Bells Challenge: ‘n Nuwe Stel Gewoontes

Aristoteles het gesê: We are what we repeatedly do. Excellence, then, is not an act, but a habit.

Frost sê ons kan dit ook van geloof sê:  geloof is nie net een ding wat ons doen nie, maar ’n gewoonte.

En ons gewoontes vorm ons, vorm ons diepste oortuigings.

Intro Video

Toetrede-lied

Alive (with Akekho ofana Nawe) – Hillsong Young + Free

Gebed

I was lost with a broken heart

You picked me up,

now I’m set apart

From the ash I am born again

Forever safe in the Saviour’s hands

You are more than my words could say

I’ll follow You Lord for all my days

I’ll fix my eyes, follow in Your ways

Forever free in unending grace

Seëngroet

Omdat God in Jesus en deur die werk van die Gees ons vryheid en ons liefde is, lewe ons, want hy leef in ons.

Afkondiginge

Dankoffer

Lofsang

God with us – Jesus Culture

U is my lig – Flam

Tyd vir refleksie

We are what we repeatedly do

Wie van julle is geroetineerd?  Wie nie?  Ek is glad nie geroetineerd nie.  tog, ten spyte van my aversie aan roetine, het ek ook maar my eie roetines.   Ek hou daarvan om ’n koppie koffie in die bed te drink.  Ek probeer Bybel lees, reflekteer en bid voor ek opstaan.  Ek volg meestal dieselfde roete huis toe of kerk toe.

Ons almal het sulke gewoontes.  Gewoontes soos:  popcorn as jy gaan fliek;  om vroeg / laat / betyds te wees vir klas; om jou klere die vorige dag reg te sit of in die oggend te skarrel en alles op die grond neer te gooi.

Wat sê jou gewoontes van jou? Wat is die waarde onderliggend daaraan?

Jesus sê in Matt. 6:26:

Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.

’n Mens kan seker ook sê: waaraan jy jou tyd bestee, daarby sal jou hart wees.

Dink so bietjie dieper aan jou gewoontes: jou geestelike lewe, verhoudings, fisies, finansieel.  Wat sê dit van jou?  (stil nadenke)

Toewyding

No other like You (We will exalt You) – Jesus Culture

Gebed

Preek

Bells Challenge

Ons is nou soos iemand wat wonderlike beloftes maak en dan elke keer sê: wag, kyk nog eers dié;  nee, nog nie nou al nie, eers dít.  Julle is seker al ongeduldig om by die eintlike “bells” uit te kom!  Vanaand is die laaste keer wat ons opbou na die “bells”.  Van volgende Sondag af sal ons julle regtig begin uitdaag om elke week ’n spesifieke ding te doen.

Faith and action

Maar voordat ons begin, moet ons eers vir mekaar iets sê oor geloof en dade.  Geloof is oortuiging, maar geloof is OOK iets wat ons doen.  En daardie iets wat ons doen, is nie net Bybel lees, bid en kerk toe gaan nie.  Dis ’n leefstyl.

Jakobus 2:14-19

14Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so ’n geloof ’n mens red? 15Sê nou daar is ’n broer of ’n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, 16en sê nou een van julle sou vir hulle sê: “Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,” maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan? 17So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.  18Maar iemand kan miskien sê: “Die een het die geloof en die ander het die dade.” Goed, wys dan vir my jou geloof wat sonder dade is, en ek sal jou my geloof wys uit my dade. 19Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook —en hulle sidder van angs.

Onthou ek het gesê – in die inleiding tot ons reeks – dat wat ons vir die wêreld vertel nie gaan om “a pie in the sky when you die” nie.  Die Goeie Nuus wat ons wil deel, is die boodskap dat God regeer.  Dat ons leef in die koninkryk van God.  Daarom leef ons soos burgers van God se koninkryk.

Faith and example

Chris het verlede week gepraat oor “aansteeklike” gelowiges.

Toe Jesus sy dissipels voete gewas het, het hy gesê:

34Ek gee julle ’n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. 35As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”

OAV – “Hieraan sal almal weet”

So ons dade, die manier wat ons ons geloof leef, is ook belangrik wanneer ons teenoor die wêreld wil getuig.  Wat ons doen sê meer as wat ons sê.

Carl Jung: You are what you do, not what you say you’ll do.

Wat ons doen sê wie ons is.

Faith and habits

Okay, parkeer gou die dade.  Ons gaan nou daarna terugkom.

Die Bells Challenge is gebaseer op die boek “5 HABITS of highly missional people”.  So wanneer ons oor gewoontes begin praat, is dit presies dit:  gewoontes.   Dis nie iets wat ’n mens eenmaal doen nie, maar iets wat jy altyd doen.

