Bespreek.

LEEF EN ONTPLOOI

  • Die teks vra van ons om te sug en te wag, om te bid en te berus.  Hoe gaan jy dit prakties dié week doen?
  • Sluit af met ‘n gebed.

2 KORINTIËRS 5:6-17

Week van 10–16 Junie 2012

RUS EN ONTVANG

  • Gesels met mekaar oor hoe julle dié week tuisgekom het by die Here. Vir wie kon julle “tuisteskeppers” wees?
  • Word stil en laat iemand met ‘n gebed open.

HOOR EN ONTGIN

Lees 2 Korintiërs 5:6-17

  • Wat tref jou in die gedeelte? Deel dit met mekaar.

Hier volg ’n paar verhelderende opmerkings oor die gedeelte:

Die swaard van verganklikheid

Ons leef onder die swaard van verganklikheid. Tyd kalwe selfs ons beste en ons hoogtepunte weg. Wat gee mens dan die moed om tog reg te lewe?

Ons het ‘n vaste gebou in die hemel

Paulus gebruik die metafoor van ‘n gebou in die hemel om ons hoop en verwagting uit te spel, dít wat ons moed gee vir hierdie lewe. Hy is oortuig dat die swaarkry van hierdie lewe verby sal gaan, en dat ons kan wag vir dít wat God gaan bring en wat vir ewig sal staan.

God is in hierdie lewe aan die werk, asook in ons eie lewe. Hy is besig om ons innerlik te vernuwe. Maar Hy is ook besig om ons te lei na die vaste gebou, die onomstootlike heerlike bestemming wat God vir ons weggelê het. Dit is die egte bron van moed vir die lewe. Dit spoor Paulus aan. Dit vuur ook ons lewe en bediening aan.

Ons sug en wag tegelykertyd

Hierdie boodskap het ‘n tweërlei uitwerking op ons:

  1. Aan die een kant sug ons dat ons die oorgang na die hemelse werklikheid kan beleef, en bid ons om uitkoms, raak ons betrokke by die koms van die koninkryk reeds in hierdie lewe.
  2. Aan die ander kant het ons die Gees wat ons moed gee om te wag op God se tyd, en kan ons verdra en verduur, uithou en aanhou, selfs wanneer dinge nie gebeur of verloop soos ons dit graag wil hê nie.      

Ons het net een begeerte, om te lewe soos Hy dit wil

In dit alles, sê Paulus, het ons net een begeerte, om te lewe soos Hy dit wil. Daarmee sluit hy by Psalm 40:9 aan, sowel as by Jesus wat dit uitgeleef het, bv teenoor die Samaritaanse vrou (Joh 4:34).

Om God se wil te doen, is nie net voedsel vir ons siele nie (Jesus), maar dit laat ons tuiskom in God se teenwoordigheid. Dan is dit nie so belangrik waar ons is nie, híér of dáár. Al wat van belang is, is dat ons Hom behaag. Ons is nuwe mense wat met net een doel voor oë leef, en dit is om God se wil te doen, en te leef soos Hy dit wil.

2 KORINTIËRS 4:13-5:1

Week van 3–9 Junie 2012

RUS EN ONTVANG

  • Gesels met mekaar oor julle ervarings van die leiding van die Heilige Gees.
  • Word stil en laat iemand met ‘n gebed open.

HOOR EN ONTGIN

Lees 2 Korintiërs 4:13-5:1

  • Wat tref jou in die gedeelte?  Deel dit met mekaar.

Hier volg ’n paar verhelderende opmerkings oor die gedeelte:

Op soek na ‘n tuiste

Ons teks is geskryf vir mense wat huis toe verlang, al is hulle in ‘n bekende omgewing.  Dit is vir mense wat verlang na meer.  Wat verlang na ‘n egte tuiskoms. 

Die krisis van ’n verlange na tuiskoms

Paulus se lesers in Korinte het in die Grieks-Hellenistiese wêreld geleef.  Dié samelewing het verskillende antwoorde op die soeke na meer geken:

  1. Volmaaktheid:  Vir die Grieke was verganklikheid die grootDie vernietiging en afbreek van alles wat die moeite werd is – oor tyd heen – het die Griekse psige bedreig.  Die teenmiddel vir hierdie vrees was om te soek na volmaakte en vaste vorme.  Daarom is die Griekse argitektuur en beeldhoukuns ingestel op die skep van volmaakte vorme.
  2. Krag en mag: Teen die tyd van die Nuwe Testament was die Korintiërs ook deel van die RomeinseBrute geweld is toenemend gesien as dié manier waarop mens jouself laat geld en vastigheid en sekerheid skep.  Daarom was die nooit volprese Pax Romana (Romeinse vrederyk) so gewelddadig.  Dit het nasies, lande en volkere vertrap en gestroop om die Romeinse voordeel te soek.  Geweld is dus as verlosser gesien.  Jy vat wat jy nodig het, en so skep jy ‘n tuiste.
  3. Plesier:  Binne die Grieks-Hellenistiese kultuur was daar ook diegene wat gesê het “eet en drink” maak mensHandeldryf, selfverryking, die klim op die sosiale en materiële leer was die weg tot geluk.  Om ‘n slaaf of slawe te besit, was die teken van ‘n iemand wat aangekom het in die lewe. 

‘n Persoonlike tuiskoms

Hierdie antwoorde op die kritiese lewensvrae het steeds ’n invloed gehad op die gelowiges van die gemeente in Korinte.  Paulus vertel egter vir hulle dat ware tuiskoms met geloof te doen het, nie met skoonheid, plesier of krag en mag nie .  Ons tuiskoms lê in ’n persoonlike geloof in die drie-enige God wat in Jesus Christus werk en deur sy Gees vir ons tuis bring in God se teenwoordigheid.

Tuisteskeppers

Ons bly natuurlik steeds op reis in ‘n wêreld waar daar nog lyding en swaarkry is, en waar ons steeds aan die verganklikheid uitgelewer is.  Maar omdat ons ’n hoop het op God se teenwoordigheid in hierdie lewe, sowel as ’n toekoms na dié lewe, kan ons ons lewe daaraan wy om reeds nou al self tuisteskeppers te word, mense wat vir ander die pad oopbreek na ons tuiste by God, hier en daar, soos Jesus dit vir ons gedoen het.

Bespreek.

LEEF EN ONTPLOOI

  • Hoe beplan jy om dié week tuis te kom in God se teenwoordigheid?  Vir wie gaan jy ’n tuisteskepper word?
  • Sluit af met ‘n gebed.