Skip to main content

Goeie Vrydag preek

Die verskillende evangelies bied elkeen ‘n ander perspektief op Jesus se lyding.  Hierdie verskillende perspektiewe help ons om Jesusse lyding vanuit verskillende kante te verstaan.  Iemand het gesê dis soos ‘n reusagtige diamant:  ons stap om dit, om dit van verskillende kante te sien.  Ons sien ’n beter prent van die geheel, omdat ons vanuit verskillende oogpunte sien.  Vanjaar kyk ons na Johannes se vertelling, wat die soewereiniteit van Jesus onderstreep.

Toetrede

Lied 384 Afr., Eng, Afr. Jesus, o dink aan my (sit)

Votum

Liturg:
Ons almal het gedwaal soos skape,
ons het elkeen ons eie pad geloop.

Gemeente: Here, dink aan my.

Liturg: Hy het ons lyding op hom geneem,
ons siektes het hy gedra.

Gemeente: Here, dink aan my.

Liturg: Oor ons oortredings is hy deurboor,
oor ons sondes is hy verbrysel.

Gemeente: Here, dink aan my.

Liturg: Die straf wat vir ons vrede moes bring,
was op hom,
deur sy wonde
het daar vir ons genesing gekom.

Gemeente: Here, dink aan my.

Liturg: Dit is volbring!
Gemeente: Amen!

Sang

Lied 389 Is dit, is dít my Koning (staan)

Gebed

Almagtige en ewige God,
U het ons
deur die triomfantlike dood
en opstanding
van Christus
tot die lewe herstel:
Gaan voort met hierdie genesende werk in ons
en gee
dat ons wat die misterie van Christus se dood herdenk,
nie in ons toewyding sal verslap nie.
Stort u oorvloedige seën oor ons uit,
ons wat vanoggend die dood van u Seun herdenk,
in die vaste hoop op die opstanding,
skenk aan ons vergifnis,
bring vir ons troos:
en mag ons geloof versterk word
en ons van die ewige lewe verseker wees.
Amen.

Preek

Inleiding

Verskillende evangelies elkeen ander perspektief Jesus lyding.
Help ons om Jesus lyding verskillende kante verstaan.
Iemand sê soos reusagtige diamant,
ons om stap,
van verskillende kante sien.

Ons sien ’n beter prent van geheel
omdat vanuit verskillende oogpunte sien.

Vanjaar Johannes,
soewereiniteit van Jesus onderstreep.

Skriflesing Jan Coetzer
Ek kort inset
Ansie Kotzé lees gedig deur Neels Jackson
Rukkie stilte

Skriflesing

Johannes 18 vers 1 tot 8

Inset

Netnou gesê Johannes reflekteer Jesus koningskap,
sien deur hele verhaal hoe Jesus in beheer.

In Johannes 10,
wanneer Jesus praat oor homself as die goeie herder,
uitlê wat dit beteken,
sê:
vv17-18:
“Die Vader het My lief
omdat Ek my lewe aflê
om dit weer op te neem.

Niemand neem dit van My af nie,
maar Ek lê dit uit my eie af.
Ek het die volmag om dit af te lê,
en Ek het die volmag om dit weer op te neem.
Dit is die opdrag wat Ek van my Vader ontvang het.”

Hier in tuin sien so helder
hoe Jesus KIES lewe af te lê.

Vroeër selfde aand Judas nag ingestuur woorde:
John 13:27
“Wat jy wil doen, moet jy baie gou doen!”

Jesus nie verras wanneer mense in tuin kom hom te arresteer –
weet wat voorlê.

Wat wel interessant is,
is kontras Jesus
en Romeine.

Jesus, in beheer.

Romeine
– stuur afdeling soldate.

Romeinse afdeling soldate = 600
onderafdeling = 200.

Kommandant waarvan v18 praat,
beheer 600 – 1000 soldate.

Maar kom ons sê
gee voordeel bo twyfel –
200 soldate.
EN die wagte in diens van die priesterhoofde
EN die Fariseërs.

Om vir Jesus te vang.
Prediker van Nasaret.
Groepie vissermanne hom volg.

