Geneesheer verwek opspraak – Matt. 4:23-25 – kleingroepe: 12-18 Jan.
Ons behandel die eerste kwartaal die Bergrede van Jesus, soos Matteus dit vir ons vertel. In die Bybelskool lees ons ook die res van die evangelie volgens Matteus (www.bybelskool.com).
Geneesheer verwek opspraak – Matt. 4:23-25
Gee geleentheid dat elkeen iets deel wat gebeur het sedert julle laas by mekaar was.
RUS
Gee geleentheid dat elkeen met geslote oë nadink oor die nuwe jaar tot dusver. Doen dit soos volg: Vra eers: “Watter ontwrigtende dinge het gebeur?” Gee 2 min se stilte. Sê dan: “Gee dit nou vir die Here.” Ná 2 min vra dan: “Watter bevestigende dinge het gebeur?” Gee 2 min. se stilte. Sê dan: “Dank die Here daarvoor.” Ná 2 min lees die volgende teks en vra dat elkeen daaroor ná dink en met die Here praat: “Al wat ek wens, is om Christus te ken …” (Fil. 3:10). Gee 4 min daarvoor en sluit dan met ’n gebed. Gee geleentheid dat mense kan deel wat hulle ervaar het in hierdie “daaglikse ondersoek”.
HOOR
1. Lees Matteus 4:23-25.
2. Gee geleentheid dat elkeen deel wat hom of haar tref.
3. Die lys van siektes wat Jesus genees, is omvattend. Dit sluit die algemene siektes en pyne in, sowel as die meer spesifieke genesings van demoon besetenes, geestesongesteldhede (bv. epilepsie) en selfs verlamdes. In watter mate kan ons dié genesings vandag nog verwag … of nie?
4. Joni Eareckson Tada (A Place of healing: wrestling with the mysteries of suffering) is ’n kwadrupleeg ná ’n duikongeluk. Sy het ’n wêreldwye bediening, maar steeds vanuit ’n rolstoel. Iemand het haar een keer genader en verkwalik dat sy nie genees is nie: “Joni, jy móét een of ander sonde of ’n gebrek aan geloof hê. Ek bedoel, kyk na jou. Jy is steeds in ’n rolstoel!” Hoe dink julle daaroor? Is hy reg?
5. Joni glo in genesing, maar bely dat die Here dit in haar geval nog nie gedoen het nie. Trouens, sy sukkel tans met toenemende pyn in haar verlamde ledemate. Sy soek daarom: God’s redemption in her pain. Sy sê onder andere: “Pain is a bruising of a blessing; but it is a blessing nevertheless. It’s a strange, dark companion, but a companion – if only because it has passed through God’s inspecting hand. It’s an unwelcome guest, but still a guest.” Hoe dink julle daaroor?
LEEF
Watter siektes, pyne en behoeftes het jy of mense in jou familie of vriendekring?
Neem vrymoedigheid om die Here Jesus te vra vir genesing en uitkoms, sowel as vir “God’s redemption in pain”.
Ons lees volgende week Matteus 5:1-12 – Swaarkry word beloon.
Kleingroeptekste vir die res van die kwartaal:
Geneesheer verwek opspraak – Matt. 4:23-25 |
Swaarkry word beloon – Matt. 5:1-12 |
Sout-van-die-aarde mense – Matt. 5:13-16 |
Vyande word vriende – Matt. 5:17-48 |
Skynheiligheid ontbloot – Matt. 6:1-18 |
Goddelike golflengte ontdek – Matt. 17:1-8 |
Bekendstelling van nuwe wyn – Matt. 26:26-30 |
Onverwagse opbrengste – Matt. 6:19-34 |
Boontjie kry sy loontjie – Matt. 7:1-29 |
Jesus en die Samaritaanse vrou – Joh. 4:5-42 |
Genesing van die blinde man – Joh. 9:1-41 |
Lasarus se opstanding – Joh. 11:1-45 |