Skip to main content

Preek: Leef Gasvry: Gaan vertel … 2 Kor 3:3 21 November 2010

Leef Gasvry:  Gaan vertel …

Lukas 24:13-35 en 2 Kor 3:1-3
Deon Binneman
21 November 2010

 

Ek onthou hoe in die narratiewe terapie-opleiding ons geleer is om refleksiewe vrae te vra – dit is vrae wat jou in jou nadenke laat inbuig na jouself toe.  Dit is ʼn vraag soos:  Wat doen dit aan jou as …  Die soort vraag laat jou dink aan dit wat ʼn situasie of iemand anders aan jou doen.

Maar daar is ook ʼn anders soort refleksiewe vraag.  Jy sou ook kan vra:  Wat dink jy doen dit aan ander (of aan die situasie) as jy sus of so maakWat doen jou doen aan ander?  Hierdie vraag laat ʼn mens krities na jou eie optrede en die effek daarvan kyk.  Die konsep ubuntu beteken:  Ek is wat ek is vanweë wat ons almal is.  Maar dit is nie wat die vraag Wat doen my doen aan ander, in die oog het nie.  Wat doen my doen aan ander, hou in dat ons mekaar maak.  Ek is wat ek is omdat ander dit van my maak.

Dit is dieselfde gedagte wat ons in 2 Korintiërs 3 kry.  Paulus het nie formele geloofsbriewe, of aanbevelingsbriewe soos sommige ander mense nie.  Dan sê hy egter dié mense wat tot die geloof gekom het, is eintlik sy aanbevelingsbriewe is.  Dit wat hy vertel het, het hulle lewe verander.  Daarom het hy nie eintlik ʼn geloofsbrief nodig nie.  Hulle wat tot geloof gekom het na aanleiding van sy verkondiging, hulle veranderde lewens is genoeg bewys van die legitimiteit van Paulus se apostelskap.

Continue reading

Preek: Om Geestelik te onderskei in ‘n wêreld waar God se Woord prakties uitgeleef moet word – 2 Konings 22 en Matteus 21:28-33 – 19 September 2010

Informele diens 19 September 2010

 

Om geestelik te onderskei in ‘n wêreld waar God se Woord prakties uitgeleef moet word
Vir die kinders

Teks:  Matteus 21:28 – 31 in Die Boodskap

Daar was eendag ʼn pa met twee seuns.  Op ʼn dag het hy vir sy een seun gevra om al die blare wat van die bome afgeval het, bymekaar te hark.  Die seun het gesê hy wil dit nie doen nie, want hy wil eerder televisie kyk.  Maar toe sy pa weg is en hy daaroor dink dat sy pa hom gevra het om te help, en hy nie daarvoor lus was nie, het hy skaam gekry en besluit om dit tog maar te doen.  Hy het toe gegaan en al die blare mooi bymekaar gehark.

Toe die eerste seun vir sy pa gesê het hy wil nie die blare gaan ophark nie, het die pa vir sy ander seun gaan vra of hy nie die blare wil bymekaar maak en in ʼn swart sak gooi nie.  Hy sê toe:   “Ja, Pa, ek sal dit sommer nou-nou doen.”  Maar toe sy pa weg is, het hy besluit om dit nie te doen nie.

Watter een van die seuns dink julle het sy pa se hart bly gemaak?  Watter een het gedoen wat sy pa gevra het?

Ja, natuurlik die eerste seun.  Ons lees presies net so ʼn storie in die Bybel.  (Lees die teks.)

Continue reading