Wat sê dit vir jou?
wie is in beheer?

Kom daar aan met lanterns en fakkels.
Op ’n volmaan-aand
(weet, want Pasga).

Genoeg lig te sien.
Maar hulle bring spreiligte.

Honderde vreesbevange mans.
Jesus tree vorentoe,
vra: wie soek julle.

Hulle: Jesus van Nasaret.

Jesus antwoord –
nou hier interessant,
N.A.V.: Dit is ek.
Jesus sê letterlik:
Εγω ειμι.
Ek is.

Ek is.

Waar het jy dit vantevore gehoor?
Dalk in woestyn,
in Midian,
skaapwagter God in brandende bos ontmoet,
gevra wie hierdie God,
antwoord:

Ek is.

Hierdie twee woorde
so kragtig
dat honderde soldate
terugdeins
op grond neerval.

Eintlik lagwekkend.
Komies!
Lyk soos absurde komedie.

En WEER sê Jesus:
Wie soek julle?
Jesus van Nasaret.
Ek het vir julle gesê:
Εγω ειμι.
Ek is.

Jesus is koning,
hy is in beheer.
Hy is God.

Refleksie

(i)
Vyf dae tevore, op die Sondag, het Hy
triomfantelik die stad ingery
op ’n donkie se rug. ’n Groot skare
het Hom verwelkom, met palmblare
sy pad uitgelê en geroep: “Loof Hom
wat in die naam van die Here kom!”
En: “Prys die seun van Dawid!” — met ’n dors
na ’n nuwe ryk met ’n nuwe vors.
Maar Jesus, wat weet wat in elke hart skuil,
het niks gesê nie, net saggies gehuil.

(ii)
Die Donderdagaand, ná hul laaste ete,
is Hy na die tuin toe met die wete
van wat wag. En die Seun van God was bang,
want Hy was ook mens. Daarom het Hy verlang
dat Petrus en nog twee by Hom moes bly
terwyl Hy bid. Maar Hy sou alléén ly.
Dié wat deur dik en dun by Hom sou staan,
was te vaak. Alléén sou hy daarvandaan,
het hy geweet in bloed en sweet, moes drink
aan die bitter beker wat God sou skink.

(iii)
Drie jaar lank was Judas saam met Hom.
Drie jaar lank het Judas saam gekom
en gegaan, was hy teenwoordig gewees
as Jesus ’n blinde of lamme genees,
vir die hongeres sorg, omgee vir mense
buite fatsoenlikheid se netjiese grense.
Judas se liefde ken ons almal goed:
die mooi glimlag, die skynheilige groet.
Dié aand het hy dit vriendelik gedoen,
maar soms sit daar selfs moord in ’n soen.

Oomblik stilte

Skriflesing

Johannes 18 vers 28 tot 19 vers 16

Inset

Anders as ander evangelies,
waar Jesus stilbly onder Pilatus ondervraging,
Jesus hier lang gesprekke met Pilatus.
Gesprekke waarin Jesus sy koningskap bevestig.

Ander soort koning,
soos verlede week gepraat.
Maar koning.

Pilatus weer byna absurd rondtrippel:
Begin buite –
vat Jesus binnetoe, ondervra oor koningskap
dan weer na buite: Jesus onskuldig, wat van Barnabas?
Dan weer na binne – gee oor soldate
Dan weer buite: nie skuldig!
Dan weer binne, praat oor mag.
Dan weer buite – kondig finale oordeel aan.

Sien hier helder Jesus Koning.
Jesus sê wat sy koningskap NIE is:
nie van hierdie wêreld.

Ons misverstaan,
dink nie omgee in hierdie wêreld gebeur –
fokus op hemelse koninkryk.

Jesus nie besig praat plek van sy koninkryk,
besig praat BRON van sy koninkryk.

Kyk Joh. 17:15-18
Jesus koninkryk nie VAN hierdie wêreld,
maar inderdaad wel IN hierdie wêreld
en VIR hierdie wêreld.

