Skip to main content

Bells Challenge – Sent

sentJulle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom

Ek gee vir julle vanaand net een vers om oor na te dink.  Dit is die woord van die Here vir vanaand.

“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Hand. 1:8

“But you will receive power when the Holy Spirit has come upon you, and you will be my witnesses in Jerusalem, and in all Judea and Samaria, and to the farthest parts of the earth.” Acts 1:8 (NET)

Ons is besig met die reeks The Bells Challenge.  Ons leer die Bells Habits aan: Bless, Eat, Listen, Learn, en Sent.

Vanaand fokus ons op die laaste een, Sent. Om ‘n gestuurde te wees.  Om ‘n sendeling te wees.

Ek wil eers iets sê oor die werk van die Heilige Gees in jou lewe en dan in die tweede plek wat Hy deur jou lewe wil doen.

Continue reading

Bells Challenge: Learn

Christ Pantocrator mosaic in Byzantine style, from the Cefalù Cathedral, Sicily, c. 1131 (retouched jpeg).
Christ Pantocrator mosaic in Byzantine style, from the Cefalù Cathedral, Sicily, c. 1131 (retouched jpeg).

1 Korintiërs 2:1-5 – Leer Jesus ken

Dit is die jaar 54 n.C.  Paulus is op sy derde sendingreis in Efese.  Terwyl hy vir twee jaar daar gebly het, skryf hy ‘n paar briewe aan die gemeente in Korinte.  Hulle het hom ‘n paar vrae gevra oor die Christelike lewe: oor bloedskande, hofsake, prostitusie (“meisies van Korinte”), die huwelik,  seks, ongetroudes, afgodsoffers, genadegawes, en die nagmaal.

Want, onthou, dié gelowiges het tot bekering gekom uit die heidendom waarin hulle geweldig losbandig en afvallig gelewe het.  Hulle moes leer wat dit beteken om ‘n Christen te wees.

Maar Paulus begin nie met hulle vrae nie.  Hy begin by die begin, by die Here Jesus self.  Want dit is die hoofsaak waaroor dit gaan.  Dit is die hele evangelie, die goeie nuus.  Dit gaan altyd in die eerste plek oor die persoon en werk van die Here Jesus.  Daarna kan ‘n mens uitbrei oor die gawes en die nagmaal en ander etiese vrae.

Continue reading

Bells Challenge: Luister

Bruce Demarest sê:

A quieted heart is our best preparation for all this work of God. . .  Meditation refocuses us from ourselves and from the world so that we reflect on God’s Word, His nature, His abilities, and His works. . .  . So we prayerfully ponder, muse, and “chew” the words of Scripture. . .  The goal is simply to permit the Holy Spirit to activate the life-giving Word of God.

Continue reading

Bells Challenge: ‘n Nuwe Stel Gewoontes

Aristoteles het gesê: We are what we repeatedly do. Excellence, then, is not an act, but a habit.

Frost sê ons kan dit ook van geloof sê:  geloof is nie net een ding wat ons doen nie, maar ’n gewoonte.

En ons gewoontes vorm ons, vorm ons diepste oortuigings.

Continue reading