Dit vat gemiddeld 66 dae voordat iets wat jy doen ’n gewoonte word. So aanvanklik vra dit regtig ’n commitment, deursettingsvermoë, aanhou doen.

Nou bring gou weer die dade terug:  As geloof gewys word in wat ons doen, dan vorm wat ons doen ook ons geloof.

Aristoteles:

We are what we repeatedly do. Excellence, then, is not an act, but a habit.

Frost sê ons kan dit ook van geloof sê:  geloof is nie net een ding wat ons doen nie, maar ’n gewoonte.

En ons gewoontes vorm ons, vorm ons diepste oortuigings.  In die boek word die voorbeeld gebruik van die VSA, waar die gewoonte is om te trou, werk te kry, huis te koop.  Dit vorm waardes:  monogamie, professionaliteit, verbruikers.

Dieselfde is waar van ons as individue:  gewoontes vorm waardes.  Bv. huisgodsdiens, persoonlike stiltetyd, om Kerk toe te kom, aan ’n selgroep te behoort.

Rule of Life

Daar is ou, antieke tradisie genaamd Rule of Life.  ’n Rule of Life was ’n manier gewees om geloof en gewoontes bymekaar te bring.   Dis gewoontes wat jy gereeld doen, gewoonlik geloofsgewoontes, wat jou in die proses ook vorm.  Kyk gerus na die voorbeeld wat ons uitgedeel het.

Die idee is dat jou reël spesifiek jou reël moet wees. Wat vir een ’n mens gewoonte is, geld dalk nie vir iemand anders nie.  Jy moet getrou wees aan jou roeping, aan jou persoonlikheid.

En dis eintlik maklik om ’n lewensreël te ontwikkel:  kyk wat doen jy reeds! Ons almal het reeds ’n lewensreël.  Maar jy kan ook kyk na wat jou begeerte is, na wat jy meer gereeld wil doen.

Daar is ’n paar skakels in die “event”.  Jy kan ook “Rule of life” google.  Die een wat ons uitgedeel het, is een voorbeeld.  Jy kan dit struktureer soos jy wil.  Hier is nog ’n kreatiewe voorbeeld wat vir my mooi is.

Dis tog die moeite werd om na ’n mens se lewensreël te kyk.  dit help jou om bewus te wees van jou gewoontes.  As jou gewoontes jou vorm, dan is dit goed om na te dink:  wat is my gewoontes?  Dan is dit goed om doelbewus nuwe gewoontes te kweek.

Dalk kan jy hierdie week hiermee wil begin.  Vra jouself:  wat is my huidige lewensreël? Wat is my gewoontes, die goed wat ek doen?  Wat sê dit van my?  Hoe vorm dit my?  Wat is vir my belangrik?  Jy kan dalk selfs verder gaan en een of twee nuwe goed kies.

Moenie paniekerig raak nie!  Soms kan dit jare vat, ’n leeftyd om jou lewensreël te ontdek.  ’n Lewensreël kan verander, groei.

Het jy opgelet in die voorbeeld, die laaste kolom sê:  “missionally”.

En dis wat die Bells challenge wil doen:  dit wil vir jou ’n lewensreël gee, gewoontes vir elke dag  of elke week, wat jy kan doen, nie net vir jouself, maar ook om uit te reik, om ander te raak met jou geloof.

Picture1Hier is wat die bells is.  Ons gaan elke week bietjie daaroor gesels en jou uitdaag om daardie week daardie gewoonte in te oefen.  In die proses word jy ook gevorm, want daar is waardes onderliggend aan elke gewoonte.  As jy ’n gewoonte daarvan maak om ander te seën, sal vrygewig word.  As jy ’n gewoonte daarvan maak om saam met ander te eet, sal jy groei in jou vermoë om gasvry te wees.  As jy oefen om te luister na die Gees, sal jy ’n Geesvervulde persoon word.  As jy Christus leer kan, sal jy meer en meer soos hy word.  En as jy joernaal skryf oor die magdom maniere wat jy gestuur is, sal jy leer om jouself al meer as gestuur te sien.

#bellschallenge

So die challenge hierdie week:  Gaan dink na:   wat is jou lewensreël jy tans?  Hoe vorm dit jou?  Wat is die waardes wat dit in jou vorm?  Watter aanpassings moet jy maak?  Begin die proses om jou lewensreël te skryf.

Gebed

Slotsang

Everything and Nothing Less – Chris McClarney

Seën

Save

Bells Challenge, Five Habits of Highly Missional People, gewoontes, habits, rule of life

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.