Skip to main content

Author: Rethie van Niekerk

Goeie Vrydag preek

Die verskillende evangelies bied elkeen ‘n ander perspektief op Jesus se lyding.  Hierdie verskillende perspektiewe help ons om Jesusse lyding vanuit verskillende kante te verstaan.  Iemand het gesê dis soos ‘n reusagtige diamant:  ons stap om dit, om dit van verskillende kante te sien.  Ons sien ’n beter prent van die geheel, omdat ons vanuit verskillende oogpunte sien.  Vanjaar kyk ons na Johannes se vertelling, wat die soewereiniteit van Jesus onderstreep.

Continue reading

Palmsondag Preek: Lukas 19

Ek wil Jesus se heerskappy met twee woorde beskryf: Nederigheid en kontradiksie.

In Jesus se nederigheid, sien ons reeds die kontradiksie van nederigheid en mag: mag wat nie in vertoon (berede en voetsoldate, trompette en goue baniere) te vinde is nie, maar in liefde. In opoffering. DIT is hoe ware mag lyk: om ander te dien; om vir ander om te gee; om jouself vir hulle uit te giet; om lief te hê.

Continue reading