Dis nie Jesus wat hier verhoor word nie.
Dit lyk dalk so,
Pilatus dink dalk so…
maar op die ou end
is dit Pilatus
en die volk Jesus nie wil ontvang
wat verhoor word.

In Grieks selfs 19:13 grammaties dubbelsinnig:
ons lees:
13Toe Pilatus dit alles hoor, het hy vir Jesus buitentoe gebring en op die regbank gaan sit
Kon net sowel lees: Jesus op regbank laat sit.

Pilatus waarskynlik sarkasties,
bespotting Joodse gereg –
soos met bordjie bo-aan kruis.

Maar daar is dit,
in die vertelling:
dubbelsinnigheid,
wie word verhoor,
wie is in beheer…

Soldate spot Jesus,
kroon
purper kleed –
wat nêrens lees uitgetrek.
Spot, buig: Ons groet u, Koning van die Jode!

Inderdaad.
Koning.
Anders soort koning – met doringkroon,
in liefde lewe aflê.
Koning.

En dan die mees vernietigende woorde in die hele evangelie.
In hul desperaatheid,
af eerder:
uit hul vrees vir hierdie een man,
vir die mag van die man wat praat
van liefde vir vyande
die man met doringkroon,
sê priesterhoofde
“Ons het nie ’n koning nie; ons het net die keiser.”

Dit is skrikwekkend.

Die priesterhoofde – die godsdienstige leiers.
Wat uit godsdienstige piëteit nie Pilatus se geboue wil ingaan
reeds geklee vir groot fees.
Hierdie gebeur ongeveer 12h –
presies tyd priesters begin gereedmaak vir fees,
fees begin
wat verbond van God vier
met belangrikste woorde in hul godsdiens:
“Ons het nie ’n koning nie; ons het net vir God.”

In hul desperaatheid om van Jesus ontslae te raak
vervang hulle hul sentrale belydenis
“Ons het nie ’n koning nie; ons het net vir God.”
met
“Ons het nie ’n koning nie; ons het net die keiser.”

En die aardse koninkryke tuimel ineen.
Pilatus maak ’n bespotting van die Romeinse Reg.
Die Priesterhoofde maak ’n bespotting van hul eie mag.

Weereens sien ons:
Jesus regering anders as wêreld s’n.
In ’n doringkroon
op pad na kruis –
magtiger as enige ander mag.

Refleksie

(v)
Pilatus, die goewerneur, wou billik wees,
maar die skare het geskreeu: “Kruisig Hom!”
Hy wou ’n uitspraak van “onskuldig” lees,
maar die skare het gedreun: “Kruisig Hom!”
Sou hul keuse Jesus, bo die rower wees?
Nee, die skare het gegil: “Kruisig Hom!”
Later het hy hul woede gevrees,
want hul haat het dit gebrul : “Kruisig Hom!”
Toe’t Pilatus sy hande afgespoel
in die hoop dat hy sou beter voel.

(vi)
Dit was die bespotlikste van konings,
die purper mantel, die kroon van dorings.
En as die Koning dors is, kry hy wyn:
Vonkelwit? Donkerrooi? Nee, liefs asyn!
Vir ure het die groot spot aangegaan:
“Toe, U Hoogheid, wie het jou nou geslaan?”
Die gesel het gespeel oor sy rug, sy lyf
was rooi van bloed. Op die koppie dryf
hulle spykers deur sy polse. ’n Skouspel was
dit vir dié wat roep: “Red nou jou eie bas!”

Oomblik stilte

Skriflesing

Johannes 19 vers 17-22, 28 tot 30, 38 tot 42

Inset

Die Koning van die Jode.

word begrawe in ’n nuwe graf –
gepas vir ’n koning.

Hierdie is die verhaal
wat Goeie Vrydag goed maak.

Elke keer wat ons uitgelewer voel
aan die magte van die dag
elke keer wat die politiek
of die ekonomie
of vrees
vir ons probeer vertel dat hulle regeer

dan kyk ons na die tuin en hoor:
Ek is
Ons kyk na Pilatus se huis en hoor:
Ek is die koning – wie se koninkryk van God afkom.
Ons kyk na die kruis en sien:
Koning.

