Ons gebede maak saak – Openbaring 5
Familiediens 1 Mei 2022 NGK Somerstrand | Youtube en kerk 09:00
Verwelkoming
Baie welkom aan Vian en Natania du Plessis en hulle tweeling Josh en Joah. Hulle bly in Bulbringweg 44.
Ons sien uit na hierdie Saterdag 7 Mei se bevestiging 15:30 hier in die kerk en die verwelkoming 16:30 daarna in die Ark (RSVP Marlein van Deemter vir die sop en sjerrie – 083 270 4853). Julle is welkom om nog drinkgoed en glase te bring om verder te kuier.
Volgende Sondag 8 Mei 09:00 is Vian se intreepreek. Die aand ontmoet hy 17:00 ook die tieners en hulle ouers. Hy speel 16:30 volleybal saam met die tieners.
Aankondigings
Ek het twee navrae gekry.
- Die een is oor die Bybelskool. Of ek dit in die gemeente gaan hervat.
- Die ander is oor ‘n aanlyn Bybelstudie groep. Wat dieper kan ingaan in die Bybel en spesifieke Bybel- en lewensvrae kan bespreek.
Sal graag wil hoor hoe julle dink. Of daar belangstelling is daarvoor. In die gemeente, bv weer op Woensdae. En/of aanlyn, bv op zoom. Die dag en tyd kan ons dan bepaal na gelang van die belangstelling.
Onthou ook my boek oor Openbaring wat jy gerus gratis kan aflaai om die hele Openbaring deur te werk. Ek hanteer die volgende paar weke al die beloftes in die boek.d
Die beloftes gaan voort. Ons is by dag 160 van 365. So, as jy nou inskakel, is daar nog 205 beloftes om vir jouself toe te eien.




