Skip to main content

Author: Chris van Wyk

Psalm 146 – Ons lewe sal eindig met ‘n Halleluja!

Psalm 146 – Ons lewe sal eindig met ‘n Halleluja!

NGK Somerstrand 11 Desember 2022 | Kerk en Youtube 09:00

Verwelkoming

Kerkraadslede verkies op die vergadering van 21 Nov 2022

Ouderlinge

  • Elga Heidenreich
  • Ursula Killian
  • Neil Robinson
  • Marius Van  Eyk
  • Hannie Williams

Diakens

  • Riëtte Muller
  • Marlene Cilliers

Aankondigings

Continue reading

Is jy plooibaar soos klei in die hand van die pottebakker? – Jesaja 29; Jeremia 18; Romeine 9

NGK Somerstrand 09:00 4 September 2022 | Kerk en Youtube

Verwelkoming

Toetrede

Ps 84 v 1 Hoe lief het ek u woning, Heer (staan)

Votum en Seëngroet

Lof

Lied 197:1-2 Wonderbare Koning, Heerser oor u skepping (staan)

Kindertyd

Hou julle van speel met klei? Hier is ‘n bietjie klei om mee te speel.

Dit is lekker om verskillende vorms te maak. En as dit nie werk nie, dan begin ons net weer oor, nè?

Die Bybel sê God is soos ‘n pottebakker, en ons is die klei. Hy vorm ons soos ‘n mens klei vorm. Hy sorg dat alles in plek is. Dat ons twee arms het en twee bene. En ‘n mooi gesiggie. En vingers en tone.

Maar, weet julle, God is binne ons ook besig. Hy leer ons om lief te wees vir mense. Om goed te wees vir mense. Om goeie dinge te doen vir ander. Hy werk met ons harte sodat ons kan doen wat Hy van ons vra.

Hy gee ook ander mense wat ons kan help. Jou ouers. Jou onderwysers.

Maar, die belangrikste is dat Hy met ons harte besig is. Soos ons lees in die Bybel, en soos ons leer bid, verander God ons en leer ons om vir Hom te lewe.

Continue reading