En hierdie koning keer ons idee van mag
en van hoe konings lyk
onderstebo:
met ’n doringkroon
nakend aan ’n kruis.
koning
wie se mag lê in liefde
liefde sonder grense

Niemand het groter liefde as dit nie.

En hierdie koninklike mag
is inderdaad onweerstaanbaar
trek ons aan na Christus soos ’n magneet,
en oorkom ons vervreemding van God.

Jesus se kruisdood
manifesteer ’n soewereiniteit
soos wat ons nog nooit gesien het nie,
wat gehandhaaf word
nie met dwang en vrees en geweld nie
maar met dienende liefde.

Refleksie

(vii)
Aan ’n kruis roep ’n Man hard na sy Pa
en sug vir laas. Water en bloed dra
die boodskap van sy dood. Die aarde beef
en grafte beur oop. Dooies wat leef
verskyn oral. In die tempel skeur
die voorhangsel oor wat buite gebeur. Die son het ophou skyn. Dit is twaalfuur —
middag — maar die duister, ’n roukleed, duur
tot drie. Die skepping rou en ’n groot
stilte beaam: Die Seun van God is dood.

Oomblik stilte

Lied 396 Aanskou die Heiland, sien die kruis (sit)

Geloofsbelydenis

ahv Jesaja 53
Die Here was soos ’n loot,
soos ’n plant wat wortel skiet
in droë grond.
Hy het nie skoonheid of prag gehad
dat ons na hom sou kyk nie,
nie die voorkoms
dat ons van hom sou hou nie.
Hy was verag
en deur die mense verstoot,
’n man van lyding wat pyn geken het,
iemand vir wie die mense die gesig wegdraai.
Hy was verag,
ons het hom nie gereken nie.
Tog het hy óns lyding op hom geneem,
óns siektes het hy gedra.

Oor ons oortredings is hy deurboor,
oor óns sondes is hy verbrysel;
die straf wat vir ons vrede moes bring,
was op hom,
deur sý wonde
het daar vir ons genesing gekom.

Ons het almal gedwaal soos skape,
ons het elkeen sy eie pad geloop,
maar die Here het ons almal se sonde
op hom laat afkom.
Hy is mishandel,
maar hy het geduldig gebly,
hy het nie gekla nie.

Soos ’n lam wat na die slagplek toe gelei word
en soos ’n skaap wat stil is
as hy geskeer word,
het hy nie gekla nie.

Dit was die wil van die Here
om hom te verbrysel.
om hom die pyn te laat ly.

Ek glo in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;
wat ontvang is van die Heilige Gees,
gebore is uit die maagd Maria;
wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is,
gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het;
wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode;
wat opgevaar het na die hemel
en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader,
van waar Hy sal kom om te oordeel
dié wat nog lewe en dié wat reeds gesterf het.

Gebed

In die brood
Kom lê ’n stukkie
Van U
In my
Here, Jesus
Word u gebrokenheid
Met myne één.

Die wyn
Stort druppels
Van u
In my
Here, Jesus,
Word u
Offerbloed
Vir my vreugdewyn.

Hoor ons as ons nou saam met Christene deur die eeue bid:
Onse Vader.

Nagmaal

Gebed

Onder die kruis
Van Jesus ons Messias
Sien ons ons eie hart
En bid ons:

Dat ons hom nie verby sal gaan
In alles wat ons lewe in beslag neem nie,

Dat ons hom nie alleen sal laat
In die bloed en trane van andere nie,

Dat ons hom nie sal verloën,
Deur alleen te lewe vir onsself nie,

Dat ons hom nie sal verraai,
In ons begeerte na materiële besit nie,

Dat ons hom nie sal kruisig,
Met ons gebrek aan ontferming nie.

Omdat hy die nag van die wêreld op hom geneem het,
Is dit in sy Naam dat ons bid:
Kyrie Eleison! Heer, ontferm U!
Amen
Verlaat kerk in stilte

Goeie Vrydag, preek, Rethie van Niekerk

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.